sr1005amore
Eie stories

RSG se Amore Bekker oor die dood van haar lewensmaat

Die inligting oor die ongeluk op Sondag 13 Desember 2009 op Africa Aviation se webtuiste is feitelik en formeel:

Datum: 13-DES-2009

Tyd: 08:40 LT

Tipe: Extra Flugzeugbau

GMBH EA-300

Fataliteite: 2

Vliegtuig-skade: Onherstelbaar.

Die lugvaartgemeenskap is klein, en kort nadat die berig verskyn het, vra iemand op die webtuiste: “MayDay . . . MayDay . . . MayDay . . .Was dit nie dr. Robbie Nutt nie?”

Dit is so met enige ongeluk. Eers net koue, formele inligting.Tot die slagoffer(s) name kry. Dan begin die tragedie rondom die ongeluk ontvou . . . Later die oggend lewer iemand kommentaar op ‘n blog vir vlieggeesdriftiges:

“Ja, dit was dr. Robbie Nutt. Hy was ‘n briljante oogchirurg en het laasjaar my oog gered. Ek is geskok oor sy dood. Ek sal altyd onthou dat hy tussen al sy pasiënte altyd my en my vrou se voorname onthou het…”

‘n Week tevore het Robbie die eerste keer aan ‘n kunsvliegwedstryd deelgeneem. Sy vliegtuig het volspoed deur die lug geklief en hy het asembenemende lugtoertjies uitgevoer. Hy was oorstelp toe hy as medewenner aangewys is. Iewers in Johannesburg het ‘n vrou daardie noodlottige oggend haar foon beantwoord.

“Ek is so bekommerd oor Robbie, hy en Paul het vanoggend gaan vlieg en hy is laat. Ek hoop nie hulle was in ‘n ongeluk nie . . .”het RSG se Tjailatyd-aanbieder, Amore Bekker, vir Robbie se skoonsuster, Tanya Nutt, gesê.

“Dis hoekom ek bel . . .” was die antwoord.

Amore se geluk het op daardie oomblik in stukkies gesplinter . . .

Ek het heeljaar ‘n ongemaklike aanvoeling gehad; ek het gevoel iets gaan gebeur, maar nie geweet wat nie. Die laaste week voor Robbie se dood het die gevoel intens geraak. Ek kon nie slaap nie, was huilerig, buierig en in ‘n diep, donker gat. Robbie het gesê ek beleef dalk my menopouse, ek moet ‘n dokter gaan sien, maar toetse het gewys dis nie so nie.Die dokter, en ‘n homeopaat wat ek dieselfde week gaan sien het, het gesê ek het depressie.

Ek het die dokter vertel hoe gelukkig ek is en watter wonderlike lewensmaat ek het en dat daar niks met my omstandighede skort nie. Daar was werklik niks om oor depressief te wees nie!

Ek het Robbie ontmoet toe ek 41 was.

Ek is nooit getroud nie, want ek het net nog nooit die regte man ontmoet nie.

Toe kom Robbie . . .

Hy het voluit geleef en sy eie lewe gehad – dit is wat hom so aantreklik gemaak het. Hy het van die buitelug en veral avontuursport soos kunsvlieg gehou. Hy was dol daarop om akrobatiese lugtoertjies met sy kunsvliegtuig te doen, waarvan hy saam met ‘n groep vriende medeeienaar was. Die vliegtuig is vir vertonings vir die Noordwes-Arende se akrobatiese lugspan gebruik en twee van die mede-eienaars was in die span.

Hoewel Robbie ‘n ervare vlieënier was, was hy nie in die span nie.

Hy het on the edge geleef en ek het dit so aanvaar.

Passies moet gerespekteer word. As ek hom sou gekeer het, sou ek met ‘n ongelukkige man gesit het. Hy was ‘n retinale oogchirurg, en omdat hy elke dag in ‘n donker teater op ‘n klein area agter ‘n mikroskoop moes werk, het ek geweet sy siel het dit nodig om sy vlerke te sprei en vry te wees.

Al is ek nie self ‘n buitelug- of avontuurlustige mens nie, het hy my deel gemaak van sy ekspedisies. Hy het my oorreed om dinge te doen wat ek nooit voorheen sou gedoen het nie, soos om saam met hom te vlieg. Ek het saam met hom op seilbote tussen golwe deurgeklief en teen hange af geski.

Ons laaste vakansie saam in September 2009 in Marokko het ons aangepak sonder om vooraf enige

 

Ek het tot die besef gekom dat diepe hartseer baie te doen het met selfbejammering. Dit laat my nie minder huil nie,maar nou tjank ek darem in perspektief!

 

besprekings te doen. Ons het net die gehuurde motor se neus in ‘n rigting gestuur en alles voluit beleef.

Ons was albei lief vir die woestyn en hoe ‘leliker’ en kaler die wêreld geword het, hoe mooier was dit vir ons. Dit het ons asem weggeslaan. Asembenemend. Ek is so dankbaar ons kon dit saam beleef.

Ons was drie jaar en twee maande saam. Robbie het dit vir my gedoen!

Hy was baie romanties, en ook terselfdertyd ‘n groot uitdaging. Op 13 Desember, sesuur die oggend, het hy my op ‘n ongewone, besondere manier gegroet. Voor hy na die Randse lughawe gery het, het hy my gesig in sy hande gehou en gesê: ‘Tot siens, my prinses.’

As ek nou terugdink, moes hy op ‘n onbewuste manier geweet het dit is ‘n laaste groet, want hy het my nooit wakker gemaak as hy vroeg gaan vlieg het nie. Ek glo dis ook hoekom hy die laaste jaar van sy lewe so vinnig begin leef het – hy moes geweet het dat hy nie meer baie tyd oor het nie.

Later die oggend het sy skoonsuster my gebel . . .

Hy het vroeër die week gepraat van ‘n nuwe toertjie wat hy en Paul wil uitvoer. Ek weet nie of hulle dit toe ooit gedoen het en of hy of Paul aan die stuur was nie. Hulle het nie tyd gehad om ‘n noodsein uit te stuur nie. Hulle het 40 minute nadat hulle opgestyg het suid van Johannesburg neergestort.

Albei is op slag dood.

Daar het ‘n ongelooflike kalmte oor my gekom ná die nuus. Ek is gedra deur daardie volgende 48 uur. Ironies genoeg is my depressie weg sedert sy dood. Ek is hartseer, maar kan weer rustig slaap.

Ek is nou 45 en die sielsgenoot op wie ek my lewe lank gewag het en wat ek uiteindelik gevind het, is weg..

Dis asof ek my lewe lank voorberei het vir so ‘n traumatiese ondervinding. ‘n Mens weet dit net.

My manier van glo maak dit vir my makliker om Robbie se dood te verwerk.

Vir my eindig ‘n mens se verhouding met iemand nie as hy doodgaan nie. Dit neem net ‘n ander vorm aan. Ek glo ook almal gaan dood, maar niemand sterf nie. Robbie is nou meer by my as ooit tevore. Hy is in die geesteswêreld by God, waar daar geen tyd en ruimte is nie, so hy is heeltyd by my. En wie ook al met homwil praat, hy is by hulle ook.

Mense vra hoekom ek so vrolik kan klink op die radio.

Is dit ‘n masker?

Nee, kyk, ek is hartseer, maar ek het nie my vreugde verloor nie. As ek by die ateljee instap, gaan ek in ‘n veilige kokon van vreugde, vrede en liefde in. Robbie jubel saam met my agter daai mikrofoon!

 
Maar ek huil baie, ek huil myself skoon dors.

Dit help om baie oor hom te praat, en ek het onmiddellik ‘n shrine by my huis vir hom opgerig, met sy foto, vars blomme en kerse. As ek soggens opstaan, praat ek met hom. Ek skryf ook elke dag vir hom iets, iets wat ek in elk geval vir hom wou sê.

Beroof of kwaad voel ek nie, want hy is nie weg nie, hy het net ‘n ander vorm aangeneem, en as daar iets is wat ek nog vir hom wou sê, dan sê ek dit. Hy sal my hoor. Hy is steeds by my en om my.

Ja, natuurlik mis ek sy fisieke teenwoordigheid, dan gaan stap ek met die tekkies wat hy vir my gekoop het en ek maak die voorskoot wat hy vir my uit Disney World saamgebring het, styf om my middel vas sodat dit kan voel of hy my ‘n drukkie gee as ek kook.

Dit mag vreemd klink, maar ek het sy asblik by sy huis gaan haal – omdat dit vir my ‘n mooi asblik is, maar hoofsaaklik sodat ek elke dag al my sorge daarin kan gooi.

Robbie het ‘n groot hart gehad, hy het teruggeploeg in die gemeenskap en weekliks gratis operasies by die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg gedoen.

Hy het geweldige empatie met sy pasiënte gehad en sy selfoonnommer aan elkeen gegee. Hulle kon hom enige tyd van die dag of nag bel. Soms wou ek hê hy moet net die foon Sondagmiddae vir ‘n uur afsit sodat ‘n mens darem ‘n rustige Sondagslapie kon hê, maar hy wou nie.

Om aan te beweeg is ‘n moeisame proses.

Jy tel jouself elke oggend met moeite op.Gelukkig kom die toekoms een dag op ‘n slag. Ek is besig om weer my eie ritme te vind. Ek leef my uit in my werk en kos. Kos was nog altyd my groot voorliefde. Ek sorg dat ek elke aand vir myself ‘n wonderlike bord kos berei. Vanaand gaan ek ‘n heerlike

Thai-hoendergereg maak!

Die eerste twee weke ná sy dood moes ek verlof neem om tot verhaal te kom.

Almal by RSG en die luisteraars het my ondersteun, maar toe ek teruggaan, het ek vir hulle gesê Tjailatyd gaan nou aan soos altyd, en weer eens, ek het nie my vreugde verloor nie, en dis daardie vreugde waaroor Tjailatyd gaan.

Ons was lewensmaats, maar elkeen het in sy eie huis gebly en sy eie ruimte gehad. Ek glo dit is hoekom dit vir ons gewerk het. Sy seun, Robbie (13), het by hom gewoon en Robbie sr. was ‘n toegewyde ouer. Dis ‘n baie moeilike herstelproses.

Stephanie Ericsson, skrywer van Companion through the Darkness (Harper Collins), sê die rouproses sal ‘n nuwe mens van jou maak, as dit jou nie in die proses doodmaak nie . . .

Ek glo dis jou keuse.

Net soos ek aangevoel het die seer sal op my pad kom, weet ek ek sal weer oukei wees. Genesing vind reeds plaas. Daar is dinge van Robbie wat ek altyd saam met my sal dra. Spesiale oomblikke soos ‘n romantiese sonsondergang op kamele in die woestyn in Marokko. En sy soene.

Ons was net ‘n kort tydjie saam, maar het ‘n leeftyd se liefde en avontuur beleef.

Dis asof ek geweet het ‘n mens kan iemand soos Robbie nie vir ewig vasbind nie. Hy was ‘n vry gees. Ek het geweet hy sal gaan. Dis vreemd, maar dis asof hy daarvoor voorsiening gemaak het. Asof hy geweet het.

Hy het altyd gesê sy droom is om eendag in ‘n vliegtuig te sterf. Volspoed. Soos hy geleef het.”

  • Elize

    Sjoe Amor, dit is darem maar snaaks hoe mens net weet dat jou lewensmaat se draadjie kort geknip gaan word……..maar meer verbasend is hoe mens daardeur kom, die seer sal altyd daar wees, die gemis sal daar wees maar mettertyd sal die rofie daaroor groei.

    Ek het ook daardie pad gestap en kan my vereenselwig met alles waardeur jy is, my sielsgenoot is op die rype ouderdom van 28 jaar in Oktober 1991 van my weggeruk, maar hy het ook voluit gelewe en alles met oorgawe gedoen, tot ons 2 kinders wat hy vir my gegee het.

    Sterkte op jou pad vorentoe.

    Jy is ‘n stunning mens en weet dat jy

  • http://lovetheuniversedecor.webs.com/ Yolanda Brand

    Amore, so tragies, hierdie nuus. Jou dapperheid en eerlikheid en ongelooflike beskrywing van jou gevoelens is eerbaar en vol moed.

    Mag jy gedra word deur die liefde om jou en die sterk gees van jou Siel.

    Liefde

    Yolanda

  • Gerhardus Hammerse

    Hi AMORE,
    Ek luister elke dag na jou program.Jy het regtig ‘n spontane stem.Jy gee ‘n mens sommer lus om na die program te luister.’N mens sal nooit aan die slaap kan raak as mens na so ‘n warme stem luister nie.
    *AMORE*,ek weet die verlies is baie groot,en die verlange is elke dag daar.Iemand wat nog nooit daar deur gegaan het nie,sal nie kan saam praat nie.
    Die HEMEL se VADER het vir ons vooruit gegaan,om vir ons ‘n plek voor te bery.Hy het gesê dat daar baie plek is,en HY kom haal wat syne is.
    Die gesegde moet ons verstaan:JY WEET NOOIT WANNEER DIE UUR GLAS AAN BREEK NIE.
    Sterkte vir die onbekende toekoms.
    Groete
    Hammerse Gerhard/St.Bosch

  • swaeltjie

    sjoe, sy is dapper. Ek het ook my man laat ontmoet, toe ek 40 was en ons is nou 2 en ‘n half jaar getroud en absolute sielsgenote. Stories soos hare maak my bang.

  • http://brfygyxzusue.com/ fdunjnllsiu

    DcWAz0 zkjdjkprtwkt, [url=http://eqrrzxccdrdb.com/]eqrrzxccdrdb[/url], [link=http://ddvuflwnsvzc.com/]ddvuflwnsvzc[/link], http://hxhgbdrwpjff.com/

  • Izaak Joubert

    Hy was jou Noord jou Oos jou Wes jou Suid….jou alles…

  • Marbét Burger

    Amoré, sjoe ek sit en huil nou saam met jou. Dit is die mees aangrypendste meelewing met die verlies wat ek nog gelees het. Ek weet waarvan jy praat, ek weet net dat die Here jou sterk maak om so iets deur te maak. Ons kom sterker anderkant uit. Sterkte met Tjailatyd, ek mis dit nie graag nie en jou lekker warm hart hou ons aan die gang, al raak die arms lam teen 4uur. Baie geluk met jou Resepteboek, ek het al baie , maar dis een wat ek nie gaan mis nie!!

  • Desiree Petersen

    Amore Bekker jou bubble decker het ek altyd gese as ek haar in die SAUK by Seepunt gekry het ag hoe mooi het sy geantwoord pragtige mens ons eie rainbow child my hart het en bloei nog altyd vir jou ,ek dink nog so aan jou terwyl ek die supermark binne stap en hier glimlag jy vir my op die voorblad mooi bly .

  • Desiree Petersen namens die regulars

    ja ons was met jou gedurende jou verlies ons was in gebed ons het stil geword toe onse Amore haar lewensmaat verloor het jou gereelde luisteraars van Radio Goeie Hoop sal nie hul Amore vergeet nie .

    Van ons almal jou regulars

  • Hulda Heyns

    Amore, dankie dat jy jou erge pyn deel.
    Ek het my seun Jacus verloor toe hy 21 jaar oud was.
    Ek kan met soveel van jou ervaring en emosie identifiseer.
    Ek het gedink ek sal nooit weer normaal kan wees en kan aangaan met die lewe nie, maar nou na 5 jaar is die pyn en hartseer so deel en bekend aan my hart.. ek mis hom, hy het ook so geleef dat sy herinneringe nooit sal vergaan nie, voluit met moed en n glimlag!
    Sterkte vir jou veral in hierdie tyd wanneer die verlange intenser word!

  • Bessie Craggs

    Dankie vi die voorbeeld,HERE.Seen haar sy maak my heel

  • http://avonffyicmkm.com/ ncsieft

    Kw5Cca llgdelpvxtud, [url=http://tabkfwlwiajq.com/]tabkfwlwiajq[/url], [link=http://sxtjxnnwzlse.com/]sxtjxnnwzlse[/link], http://tdvypcuhzgbt.com/

  • Etienne van der merwe

    Ek is deur die dieselfde meule as jy op 15 maart 2009 en was nie bewus van jou verlies nie ek was nie n gereelde luisteraar van rsg nie aangesien ek voltyds gewerk het Met my aftrede het ek jou program begin volg jou uitsonderlike stem het my nuuskierig gemaak omtrent jou en hoe jy lyk so het ek hier uitgekom Dankie vir die inspirasie wat ek gekry het rondom jou sienswyse na die verlies van jou lewensmaat dit gee my weer nuwe moed om die lewe in die oe te kyk want ek was besig om myself te verloor

  • jen

    amore is too much in n mens se gesig.as sy nie n huis saam met jou man gedeel het nie dan weet sy nie eintlik wat eensaamheid is nie.ek voel sy teer op ander mense se kennis,want hoe kan sy se sy het n resepteboek vrygestel.dit is die publiek se boek.

  • Elise

    Oy, Amore! Wat kan ek sê, behalwe: Ek dink aan jou en weet jy het dit alreeds gemaak omdat jy, nes ek, glo dat die dood nie ewige verwydering beteken nie, maar dat hy wat weg is net "van vorm verander" het. En dat hy veilig by sy Maker is. Jy kom baie sterk voor, tog weet ek jou stukkend-oomblikke bêre jy vir alleen-wees-tye. Take a bow – jy’s ‘n vrou duisend en ek dank ons Vader vir positiewe mense soos jy! Elise

  • www.sarie.com

    Www sarie.. Bang-up :)

  • Helmine Zenhäusern

    Amore,
    My oë was vol trane toe een van my kollegas met my praat, want ek het nou SKELMPIES jou verhaal gelees!

    Jy is ongelooflik, so ‘n inspirasie vir baie ander!

    Baie dankie vir al die vreugde wat jy uitdeel. Al het ons jou nog nie persoonlik ontmoet nie, voel dit asof ons jou al jaaaaaaare ken!

    Die Liewe Vader sal jou trane droog en ek hoop daar daag eendag weer iemand op wat jy sal toelaat om jou te vertroetel!

    Vriendelike groete

  • Alet v Wyk

    Ek het eers gister die voorreg gehad om Amore se "nota " oor die dood te lees. Was natuurlik in trane!
    Ek het ook van die kommentaar daarop gelees. ek verwys na Jen 14/04/2011. Eerstens Jen, ek is al lank in die tand maar weet nie van ‘n resepteboek wat net bestaan uit oorspronklike resepte van die Outeur nie !! Laasgenoemde kon wel almal uitgetoets het! Gun ‘n bietjie sonskyn op ‘n medemens!! Amore het ‘n groot aandeel daaraan gehad.
    Tweedens Jen,was jy al eensaam tussen 50 duisend toeskouers????
    Alet

  • Maureen Smith

    Joe Amore

    Jy is ‘n fantasiese mens na vanoggend by Weltevredengemeente se Damesdag kon ek sien jy leef vooruit Jy blom en is ‘n inspirasie vir mense Ja ons wat agterbly moet maar vorentoe elke dag Hierdie Oktober 12 jaar gelede het ook my lewensmaat verloor na ‘n stryd met kanker Die verlange bly altyd daar maar die Here gee krag om elke dag te "face"
    Sterkte ook vir jou Amolre

  • Willie

    Amore, ‘n mens kan nie kies wat met jou gebeur nie. ‘n Mens kan wel kies hoe jy daarop wil reageer. Julle het wonderlike tye saam gehad, mooi herinneringe en spesiale oomblikke wat privaat en persoonlik ook was. Julle het ook op ‘n besonderse manier gepas, Sy karakter het jou uit jou gemakzone laat kom, jou laat waag en laat wen; avontuur laat beleef en op ‘n sekere manier sy wêreld laat beleef, dat jy ook kon sien, kon proe, kon voel ja beleef en meeleef. Vandag kan jy terugkyk met dankbaarheid oor jou maat. Jy kan die lewe vier, jy ken dankbaarheid!

    Leef nou uit hierdie dankbaaarheid volheid die toekoms in! Jy maak ‘n verskil aan soveel RSG luisteraars, soveel mense word geraak deur jou stem se boodskap; vir vele is jy ‘n metgesel; ‘n vriendin – ‘n liewe mens. Dankie vir jou storie; jou verhaal; jou stukkie privaatheid.

    Seën en voorspoed!. Jy’s kosbaar!

  • Susan

    Sjoe Amore, wat kan mens se, behalwe sterkte en ons Helemse Vader sal altyd saam met ons wees en ons dra. Baie sterkte vir die toekoms hoop daar kom weer eendag iemand oor jou pad.

  • Mariana

    Amore jy voel soos my beste jare lange vriedin. Ek luister gereeld Rsg, altans dit is al wat ek luister as die radio aan is. Ek voel so skuldig nooit het ek geweet wat agter daardie helende, opgewekte stem van jou skuil nie. Hier huil ek partydae oor klein nietighede en onbenullighede en wraggies hier vind ek vanoggend krag uit jou artikel , oor jou lewensmaat, ek voel sommer skaam oor myself. Jy is een van daardie mense wat die Here vir ons gestuur het om n verskil te maak. Baie Baie dankie dat jy so onselfsugtige mens is. Jy bly my gunsteling aanbieder ,spesiale vriedin en sommer daardie baie, baie spesiale persoon.

  • Yolandi

    Jy is ‘n besonderse sterk mens en voorbeeld vir baie.
    Trane droog met tyd op maar herhinneringe bly vir solank jý dit lewendig hou. Soms is dit goed maar onthou die Goeie Vader het hom geroep en nog nie vir jou, jy moet dus aangaan met jou lewe.

  • Francis Herselman

    Amore,mens kan sien jou geloof is diep,die Here dra mens en gee ons krag met beproewing.Ek het my 3de seun,op ouderdom 20,in n tref en trap ongeluk verloor,in Muizenberg,15 jr gelede.Ek het die selfde onrustige gevoel gehad,nie geweet,hy het 3 weke,voor dit onverwags kom kuier,was so 500 km van ons.glo hy het kom groet,na hy weg is het ek die snaakse,verlange,onrustige gevoel gekry,na sy dood was dit weg.Die Here het my deur als gedra,nie maklik,maar lewe gaan aan,kan nie in sak en as gaan sit.Sterkte

  • Stoffel Scheepers

    Amore, Ek het jou by die ou-motors skou "Vaal Wheels" in Vereeniging ontmoet en luister altyd na jou program. Jy is ‘n inspirasie vir baie luisteraars en is altyd positief tenspyte van wat met jou gebeur het. Slegs GOD kan die ware troos en vrede gee Hou so aan mooi vrou !!!!
    Stoffel Scheepers

  • Antoinette Booysen

    Ek was vandag by die roudiens van ‘n kosbare vriendin – die finaliteit van die dood is moeilik. Ek het my geesgenoot, beste maat en huweliksmaat van 26 jaar reeds 10 jaar gelede verloor. dit is die moeilikste hekkie wat my Vader oor my pad gestuur het, maar HY het my elke dag genoeg krag vir daardie dag gegee! Amore, ek voel steeds sy teenwoordigheid by aan, ons, ek en my kinders hou hom lewend deur te onthou en van hom te praat. Die grootste troos en lewe en dood is dat ons aan Jesus Christus behoort, en dat ons mekaar weer sal sien! My man het altyd gesê dat al die herinneringe saam, brandhout vir die oudag is. Gaan sit by die vuur van julle brandhout en onthou…Sterkte my radiovriendin, jy’s vir my so bekend.

  • Machiel

    Die dood is net n tydelike oomlik van skeiding . N mens se siel kan nie sterf nie . As ons weer ontmoed sal ons eewig by mekaar wees dis n groot troos vir ons wat agterbly.Die aarde is net n plek van voorbereiding wat ons eendag gaan wees .Die wat oorgaan na die anderkant los n spore agter ..{liefde .voorbeeld as God kinders ens }.Nie almal wat dood gaan was altyd goeie mense . Ons kan hul nie oordeel,maar uit hul foute leer .Die oordeel is by Jesus. Ons bid vir jou.Hou aan om liefde uit te deel

  • Arlene

    Ja Amore

    Jy met jou lekker stem.Die wyse hoe jy werk.Baie van ons is afvlerk vinke.Stampe en stote is daar.Ja skat .Nobody ever promised us rose gardens.
    Net genade ou kinta kan ons deurdra.Wanneer ek die dinge lees smaak dit my ek voel wat jy voel.Ek voel seer ja ,maar soos jy sêjy voel hom aan.Ek glo ook die dooies is naby .Net in ‘n ander dimensie.

  • Marie Venter

    Ja Amore dit is erg. Ek het my man op 6 Maart 2010 ook in motorongeluk verloor. Ons sou verlede jaar 16Mei 40 jaar getroud gewees het. Maar die Here het hom geneem. Hoekom weet ons nie maar sal eendag seker weet. Vir jou wil ek net baie sterkte toewens en onthou net more skyn die son weer. Hou net aan met jou goeie werk.Ons luv jou. Lovies. Marie Venter van Carletonville.

  • wilma

    Amor, ek is so jammer vir die groot verlies. Ek weet hoe jy voel ek het my kinders in 2007 in ‘n motor ongeluk verloor drie op een slag. Ek is leeg. Ek lees wat jy geskryf het en beleef sam met jou. Sterkte vir jou ek bid vir jou
    Wilma

  • ANNALIE LOTTER

    Amore.
    Ek het vandag eers die artikel gelees en besef net weereens dat dit waardeur jy gegaan het, is nie maklik nie. Dit is een van die dae 1 jaar en ek weet dit sal dan ook die eerste wees.
    Sterkte en dankie vir jou mooi program elke dag. Op my pad huis toe luister ek na jou en dan weet ek jy is sterk.

    Groete
    Annalie

  • Susan van Rooyen

    Amore, ek luister elke middag Tjailatyd………ek kan nie wag om jou vrolike stem en heerlike kenwysie te hoor nie. Ek is oud-onderwyseres wat op my oudag ‘n boervrou geword het en baie stampe stote van die lewe ontvang het. Net soos jy het dit nie my lewenslus geblus nie. Ek het nou net jou verhaal gelees en het net respek vir jou…….jy is vir al die ou kla-kouse ‘n wonderlike inspirasie. Dankie vir jou menswees wat jy met ons almal deel……mans en vrouens. Almal geniet jou……..selfs my lewensmaat wat ‘n engelsman is, luister na RSG en ken ook al vir Amore Bekker!! Groete uit die Karoo.

  • Wilma

    ja, die lewe is ‘n lied vir die wat wil saamsing. Spreuke 15:15 se nie verniet dat vir die blymoedige is die hele lewe ‘n fees. Dis ‘n lekker ding om sommer so oor en oor en oor te se, te bely, te verklaar, te sing, te roep, te skreeu, te dink, te bepeins, te alles………….. Ek sit in my klas, en ek dink aan my matrieks wat ek nou weer verloor het vir ‘n grootmens wereld en ek dink wat hulle in my lewe ingebring het. Hulle blymoedigheid, hul hartseer, hul bekommernis, hul trane, hul lag, hul uitbundigheid en ook hul alleen mensweestye as hulle suurtjies, as niemand weet nie, by my insluip en hul harte kom oopgooi…………en dan die volgende dag se oopmond lag, knipoog en ‘n duim vir my wys "ek’s weer OK". 41 jaar doen ek dit en 41 jaar was ek nog nie een dag spyt nie.- Onderwys is die lied wat ek gekies het om te sing en dit maak my blymoedig en daarom is my hele lewe ‘n fees.

    Groete, Wilma (dis nou Wil Ma, dan wil Pa nie).

  • wilma

    ek’s nie dieselfde Wilma wat 2 Nov geskryf het nie. Ek is Wil Ma. Sommer ‘n grappie

  • Leonie

    Struikel NOU eers oos die webblad!
    Hoe gelukkig kan iemand hom of haarself ag indien jou sielsmaat sterf, veral ‘n vinnige dood terwyl hy/sy besig was om die lewe te geniet! Myne leef nog, saam met ‘n nuwe gesin. Selfs 20 jaar later is daar nog ‘n geheime gat in my binneste, al het ek weer ‘n vriend gevind….

  • Saar Roeloffs

    ons geniet jou elke dag Amore!!! vandag eers op hierdie "mededeling "van jou afgekom. Ek kan so daarmee identifiseer en wens jou alles van die beste verder toe. Ek sou sooooo graag wou dat jy weer iemand so spesiaal ontmoet omdat jy ook spesiaal vir hom kan wees.Prof Teunis Botha het vir my gesorg!.

  • Monique Carr

    Monique sê: Iets wat ons almal bietjie salwing vir die gees in hartseer tyd gee is die volgende pragtige song Emma`s Song van Dillon Lerm gaan luister gerus….. Dillon het dit nou die dag op `n begrafnis gesing in die Kaap .. baie roerend…. die woorde op Facebook is: http://www.facebook.com/notes/dillon-lerm/emmas-song-dillon-lerm/10150261106836176?notif_t=note_comment

  • Martie Jordaan

    Pragtige storie, sterkte vorentoe vir jou Martie Jordaan Uitenhage

  • moira

    Amore!!!!! Sprankelvrou van Tjailatyd….!!!! Jy’s fenominaal, pragtig, flink met net die regte antwoorde – ek beplan my dag al vir jare rondom jou programme. Ek lees vandag vir die eerste keer die storie van die verlies van jou lewensmaat, en eks sommer so trots op jou. Eks ook dankbaar vir die besonderse jare wat jy met so ‘n besonderse man kon deel. Maandag tot Vrydag deel en reis ek saam met jou. Meeste van die tyd lag ek kliphard saam, dans ry-ry saam met Dr Victor of Emo Adams of wie ook al, skryf resepte af, en nou en dan pluk ek ook ‘n traan as daai briewe en gedigte van ‘n baie diep plek af kom. Gepraat van hoog en vinnig leef — dis jy!!! Daarom is ek bly dat jou lewens vuur steeds hoog brand en lig en warmte aan duisende ander verskaf; ek glo nie jy sal in hierdie lewe weet hoeveel mense se lewens jy (as persoon) aangeraak het. Sterkte – een dag op ‘n slag, en mag ons nog baie jare na tjailatyd kan luister. Liefde groete. Moira.

  • Carel Greyling

    Amore, jy is ‘n ware ikoon vir ‘n ieder en ‘n elk, wat ook die pad van verlies gestap het, met die unieke wyse waarop jy daarin slaag om vanuit ‘n diep gewortelde krag uit te styg en jou intense persoonlike verlies so positief te kan verwerk tot versterking van duisende mense wat jou as briljante uitsaaier leer ken het. Jou getuienis is aangrypend en getuig van die innerlike krag wat spruit uit jou geloof in God. Baie dankie daarvoor ! Soos vir sovele ander inspireer jy ook vir my en my vrou wat 13 jaar gelede ons enigste seun op die ouderdom van 29 jr, op ‘n hoogtepunt van sy loopbaan as regsgeleerde een oggend onverwags dood in sy bed aangetref het na ‘n hartstilstand. Na vele mylpale op die reis van aanvaarding (want vertroosting is ‘n reis en het nie ‘n bestemming nie) is jy vir ons ‘n inspirasie ! Ek verwerk my verlies ook d.m.v. die skryf van gedigte en ek deel graag die volgende een met jou:

    "LAPPIESKOMBERS"
    (25 – 8 – 2008: NA 10 JR)

    Tien jaar se hartseer le
    toegedek
    onder ‘n lappieskombers
    van kosbare
    herinneringe

    Somber kleure herinner aan
    tere momente van
    diepsnyende verlies….

    Helder kleure bring ‘n glimlag
    oor kosbare kleinode
    wat diep in die geheue verankerd
    skuil

    Ja, lappieskombers,
    jy sal vir altyd
    tere herinneringe saggies
    toedek
    om
    oop te maak
    wanneer verlange daarom
    vra…..

  • LASEA OLIVIER

    AMORE EK WEET WAARVAN JY PRAAT SAL 21JR DIE 3DE FEBR WEES DAT EK MY MAN EN SEUN VAN 16 SAAM IN N ONGELUK VERLOOR HET. HET MY 20JR GENEEM OM VREDE BINNE IN TE ERVAAR SOOS WAT DIE BYBEL VAN PRAAT. DIE OOMBLIK TOE DIT GEBEUR KON EK WEER POSITIEF VORENTOE GAAN. VOL UIT LEEF WAARVOOR DIE KONING MY GESKAPE HET.EK BEWONDER JOU POSITIEWE DENKE . DIS NET DAT DAARDIE LYN ONMIDDELIK AFGESNY IS.DIE HEILIGE GEES HET OOK AAN MY EN VAN MY KINDERS WAARSKUWINGS TEKENS GETOON. DIS SOOS JY SE HULLE IS IN N ANDER WESE. EK GLO AAN DIE ENGELE EENDAG SAL ONS SAAM MET HULLE WEES. GROETE. TJAILA TYD IS EEN VAN MY GUNSTELINGE PROGRAMME SAAM MET BREKFEST MET DERRICK.

  • Christine Lambrechts

    Het eers vandag meer as ‘n jaar later jou storie gelees. Het toe dit gebeur het baie vir jou gebid. Sterkte vorentoe. Geniet jou program baie.

  • Magda

    Amor, ek het nou gelees van die mens agter die stem. Ek kan nie saam praat nie, bevoorreg om al 38 jaar getroud te wees, maar deur jou oe en vermoee om jou verlies deur te gee, glo ek nie ‘n mens sonder geloof, sal hierdeur kan kom, weer opstaan, sonder depressie, en so vinnig weer blymoedig wees nie. Jy het die vermoee om mense te inspireer/oortuig, om ‘n taak/projek, aan te pak met entoesiasme. Vriendelike groete van Port Elizabeth.

  • Katheleen Venter

    Hi Amor,

    My Geliefde is ook net so vinnig van my weggeneem deur 4 hart aanvalle.

    So jammer om van joune te hoor, my seun is ook "n geleentheids vlienier en het ‘n passie vir vlieg(28) het op 21 sy PPL Lisensie gekry. Altyd gedroom van std 3 af hy gaan ‘n vlienier word. My eerste man is vermoor toe ek 36 jaar oud was. Het my kindertjies alleen groot gemaak en ja vandag met trots na hulle te kyk hoe suksesvol die twee is. My dogterhet haar LLB gedoen op 30 jr.

    In Desember 2009….. ontmoet ek weer my lewensmaat, na al die jare. Februarie 2010 toe kom kuier my Man, Steve Venter vir my en April 2010 raak ons verloof en 9 Oktober 2010 trou ons. Februarie 2011 is op op ons asemrowende bootreis portugese eilande toe en Augustus Kaap toe om die blomme prag te gaan sien, en daar begin my man met pyne, die 23ste Augustus 2011! Hy was nooit sieklik nie, het gaan stap, geswem, kar gewas, tuinwerk gedoen, gras gesny en die allemoeiste houtwerk gedoen.

    Snaaks genoeg het ek ook die voorgvoel gehad, die benoudheid die depressie gevoel> Het vir Steve gese kom ons gaan volgende jaar? Maar my man wou niks weet nie. Toe ry ons maar.

    Ek vat hom toe daar in langebaan na ‘n dokter, Anet Human, die mees fantastiese dokter wat my bygestaan het tot op die einde. en sy doen EKG (wat sy geen geld wou aanvaar het nie) en se hospitaal toe met my man.

    Die 29ste Aug kom ons terug Clansthal toe KZN Suid kus en Die 30ste Augustus 2011, terug Hospitaal toe. Daar was niks wat hulle vir hom kon doen nie. Hy was op ‘n asemhalingsmasjien en onder sedasie vir 32 dae. Toe kry hy die groot hartaanval en als was verby.

    Ek huil myself aan die slaap snags, Ek praat elke aand en elke oggend met hom en glo hy hoor my. Dis ook of hy by in die huis is elke dag en aand. As ek met hom praat vloei die trane. As ek van hom praat vloei die trane. Ek wil die huis verkoop so gou moontlik net om van al die herinneringe ontslae te raak.
    Het al hoeveel nagte vir ons hemelse Vader gevra Hoekom? Ons was nog nie eers ‘n jaar getroud nie. Ons was van dag een af so gelukkig! Hoekom moes ons paadjies kruis en vir die korte tydperk? Ek my woonplek moes verkoop en na my man toe moes trek vir die kort tydjie? Hier sit ek stoksiel alleen met niemand om my nie omdat al my kinders, kleinkinders en Vriendinne en kerk in Pretoria is. sy kinders vermy my soos pes?

    Maar Amor…. jy is ‘n baie sterk vrou nes ek. Ek is nou 60 jaar en my man was 66 jaar. hy was 43 jaar getroud toe verloor hy sy vrou aan kanker in Mei 2009.

    So het ons elkeen ‘n storie om te vertel….

    Mooi bly

  • Helena Graham

    Amore, my mamma is 39 jaar gelede op haar 59ste verjaardag in Kaapstad geopereer vir n moontlike breingewas. Die dokters het geweet hoe hoog haar bloeddruk was, maar tog geopereer. Sy moes weer na die die teater en hulle moes selfs van die brein verwyder.

    Ons moes baie vinnig in Kaapstad kom om haar nog lewendig te sien. Ons was almal so verskrik en dit was asof ons bang was om aan haar te val. My man was die enigste een wat haar hand gaan vashou het en so mooi met haar gepraat het. Hy was net so lief vir haar. Hy het haar spottenderwys Ou Skoonma genoem omdat hulle so lief was vir mekaar. Hy het vir haar gesê, terwyl hy haar hand streel: Ou Skoonma ek is so lief vir jou en die ander weet maar net nie wat om te doen nie, want hulle is jou eie kinders en is te geskok. Sê groete vir Pa en sê ons mis hom ook nog so baie, want hy is nog maar net 2 jaar na waar jy nou heengaan.

    Sy is later die aand oorlede en my tannie het ons aangeraai om nie weer na haar te gaan kyk nie. Sy het haar rede gehad, want sy het Mamma gesien.

    Toe ons terugkom by die huis, was die ergste van alles dat daar 2 briewe van haar in die posbus was wat sy die aand voor haar dood aan al drie van ons geskryf het. Ek het haar kamerjas saamgebring en as ek so gehuil het, het ek die kamerjas aangetrek en haar vertroosting gevoel Ek gesels nog baie met haar, want ek en sy het dieselfde persoonlikhede gehad. My man sê ook altyd as ons iets baie mooi sien:"Ag, ek wens Ou Skoonma kon dit ook sien",

    Ek moet sê dat ons jou bewonder oor hoe jy aangaan , soms stouterig, jy klink asof jy nie sorge het nie en ons hang aan jou lippe. Jy is n inspirasie vir baie mense.

  • Hanneli Carstens

    Amore die Here het jou geseen met n groot maat van sterkte en deursetting. Hoe arm sou my lewe nie wees sonder jou insette in RSG! Wat n voorreg het ons nie! Mag jy weer n wonderlike lewensmaat vind.

  • Janine Roos

    You do not have a soul, you have a body. You are a soul.

  • Philippus van Rensburg

    Ai, Amore, ek huil as ek van jou lees. Vir ‘n jaar en vier maande het die dag vir ons weggebly, maar eindelik het sy soos ‘n kind wat gan slaap, opgehou asem haal met haar oë wyd oop asof in verwondering. Die dae van haar siekte was die wonderlikste van ons huwelik, daaroor is ek bly. Jou skielike verlies het moontlik die skok van die onverwagte ingehou, maar dit is enige dag net so finaal en onbegryplik. Dankie vir jou moedige lewensuitkyk, dit onderskraag ‘n mens!
    Philippus.

  • Frans Roets

    Amore dit is " siener van die Kaap " ek lees nou vir die eerste keer oor jou verlies en my hart gaan uit na jou toe , die manier hoe jy terug gekom het en hoe jy dit hanteer het maak van jou n baie wonderlikke mens. Vandat ek jou stem die eerste keer op Tjailatyd gehoor het het jy n baie spesiale plekkie in my hart gekry en ek wil vandag vir jou se glo my jy gaan weer n wonderlikke persoon ontmoet wat jou net so baie gelukkig gaan maak en dit gaan kom wanneer jy dit die minste verwag. Jy is inderwaar n " Engel " en dit kom jou toe. Jy moet aanhou om met die passie te lewe waarmee jy nou doen. Dankie vir jou wonderlikke program en wie weet dalk praat ek en jy weer eendag op die radio en dan kan jy vir my en al ons luisteraars vertel van jou wonderlikke nuwe ondervinding.

    Liefde groete
    Siener

  • Paul Pretorius

    Amore ek is sewentig jaar oud en vlieg vanaf 1973 vliegskool was Nick Turvvey en Mike von Ginkel se vlieg skool ek het plus minus 1500 uur vliegtyd opgestapel deur Afrika ek het n hele paar mede vlieeners aan die dood afgestaan deur vlieg ongelukke. persoonlik kan ek ck dit nie verwerk nie maar ek sit dit agter my en laat die lewe voortgaan ek het ook party kunsvlieg ongelukke ondersoek op versoek van burger lugvaart ek luister daagliks na jou program op RSG jy is phenominaal. Ek ken jou smart en deel dit met jou sterkte en leef voort een dag op n slag die seer sal weggann ek waarborg jou ons sal een of ander tyd gedagtes deel in die tussen tyd sterkte Ek is woonagtig in Kleinmond.
    Paul Pretorius

  • Judy

    Ek voel saam met jou pyn, maar iets pla my dat jy sê jy die eerste ding in die more na sy "Shrine"" gaan en met hom praat???? Ek sou sê jy moet eerder na SY SHRINE" toe gaan in die oggend en dan na Robbie sn……Judy

  • Joey van Niekerk

    Amore, ek lees nou eers hierdie artikel.
    My liewe Vriendin – ek kan jou so noem, jy is dit vir my en so veel in wie se winkel, motor of huis waar jy elke dag met ons kuier.
    Ek het vir jou gebid toe ek van jou groot verlies gehoor het. Pieter en ek het soveel respek vir jou en hoe jy die lewe aangepak het en voortgegaan het – jou hartseer ten spyt.
    Baie dankie dat jy dit met ons gedeel het.

  • Anthia

    Hallo Amor, ek lees vandag van jou liefde wat God kom wegneem het. Ek luister graag na jou program en geniet dit verskriklik. Ek weet hoe jy voel, het self my geliefde verloor 6 jaar terug, hartaanval, dit was vreeslik want ons het op troue gestaan. Sterkte op die pad vorentoe, onthou God sal jou nooit alleen laat nie. Voorspoed vir 2012.

  • ANTON PRINSLOO

    ONS SAL NIE VERSTAAN HOEKOM SULKE MOOI MENSE VAN ONS WEG GEVAT WORD NIE EK IS OOK DAAR DEUR MY SEUN AAN DIE DOOD AF GESTAAN , MAAR DIE VADER GEE WEER VIR ONS KRAG EN GENADE OM DIT TE VERWERK MAAR ONS VOEL ELKE DAG HUL TEENWOORDIGHEID WAAR ONS BEWEEG EN AAN HULLE DINK

  • Heleen Reiche

    Amor, hoe lekker huil ek nou vir jou en my. Ek het my man net voor kersfees verloor. Ek weet nou dat niemand wat nog nie ‘n persoon na hulle verloor het die seer kan verstaan nie.Daar word gese dat die tyd heel maak. Nie noodwendig nie, maar as jy die Here se hand hou op hierdie pad sal hy ons dra waar ons nie kan loop nie. Niemand is regtig dood as daar nog iemand is wat hulle onthou nie. Sterkte en dankie vir jou program.

  • Este Anderson

    Ons geliefdes se "purpose" is voltooi, Dan is hul werklik vry. Eendag is dit ons beurt.
    Doen jou lewensdoel in vreugde.

  • Yolanda Moore

    Ai, Amore…..weet nie hoe jy altyd so ‘n sprankelende mens voorkom, en eintlik so diep seer het ! jy is n inspirasie in my lewe, wat self my enigste seun op ouderdom 23 so 8 jaar gelede verloor het . Sterkte op jou pad vorentoe, die hartseer gaan nooit weg nie, mens leer maar net om met dit saam te leef en dit maak dit bietjie makliker . (Jou positiewe uitkyk in die lewe tydens jou progra aanbieding maak my NET na Rsg luister !!)
    Groete, Yolanda Moore

  • Wilna

    Amore – dis vroeg Sondag-oggend…… bytkoud vars lug by my oop venster in…… ek voor die rekenaar, ‘n lekker warm kamerjas dien sy doel. Toe ek jou artikel lees oor die verlies van jou lewensmaat, sien wat die datum is, het ek gedink dis nie nou ‘n goeie tyd om weer daaroor te kommentaar nie……. totdat ek sien daar is soveel andere wat tot nou so onlangs soos Mei’12 terugvoering te gee. Ek beslis dus nie die enigste wat nou eers reageer nie. Dis vir my ‘n JEERLIKE gedagte dat jy een van diegene is wat wèèt dat die dood nie die einde van alles is nie………. dat dit slegs ‘n oorgang is …………to a different way of being. Omdat ons vir nou "mens" is, is dit natuurlik dat ons die fisiese kontak mis maar die ander "wete maak dit beslis meer hanteerbaar. Ek glo almal wat al vir jou gesê het dat jy beslis ‘n voorbeeld en inspirasie is vir baie van jou luisteraars……….. jy is sò die regte persoon op die regte plek. Doe zo voort :-))
    Volgende op die agenda : ek hoor soms gedigte uit die publiek wat voorgelees word. Dit het my as totale amateur waagmoedig gemaak om saam te speel dus…….:

    Douoer in die vlak
    die windpomp
    regop, vas, doodstil……..
    en die dam
    grof , gevlek , koel donkerte
    ‘n spieël vir wolke wat verbytrek………
    daar’s ‘n roering
    wind beweging …….
    ‘n eiesoortige huldelied die ruim instuur
    daarmee saam
    lafenis aan dit wat dors…….
    en daagliks kruip hul skaduwee
    geluidloos , grondlangs
    van wes na oos…………
    As dit gelees gaan word, is daar ‘n manier waarop ek vooraf ingelig kan word oor wanneer ??
    Mooiloop ………altyd vorentoe :-))

  • Babie van der Watt

    Ek het my een Sus in 1999 verloor, skielik, sy was sieklik en niemand het geweet nie dit was ‘n geweldige skok. In Julie 2003 is my man na ‘n siekte van ses en ‘n half jaar oorlede hy het beroerte gehad ‘n dag na hy ‘n hartomleidingsoperasie gehad het ,hy was ‘n halwe mens gewees en ek kon hom nie so sien nie, dit was vreeslik om die man wat jy geken het as ‘n pynlike netjiese mens te sien en hy kan homself nie eers bad nie. In 2006 is my Ousus oorlede na ‘n baie seldsame siekte waar ons letterlik vir haar moes sit en kyk hoe sy doodgaan, so baie siek was sy, van die dag wat sy gediagnoseer is tot die dag van haar dood was presies nege maande en een dag. Die dood vra nie wie en wat jy is nie, hy kom haal die een wat moet gaan en ons kan niks doen nie, die dood is vreeslik maar gelukkig het ons ‘n Hemelse Vader wat na ons wat agterbly omsien. Elke keer het ek net begin om reg te dink en deur te slaap, dan het die dood weer ingetreë en ek kon niks doen om hom te stop nie,maar ek wil net dit sê as daar nie ‘n Jesus was wat my tevrede gestel het en my getroos het nie dan was ek ook seker al dood. My ondervinding was om baie van hulle te praat en as ek voel ek wil huil dan doen ek net daar en dan en so is dit draagliker gemaak. My Seun is 31 en hy sukkel om sy Pa se dood na amper nege jaar te verwerk en vandag met Vadersdag was dit die eerste keer in omtrent 5jaar wat hy sy Pa se graf besoek het, elke mens ervaar die dood en die rou proses anders. Ek weet net ek het met alle mense die grootste simpatie as daar iemand van hulle sterf dit is nie maklik nie.Jesus is ons trooster en Hy sal jou deurdra dit is ‘n feit.

  • Anita

    Amor, ek bly in Kansas, VSA en as ek die geleentheid kry luister ek RSG en geniet om na jou te luister, soveel passie en sprankel in jou stem. Jy is ‘n inspirasie vir my.
    Die Here is saam met jou in al jou wee!

  • Francois De Vries

    Hi Amore. Dit is die eerte keer wat ek lees van jou verlies.Baie jammer om daarvan te hoor. Al wat ek vir jou kan se is sterkte en ek dink aan jou. Jy is ‘n worderlike mens en ek wens jou net die beste toe.
    Ek luister na jou program vir die laaste 6 maande en met jou positiewe uitkyk op die lewe gee my ook sommer nuwe krag. Dit is lekker om na jou te luister en dankie vir wat jy vir ander mense doen.
    Weereens baie sterkte.

  • Babs Olivier

    Amore, ek het al soveel keer in die middae as ek vanaf Rivonia ry en na jou luister, gewonder hoe ek net met jou kon deel van wat ek deurgegaan het toe my seun op 9 Desember 2008 oorlede is (motorfiets ongeluk). Desember was vir my die moeilikste tyd in my lewe met Kersfees en Nuwe Jaar om die draai. Ek het eers vandag hier op jou mededeling afgekom. Ek het altyd na 94.2 geluister en snaaks na sy dood in Januarie 2009 net oorgeskakel na jou program in die middae. Jou opgeruimde stem en interessante praatjies het partykeer net die trane minder laat vloei as ek alleen in die motor oppad huistoe was. My enigste seun was 39 (twee pragtige seuns saam met my skoondogter agter gelaat). Hy was kontrakteur in Durban die afgelope 2 jaar voor sy dood. Van so 2-3 weke voor sy dood het ons e-posse meer intens geword en het hy selfs een gestuur ‘if tomorrow never comes’ met ‘I love you’ die hele bladsy vol. In my lewe het daar ook ‘n paar dingetjies vooraf gebeur wat ek eers daarna besef het dit was tekens dat hy binnekort nie meer by ons sal wees nie. 2009 was vir my die hardste en seerste jaar wat ek nog in my hele lewe beleef het. Ons firma sluit van middel Desember tot begin Januarie. Ek werk vir ‘n ingenieurs firma wat se naam intussen verander het maar het jare gelede saam met Robbie se broer John gewerk. Ons was Desember in Plettenbergbaai en het nie geweet van Robbie se ongeluk nie. Een van die ouens het in Januarie na my toe gekom en vertel van die vliegtuig ongeluk en gevra of ek nie dink dat diè Robbie Nutt dalk John se broer kon wees nie. Ek het John geskakel net om te hoor dat dit wel die geval was – sy moeder was op daardie oomblik by hom en ek kon vir hom sê om vir haar te sê ek dink aan haar want ek weet wat sy deurgaan. Ek luister nog steeds na jou program vanaf half vier in die middae en partykeer as daar ‘n liedjie soos (ek dink die naam) Emma’s song (jou tyd is jou tyd) speel dan is ek saam met jou daar in die ateljee en deel ook dan in jou hartseer. Met die verlies van my seun het die Here vir my ‘n hart gegee wat vol is van simpatie vir elkeen wat ‘n geliefde aan die dood moes afgee. Ons kan ongelukkig niks doen om wat gebeur het ongedaan te maak nie – trane en verlange sal altyd daar wees – maar ons kan mekaar in ons harte en gebede aan die Heer opdra om ons te versterk en deur te dra. Dankie vir jou puik program en opgeruimde stem – dit maak die pad werklik korter wanneer daar ‘n donker wolkie op die horison lê.

  • Bobby Olivier

    Amore, Jy is die mees fantastiese mens wat ek al op lug gehoor het. ek weet nie hoe om deur die dag te kom as ek nie tjailatyd geluister het nie. Jy kan maar elke jaar prys vir die beste aanbieder kry.
    Deur jou storie te lees het vir my berusting gebring na die verlies van my man.
    Jy het waarlik krag van die Here ontvang om so positief te wees. Doen so voort, jy inspireer miljoene mense.
    Bobby Olivier

  • Annatjie Jordaan

    Amore jy maak ons middag elke dag. Ek en my man sit so van 4uur af en kaart speel en luister na jou interessante program. Jy is beslis n aanwins vir RSG.

  • Pieter

    Ek ry ook elke middag saam met jou huistoe en dis wonderlik om saam te gesels. Baie kere is daar iets wat jy oor praat wat my laat wonder hoe verwerk jy Robbie se dood. Daar is ook musiek wat jy speel wat my onwillekeurig laat dink aan die gebeure. Na vandag se lees van die artikel, verstaan ek hoe jy die pad met hom deel. Ek moet bieg en erken hoeveel kere trane gerol het, maar dit gee mens nuwe hoop en vertroosting….en dis lekker trane….

  • Rassie

    Amor,ek luister ook elke dag na jou.Ek het ook maar onlangs gehoor van die ongeluk en dit nou gelees.Jy is a sterk mens en doen so voort.

  • rina potgieter

    kom kuier in Villiersdorp jy is n pragtige mens

  • Dorethea Grobler

    Liewe maatjie,ek het ook ‘n liewe sielsgenoot aan die dood afgegee… soos jy se…. sy gees lewe voort….

    EK het besef: ONS IS ALMAL NET SY WERKERS WAT HY UIT VERHUUR om HIERDE WERELD IN STAND TE HOU. Soos ‘n dief neem hy enige lewe….

    Trane vloei op hierdie oomblik oor my wange…. jammer my engel is weggeruk …..als voel so leeg…

    Ek voel so eensaam, het Kobus ontmoet na egskeiding van 32 jaar…. sy laaste geskenkie aan my was bos wit rose… hy’t altyd gese… net Liewe Jesus en hy weet hoe lief hy my het….
    Hy het ook aan my klein bybeltjie gegee toe ek dogtertjie van 12 jaar was, het hom ontmoet weer na 40 jaar…

    Ek dank die vader wat hom vir my G eleen het vir 3jaar en 4 maande….

    Hy is presies op 53 jarige ouderdom ook aan hartaanval oorlede soos sy pappa…

    Sy moeder se roudiens was 19 Julie 2012 – ons het hom verloor op 21 Julie 2012…..syne 27 Julie

    Amore ek Hou elke dag net aan Ons Vader vas… dit is bitter..ek het ook nou na 3 weke my berusting gevind toe ek lees uit :
    2Timoteus 4:6,7 Ek het die goeie wedloop afgele; ek het die wenstreep bereik; ek het gelowig end – uit volgehou. Vers 8: Nou wag die oorwinnaarskroon vir my, die lewe by God.Op………

    Moedhou my maatjie… jys ‘n kind van die Heer…. ek sal altyd aan jou dink want ek besef ons moet liefde saai om ons…. Sy tyd – nie ons tyd… Ek praat met hom nog steeds asof hy by my is…

    Liefies en gebede vir jou hoor.

  • Dorethea Grobler

    Jammer Amore,

    Het vanmore jou ‘n boodskap gestuur, wil net weet wat beteken moddelleer…
    Asb ek sien jul het my boodskappie uitgevat … Hoekom

    Jy’s n insporasie vir my hoor.

    Liefdegroete

  • Thea

    Amore, ek weet nie wat beteken modereer nie, maar ek het op 11 Augustus ‘n brief aan jou gestuur.

    Het laat weet ek het ‘n kosbare vriend afgegee op 21 Julie 2012…
    jy’s in my gedagtes en dankie vir jou positiewe sprankelende persoonlikheid, ons moet maar net voluit lewe…tot hy ons wil neem. Wees sterk, sal jou in my gebede opdra.Liefde en pas jou op.

  • Hermi

    Ek het vandag vir die eerste keer hierdie gelees en my hart is oopgeruk deur hierdie testament van die lewe deur iemand wat soveel liefde en goeie en mooi energie uitstraal aan ander….en iemand wat deur hierdie tragiek deur nog steeds dit doen…. ek het besef hoe waar dit is wat Amore se…dat ons geestelike wesens is wat fisieke ervarings het….pyn soos hierdie het ‘n betekenis wat baie mense raak….die leegheid sal nooit fisies in hierdie wereld gevul word nie…..ek glo ook dat mense nie sterf nie maar voort by leef….my broer het op ‘n motorfiets verongeluk toe hy 33 en ek 29 was…in 1984….ek huil nou nog oor hom, droom oor hom, mis hom….Amore, jy is hier vir ‘n Goddelike rede en hulle wat weg is, ook so, en die betekenis verstaan ek nou nog nie eintlik nie en die pyn hou nooit op nie, dit vervaag net soms….daar is nie iets soos toeval nie en dit lyk dalk so maar ek glo aan die Plan van God met elkeen, al verstaan ek dit nie altyd nie…dankie vir jou lewe Amore, dankie wat jy vir ander doen en ek is een van hulle… mense soos jy en Robbie en julle getuienis van liefde gee die lewe ‘n rede om gelewe te word…ek kan dit so deurtrek tot my eie ondervinding deur die verlies van my broer en my Pa….deur hierdie te gelees het vandag, dankie Amore….

  • Hennie

    Sterkte, onthou wat ook al gebeur is nie ons besigheid nie . Wat ek is ,is genade.Wat ek het is geleen.

    Ken die pad ook.

  • Juliana van Zyl

    Whow – dit is "hartverskeurend" – ek het altyd as ek jou vriendelike en opgewonde stem oor RSG hoor gewonder wie is daardie gelukkige man wat daardie pragtige vrou se HART en LIEFDE in sy hande dra. Hy het jou in sy "hande gedra". Al wat ek kan sê is Sterkte op die pad vorentoe. Dit gaan baie swaar wees, maar hou moed my Maatjie.

  • Elma Bezuidenhout

    Het ook die verlies ervaar en se sterkte op jou pad vorentoe!

    Elma Bezuidenhout

  • Lucille Kok

    Amore, Jy het soveel sprankel, lewenslus, vreugde en liefde wat jy deel. Voor mens nie jou hartseer storie lees nie, sal jy besef waardeur jy gegaan het nie en nog steeds gaan. Ons wat al soveel hartseer self deurgemaak het weet dat daardie klippie in jou skoen altyd daar sal bly. Hy sal jou druk en knyp en op die onmoontlikste plekke sal die trane begin loop. Moenie skaam wees oor daardie tye nie, glo dis alles deel van genesing. Ons Vader huil saam met ons, maar bring weer troos. Het ons meisiekind 22jaar gelede verloor, daar is nog dae wat dit soos gister voel. Soms wens ek net sy kan net n drukkie kom gee vir n baie hartseer mamma en n pappa wat lief is vir pragtige vrouens soos jy. Sy was ook so n vrolike opgewekte omgee mens, moet nooit verander nie. Jy bring vreugde vir menige van ons. Baie groete

  • Piet Dreyer

    Piet Dreyer skryf. Vir my n paar dae gevat om te skryf, my hart bloei vir jou, ek opnuut hartseer, maar jy het Genade ontvang deurdat jou sprankel ander opbeur. Jy is n reus. Jy straal uit. Doet so voort!

  • Ione Rooney

    Amor Bekker is ‘n insperasie vir ons almal, Ek luister na haar program op pad huis toe elke dag, kan nie deelneem aan oproepe of sms boodskappe nie. Maar wil net vir Amor en Mariette se, dankie vir ‘n lieflike en aangename program. Bly so vrolik soos wat julle twee is wees. Ons geniet dit!. Elke dag is ‘n belewenis. Groete Ione Rooney

  • Atella de Vos – Storm

    Hallo Amor, ek het sopas my lewensmaat en sielgenoot verloor – hoe treffend het jy dit tog opgesom en sommer vir my vandag so n bietjie perspektief gegee. Sal so graag persoonlik met jou wil kontak maak as dit moontlik is.

    Sterkte, groete en seen

    Atella de Vos – Storm

  • Joey Smith

    Goeie More AMORE

    Ek lees vanoggend hierdie berig van jou omdat ek nog die moed gehad het om weer na jou te luister op die radio nie. My lewensmaat van 30jaar is op 29 Mei 2012 van my af weggeneem, onverwags. Ons het elke dag saam geluister na jou program en getrou het Nico elke dag die resep afgeskryf. Ek glo wanneer die seer binne my nie meer so erg gaan wees nie, ek weer die moed sal h’e om my radio aan te skakel op 101.40.

    Ek mis daai vrolike stem, jy het ons, al was ons moeg gewerk nuwe lus gegee vir kosmaak, en wonder ek elke dag watse resep vandag gegee gaan word.

    Dis net GOD wat ons in die tyd kan vertroos, al verstaan ons nie nou nie, sal ons eendag verstaan. Onthou net waar ons nie meer kan loop nie, dra HY ons, en soms voel dit of God ons vergeet het maar, intussen het hy ons net neergesit om ons oor te tel nie die ander heup.
    Sterkte word jou toegebid. ‘If GOD is dead who’s this living in my heart?

  • Ydis

    Dit is nu een van die mooie dingen van de mens, ze deeknn allemaal verschillend!Wat voor de een waarheid is, is voor de ander totale nonsens, vertrouw op uw intuitie en bepaal van daaruit wat voor uzelf als waarheid voelt.Waarom wil iemand bewijzen zien, terwijl deze als u goed om u heen kijkt in de echte wereld, duidelijk te zien zijn. Maar dan moet u wel even om u heen kijken! We kunnen dus tegenwoordig niet meer ZELF deeknn! Dat doen namelijk de regering en farmaceutische bedrijven voor ons, die weten namelijk wat zeer goed is voor onze gezondheid. Mensen die er niet voor geleerd hebben en alleen ZELF onderzoek doen, zouden niet weten waar ze over praten. Goed, waarom is Minister Klink dan minister van volksgezondheid? Waarom moeten wij als volgzame zombies aannemen dat alles wat Minister Klink zegt goed is voor de volksgezondheid. Waarom geloven wij nou juist net die mensen niet, die er juist wel voor geleerd hebben en beweren dat het juist niet zo goed is voor de volksgezondheid? Dan zijn het opeens indianenverhalen en wildwest verhalen. Wij mensen zijn maar een raar volk!Neem nou Fedde, die hier een hoop leads neerzet en Desire Rover dat hier niet doet, dus omdat zij haar bronnen hier niet neerzet, is het ongeloofwaardig.In haar boek staan alle bronnen waar zij haar research heeft gedaan, en deze zijn bijna allemaal te controleren! Wat ik persoonlijk dan wel vind, is dat ze deze informatie dan vrij had moet geven als het zo belangrijk is voor de mensheid om te weten.Maar goed, als de meeste het toch zo goed voor hebben met onze gezondheid, hoe zit dat dan met de bekende E-Nummers, omdat ze goed zijn gekeurd dan zijn ze gewoon goed! Punt! Doe zelf eens een studie naar deze bekende E-Nummers en verbaas uzelf, of niet natuurlijk. Bekijk een week lang alle etiketten van producten die u tot u neemt, houd dan bij welke E-Nummers erin zitten. Na een week bekijkt u deze lijst en zoekt u op wat u nu werkelijk tot u heeft genomen. Daar komt nog bij dat verschillende E-Nummers in bepaalde landen verboden zijn, behalve in ons geweldige Nederland. Ik ben blij dat de regering en de farmaceutische bedrijven het zo goed met ons voor hebben.Ook al zijn er beweringen dat E-nummers in lage concentratie niet schadelijk zijn voor onze gezondheid, u zou ZELF eens moeten weten hoeveel u nu werkelijk binnen krijgt, is het dan nog zo onschuldig? Vraagt u zichzelf nooit af, hoe het komt dat u last heeft van bepaalde kwaaltjes. Ook hier zijn er mensen die er juist wel voor geleerd hebben en weten hoe schadelijk ze zijn. We stoppen ons en onze kinderen vol met kleur/geur/smaakstoffen, maar we blijven volhouden dat deze niet de oorzaak zijn van allerlei verschillende ziekten. Maar gelukkig heeft de regering en de farmaceutische bedrijven het zo goed met ons voor. Het begint al bij BABYVOEDING!!!Wilt u bewijzen, neemt u dan gewoon eens een kijkje in de supermarkt en lees wat erin zit, ja die kleine letterjes dus. Pas op voor uw hart.Als u dan over de schrik heen bent, (of niet natuurlijk)bekijk dan eens wat deze geweldige E-Nummers doen met uw immuumsysteem, daarna een dosis vaccinaties en u bent verzekerd van een leven vol kwaaltjes. Maar gelukkig hebben we daar de farmaceutische bedrijven, die klaar staan om u te helpen. Medicijnen die wel helpen tegen de kwaal op dat moment, maar heeft u ook eens bekeken wat er nu in die kleine lettertjes staan?Gelukkig bent u even geholpen, maar daar komt vast en zeker een andere bijwerking op uw pad! Nu zijn de ziektekosten sinds een paar jaar opgelopen, en het word alsmaar duurder. Met alle gevolgen. Dus globaal op een rijtje, Vaccinatie, E-Nummers, Vaccinatie, medicijnen, bankroet. Maar mensen, blijft u vooral geloven wat u wilt geloven, en laat u vooral plat spuiten en slik vooral alles, geloof de regering en de farmaceutische bedrijven, dat is het beste voor de mensheid en voor deze planeet!Oh, dat complotdeeknn ook, had ik de chip al genoemd?Bewijzen nodig, nogmaals kijk om u heen!!!M.V.G

  • Ravindra

    haha nee hoor! maar soms dan lopen de gemoederen hoog op. En uw venrglijkeg liep mank en was tegenstrijdig kwa argumentatie. Dat wilde ik even laten zien met een gecharcheerd voorbeeld.Wat ik wilde zeggen is: mensen zijn zo ontzettend verwend met de huidige stand van de gezondheidszorg. Ze hebben geen idee meer hoe erg polio is (omdat niemand het meer heeft in NL). En dan gaan ze nu zitten zaniken over complotten en autisme. Alsof wetenschappers en dokters niet hun best doen iedereen te helpen. Tuurlijk, fouten worden gemaakt, maar er gaat ook HEEL VEEL goed, maar dat lees je hier nooit. Altijd valt er wat te miere(n)neuken. Wat ik dus bedoel te zeggen is: als je het allemaal zo wantrouwt en niet vaccineert, dan moet je ook niet gek opkijken/zeuren als je ziek wordt straks. UITERAARD zullen we dan iedereen behandelen die het nodig heeft. Ookal doen die mensen NU in blakende gezondheid net of ze wetenschap en dokters niet nodig hebben.groet, Bert

  • Waldi

    Hi Amor, jy’s ‘n pragtige mens en so vol lewe. As ek net na jou luister voel ek sommer weer ‘n ander mens. Die briefies wat jy lees oor die luisterraars wat hulle doen en sien op pad huis toe is kostelik, wil jy dit nie saam stel in ‘n boekvorm nie asb, dit sal baie mense help om vroliker te wees as hulle die boek lees (of sit dit op jou RSG net dan kan ons dit print) GROOT BLIEF. Ek bly nou in Parys in Vrystaat, as jy die kant toe kom, kom se hallo.

    Baie liefde en sterkte vir jou

  • Pierre Joubert

    Amor jy is die mees stunning mens wat ek in my lewe gehoor het en ook gesien het ! jys n inspirasie vir my, in my dag tot dag werk as skakelbeampte !Met my eie hardseer, vlak in my gedagtes leef ek baie soos jy en jy is n wonderlke voorbeeld van volharding in geloof en liefde ! dankie prinses ! Prins

  • Nicoleen Louw

    As ek so na jou luister, terwyl ek by my werk is (werk by ‘n NGO, Skuiling) sal ‘n mens nie kon droom dat jy wat so vrolik is, deur so ‘n hewige hartseer gaan nie. Jou lewensmaat is skielik van jou af weggevat en dit is regtig nie dieselfde soos wanneer jy ‘n geliefde verloor wat siek is nie, want by ‘n siekbed weet jy die een moet of sal een of ander tyd doodgaan, maar joune was heel iets anders. Jy het nie die dood verwag nie en dit is hartverskeurend. Jy kom vir my voor soos iemand wat waarlik tot bekering gekom het en wat jou troos vind in die Here. Sommige mense vloek en skel die Here as hul ‘n geliefde verloor het, maar jy, jy vat dit baie goed en jy skeep nie jou werk af deur jou hartseer nie. Gaan so voort, want daar is tog nog hoop. GOD en sy GEBOD is ons HOOP op die toekoms en miskien eendag wanneer jy heeltemal oor die hartseer is, sal Onse Hemelse Vader vir jou iemand stuur wat jou net so sal liefhet soos Robbie jou gehad het.

  • Dorethea Grobler

    Liefste Amore,

    Ek waardeer jou inspirasie, met so pragtige voorbeeld vir ONS almal wat ‘n SPESIALE persoon verloor het.
    Weet net ons dink elke oomblik aan jou. Jy is KOSBAAR vir ONS LIEFDEVOLLE VADER.

    Ek worstel ook maar voort, is nou 53 jaar en hoop om weer eendag dalk my sielsmaatjie te ontmoet. Was 30 jaar getroud, toe geskei. Het skoolvriend ontmoet deur sy moeder na 30 jaar. Hul is albei 6 dae uitmekaar oorlede 2 maande terug.
    Ek worstel met baie vrae, ek skryf die brief net om ASB vir enige ene daarbuite te vra om vir my asb te bid dat ek werkie kan kry om ook soos jy aan te kan beweeg, soms veral naweke is baie EENSAAM.

    Dankie Amore dat jy so baie POSITIEWE INVLOEDRYKE energie uitstraal. Glo en vertrou eendag kan ek met jou kennis maak.

    Liefdegroete en pas jou op hoor.
    Thea

  • Rina van Zyl

    Amore WAT N WONDERLIKE MENS IS JY NIE …..Na al die hartseer dat jy ons nog elke middag kan optel en soveel lag en vreugde met ons kan deel.Ons LIEWE VADER WEET NET WIE OM TE GEBRUIK OM ANDER MENSE SE LEWENS TE VERJEUG. Ek het ook op die pad geloop waarop jy geloop het .En dankie tog dat ons weer kan opstaan en vorentoe gaan.Wees net sterk .

  • Johan du Toit

    Ek is hartseer en eensaam. Ek is nie bekend nie, dus het mense nie die gevoel van my my seer nie. Ek haat RSG en 7 de laan omdat dit ons lewens beheer en soos die spreekwoord sê: Ek het dit gehoor op….
    of by "die en daai" Amore se seer word nou hier "uitgeplak", toevallig kom ek hier af terwyl ek vir myself oplossings soek! Iewers met die laaste pos wat toegelaat was in Mei 2010 na nou, 2012, het niks verander nie. Dooie ore, dooie denke, dooie gevoelens, dooie liefde… alles vir niks.

  • Gertie Vermaak van Glosam

    Amore
    dus nie lekker nie, maar ek Glo as jy ons Hemels Vader vra om weer jou lewe teverful met n lewens maat
    glo ek hy sal, want dus nie lekker om alleen oud te word nie ek en jy is die selfde ouderdom,en as ek vat
    ons doen als saam. ek haal my hoed af vir jou.

    groete
    gertie vermaak

  • Fanie Otto

    Amore, die liefling van die luisteraars van RSG. Baie dankie dat jy jou sprankel, blymoedigheid en visie met ons almal deel. ‘n Ware mentor in daadwerklike aansporing tot aksie, met soveel oortuiging.
    In die saaltjie op Karatara het jy langs my gestaan voor jy op die verhoog gegaan het.
    Amper drie jaar. Ons wil jou omvou met ons liefde. Ons weet. Ons dogter het ons twee-en-twintig jaar gelede in ‘n motorongeluk verloor. Dit word minder vel. Ons huil minder maar die seer is altyd daar
    ‘n Wonderlike belewenis kom oor my pad.
    Ons belei dat "Ek glo in GOD die Almagtige Skepper van die Heelal" Dit beteken ek plaas God eerste in my lewe. Ons se dit maar doen dit nie noodwendig nie. Ons is te besig met ons eie agenda? Wat sou ek wou he dat God moes se as ek aan die einde van my lewe voor hom te staan kom? Wat sal in Sy oe ‘n sinvolle lewe gewees het? Was ek besig met dit waarvoor Hy my wou gebruik het? Het ek volgens Sy oordeel en Sy plan met die wereld ‘n verskil in ander se lewens gemaak ?Was Sy agenda vir die wereld vir my ‘n prioriteit ?
    Dit is nie my wysheid nie. Aangehaal uit uit "Die Wese van Dissipelskap"Deon Loots. dissipel@gmail.com
    Dalk kan jy die wonderlike verryking elvaar.
    Liefde.
    Fanie ,Sedgefield

  • Orsilla

    Hi Amore, Om lief te he en dan dit te verloor is beter as om nooit lief te gehad het nie. Om jou lief en leed met almal te deel is genesing vir jou siel sowel as die wat daarna luister.

    Ek geniet jou program baie, luister daarna elke middag as ek huistoe ry.

  • willie cloete

    Amore jy is great – een van jou soort – sterkte en dankie vir jou elke dag se great program

  • Eric Du Plessis

    Amore,
    Ons wil ‘n nuwe projek begin ter ere van Madiba en ons nasie en wil dit graag per e-pos aan jou voorstel. Dit sal wonderlik wees indien jy vir ons jou e-pos address sal aanstuur want hierdie spasie is te klein om te verduidelik. Ons heet 67 WEEK OF COMPASSION S.A. NPC. Baie dankie byvoorbaat en dankie vir die wonderlike program op RSG!
    Groete,
    Eric Du Plesis

  • Nellie van Grotto Bay

    Jou opgewekte stemmetjie in die middag wil ek partymaal met n boek gooi, want dis mos n lui tyd van die dag, maar dis nie lank nie of ek sit vasgenael voor die radio. Hoe kan een mens so opgewek wees het ek baie maal gedink. Nou eers, 15 Februarie 2013 vind ek uit van al jou hartseer. Jy is nou EERS vir my n bron van inspirasie. Jy is voorwaar n Prinses! Ek dink die wereld van jou. Liefde en voorspoed.