photo
SARIE-blogs

Aletté-Johanni blog: My nuwe gewigsverlies-taktiek – Projek Stilte

My mooiste kleinste knapie is al 9 maande en 2 weke, mooier as ooit, begin begin loop en mamma sit nog met al die bewyse dat sy (nie meer so) onlangs swanger was.

Hierdie maand het baie staaltjies opgelewer om aan julle oor te vertel (vir ‘n bietjie simpatie). Een middag staan ek en Heinz en ons assistent, Marisa in die kombuis en middagete maak, toe Marisa vra: “So wanneer het jou liedjies oor Aletté begin gaan, Heinz?”

Heinz begin vertel dat dit was vandat hy my ontmoet het, maar ek val hom in die rede…Hy het my LANKAL in gedagte gehad, nog voor ek daar was: “Waves crashing over me…(not so) gently….” En later gaan die liedjie: “You’re drowning me…” Daars ook:  “Can’t loose (weight) with you”. Heinz se liedjie, “Thank you”, se woorde begin: “It’s all changed, around here” en ek sien in my geestesoog hoe hy verduidelik “around here” is around my maag en around my boude. Ek praat nie eens van sy nuwer liedjies: “Groter as groot”, “Klein bietjie” en “Weight of the world” nie.

Net laasweek speel ons gesinnetjie buite op die gras. Lian het onlangs Dawid en Goliat se storie gesnap en elke nou en dan is een van ons Dawid en die ander Goliat en dan vat hy sy “shlingevel” en skiet die ander een. Op die middag wil hy dit weer speel. Ek sê vir Lian: “Lian, jy is Dawid, pappa is Goliat en ek is Jonathan” “Nee mamma, ek is Dawid, mamma is Goliat en pappa Jonathan!…” Dankie Lian.

As ek nie ten minste 2 kilos verloor het van ons laaste gesprek af nie, het ek verseker aan ‘n kompleks begin ly. Hoekom is dit so moeilik? En hoekom vat dit so lank? Ek eet werklik mooi, en oefen (wanneer ek kan) baie hard, maar dit voel vir my of elke hormoontjie en vetselletjie met elke kliertjie, aartjie en orgaantjie ‘n Dawid en Jonathan bloedverbond gesluit het om nie te roer nie en staande te bly. Niemand wil hulle werk verloor in slegte ekonomiese tye nie en daarom het hierdie outjies besluit om saam te staan en te STRIKE! As hulle nog getoi-toi het was daar darem ‘n mate van beweging maar hulle staan soos die wagte voor Buckingham Paleis: DOODSTIL, bankvas en stewig. Ek dink as dit lyk en voel of een, twee of drie van hulle dalk moontlik afgeskei of uitgeskei gaan word is dit ‘n mate van “touch, pause, engage” en daai outjies haak bymekaar in en klou vir lewe of dood.

Dit is nou nie juis in my persoonlikheid om ander se vriendskappe en verhoudings op te breek nie, maar my geduld raak nou klaar. My klerekas koekeloer vir my…die girls in die gym koekeloer vir my…die pakkie Woollies jelly varkies in my spens koekeloer vir my, geen wonder die outjies wil nie move nie, hulle kry vrek baie aandag!

Dalk moet ek net niks sê nie, nie gereeld weeg of kyk of daai kleiner nommers al pas nie, dalk moet ek ook swyg en kyk of hulle dalk dan bietjie afstand sal doen van mekaar…

Dus my nuwe taktiek: Projek Stilte.

* Lees nóg blogs deur Aletté-Johanni.

  • Henriette Wessesls

    Briljant! Voel of myne net soos joune vasklou, maar die week het ek op "no more strike" gegaan… en ek het ‘n goeie detox dieet gedoen…en raai wat ek is 4 kg ligter na 8 dae…nie sleg dink ek. Dus kan ons beslis met die "stilte" oorwin

  • Liz Erasmus

    Alle simpatie. Ek weet van daai geveg in my lyf. Ek sukkel al 21 jaar. Ek wou al ‘n slag laat kyk het of die dr nie eenetjie binne vergeet het 21 jaar terug nie. Ek oefen ek (probeer) reg eet, ek detox en ek stress maar niks werk vir lank nie. Maar ek troos my gereeld dat die beloning wat ek vir my rolletjies kan wys absoluut elke sentimeter die moeite werd maak. Albei my kinders is onvoorwaardelik lief vir my en gee net vreugde en liefde en aanvaarding aan my vir 24 jaar lank al. Klein prys om te betaal vir die konstante vet- geveg binne my lyf.

  • Niekie Bushby

    Hahaha! Jy is skreeusnaaks! Geniet dit elke maand om jou blog te lees.

  • Heidi Nolan

    Ai Alette ek voel saam met jou maar ek het in 3 maande 15kg verloor so ek het die wenresep!! Add my op FB dan deel ek my geheim met jou! Of op Skype heidinolan1. Lekker dag! Heidi

  • adri van loggerenberg

    Watse detox0het jy gebruik Henriette sal jy vi my dit kan email asb, adrivanloggerenberg@gmail.com

  • Michelle

    Wees bly jy is gesond en geniet jou gesin. Jou gewig bepaal nie wie jy is nie. Dit is ‘n bewys van wat jy al as vrou bereik het! Moenie dat kos jou lewe rig nie. Jy is in beheer en geniet elke dag ten volle!

  • Patricia

    Hi Alette! Patricia Lewis hier… Ai meisie jy is SO oulik en snaaks!! Ek lag my dood vir jou blogs!
    Jy’s ‘n regte mens! We can all relate to you and understand exactly what you are going through with a sence of humour and a good laugh! Listen girl, you are exactly the reason why I released my exercise and diet DVD, VOOOMA! I also couldn’t lose my 10 kg weight gain for anything in the world! I could stand on my head, starve, run a thousand km on the treadmill, … And NOTHING, for almost 3 years!!! And then I prayed and prayed and researched and I found my answer! I lost 10kg in about 4-5 months! The best news is that a year later the weight has STAYED OFF!! HALELUJAAAA! I just KNOW that it’s going to work for you too! Having read and followed most of your blogs and having done a lot of research before I released the DVD, I suspect that you are one of those woman, like me, that REALLY struggles to lose weight. So, please contact me and I’d like to send you a free copy of my Dvd and like all the other diets that you’ve followed… Just try it for a week! I challenge you! I also bet you that you WILL loose at least 2 kg in your first week! But… You MUST BE TRUE TO YOURSELF AND STICK TO IT! Contact me at mail@voooma.com.
    Lastly, Congratulations!! You have GORGEOUS babies!! Lots of love to you and your family and declare "war on your weight!" Haha , love Patricia xxx

  • Val Fourie.

    Pragtig! Sy skryf sowaar uit baie van onse monde. Dis nou wel nie meer die baba vetjies wat my pla nie, maar wel die ”ouderdom” vetjies. Ongelukkig moet ek my redelik stil gedra omdat ek trombose gehad het en dit raak al hoe moeiliker om daarvan ontlae te raak. Maar aan die jongetjies – probeer, is steeds die beste geweer en vasbyt!

  • Sunette

    Henriette – kan ek jou detox diete kry asb

  • Brenda Pienaar

    Wonderlik! Henriette kan jy dalk die detox dieet met my deel.

  • Julie

    Hi Alette, onthou jy hoe vinnig ons op varsity daai 4Kg in n week kon afskud.
    Ek het in my lewe nog nooit so hard geoefen nie. Maar ek dink na swangerskap gaan jou hormone net nooit weer terug na waar dit was nie. Kyk hulle se….. Estrogeen gee vir ons intuition maar saam
    Met dIe nuut gevonde superpowers (dit wat Pappas nou nie het nie) beteken dit die volgende:
    *Borste wat let down ervaar as ander babatjies huil en jou bondeltjie is nie in sig nie want jy het regtig bietjie time out nodig gehad.
    *Jy kan moontlik voel ietsie is nie pluis nie, wag nog vir daai een om in te Skop.
    *MOENIE vergeet van daai onvergeetlike swangerskap uitbarstings nie …ja dames dis reg dit was nie julle nie dit was daai Estrogeen daai superpowers.
    *Die vetselle wat so bankvas en stewig sit is die Estrogeen se skuld ……die twee is soos battery en torch, boude, Siamese twins ek se vir jou.
    Dis wonderlike nuus om te hoor dat almal sukkel met die superpowers nie net ek nie.

  • Hannetjie de Klerk

    Ai ,ai, ai,!!!!!!!!!!Die eeuelange WORSTELSTRYD!!!!!!!!!!!!!!DIE voorstel werk vir jou,……….daai ene weer vir haar en weereens besef ons ALMAL hoe"….volmaak U my gemaak het.."Ps 139 v14 en ja dis asof ek wil saamstem dat ,as DAWID en JONATHAN dan hul keuse gemaak het om te bly, is dit waarlik nie die einde van die wereld nie!!!!! Ek is dit eens met Francis van Assissi wat ‘geseg’ het " Grant me the serenity to accept the things I can not change……….." Moet net nooit ‘n slaaf word van die "kultuur"wat reken dat ‘n mamma na twee of meer babas haar lyfie 100% gaan/sal terugkry nie!!!JY’s ‘n besonderse talentvolle ,unieke ….enig van jou soort mens en ons ALMAL het jou baie lief en geniet jou besonderse skryftalent!!!!!!!!!Wat ookal die eindresultate….met Dawid en Jonathan.!!!!!!!!!..