SARIE-blogs

Aletté-Johanni blog: Dis ‘n seun!

Anders as met Lian se koms het ons nog nie so vroeg ‘n naam nie, maar glo my ek sal julle laat weet sodra Liewe Jesus daai naampie in ons ore gefluister het. Ons leer nou vir Lian van “boetie” en hy soen hom speels, maar as ek vir hom vra “waar is boetie?” dan wys hy effe verder noord as my maagarea. Wil nog vir hom leer, dit is boobie, nie boetie nie…

Week 14 is verby en volgens die dokter se rekords is ek nog so 3.5 kg voor my my vorige swangerskap, EN kan ek by sê, ek het defnitief ‘n kilo of 2 laer begin die vorige keer, dus gaan dit eintlik goed. Ek kon tot onlangs toe my normale broeke aantrek, maar hierdie boetie is nou so groot soos ‘n suurlemoen of dalk ‘n lemoen en raak dit al hoe moeiliker om daai broek se knope vas te maak. (Wag tot hy ‘n waatlemoen is!!!!) So by the way, die noorderlike “boeties” is sterk oppad waatlemoene nie…EN DIS WEEK 14!!!

My trippie na mevrou die dieetkundige het ook verbasend goed afgeloop. Hierdie week het sy my geleer hoe om kos-etikette te lees, waarvoor om te kyk, asook wat om te bestel by watter restaurant, asook wegneem-etes. Een belangrike faktor wat sy my leer is: “Vet, maak vet” en baie produkte wil mens flous met etikette soos “light”, “lower”, “low in fat” of “60% LESS FAT” wat net beteken daar is steeds 40% vet per 100 g m.a.w 40.g vet per 100.g en ons moet altyd kyk vir minder as 3.g vet per 100.g.(Sjoe, hoor hier, my wiskunde word ook weer êrens uit ‘n leër in my grysstof uitgeruk en afgestof. ) Belangrike sleutelwoords om ALTYD te onthou: Lae GI, gereelde etes, PORSIE BEHEER, baie baie water, en natuurlik LAE VET of nog beter Vet Vry.

Dis eintlik belaglik hoe elke Jan Rap en sy maat op die wa spring en sy eie reëls en regulasies het van wat is dit nou EINTLIK wat ons moet vermy. En wat sy sê maak eintlik vir my sin. Moet NIKS vermy nie, jou liggaam het iets van als nodig, maar i.p.v. die die hele avo, feta, croutons, bacon crips EN mayonnaise in jou slaai, kies één vet en hou daarby.

Ek kan behoorlik nie glo die tyd vlieg so en dat die jaar ook al klaar weer vebry is nie. In my kop én in my hart lê ek al op een of ander Kaapse strand of speel ek met my eerste seuntjie in die groot bad (see)! 2011 het sy tol geeis en ek dink almal van ons is moeër as wat ons laasjaar hierdie tyd was…of is dit net ek?

Dames, op ‘n ander noot: Ek weet om ‘n kind te baar en in die wêreld te bring is seker dié grootste wonderwerk en voorreg in hierdie lewe. Ek weet hoe dit voel om te sukkel om swanger te raak, en ek weet hoe dit voel om ‘n baba te verloor. Asseblief moet nie vir een oomblik dink ek sien dit as ‘n straf of is nie dankbaar vir die omstandighede waarin ek myself begewe nie. Hierdie is mý storie, uit mý hart, aan al my vriendinne wat al hierdeur was of nog hierdeur moet gaan. Almal ervaar nie dit nie as maanskyn en rose nie. Almal is nie “gebore om swanger te wees nie”. Hierdie is vir dié van julle wat kan assosieer met die kilos, die energievlakke en die hormone wat elke nou en dan hulle kop uitsteek. As jý met my kan vereenselwig, lees gerus voort…

Tot volgende week

A.

* Lees Aletté-Johanni se vorige blogs hier.

  • Betsie Ackerman

    Baie geluk! Mag hierdie ou seuntjie vir julle net vreugde bring!

  • Rene Le Roux

    Alette-Johanni, baie dankie vir die pragtige boodskap!! Ek het dit so geniet om dit te lees en om te sien of eerder lees, n beroemde-mamma is ook net mens! Jy het trane in my oe gebring en myself weer laat terugdink aan my eie swangerskap en pragtige seuntjie, Dian(nou 5jaar oud)! Ek dank ons hemelse Vader vir die beste geskenk ooit!- my kind!!

    Sterkte verder met jou swangerskap! Wens ek kon self nog enetjie he! Ek het 3jaar gesukkel om swanger te raak, kunsmatige inseminasies gehad en toe self swanger geraak! Van die begin af was dit n dreigende miskraam en van 4maande af, moes ek besluit, my werk of my baba! Gelukkig het ek n goeie werkgewer gehad en en kon half-dag werk!

    Ek het n nood-keiser gehad want Diantjie wou nie afsak nie! Maar alles het wonderlik verloop! En vandag, nee elke dag! Dank ek God vir my seuntjie!

    Alles wat mooi is bid ek vir jou en Heinz as ouers en as gesin toe!!! Pas jou op! En dankie vir jou wonderlike gedagtes wat jy met ons deel!

  • Tania

    Ek is versot op jou blogs. Hopenlik is swangerskap nie te ver in die toekoms vir ons nie, en ek gaan verseker jou blogs onthou en hopenlik ook advies uit dit vat. Hou so voort. BAIE geluk met nog ‘n wonderwerk van ‘n seun vir julle! Blessings x

  • Anna

    Geniet jou blog so baie! Kan so ‘relate’. Ekt nie great gevoel tydens swangerskap nie -dit was fisies en emosioneel maar ‘draining’ ;mens se broeke kom nie vas, jy gaan ewe skielik vinniger deur jou onderlaag,want jou gesig is voller/groter/pofferig? ag net omdat mens voel, jys nie meer jouself nie, ek wil se, nie in beheer nie… Soos jy weet en altyd noem, is die eindresultaat wonderlik-daars nie woorde nie, maar ek dink net vrouens behoort nie so ge-oordeel te word omdat almal nie noodwendig gaande is oor die broei-tydperk nie…dis nie ondankbaarheid nie, dis ‘personal preference’ !
    Sterkte & Geniet!

  • Karina

    Ek het 2 seuntjies wat 2 jaar uitmekaar is, en dis die beste! Hulle is al klaar die grootste maats en is so cute saam. Sterkte met die swangerskap verder….ek weet dis nie maklik nie.

  • minette

    Baie dankie Alette ek geniet dit so om te lees, ek lag en huil saam jou en asosieer 100% met jou . Sterkte met die Swangeskap en geniet elke oomblik. Mag God julle 4 seen en elke tree saam julle wees.

  • Margs

    Ek geniet die blog. Ek dink iemand moet net deur dit lees om al die foute te korrigeer voor dit op Sarie se webwerf gesit word. Net my opinie…

  • Lettie

    Ag Alette-Johanni,

    Geluk dat julle weer n baba seuntjie gaan he, mens kan net dankbaar wees dat jy swanger kan raak, en dat die Here dit vir jou en Heinz gee, om groot te maak na die beste van julle vermoe.

    Al wat regtig saak maak is dat hy gesond en sterk sal wees, om n maatjie vir sy boetie te wees. Geniet die swangerskap, en kyk na jouself sodat jy ook gesond is.

  • Carina Joubert

    Haha, lekker gelag vir boetie wat "noord" sit. Laat my terugdink aan vriende se driejarige wat eendag op ‘n uitstappie tussen my en sy ma agter in die kar gesit het. Hy het my so op en af gekyk, en skielik op die een boob "gepoke" en gevra: "Is dit jou baba se boudjies hierdie?" Kon nie help om te lag nie!

  • Michelle de Jager

    Baie geluk met julle tweede seuntjie, baie dankie vir jou great blog, ek is so bly daar is ook normale celebs wat nie die dag na die kind se geboorte weer rietskraal is nie. Geniet elke oomblik van jou swangerskap en ja die hormone of soos my sus sal sê "war moanes" sal ook aktief wees, maar geniet dit. Kan nie wag tot volgende deel.

  • Ronelle de Graaf

    Baie geluk en sterkte! Jou werk gaan nou verdubbel met 2 in die huis, maar dis lekker! My 2 dogters is nou 14 en 16 en alhoewel hulle maar die gewone tiener nukke het, geniet ek hulle baie!
    Voorspoed!

  • Justine

    Baie baie geluk met jul seuntjie!!! Dit is wonderlik om ander se ervarings te beluister! Ek is nog self nie ‘n mamma nie, maar as Liewe Jesus se tyd reg is, weet ek ek sal ook daardie vooreg he om swangerskap te kan aanvaar! Ek is mal oor jou styl van skryf en hoe jy jou storie op jou manier oordra, dus moet asb nie jouself steur aan mense soos Margs wat negatiewe kommentaar daaroor uiter nie. Ek geniet dit soos dit is, direk uit jou pen!

  • Althea

    Dankie dat jy dit met ons deel Alette. Jy sit in woorde wat BAIE van ons nie kon nie.
    Ek geniet die blog vreeslik! Geniet die groei van jul nuwe wonderwerk!

  • Maryke

    Ek is die week 28 weke swanger met my eerste seuntjie! Alles gaan baie goed en ek is dankbaar teenoor die Here vir die voorreg om mamma te word. Ek geniet elke inskrywing in jou blog omdat ek regtig ook soms voel asof my liggaam nie meer my eie is nie en ek skrik elke keer as ons van die dokter af kom en besef hoe die kilo’s meer en meer raak!

    Dit is ‘n wonderlike ervaring, maar vir iemand wat nog altyd skraal was en nou net "dik" voel kan mens soms minder positief wees! Ek vertrou dat my seun mooi gesond sal wees en dat ek met ‘n gesonde leefstyl ook weer sal kan terugkeer na my vorige gewig!

    Dankie vir jou inspirasie en menswees!

  • Adele

    Baie geluk! Dis wonderbaarlik! Ek is tans 12 weke en 1 dag met ons eerste, ook ‘n absolute wonderwerk volgens medici, maar God is in beheer, nie man nie! Dankie tog daarvoor!

    Ek sien uit daarna om die volgende blog te lees!

    Blessings tot dan!