SARIE-blogs

Aletté-Johanni Winckler swangerskap-blog: “Enige raad is welkom!”

Ek het darem vandag my afspraak met die dieetkundige bevestig en sy het my gerus gestel sy gee my ‘n programmetjie vir elke trimester om seker te maak baba kry als wat hy/sy nodig het. (Nie noodwendig 4 stukke pizza nie…) En dat dié mamma slegs optel wat sy veronderstel is om op te tel in die nodige trimester. Net jammer ek sien haar eers oor ‘n week, so julle beter my aanmoedig om hierdie week gefokus en gerantsoeneerd te lewe. Dit het ook nie gehelp dat Lisa (Pilates) ‘n noodoperasie moes kry en Mamma niks oefening gedoen het nie. Ek troos myself daaraan dat mens nie kanse moet vat met ‘n loopneus en verkoue in die lug nie…

Op ‘n ander noot, moet ek bieg om ‘n swangerskap met ‘n 16 maande oue peuter aan te pak en steeds te werk is nie vir sissies nie. Lian is op ‘n vermoeiende stadium en alhoewel hy cuter as óóit raak, maak die feit dat hy nie presies kan sê wat hy nodig het nie dit nóg moeiliker. Elke dag haal ek my hoed af vir mammas wat dit waag met 2 of 3 of selfs 4! Hoe het my eie ma dit gedoen met 4 kinders tussen 0 en 8 sonder al die bystand en hulp wat ons vandag het? Enige raad is welkom!

Blykbaar is die mamma-word-hormone ook volop in die lug en lyk my toe dit begin papreën het n paar tannies begin skep. Ek het uitgevind dat daar ‘n hele paar vriendinne is wat amper saam met my swanger is, so dit sal ook lekker wees om hierdie swaar-dra-al–aan-die-een-kant-pad saam met hulle te stap. Dalk hardloop? Ons sal maar moet sien wat die dokter, dieetkundige, pilates-tannie sê!

Tot volgende week,

Die Mamma

  • Carin

    Ek het met altwee my swangerskappe by PreggiBellies geoefen en die minimum opgetel. Probeer dit.

  • Elsabe

    Sterkte Alete-Johanni!

    Kan nie dink dat dit maklik kan wees met n 16 maande oue seuntjie en n nuwe swangerskap, My dogtertjie Lianie is nou 18 Maande en ek sien steeds nie kaans vir nog een nie, maar hoop alles gaan goed uit werk vir jou…!

    Groete;
    Elsabe…!

  • Angie

    Baie sterkte. Ek het ‘n 3maande oue baba seuntjie gehad toe ek swanger raak met my tweeling dogters. Ja dit is nie maklik nie maar vandag na 30jaar is ek nie eendag spyt dit het so gou weer gebeur nie.
    geniet jou swangerskap.

  • Maré Williams

    Aletté-Johanni, jy sal survive girl, my twee dogters verskil n jaar en nege maande, so as jy dit uitwerk, Robyn my oudste was 1jaar oud toe is dit weer so, maar gelukkig vir my het ek n fantastiese man wat my regtig onvoorwaardelik bygestaan het, en ek is sekr Heinz is dieselfde, maar ja dis tuff maar weet jy wat, op die einde van die dag survive ons, ek weet nie hoe nie maar ons doen, hou daai droë vruggies en neute naby as die luste jou wil oorval!!! Sterkte!!! Baie baie geluk!!!

    Groete
    Maré Williams

  • annemarie

    hi alette

    ek is nou 11 weke en dit is vrek moeilik ook met my 2de baba ek het met eerste swangerskap ook maar genoeg gewig opgetel dat ek nounog sukkel om dit afteskud en nou ek alweer swanger.die naarheid is darem soveel minder en ek probeer gesond eet maar dit is vrek moeilik soos vandag was ek lus vir sout en asyn chips en n GROOT pak klaar gemaak(bloos) as jy nou jou eetplan kry gee asb n paar tips wat my ook sal help.

    kan nie wag vir die volgende blog nie
    groete
    annemarie

  • Alette-Johanni Winckler

    Dankie julle!!! Ek waardeer dit opreg!!