img_5266rz
SARIE-blogs

Aletté-Johanni Winckler se weeklikse blog: “Gym toe vir die eerste keer, op die dread-mill!”

Verlede Vrydag het in al sy glorie aangebreek en ek was banger as bang om my voete deur die deure van daardie gimnasium te sit. Daar wag sy vir my in haar Adidas geborgde pakkie kompleet met clipboard in die een hand en stop horlosie in die ander. Ons begin met 10-minute op die treadmill (of dread-mill)l. Die geheim is (bykbaar) verskillende intervalle. Met ander woorde 1 minuut op vlak 3 en dan 2 minute op vlak 7 en dan weer 2 minute op vlak 4 en naand is ek so deurmekaar ek voel soos ‘n perd en iemand trek een oomblik die teuels in en die volgende oomblik skop hulle my in die heupe om te laat waai.

Volgens die masjien was dit NET 10 minute, maar volgens my asemhaling en hardklop het ek die Comrades gedoen! Die volgende bevel word deurgegee: “Studio toe!” (Dis wat ek gevrees het: groot oop ruimtes met baie spasie om BAIE dinge te doen en nêrens om weg te kruip nie!) Die taak is soos volg: Ek moet vir 30 sekondes op my maag lê met my arms en bene in die lug (soos ‘n bootjie) en my maag styftrek. Daarna moet ek vir 30 minute die befaamde push-ups doen en DAARNA vir 30 sekondes so belaglike uit-die-blokke-wegspring oefening uitvoer en terwyl ek so bokspring is ek bly ek het daai borspompie gebruik voor ek by die huis gery het…

Na dit kon ek nie veel onthou nie. Manlief was die hele naweek weg en ek en Lian moes op alle vlakke bond. Elke spier in my lyf het uitgeskree presies HOE baie hulle my haat en ek was veral bewus daarvan as ek langs die bababad hurk en net soos GLAD nie kan opkom nie! Maar, ek het my besluit geneem en ek gaan daarby bly!

Dit was ook die eerste naweek in ‘n baie lang tyd dat ek nié die spens aangeval het en met elke moontlike koekerige, sjokeladerige, chips-erige verskynsel kennis gemaak het nie. Al moet ek dit nou self sê ek dink ek eet steeds baie, maar ek eet net meer gesond. Groot was my verbasing toe ek Dinsdagoggend op die skaal klim en 3.3kg het sy tassies gepak en gewaai. (Dis wel ‘n mirkroskopiese verskil op die groot skaal en mens kan dit nie met die blote oog sien nie.)

Nou moet ek BAIE eerlik wees en my sondes na die lig bring. Met die geboorte van my baba was ek ‘n week later 12 van die 28kg ligter. Maw as my (juffrou Bull) wiskunde my nie in die steek laat nie sou ek net 16 oorgehad het en met die 3.3kg aan die negatiewe (POSITIEWE) kant van die skaal het ons met ‘n skamele 12.7kg gesit. Maar NEE! Ek het toe mos ERENS gehoor dat sjampanje BAIE goed is vir borsmelk en die salige gevoel wat dit my aan die einde van ‘n rowwe baba-dag gegee het was nie te versmaai nie. (Let wel rowwe dag nie rowwe baba nie). En SIEDAAR daar’s ek 4 kg swaerder as vroeër, dié dat ek die 20 moes aanvat om by 64 uit te kom. Gelukkig het die hele Suid-Afrika nie by juffrou Bull wiskunde gehad nie…anders sou julle almal kon uitfigure hoeveel ek tans weeg…

My tweede sessie met die nazi was eerlikwaar makliker, alhoewel steeds buitensporig ongemaklik vir hierdie lyf. Ons is egter daardeur en ek hou my kop omhoog. Gistermiddag het ek vir my ‘n paar oordentelike large en extra large gym uitrustings aangeskaf dat ek darem my medemens in die oë kan kyk in die oggende. Ek kon nie meer myself in daai small lycra outjies in forseer nie.

Kan julle glo dat my dissipelskap groepie gisteraand (wragtig) met cupcakes by my huis aankom. (Jammer vir die Engels maar koppiekoekies klink net nie dieselfde nie) .Terwyl ons bid maak die duiwel my een oog so oop en ek sien Woolworths het weer sy BESTE gebak aan my vriendin verkoop. Ek trap egter op sy kop en verlustig my aan die koppie koffie met vanilje versoeter in. Ek teug so aan daai koppie mens sal sweer dis die laaste koppie koffie in die geskiedenis van ons tyd.

Vandag was dit sessie nommer 3… Ek sal môre vir julle kan sê hoe dit gegaan het…

  • Reinette

    O Alette ek het nou so lekker gelag. Jy is ‘n treat!! Baie mooi meisie…..jy gaan wen!!!

  • Lizere

    Baie geluk met die gewig wat jy sover afgeskud het, ons almal support jou, want as vrou weet ek hoe moeilik dit is om met gewig te sit wat jy net nie daar wil he nie ;-)Ek dink jy lyk baie goed en Lian is PRAGTIG!

  • Natasha

    Ek is bly om te sien di soette verly ni net my in di steek nie.. Op die beste van dae wat my uithou vermoe moet deur druk , sal ‘n ongelooflike woollies cupcake die beter van my kry. 2dae daarna is die skaal natuurlik nie so beindruk met dit nie.

    3.3kilos in een week is uitsteekend. Ek gaan voel stoom en dan verloor ek maar 1.8kg of 1kg en dan wonder mens is dit die moeite werd.
    Ek geniet jou blok , sterkte !!

  • Rinda

    Ek verstaan helemal! Moes vir 10 min fiets trap by die dok vir EKG. Die kamer het so ingezoem na my toe maar ek het my gesig perfek gehou vir die suster wat my so aangekyk het. Kon sy nie maar instrumente reggepak het nie? Ek het so saggies as moontlik probeer blaas soos ‘n os.
    Geluk met jou 3.3kg! Ek het sover 3 kg verloor…en as ek nou koppiekoekies in my keel kon afdruk, het ek!
    Ek crook te veel sien, anders het ek ook die 300g saam met jou verloor…
    Geniet jou baba en oefening en dieet, jy sal die vrugte daarvan pluk. x

  • Reina

    Ek en jy weeg nou om en by dieselfde, so ek gaan jou blog dophou om te sien hoe jy vorder en van vandag af oefen ek saam en eet ek gesond. Ek wil ook desember 64kg weeg. Kom ons kyk wie wen, ek sal ook weekliks comment op jou blog sodat jy kan sien hoe vorder ek, ek wens net ek het iemand gehad wat my vertel wat is gesond eet sonder om R1 000 ‘n week net op jou gesonde kossies te spandeer.

  • Aspoestertjie

    So oulik!! Geniet jou blog baie! Sterkte, jy sal verseker daar uitkom!

  • Marlese

    Alette, jou blog is briljant! Ek wens so Sarie stel jou aan dat jy maandeliks n blog het in hulle tydskrif! Het jou rubrieke in die Rooi Rose net so geniet toe julle gereis het, maar Sarie is nou maar net die BESTE! SO GOEIE KEUSE om vir hulle te skryf! Jou humor is uit die boonste rakke en jou skryfstyl so uniek en natuurlik. Ek geniet al jou storietjies en moet nie bekommer nie jy is gorgeous jy gaan so vinnig weer terugkom in jou lyf in. Jy en Heinz is besonderse rolmodelle en nou is dit ook so lekker om te sien hoe julle ouerskap aanvat. Wens ons kan MEER van julle te sien kry. Sterkte met die week se uitdagings, weet sommer jy gaan ROCK

  • Marli

    Alette-Johanni, Mentor, Mamma & DramaQueen!

    Jy het ons mos reeds in die verlede gewys hoe jy dit doen, so ek sal nie verbaas wees as jy binne die volgende paar weke weereens die mooiste vrou (fisies, want innerlik is jy ‘Legend’)in die land is nie!

    You GO Girl!

    Dissipel Nommer 7 :-)

  • Annelize

    Alette,geniet jou blog so! Jong, het jou op Top Billing gesien, en ek moet sê jy het pragtig gelyk. Jy lyk altyd pragtig en jy is ‘n sprankelend persoon. Hou moed, jy kan dit doen. Baie seën vir jou en jou klein mensie.

  • http://ralbluptrnyx.com/ sainmgjktpf

    bPyaKP bzlqjksqitnt, [url=http://nqarezwzorqo.com/]nqarezwzorqo[/url], [link=http://ikkcnwrodhwv.com/]ikkcnwrodhwv[/link], http://rirjdrsgkare.com/

  • Lindi

    Wat maak jy met Lian terwyl jy gym toe gaan? My seuntjie is 6 maande oud en ek moet nou self begin om daai 20 extra kilo’s te verloor. Ek kan nie die geboorte vir ewig gebruik as ‘n verskoning nie.

  • Carla

    halo Alette.
    ek voel saam jou,eks swanger met no3 en het 4 wekies oor-wat eerder soos 4 jaar vir my voel.ek het so 2 maande terug begin swem.dit doen defintief niks aan die figuur nie ,maar wel aan my gemoed,en natuurlik die poffertjies wat gewone mense voete noem.
    ek het klaar n joernaal aangeskaf waarin ek myself motiveer en regkry vir oktober maand.ek sal defintief ook 20kg moet verloor en wil huil as ek daaraan dink!ek weet als wat ek moet doen,maar waar die grootste toets kom is daai konstante dieet en honger wat jou weer in n no 10 gaan laat inglip.my 10 e wag bo in die kas.
    baie sterkte.ek sal elke wekie inloer vir inspirasie en hoop.my troos vir vandag is-ek is nie alleen in hierdie bobeen sindroom en vol maan gesig epidemie nie

  • Christie-Anne Wolmarans

    Hi, ek dreig nou al hoe lank om jou blog te lees, kry net nie tyd nie, maar vandag het ek besluit tot hier toe en nie verder nie. Ek gaan ook deur dieselfde stryd, ek is seker baie vrouens doen, maar ek het so 83kg om te verloor waarvan ek nou so 16-18kg verloor het in 4maande met Weigh-less. Ek kan al ‘n boek skryf oor al die diete ens wat ek al probeer of op was, maar die rede vir Weigh-less is dat dit sustainable is. Ek weet Dr Cohen se diet is great, maar dit is nie iets waarmee ek my hele lewe kan uithou nie, en basies as mens by Weigh-less se formule bly, dan sal mens steeds verloor as mens gym. Weigh-less het my hele lewe en ‘n hele paar ander vrouens om my se lewens verander, maar meestal is dit die wil om te kan "succeed", die dryf krag om die sukses te proe – veral omdat mens dit voorheen al bereik het, en die feit dat mens jou "mind" opgemaak het! Die Adrenalien pomp deur mens se are en mens se gedagtes raak positief, mens smaak amper saam met die sweet in mens se mond die sukses van ek kan ek wil en ek weet ek gaan! Vir die eerste keer in jare dink ek nou daaraan om my liggaam te voed, eerder as net myself beloon vir al my harde werk of wegle want ek verdien dit ens ens. Ek geniet die kosmaak proses en die feit dat daar nou 7dae se resepte uit een gesit is vir die eerste week van die re-balance/detox. Ek is nou al by stap 4, maar ek moet se op dae van min tyd val ek maar altyd terug na die eerste twee weke se kos keuses omdat dit gestick het. Ek voel ook dat dit nie die "cheat" werd is om volroom melk/botter/suiker te eet nie, dus lewe ons nou op "de-caf" koffie 2 koppies ‘n dag, met suiker pilletjies (wil graag by jou uitvind van die Vanilla versoeter waarvan jy praat, is dit Canderel?), rooibos tee, soveel as wat mens wil – Annique het stunning, yummy flavours, Relax, Night Rest ens. en verder "explore" ek geur soos Turkish Delight tee en bederf myself so. Ek kan ook as ek honger work Cup a Soup light drink wat baie yummy is en baie volmaak.

    Ek het nou net besluit: Die Afikaner kultuur fokus net op ekstra suiker, room, botter ens. Daar is soveel ander "avenues" wat ons kan bestudeer soos Japanese kos, sushi, kerries en speserye sonder room ens, kos kombinasie wat super yummy is soos basil pesto braaibroodjies of met rocket, tamatie, uie en slender kaas! Die geleenthede is oneindig!

    Ek dink dis tyd dat jy dalk ‘n "vriendin" kry wat die stryd saam met jou aandurf. Om die BEST JY te kan wees wat mens kan wees!

    Sterkte! Die laaste sleutel van my sukses, le in die feit dat mens dit nie kan alleen doen nie, mens het krag nodig van Bo. Om by Sy voete te kom sit en stil te word…mag U wil geskied. Ons probeer al van Januarie af om swanger te word en dit is dalk die "journey" waardeur ek moet gaan nie net vir fiksheid nie, maar ook om ‘n gesonder eetstyl te kweek. Ons eet redelik baie uit en dit gaan alles net oor keuses. Ons eet sushi en ‘n maer steak by ‘n Steak Restaurant 200g met lekker slaai of veggies, vars vis by Ocean Basket of Vis Restaurant, grilled met lekker slaai of vars veggies in season. Ek bederf myself met ‘n stir-fry van bruin rys met veggies wat ek voel ek myself mee bederf soos mini-mielies, "mangetout", sugarsnaps, wortelstokkies, tenderstem brocolli, soyasous en my nuwe stapel voedsel: Hoenderdye – ontvel en ontbeen. Mens kan dit sommer by Woolies so in ‘n pakkie koop en ek sny dit soos Nigella met ‘n sker in die pan saam met uie en knowffel…

    This jouney is ‘n journey of a new exciting food exploration and lifestyle! Are you going to get on the wagon or not?

  • Christie-Anne

    Hoe weet mens wanneer die nuutste bloggie van jou uitkom?

  • http://gjwoektxrpkg.com/ bbzvpnkbj

    qQLrxn ibovqcqmqhdk, [url=http://rsvpfybirywv.com/]rsvpfybirywv[/url], [link=http://uebnihlmikta.com/]uebnihlmikta[/link], http://fsoqqqogycyj.com/

  • http://www.deutsch.pokersemdeposito.com/ Poker Ohne Einzahlung

    Hallo , lesen jetzt dieses web work hier und Liebe genießen Sie Beitrag mit großes Wissen!
    Good Work , Good Night und auch frohe Weihnachten und einen guten Rutsch ins neue Jahr 2011! Sorry bad Deutsch!

  • Aliya

    ist fahrl ssig trotz des guten Verdiensts (was ja schnell auch mal weg sein kann was ist heute schon sehicr?). Aber: Wenn es Bank X nicht macht, dann halt Bank Y. (Was mich an diesen Schuldensendungen im Fernsehen immer interessiert: Wer erm glichst den Leuten eigentlich, diese Schulden aufzuh ufen? Angeblich sind doch die Auskunfteien so beherrschend nur: man merkt in vielen F llen davon nichts. Eher das Gegenteil.)[EDIT: 2011-01-17 10:29]