SARIE-blogs

Aletté-Johanni Winckler blog: “Die oorlog is aan soos hy nog nooit was nie!”

Kyk, ek gaan eerlik wees met julle, ná 31 Oktober het my en die Dokter se paaitjies amper geskei. Ek het amper vir my ‘n nuwe Dokter-maaitjie gaan soek. Iemand wat strenger gaan wees, wat my gaan dik slaan as ek droogmaak en wat met allerlei ander bykomstighede kom. Maar een gesprekkie met my Moeder (wat al 18.8kg verloor het by the way) en sy het my oortuig, jy los nie net jou man as hy nie die resultate lewer wat jy verwag nie. Jy bly by hom deur gesondheid en siekte en rykdom en armoede en ALS!

Nou is dit ook so met jou verhouding met die Dokter. Jy is aan hom voorgestel, jy was dadelik beïndruk en so het die verhouding begin. Bietjie gee, bietjie vat. Bietjie verloor, bietjie optel. Maar oor die algemeen was jy verlief en toe jy eintlik kom waar jy wou was jy nie net mal oor hierdie man nie, jy was lief vir hom (soos vir jou man). Oukei, nie heeltemaal so baie nie, maar ook lief.

Hy het jou gelukkig gemaak. Jy het goed gevoel oor jouself en jy het selfvertroue gehad. Jy was spontaan en hartlik en verleidelik en nou nadat jy op hom ge-cheat het (op 31 Oktober), nóú wil jy hom los en verruil vir ‘n ander dokter? Hoe werk dit?!

En sy het ‘n punt beet, al moet ek dit nou self sê. Alhoewel die ander dokter se lovers my kop amper geswaai het met hulle sexy bikini-lywe, mooi woorde en onverklaarbare resultate, was dit belangriker vir my om my verhouding met my eie Dokter te herstel en op ‘n skoon blaadjie te begin. En outjies, ek is opgewonde! Want julle moet net weet, die einde is nie meer ver nie. Voor julle julle oë gaan uitvee is dit die einde van my weeklikse klaagliedere en gaan julle vir eers nie meer van my hoor nie… (En dis eintlik ‘n goeie ding want dan is die projek mos dan voltooi?)

Gister by die gym het Yolanda die Nazi weer bietjie haar vetmetertjie uitgeruk en ek is vandat ek by haar begin het al 10% af. Ek weet nie lekker met wat nie, maar ek is af en dit is al wat saakmaak. Volgens haar nuwe skedule val ek onder athletic. Haha! En ek dog ek lag kliphard toe ek dit sien.

Maar, ek moet bieg gistermiddag toe ek op die ander Dokter se skaal-uit-die-buitenste-ruimte klim wat selfs vir jou kan sê hoeveel jou linkerhand se ringvinger nael weeg, het hy vir my gesê my “metaboliese ouderdom” is 18! Toé wil ek eers lag. Maar ek word eintlik bewus dat êrens onder hierdie laaste paar rolle is ‘n atletiese 18-jarige besig om te ontpop en my seuntjie gaan die sexyste mamma in… wel, ons huis hê!

Julle moet net weet dat hierdie stryd nog nie gewonne is nie, maar hoe heerlik gaan dit nie wees om hierdie hoofstuk in my lewe af te handel nie. Hoe lekker gaan dit nie wees om met selfvertroue in ‘n kort denimbroekie en ‘n bikini toppie met ‘n baba op die heup op die strand te loop nie. Met geen tekens van enige angerskap nie. Net baie spiere en ‘n 18-jarige se energie.

Ek en die Dokter het ‘n renewal of the vows gehad. Ons albei het ons weer verbind tot hierdie verhouding till goal weight do us part.

Groete,

Die 18-jarige.

  • Debbie

    Alette! So trots op jou!Ek moet se ek wil GLAD nie he jy moet klaarkry nie-Geniet jou skrywery die meeste wat ek in jare het! Wel gedaan vrou. Ek kyk met ander oe na jou!

  • Benita

    Ai Alette, ek was amper op pad om weer handoek in te gooi (die doen ek gereeld,sodra dinge nie verloop soos ek wil hê dit moet verloop nie), voel sommer weer stukke beter!!!

  • Amanda

    Dankie Alette. Jy is ‘n inspirasie vir ons ander. Voel nie meer so alleen nie. Sterkte!!

  • YsNKx3 nfiuldnvdjnq, [url=http://klolyobqczut.com/]klolyobqczut[/url], [link=http://zbutnpjjjabm.com/]zbutnpjjjabm[/link], http://frlgfgveyxpa.com/

  • Melissa

    Impressive brain power at work! Great aswner!