SARIE-blogs

Aletté-Johanni Winckler se weeklikse blog: My pad terug na ‘n grootte 34 ná swangerskap

Liewe Sarie, my vriendin, (en elke vrou in SA s’n) van vandag af moet ek aan JOU (julle) verantwoording doen. Jy sien, die ding loop so: Toe ek so 20 jaar oud was het ek eenmaal ‘n oud skool vriendin raak geloop en sy was HOTTER as ooit! Haar oplossing:BORSVOEDING. Na daardie insident het ek weer telke male gehoor hoe borsvoeding baie vrouens maerder gelaat het ná die swangerskap as wat  hulle ooit was. En van toe af was dit my missie om te borsvoed- net daar en dan, as 20 jarige sonder enige intensies om ‘n baba te kry (HAHA).Ek en my (mede jong) kollegas het telkemale wanneer ons ‘n kilo of twee moes verloor, gespot dat ons ‘n plan moet maak sodat ons kan borsvoed en maer word.

Nou ja, die dag het vir my aangebreek op 23 Mei 2010.Na die bykans 28 kg wat ek opgetel het tydens my swangerskap (ons praat nog nie maklik daaroor nie), was ek BAIE opgewonde om die borsvoed legende uit te probeer.

En nou, net oor die 8 weke later, het dit nog NIKS vir my gedoen nie! Inteendeel, dit voel of hierdie lyf van my vashou aan elke gryntjie kos wat dit inneem net vir INGEVAL daar nie genoeg kossies vir babatjie is nie. (En as jy na my amper 7 kg-baba kyk, kry hy méér as genoeg.) Ná baie trane en deurmekaar hormone, het hierdie mamma besluit om skouer aan die wiel te sit, of eerder haar (groter as ooit) boude in die gym te kry!

So kom ons begin by die begin: As gevolg van my miskraam in Julie laasjaar, het my ginekoloog my dadelik om sterk hormone gesit toe ek ‘n maand later swanger raak metLian.Ek het bykans dadelik begin gewig optel en na my eerste trimester was ek 7 kg swaerder as die 64 kg wat ek aanvanklik geweeg het. En na die Desembervakansie in die Kaap (en Bettysbaai se deli later) het ek sommer in 4 weke 5 kg opgetel. Die tannie by my dokter se spreekkamer se oë het volstrek gerek. “Eintlik moet mens net so kilo per maand optel,” het sy met baie verwyte in haar stem vir my gesê, en glo my, sy het op my gevoel gespeel.

Maand na maand het ek benouder geraak om te gaan vir my ondersoeke want daai skaal in die agterste kamertjie van die spreekkamer het soos ‘n groot donker wolk oor my gehang.

As voorkomskonsultant kan jy vir my nie baie leer oor liggaamstipes nie en laat ek jou vertel ‘n driehoek (peervorm) wat swanger raak het dit bloot nie maklik nie. Nou het jy heupe EN ‘n maagwaar jou (my) middel eens my grootste bate was. Mens het nie nie eens nodig om 3D-brille op te sit om te sien jy kompleet soos ‘n drie-dimensionele driehoek. Vir die reghoekiges en rondes daarbuite is dit soveel makliker om swangerskap te “celebrate” want hulle reeds bestaande magies, word net groter en die heupies en boudjies bly net mooi klein!

Dus PROJEK 64 (kg) het dus BEGIN:

* Motivering – CHECK (Wel soort van…”I am getting there”)
* Persoonlike afrigter – CHECK (ek weet vir baie is dit ‘n luukse, en glo my vir my ook, maar ek sal (IN ELK GEVAL) minder broodeetom ‘n Hitlertjie agter my te kry. Blykbaar het Yolanda (my PA, daai reputasie)
* Kosplan: “Danksy” die borsvoeding kan ek nie ‘n streng dieët volg nie, maar gesond-eet is ‘n goeie begin!

Ek gaan weekliks vir julle vertel hoe ek vorder. En ek gaan eerlik wees (rêrig!). My broer trou in Desember en hierdie mamma wil darem skaflik in ‘n ou bikinitjie op die strand lyk. Ek het 4 maande en 20 kg: Kom ons kyk wie wen!

En hier’s die foto’s:

Voor swangerskap  Voor die geboorte (MOET NIE LAG NIE)
Aletté-Johanni en Heinz

 

  • Rinda Koster

    Ek het net vandag besluit om van dik na dun te verander en dit hopelik voor kersfees. Ek het paar vriendinne op facebook wat my gaan join en mekaar inspireer, so jou blog gaan ons baie help. Ek vermoed seuntjies kan nogal die skaal laat klim. Met my dogtertjie net 13 kg opgetel en met my seuntjie diep in die 20’s. Scary om te dink ek het meer as my man geweeg! Ek het van die begin af uitgeswel! Hou aan borsvoed…as ek kon sou ek sommer borsmelk skenk aan die hospitaal…
    My seuntjie het nou 3 geword en voordat hy bewus raak van sy ma se dik lyf gaan ek eerder probeer om hom trots te maak op sy mamma. Maar ‘n bikini gaan nie meer werk met al die rekmerke en die ‘muffin top’ nie (vir hom gaan ek in die toekoms sommer afsny, dis glad nie deel van my lyf nie…)
    Good luck en onthou: Ek hou jou dop nê! 😉 xxx

  • Ai liewe Sarie vriendin… dis ‘n hengse stryd om nie die skaal te tip nie! Meeste van ons sukkel en dan het ons nie eens ‘n wonderlike Lian prestasie om mee te spog nie! Jou pragtige persoonlikheid maak gelukkig op vir die ongewenste besoekers… maar glo my hul bly ongewens, moet vir geen oomblik glo vet mense is gelukkiger nie! Hul het net geleer om met teleurstelling beter te "cope" vir geen mense is dit lekker as AL hul knope spat na een of twee weke se LEKKER vreet nie! Ek vir een sou ook graag wou kla oor die 1 kilo wat ek opgetel het na ‘n lekker laaaang vakansie… maar nee ons tel mos in vywe op! Ek deel jou pret en pyn en sal jou sommer join en ook week vir week my aantekeninge maak… het ook ‘n "voller costume" wat Desember MOET pas! Sien uit na jou challenge!

  • Annamarie Engelke

    Alette jy het pragtig gelyk met jou swangerskap hoor, daar is vir my niks mooier as ‘n swanger vrou wat goed na haarself kyk nie. Dit lyk beslis nie of jy 28 kg opgetel het nie. Ek het met my 2de seuntjie 30 kg opgetel en het die grootste deel van die gewig baie vinnig verloor, die laaste 5 kg het maar stadig padgegee. Sterkte, jy sal dit regkry om die ekstra gewiggies af te skud.

  • Sannie

    Eet alles wat jy wil en waarvoor jy lus het en wat jy behoort te eet, maar hou jou porsies dop !! Eet 2 ipv 5 koekies en 2 ipv 3 snye brood. Eet ‘n halwe Kit-Kat ipv die hele ene. Los a 1 skyf van jou MEDIUM piza oor totdat jy dit oor jou hart kan kry om 2 skywe oor te los. Hou op dink aan gewig verloor (dit laat my gewoonlik optel). Kweek ‘n gesonde verhouding aan met kos. Eet stadig en geniet elke happie. Drink matig water en meer tee en minder koffie. Net 1 glasie wyn op ‘n keer ! Voorspoed.

  • Lize

    Ek het dieselfde pad gestap.2 miskrame gehad en met die 3 de swangerskap,baie hormone geneem en 8 kg in 1ste semester opgetel en nog 22 kg tot keisersnee.Dit was harde werk om dit af te kry(vandag 3 kg van ideale gewig.My liggaam het ook vasgeskop en baie lank geneem om uiteindelik stadig maar seker kilos af te skud( was na die geboorte baie siek en 4 dae in high care en nog 6 dae in hospitaal..niks het maklik gebeur nie.Tans werk die feit dat ek alle brood uit my dieet gesny het en probeer om selde suiker in te neem baie goed..Dit is maar lewenslange proses en as ek oortree by geleentheid probeer ek volgende dag weer regmaak.En onthou die reel van baie groente eet met elke ete saans,dit werk.Sterkte

  • Chrisna

    Ek was nog nooit swanger nie,maar het ook n ‘groot’ probleem!Dus as jy dit kan doen-kompeteer ek van vandag af met jou.Mag ons altwee, mmm, wel, verloor!

  • Leanne

    Ek het ook lank gesukkel na my derde en laaste swangerskap, kon nie dadelik begin met ‘n dieet nie want ek het geborsvoed tot op 10 maande!!! tydens my borsvoeding het ek so 8 kg verloor, was op Weigh Less en het 10kg verloor maar weer opgetel. ten einde laaste het ek dr. Cohen begin en wonder bo wonder het die kilo’s net begin wegsmelt! Ek is so drie kilo’s van my goal en gaan een van die dae begin met my stabiliserings fase. Is terug in ‘n 34 en voel baie goed oor myself.

  • Cecile

    Ag liewe mede mamma – ons voel jou entoesiasme! Wel, ten minste totdat boeta begin tande kry en jy elke 5 min op is in die nag, en dan die volgende oggend enige iets in sig verorber in die naam van "hou jou sanity" – ten minste, dit was ek gewees vanoggend! Ek is op boeta nr 2 (nr1 is 2j6m en nr2 7m) en ek het nou eers 6.3kg verloor, nog net 33.7kg om te gaan om my 34 seksie self te wees toe ek my man gevang (of is dit geflous?) het!
    Baie sterkte, kan nie wag vir jou volgende blog nie ?

  • Ai, ek weet presies hoe jy voel, my baba (Luan) is amper 5 maande terug gebore, ek het self 28kg opgetel en sukkel ook nou om dit af te skud. Einde van maand begin my gym program en ons gan Desember Hartenbos toe, so ek moet self n Bikini aandurf..Ek gan jou blog volg en jou ook update hoe dit met my vordering gan…Stekte! Wens ek kan vir jou n before and after foto stuur van my swangerskap….Dis vreeslik…he he!!! x

  • Hanelie

    Ek is deur 3 swangerskappe. Ek het na my eerste kind in n nr 8 broek gepas want ek was baie sportief gewees. Met my 2de seun het ek geen sport beoefen nie want ons het na die Vrystaat toe getrek, en hier het my probleme begin. Ek het 2 jaar terug aangesluit by "die dieet waarvan almal praat" en het 12 kg in 3 maande verloor en baie goed gevoel. Dalk te veel in n kort tydperk! My cholestrol het gedaal asook my suiker. Ongelukkig is ons in n baie besige bedryf en kan nie altyd by die "regte" kosse uitkom nie, dan eet ek verkeerd of glad nie en het nou 14 kg opgetel en weeg meer as wat ek tydens my swangerskappe geweeg het..as jy weet van ‘n goeie dieet wat by alledaagse besige mense pas en dit werk, sit dit asb vir ons op jou blog!!! Sterkte en jy bly pragtig!

  • Natasha

    Dan wonder mens hoe doen mamma’s soos Liaane Liebenberg en Amor dit want hulle lyfies bly maar "tingerag" .

  • Marissa

    Lekker lag ek nou. Vir jou eerlikheid en jou moed om so-iets in die openbaar aan te pak. Well done.
    Ek is nie ‘n mamma nie (nog nie) en het hierdie week net besef dat ek dalk ook nooit gaan wees nie…um want niemand gaan my trou soos ek nou lyk en voel nie…
    MAAR! Gister gaan ek toe dokter toe en huil my hart uit en vra raad (al weet ek wat elke antwoord is). Sy het my met simpatie bekyk en gevra of sy ‘n towerstaffie moet swaai? Ja, um dit sal nice wees maar ek weet dis onrealisties. En borsvoed is ongelukkig nie n opsie nie…maar NEE sê vir elke versoeking wel.
    Ek is 32 en 30kg oorgewig. 100kg en 33 wink vir my en voor ek daar kom moet ek omdraai.
    En dalk het ek net nodig gehad om voor ‘n dokter te sit en myself hardop te hoor sê: ek het ‘n probleem. Help my asseblief. Wees my getuie dat ek van vandag af wil NEE sê, ongeag die omstandighede, die emosie, die min liefde vir myself.
    Miskien is dit ook die manier hoe ons vir onsself sê: Wow, ek’s lief vir jou, ek sorg vir jou, ek gee vir jou alles wat vir jou goed is. Dan glo ek dalk ook weer dat God en ander mense om my vir my kan lief wees. Want ek verstaan dit ook nie juis meer nie.
    Ek volg graag jou blog en sal saam cheers met my (mooi) glas water in die hand op elke kilogram wat jy (en ek) op hierdie paadjie na Desember (en die toekoms) toe verloor.

  • Rene

    Terwyl jy die gerief het van ‘n persoonlike afrigter, het ek net nog een word vir jou om daardie 20kg die maan in te blaas … Herbalife. Probeer dit, hou by die program. Jy gaan nie net gewig verloor nie, maar ook 100% die regte voeding inkry. Herbalife = Good nutrition (en die gewig wat jy verloor is ‘n BONUS!) Sterkte! Ons hou hierdie ‘blog’ dop.

  • Christelle van Staden

    Wel julle – probeer gerus Weigh Less. Ek het 2 maande terug daarmee begin en moet se dis ongelooflik. My teiken gewig is net soos Aletté-Johanni 64 kg. Vanoggend weeg ek 64,5 (ek was 72,5kg)
    Die beste is egter dat ek vir die eerste keer in my lewe genoeg eet – en so lekker – en ook nie enige kossoorte hoef uit te sluit.
    Boonop is my energie vlakke wonderlik en my bloedsuiker vlak het ook vir die eerste keer in jare gestabiliseer.
    En dit voel wonderlik om te weet eks amper reg vir die Lente. Jippeee!!

    Probeer dit – julle het regtig niks om te verloor nie – behalwe natuurlike die ekstra kilogramme!

  • Christelle van Staden

    Vergeet om te noem dat ek 2 seuns het – en ook met my laaste een 22kg opgetel het!!

    Sterkte!!!

  • Danien Spies Esselen

    breastfeeding/expressing breast milk is the best thing that ever happened to me! I lost over 10kgs!! My body has been more in shape now then ever before! 🙂

  • jacqui

    dankie danien jy het nou net ons almal se bubble kom bars vir wie borsvoeding nie gehelp het nie> hoop jy besef hoe gelukkig jy was/is

  • adelle visser roux

    dankie vir die motivering! ek het in die laaste jaar of wat 30kg opgetel, van my 60kg (wat ek toe gedink het is oorgewig) na 90kg…en dis nie eens agv ‘n swangerskap nie! blote medikasie vir bipolariteit. maar jou blog het my sopas gemotiveer. sterkte!

  • Linda Bosch

    Oumatjies wil ook maer word, veral as jou dierbare kleinkind vir jou vra "hoekom is ouma se maag so groot?" ( defnitief nie die wolf se skuld nie ! ) Ek het nou net besluit dit is nou tyd vir ‘n drastiese plan!! Maar ag tog, ek besef dat op 59 jr is dit bykans onmoontlik om gewig te verloor. Het iemand miskien raad?

  • Annemarie Smit

    Ek is nou in my 3de swangerskap en het met die eerste 2 ook so baie opgetel (27kg opgetel van 62kg af), maar na altwee weer alles verloor. Hier is ‘n paar tips. Laat toets jou skildklier deur ‘n dokter wat skildkliere en hormone ordentlik verstaan. (Dr Gerrie Lindeque Parys kan ek aanbeveel) Baie kere na swangerskap en tydens borsvoeding het die baba so baie jodium onttrek dat jou skildklier onderaktief word. Dit word nie alyd deur ‘n gewone bloedtoets opgetel nie. Ek het geborsvoed, gegym en mooi geeet en die kilos wou nie budge nie, tot ek na my sklildklier gekyk het. As jou sklildklier reg is en jy eet gesond (weighless se borsvoedplan werk uitstekend) dan werk die borsvoeding soos ‘n bom!! Eet baie kelp produkte — enige klier (insluitend jou borskliereen skildklier) benodig jodium om gesond te funksioneer. Ek het al2 my kids vir 17mde gevoed en dit het beslis gehelp om die kilos af te kry. Jy moet egter oefen en jou core oefen om weer jou ou lyfie en middel terug te kry. Maar dis 100% moontlik! En oja, dis asof ons met die peerlyfies tog kleiner boudjies kry na elke swangerskap — so byt vas!!

  • marie Victor

    Joe en wat van ons wat ons hele lewe ons self motiveer net omdat ons wil amper skaflik lyk as ons uit gaan.Wees net positief en maak Jesus deel van jou poging en eet net die regte kos want ons is defnitief meestal wat ons eet. Wees net positief en opgewek dit werk.
    Sterkte ,
    Marie Victor

  • Ronelle Stols

    GElukkig wil julle nog sommer ‘n paar kinders he. Ek het elke keer wanneer ek ‘n groot hoeveelheid gewig verloor het swanger geraak! (passop, die hormone is so lekker in balans as jy doelwit bereik, en dan is dit weer al die werk van voor af!) Dit is nou 2 jaar na my seuntjie se geboorte, en op 38 is is regtig op ‘n plek in my lewe waar ek gemaklik voel met my lyf, extra 15 kg en al. Alhoewel, die winter, en lekker groot jasse, nou amper op ‘n einde is, het die gewete begin knaag. Jou blog my nou weer ge-inspireer om daadwerklikke poging aan te wend. Baie dankie vir jou eerlikheid, humorsin en MENSwees. Julle is ons glanspaar en ons geniet om van julle te hoor. Sterkte en voorspoed.

  • Sarita

    Hi my 2d baba is nou 7 weke en ek het dieselfde probleem. Ek het ok n PA gekry met d naam yolanda, ek begin maandag. Dalk dieselfde 1. Maar dit lyk my mens hoef ni alleen te voel ni, daars baie vroue in dieselfde bootjie. Sterkte, ons voer almal elke dag die stryd. Dit help om te weet mens veg ni alleen ni!

  • Natasha

    Ek het na my eerste kind (tans 3jaar oud) 20 kg’s opgetel, en gedink ek sal nooit dit afkry nie. Het die sarie 10 dag eetplan aangepak en glo my vry, mense kon na ‘n maand ‘n verskil sien elke keer daarna , het ek net komplimente gekry. Tot en met ek weer swanger geraak het met my seutjie en het amper 28 kg’s opgetel, het ‘n nommer 16 gedra, en weer my alle wilskrag die sarie 10 dag eetplan aangedurf.

    Ek is nou in my nommer 12 klere, en voel baie goed (emosioneel & fisies)

    Ek het besef dat jy nie op ‘n dieet moet wees, maar dit moet leefstyl wees. Glo my vry dat raak deel van jou om gesond te eet.

    Nie net vir gewigsdoeleindes nie maar ook jou gesondheid.

    Probeer gerus die Sarie 10 dag eetplan. DIT WERK!!!!

    STERKTE ALMAL

  • Estel Joubert

    Alette-Johanni Winckler, ek is soooooooooo bly jy gaan my help via die net om gewig te verloor. Ek is ‘n mamma met 2pragtige uitgegroeide diamante, maar as gevolg van my ouderdom (55) het die hormone totaal en al oorgeneem. Ek oefen tuis en gaan stap (nie wandel nie) elke oggend, maar glo my NIKS verander op die skaal nie. Ek probeer om gesond te eet en my waterbotteltjies wag vir my in die yskas om gedrink te word. In die begin van die jaar is bloedtoetse gedoen en daar kon geen fout gevind word nie. Ek gebruik wel hormoonaanvulling. Sterkte en ek sien daarna uit om van jou te hoor.

  • Tessa

    ek lag nou lekker vir jou. hoop jy verloor nie 4 nie, maar 8 kilo’s hierdie maand!
    xxx

  • Michelle de Jager

    Ek is so bly daar is ‘n normale celeb, want al die ander celebs pas die dag na die baba se geboorte weer in hulle "normale" klere en almal se magies is platter as ‘n strykplank. Nou het daar uiteindelik iemand na vore gekom wat net so normaal soos die res van ons mammas is en ek dink dit is GREAT want ons almal tel gewig op tydens swangerskappe party meer as ander maar dit gebeur met almal. My baba is al 16 en ek sukkel nog steeds met die plat magie ding, het in elk geval lankal moed opgegee. Ek is nie uitermaat oorgewig nie net ‘n bietjie mollige mamma en my man en kinders is gelukkig daarmee, moet sê ek ook sal nie omgee om so 5kg af te skud nie. Ek dink ek sal saam met Alette-Johanni die gewig verloor ding doen dit sal elk geval nogal opwindend wees. Kan nie wag om week vir week jou te volg nie. Groetnis

  • Christa

    Het iemand al dokter Cohen se dieet probeer? Ek ken n vrou wat sover 61kg verloor het in 10 maande sy lyk so goed en die beste is daar is geen ekstra velle nie!!!

  • Minette Stone

    Alette, ek het ook nou so besluit, kom wat wil, maerder moet ek word. Ek dra nog steeds swaar aan die sowat 8 kg wat net bly sit na my seuntjie (1j7m) se geboorte. Mans, hoekom moet hulle altyd ons lewe so moeilik maak? Ek het heeltyd geskuil agter die borskanker en gedink ek sal later, nadat als verby is, wel ek dink die tyd het aangebreek. Ek het Saterdag met Cohen se dieët begin en ek weet dit werk, dit is moeilik maar die moeite werd, jy kan dit nou wel nie probeer met die borsvoeding nie maar ek gaan belsis jou blog volg en jou as my inspirasie gebruik. Wanneer my hare nou weer heeltemal gegroei het en ek kan weer soos ‘n normale mens sonder ‘n lappie op my kop loop, wil ek mense se asems wegslaan met hoe mooi ek is. (soos jy kan sien, die motivering is beslis daar!) Sterkte

  • Vd3eiK mwgtzorjwdxq, [url=http://maevzzzjngdl.com/]maevzzzjngdl[/url], [link=http://imwgollbzfdt.com/]imwgollbzfdt[/link], http://tqcafdukqqjv.com/

  • Helena Jonker

    Alette, baie sterkte, ek is nou 31 weke swanger met ‘n tweeling en het ook al oor die 20 kg opgetel. My gewig voor ek swanger geword het was ook 64kg. Ek kan nie wag om my magie ook weer plat te kry nie, so sal jou blog beslis volg en hoor oor tips wat jy vir ons het!!!!! Sterkte

  • Hannelie

    Borsvoeding help defnitief!! Jy moet net uithou dit gebeur nie na 8 weke nie.. 8 maande meer. Dit het vir my gewerk!!!!

  • higher search engine rankings

    wassup http://www.sarie.com admin discovered your site via search engine but it was hard to find and I see you could have more visitors because there are not so many comments yet. I have discovered website which offer to dramtically increase traffic to your blog http://xrumerservice.org they claim they managed to get close to 1000 visitors/day using their services you could also get lot more targeted traffic from search engines as you have now. I used their services and got significantly more visitors to my blog. Hope this helps 🙂 They offer get backlinks latest seo backlinks website backlinks Take care. Jay

  • mdhjqjhwlo

    FxytaY paiallwucxel, [url=http://vwdetcjwbbcf.com/]vwdetcjwbbcf[/url], [link=http://xvoknizaxoie.com/]xvoknizaxoie[/link], http://nwekmrryxwfh.com/

  • Nelda

    Allette ek is nou swanger met tweeling seuns en ek vind dit baie moeilik om met my vrou te praat oor wat ek deurgaan. Hoe het Heinz jou hanteer?

  • Colonel

    The voice of raiotnliaty! Good to hear from you.