SARIE-blogs

Aletté-Johanni Winckler: “I feel pretty! Oh so pretty! I feel pretty and witty and…MOTIVATED!”

Na net viér dae op die dieët was 3.3kg skoonveld en het ek soos ‘n fighter pilot deur die klankgrens breek, deur die 80’s grensdraad gebreek (uiteindelik!). Ja, ek wéét dis seker nie die gesondste manier nie, maar dis uitstekende motivering en die wetenskap daar agter is ‘n gewigtige saak vir ‘n ander dag.

Vrydagoggend was dit súlke tyd en die Nazi het my by haar kantoortjie in geboender. “Klim op die skaal!” “Maar ek het my vanoggend geweeg nadat ek ‘n draai gaan stap het, sonder ‘n draad klere aan en met nie eens ‘n rêkkie in my hare nie en glo my, die uitslag is…X” (Gelukkig vir my, aanvaar sy my woord) “Goed, staan so, lig op jou hemp, trek op jou broekspyp…” En sy knyp-knyp-knyp met daai metertjie en vroetel en vat kompleet aan my rolle asof ek ‘n os ter slagte is. “33, en dit was laas 38. 24 en dit was 27… 12 en laaskeer was dit 15.”

Na die afmetings opskuddings veroorsaak het, is die resultate verwerk – kompleet soos deur ‘n onafhanklike ouditeur van P.W.C. vir ‘n Mej Suid-Afrika-kompetisie: Hoera! Ek het 5% vetpersentasie verloor! Blykbaar is dit na 12 sessies by die Nazi nie te versmaai nie en ek dog sy gee my die res van die sessie af as beloning. Maar Dog het baie dinge gedoen…(soos baie gevreet tydens swangerskap en geDOG als gaan verlore gaan met borsvoeding.)

Na ‘n G.I. Jane hindernis baan in die (gevreesde) studio, is ek bloedrooi en doodhonger maar méér gedetermineerd, huis toe.

Ek en Heinz het laas Vrydagaand in Bloemfontein opgetree en moet vandag in Kuruman wees en het net daar en dan besluit ons om sommer die week by oupa en ouma de Klerk te kom kuier in Kimberley. En wat beteken dit? Die Dokter se tassie word ingepak en hy moet al die pad saam met ons reis. So, daar staan ek in OFM se studio-kombuis met my blomkool en hoendertjie terwyl Heinz sy heerlike hamburger hap.

Dinsdagoggend kom ek in my ma se kombuis met Lian op my arm. My ma se bediende, Rose, se aandag is dadelik op my seun en sy gaan aan en aan oor hoe mooi, groot en sterk hy is. Sy sien my skielik agter hom raak (ek weet nie wat het haar so lank gevat nie) en ek haal aan: (in haar tipiese Noord-Kaapse aksent) “Jimmel sus, maar djy’t opgetel?”  Nou wonder ek wat sy sou sê as ek en die Dokter nie versoen het nie?

Ek reageer nie eers meer daarop nie, maar wonder wat is dit met hierdie ander nasies wat so kinderlik eerlik is en geen asem op diplomasie wil mors nie? Die Afrikaners aan die ander kant, volg ‘n tipiese Hitler- paai-beleid en wil net nooit iemand se gevoelens seer maak nie: “Nee man, jy lyk pragtig” maar hulle kan jou nie in die oë kyk terwyl hulle met jou praat nie.  Ek gaan werklik met ander oë na die Waarheids- en Versoeningskommissie begin kyk…

Maar my susters, dis nou al amper 2 weke en ek en die Dokter is nog boesem vriende. Ek sê nie ons baklei nooit nie. O, jinnetjie tog! Daar is tye dat ek baie dikbek en dikvellig my skaaltjie moet uitruk terwyl die mans in die huis die bure se lemon meringue-tert bespring. (Ek het my ma aan die Dokter voorgestel, en sy is verlief). Ek het my nog nie weer geweeg nie want ek wag tot ek weer in my eie badkamer kan staan, en dit maak die opwinding om by die huis te kom net groter.

Projek 64 is weer op dreef en as ek weer vir julle skryf gaan ek nóg nader daaraan wees. Desember vakansie, hier kom ons! (En DAN los ek die Dokter by die huis!)

Vir meer inligting oor Dr Cohen se plan besoek gerus www.1stpersonaldiet.com

Baie liefies,

‘n Ligter ek.

  • Sonel

    Het jy iemand gan sien oor die dieet of het jy net die boek gekoop?

  • Anne-Marie

    Alette, jy is werklik net ‘n inspirasie! Ek hoop werklik SARIE doen ‘n HELE SHOOT met jou na die tyd sodat ons kan sien hoe Projek 64 uitgedraai het! Dalk moet jy sommer die betrokke maand se modes vertoon (jy het mos al modelwerk gedoen?) Kan werklik nie wag om te sien hoe jy oor die wenpaal gaan nie. Hierdie blog is ‘n wonderlike idee en dis sommer soos ‘n vars briesie om te weet julle celebrities sukkel ook soos ons. Jys wonderlik!

  • Liezl

    Kan jy asb. oor jou baba gesels en die vreugde van VROU wees. Die gewig gewig gewig maak ons almal moeg hier buite. Dis al waaroor celebs altyd praat…..ai tog die Here het jou ‘n man en kind gegee en jy is ‘n gesonde VROU so omhels dit tog!

  • Natascha

    Baie geluk Alette!

  • Christy

    Liezl, dit is waaroor projek 64 gaan- as jy n probleem het daarmee moet dit dan nie lees nie! Ek dink Alette omhels haar kind en man en ook gesondheid, maar daar is niks fout met n bietjie inspirasie vir ander deur hierdie projek nie!

  • Camille

    ander nasies??? tipies….

  • Helena

    Alette – jy het die wonderlikste humorsin! Ek wens jou alle voorspoed toe vir die stryd teen die skaal voorentoe! Die blog is ‘n uitstekende idee!

  • Rene

    Ek ‘love’ jou blog, Alette!! Jy skryf so lekker op die vrou af. Ek kan nie help om te lag vir die lekker sê-goed waarmee jy uitkom nie. Ek sien altyd baie uit na jou volgende inskrywing. Jy is vir ons almal wat met die vetjies ‘fight’ ‘n inspirasie. En ek is darem self nou aan die gang om so paar onnodige kilogramme af te skud … reg vir Desember! Hou so vol, en baie geluk met jou goeie vordering.

  • Annamarie

    Ek stem saam met Christy en ek laat my nie vertel Liezl het nog nooit ‘n probleem met haar gewig gehad nie. Alette, "you go girl", jy inspireer baie vrouens en mans daar buite. Ek "love" jou blog en jy laat my lag.

  • Christie-Anne Wolmarans

    Hi, kan mens iewers join om jou blog te kry wanneer dit uitkop en ‘n message na jou email of so iets? Ek soek my die hele tyd dood na jou nuutste blog…sterkte met aardklop! Ons gaan juis Vrydag en Saterdag!

  • C-A

    Is die "DR" die dieet of Dr Cowen? Ek het al jou stukke gelees, weet nie of ek dalk iewers een gemis het nie, die dat ek vra dat hul vir mens ‘n link kan stuur as jou nuutste blog uitkom?

  • Anneke

    Stem saam met Christy, dit is immers waaroor die blog gaan. Dis wonderlik om iemand te he wat so openlik kan praat oor gewig. Meeste nuwe ma’s is te trots om te erken hulle sukkel ook deur die "stryd". Alette, as voedingskundige, wil ek vir jou se, jy’s op die regte pad. Jy is nie op ‘n dieet nie, dis ‘n gesonde eetplan. Dieet is(aka angelina in huisgenoot)’n piesang en handvol muesli ‘n dag. Versigtig om te veel carbs uit te sluit, jy’t energie nodig daarvan om vir Hitler makliker aan te durf. Dalk net ‘n aartappel per dag of so.
    O, ja as reel, behoort jy 1% van jou gewig per week te verloor om seker te maak dit bly af.
    Baie Sterkte!!!

  • Louise

    Alette, ek het vandag eers jou blog begin lees aangesien ek ook in dieselfde boot is. Al verskil tussen my en jou is dat jou seun nog klein is en my seun (Luan) al amper 2 is!!! Ek het n maand gelede begin gym en volg ook n eetplan maar dit gaan maar moeilik!! Dit is lekker om te weet dat selfs die "bekendes" sukkel met die rolletjies!! Gaan daarvan n punt maak om jou "stryd" te volg sodat ek hopelik ook so gemotiveerd sal bly!!!
    PS: Borsvoed het my ook net mooi nerens gebring nie!!