SARIE-blogs

Aletté-Johanni Winckler se Projek 64: Dít moet ek eet en só moet ek oefen

O die liewe Alettetjie! Nog ‘n week is verby, maar wees nie bevrees nie my liewe SARIE-vriendinne, daar is vordering. STADIG MAAR SEKER! Verlede Vrydag moes ek gaan rokke pas vir Dinsdagaand se Tempo-Toekennings en NIKS maar NIKS wou oor my “borste” gaan nie! Ek en Diaan Daniels kon net lekker lag, want daar was die mooiste rokke om van te kies maar DIT het my niks gehelp nie! Moes toe maar ‘n ander alternatiewe plan maak!

Die naweek was moeilik, (naweke is gewoonlik moeilik) maar ek kon darem agter kom dat my gedagtes is besig om te verander. Teen Sondagaand het ek vir Yolanda Kruger (Hitler-‘n baie mooier weergawe) geSMS om my konsultasie afspraak te bevestig. Dinsdagoggend 9:00. Ek staan voor haar in al my glorie en terwyl sy my analiseer moet ek net keer of ek gaan histeries aan’t lagge! Hoe in die LEWE het HIER gekom?

Die gesprek was iets in hierdie lyn: “Wat eet jy?” “ALS!” “Hoe baie eet jy?” “ Die hele bord vol” “Hoe groot is die bord?” “BAIE groot?” “ Wat haat jy om te doen in die gym?” “Hardloop” “Goed, ons gaan baie daarvan doen!” “Nice.”

Sy stel voor ek eet ‘n goeie ontbyt, miskien oats en ‘n jogurt en vir ‘n snack moet ek ‘n “shake” drink. Vir middagete kan ons ‘n lekker slaai eet en dan weer laatmiddag ‘n “shake” en dan ‘n matige gebalanseerde aandete. Geen pasta, geen brood, geen suiker, geen pizza, geen aartappels en rys in dieselfde bord, baie groente, liters water en GEEN CHEAT dae!

Toe sy my afmetings neem kon sy haar verbasing nie wegsteek nie. Veral na daai maatband skaars om my heupe kom was haar reaksie: “Dis bad”.

Teen hierdie tyd was ek al histeries van die lag, want daar is nie veel meer wat ons kan doen nie! Maar die rerige SHOCKER was toe sy daai vetpersentasie-metertjie uitruk en my oral op my sagte (en harde) rolletjies knyp. “Dit lyk vir my jou probleem-area is van onder jou arms tot by jou knieë. HA HA HA! Toe ons ‘n paar minute later uit die kantoor stap was ons dit eens: “Ons het BAIE werk om te doen!

Daarna wou sy my krag toets en moes ek vir ‘n minuut lank maagoefeninge doen. “OH MY HAT!” Voor my baba kon ek vir ‘n paar minute aanhou, en dan praat ek nie eers uit oor wat gebeur het met die “push-ups” nie. Okay eerlik, “push-ups” was nog nooit my sterkpunt nie, maar NOU met 20 kg ekstra om up te push kon ek maklik-maklik ‘n plekkie op Kwêla se snaakste video-kompetisie gewen het!

Goed. Gedane sake het geen keer nie, en die koeël is deur die kerk! En daar is nog ‘ n paar Afrikaanse idiome wat heel gepas is vir hierdie situasie, maar ek sal nou maar fokus op die wending!

Woensdagoggend 7 uur is haar eerste opening. In my oorywerigheid het ek nie besef dis die Tempo’s Dinsdagaand nie, en het ek gereken ek is in elk geval LANKAL op in die oggende met my beeldskone baba teen 7 h – ek kan net sowel myself handig maak.

Toe ons 12 h Dinsdagaand of eerder Woensdagoggend by die huis kom en ek besef ek moet net nou weer opstaan en nog my nagtelike rondtes doen, het hierdie blondie uitgechicken! Ek was doodmoeg en dit was ‘n lang aand. (Ek het darem Woensdagoggend met Lian gaan stap).

Woensdagaand het ons NOG ‘n formele liefdadigheidsfunksie aangehad waar Heinz opgetree het, maar ek het seker gemaak ek gaan met my eie motor sodat ek kon ry net voor die Amarula sjokolade-meringue-poeding bedien was. En as ek so na myself op Top Billing kyk (Donderdag 29 Julie) , is ek maar bly ek het eerder gery en gaan slaap!

Maar my liewe vriendinne en mede-stryders. Môre-oggend 7 uur is dit sulke tyd. Ek is eintlik te bang om te gaan slaap, want dan weet ek ek moet weer opstaan om my eerste sessie met die “Nazi” te hê. Al wat ek kan sê is: “BID VIR MY!!!!!!!!!”

As ek volgende week my vingers kan voel (dis onder my arms en bo my knieë), sal ek julle laat weet hoe dit gegaan het!

Ekke.

  • Chireze

    HAHAHAHAAA jy maak my lekker lag. Ek sien sommer uit na volgende week se blog. Ek moet se met al die lag maak jy mens sommer ook voel mens wil nie cheat nie. Kom sister ons support jou. Maar gaan ons almal wees vir Desember!!

  • Liana

    Ja ek het nou lekker gelag! Maar nie net vir jou nie maar vir myself!!!! Ek gaan dieselfde ding binne die volgende paar dae moet deur gaan. En ek is bang!!!! Nie vir die resultate nie maar vir dit wat ek nie kan doen nie. En dis mos gewoonlik dit wat jy moet doen om weer in n bikini te kan klim. Maar jy inspireer my baie, dit help om te weet ek is nie alleen nie!
    Dankie dolla en baie sterkte!!!!!

  • Ilse

    Ek sit nou en giggel 🙂 Dit is so waar want elke vrou kom agter dat die broek bietjie moeilik toe maak en hoe het dit nou weer gebeur? Ek sien uit om saam met jou die pad te stap want ek werk juis aan my summer look 🙂

  • luzanne smith

    baie snaaks! sterkte!!!

  • Estelle Goosen

    Good luck! Ek is ook weer streng op ‘n goeie eet en oefen plan en het rerig nodig om gewig te verloor. You can do it! Vir jou, jou man en jou kind.

  • Sandra

    Sterkte, ek het ook verlede jaar begin met ‘n gebalanseerde dieet en dit reggekry om 38kg af te skud. Dit het maar party dae moeilik gegaan maar ek het vasgebyt en vandag is ek baie bly. Ek het my doelgewig bereik en dit het nou ‘n leefwyse geword. Ek eet weer wat ek wil maar alles in "moderation". Weeg myself gereeld en as ek bietjie van die wa afval. Stel ek dit onmiddelik weer reg. Is dit nie snaaks hoe maklik die gewig weer aansit nie as wat dit afval nie? Baie Sterkte

  • Annelize van Dyk

    Troos jouself daaraan, tenminste kan jy gaan gym. My man is bang ek tel vir my ‘n skelmpie op so hy weier dat ek gaan. Nie dat ek dink enige man gaan kans sien vir thunder theighs soos myne nie. Whaaahaaahaaa!

  • Karin van der Merwe

    Hahaa en hier sit ek oorgewig met n yoghurt & muesli sweet. Ek was nog nooit op n dieet in my lewe maar glo my na 50 weet ek dis nie die maklikste ding om aan te pak nie, sterkte en ek sien uit na jou volgende brief. Ek weet somme jy gaan die koei by die horings pak.

  • Nadia

    Alet – jy lyk pragtig. Jy het op Top Billing ook pragtig gelyk. Die babavetjies sal weggaan – dit neem maar tyd. Moenie te veel stress daaroor nie – jou hormone gaan nog lank neem om weer terug te keer na normaal. Terwyl ek geborsvoed het was ek die hele tyd honger en dit het my 3 jaar geneem om die 20kg af te skud wat ek opgetel het tydens my swangerskap (ek moet bieg ek was nie op ‘n streng dieët nie). Oefening (veral hardloop) het uiteindelik die ding gedoen en sommer ook baie gehelp vir die bietjie baby-blues wat ek gehad het. Geniet die borsvoed borste terwyl jy hulle het en onthou – jy lyk pragtig want niks is mooier as ‘n nuwe mamma se blink ogies nie.

  • Storie

    Uitstekend!

  • Tinkie

    My innige simpatie. As ek so na die foto’s kyk toe my 2de dogtertjie gebore is, skrik ek nou nog en wonder wie daai vrou is. Ek was 27 kg oorgewig en met harde werk het ek dit afgeskud. Vandag is ek ‘n ouma (jong ouma) en het gelukkig omtrent net so 6 kg weer aangesit en agtergekom oefening is soos eet en drink in mens se lewe. Byt net vas en jy sal sien alles begin weer krimp en normaal lyk.

  • Renee

    My Skattebol ek is 60 jaar oud en nog sukkel ek met gewig van my laatlammetjie.
    Laat hierdie Ouma jou nou vertel.
    Geniet daardie kleintjie.Jy is nou wat hulle noem n MA.
    Een van die dae is hy nie meer klein nie, en kan jy hom nie meer onder n kombersie beskerm nie.
    Oefen en eet matig ek belowe jou as jy gelukkig is in jouself, gaan jy woerts, warts daardie vetjies verloor.
    Moenie na die wereld luister en al hulle raad nie, luister na die influistering van Hom wat in jou woon.
    Ek hoop "Nazi" is jou genadig
    Ek bid vir jou.

  • Yolanda

    Sjoe het ek nou nie lekker gelag nie Alette. Dankie dat jy my "Hitler" noem, ek het ‘n hele paar name daar by die gym. Maar love daardie een die meeste. Moet by sê, dankie vir die eerlikheid met die konsoltasie. En die harde werk met die eetery en 1ste sessie. Moet sê jy was inderdaad ‘n masjien gewees. Hou so aan, jy gaan nog baie koppe laat draai.
    Love elke sweet druppeltjie!

    With dedication and hard work you are capable of achieving anything!

  • Dit was nou lekker leesstof gewees so voor die Maandag oggend weeggery. Net om weer teen middagete daai grondboontjie botter en stroop broodjie aan te rand. My 2de dogtertjie is nou 3 maande oud en my man het nou net vir my gese dat hy my nog nooit so sien eet het soos die laaste tyd nie. Ek verslind ook als en sal nog meer verslind as daai stemmetjie in my kop my nie so verkla nie. Maar more wil ek weereens soos telkemale vantevore op ‘n Maandag weer probeer om die ekstras kilos af te skud en die skaal moreoggend met een skreef oe dop te hou. Sterkte met jou drilsessies en vasbyt. Ons is gelukkig baie mammas in dieselfde bootjie xxx

  • Rinda Koster

    Sjoe! Sterkte met Hitler! Sy’s nie baie subtiel nie nê? Ek het 6 dae terug begin met ‘n eetprogram…op dag 5 het ek geweeg omdat ek nuuskierig was. 2.5 kg verloor!!! Dis maklik en ek hoef nie nou al te oefen nie. En ek is ‘n beroepseter. Ek het ook so 20 en ‘n bietjie kg om te verloor. Babavet van 3 jaar al!
    Ek geniet jou skryfstyl baie! Sterkte, weet net jy’s nie alleen nie….en good luck met daai Nazi! x

  • Andi

    Ek kan nie wag vir die volgende blogs nie!! Ek is in dieselfde bootjie (die 20kg ene)…..al verskil is ek het nie die baba nie! Sterkte en dankie vir die motivering!

  • Nadia

    Ek is ‘n ma van 2. sukkel nou nog 18 maande na my seuntjie se geboorte om gewig af te skud. Voel al moedeloos en boonop gim ek ook. Die ergste is ek dink ek sal weer my boude in ‘n 34 grootte jean sal kan pas. BID MAAR VIR MY OOK! Sal beslis aanhou lees

  • Sarita

    Hahahahahaha ek kani onthou wanneer laas ek so lekker gelag het ni. Jy skryf briljant. Ekt ok by n personal trainer begin, en het vandag my 6d sessie gehad. Ek het ok so woes seer gevoel na sessie 1,2 en 3, kon vi n week ni trappe klim ni. Na vandag se sessie wens ek ekt ni nodig gehad om my baba op te tel ni. Mar my per trainer is great en ek geniet elke sessie. Ek sal ha vi enige iemand aan beveel. Thanx vi j blog alette dis rerig snaaks!

  • Viki

    At least you have an excuse and have a baby to show for it! Haha! I feel your pain sister…

  • qJPiT1 uhhbqgqhijwt, [url=http://jernbixkymaj.com/]jernbixkymaj[/url], [link=http://iuicpqjkkfiw.com/]iuicpqjkkfiw[/link], http://avkcgpjhscnd.com/

  • Sjoe jy is ‘n beter mens as ek! Ek het eenvoudig net nie daai selfbeheersing! My ou post-swangerskap lyfie pas in absoluut niks nie en 6 maande later en ek dra steeds my kraamdrag. Ek het self 20 kg opgetel en ai hoe hunker ek na die nr 34 wat so eindeloos ver is. Elke Sondag se ek vir myself, more gaan ek begin maar elke Maandag oggend het ek maar net weer ‘n verskoning! Ek het darem so ‘n paar ou geldige ou verskoninkies… soos dat ek 3jarige het, behalwe vir sus wat 6 maande oud is, so wat ek ookal doen, oefenings-gewys, sal haar ook moet insluit. My man werk aaklige ure en is elke tweede aand "oproep" so hy kan ook nie babysit dat ek kan gaan gim nie. Ek het vir so dag lank ‘n springtou of die trampolene probeer, maar 2 normale bevallings en twee 4kg-babas later, werk die ou knypertjies nie meer so lekker so toe het ek dit ok maar gestop. Maar watch my MORE begin ek reg EET, dit nadat ek pas twee vars groot witbrood buns met ‘n groot skep konfyt en dik botter agter die rug het, more is dalk net die dag!Nog 10kg minimum om te verloor, sug! Wie weet dalk IS more net die dag!

  • Elizabeth

    goed gedaan!!! ek wil ook net byvoeg dat wat vir my die beste help van als: ek bid elke keer as ek toilet toe gaan,of hande gaan was ens. nie noodwendig vir krag of deursettingsvermoe nie maar wel vir God om my te help besef wat goed en gesond is vir my liggaam. en ek het net eenvoudig ‘n ander kalmte wat ek lanklaas gehad het.

  • eptBGy cdfokxfpkbkk, [url=http://difivykbkiwc.com/]difivykbkiwc[/url], [link=http://akczdpzsakes.com/]akczdpzsakes[/link], http://jcagqzyuekhe.com/

  • NealKaren

    Various people all over the world get the credit loans from various banks, just because it is simple and comfortable.

  • Salma

    Ashley zal een groot gemis worden. Wou het voojribe seizoen zelf te9veel forceren, maar zoals bij Engeland de laatste wedstrijden, zal hij verdomd goed weten dat hij bij Man U zich meer zal moeten schikken en collectiever zal moeten opstellen.In tegenstelling tot de overgangen van Barry en Milner gun ik Young deze transfer te zeerste. Hij zal daar idd ook niet armer van worden, maar hij gaat tenminste naar de landskampioen Young gaf 4 jaar geen 100 procent, maar 200 procent, was nooit geblesseerd etc Een topper die we zeker en vast zullen missen volgend seizoen. Hopelijk doet hij het verder goed, vergeet hij niet wat Villa voor hem heeft betekend (al vrees ik er voor, typische man u ziekte) en scoort hij niet tegen ons in de volgende matchen Hehe en wat dat huwelijk betreft. Word on the street is dat Ashley Liam Ridgewell’s gal ramde, deze waren nl ook van zinnens te trouwen deze maand We1ren, Liam heeft de gasten afgebeld via SMS. Classy, die profvoetballers!