alette_en_heinz
SARIE-blogs

Aletté-Johanni Winckler blog: “Herbesin, herevalueer en weer probeer'”

Ek besin oor die jaar wat verby is en oor al die hoogte en laagte punte, al die harde werk (en of dit die moeite werd was) al die lesse geleer, al die foute begaan, maar natuurlik ook al die oorwinnings en grondgebied wat verower is. Desembers is ʼn tyd van asemhaal, van droom, van doelwitte stel van HERbesin, van HERevalueer, van WEER probeer.

Desembermaande ruik anders, hulle proe anders, hulle voel anders. Die gees van Kersfees heers in die lug en die liggies landswyd in die aande is betowerend. Dis ʼn magical maand, al is jy by die huis of steeds by die werk, of op die strand, of dalk is jy gelukkig genoeg om miskien vir die eerste keer ʼn wit-Kersfees te beleef. Oral oor is die atmosfeer net anders en lieflik.

Ek hoor uit elke oord dat 2011 ʼn rowwe jaar was. ʼn Harde jaar. Baie mense moes hard werk, ander het hulle werk verloor. Geliefdes is oorlede of het ons lewens verlaat om een of ander rede. Sommiges het siek geword.

Maar 2012 is ʼn jaar van hoop! ʼn Jaar waarin drome gaan waar word en waarin fantasieë gaan realiseer. 2012 hou vir my ʼn rykdom in, in die vorm van ʼn skatkis wat net oopgemaak moet word en  gebruik word. Ek hoop julle hou saam met vas aan die geloof dat die BESTE nog moet kom…

Ek en Lian kuier by die oumas en oupas by die see en na twee dae van gruwelike winter-weer het ons nou al drie van die mooiste, windstil, helderson dae gehad en ek kan net dankbaar wees dat my 19 maande oue seuntjie buite kan speel en nie vasgekeer is in die huis nie. Pappa is elders (waar dit mooi weer en warm is)… op toer, en ons verlang baie.

AND NOW FOR THE NAKED TRUTH:

Ek weet, ek weet daar is baie van julle wat gewag het vir die dag dat ek begin tik “The pawpaw hath hiteth the faneth!” Soos iemand in Shakespeare se tyd sou sê. Wel, na my 22 week ondersoek sing ek skielik ʼn ander deuntjie. En, hierdie deuntjie is treurig en in ʼn mineur eerder as ʼn vrolike majeur. In net drie weke het ek 3 kilo’s geswel!

Dankie aan Elvis Blue se twee partytjies, Mev. United Nations, my sel-groepie-afsluiting, ʼn goeie vriendin se ooievaarstee, Kamers vol geskenke, die herontdekking van “Fruit Loops” by die Superspar en die lysie is laaaaaaannnnkkkkkk. Dis nie asof dit met vakansie baie beter gaan nie, want hey… DIS VAKANSIE!

So daarmee verlaat ek julle in 2011. Ek het ALLE goeie voornemens dat dinge in 2012 weer (meer) positief gaan lyk en dat ek vroeg-vroeg in Januarie die bul by die horings gaan pak… anders mag 2012 dalk (ook) ʼn GROOT jaar wees!

Mag elkeen van julle ʼn wonderlike geseënde Kerstyd en spesiale nuwe jaar saam met julle geliefdes hê!

Baie liefde uit die Winckler huishouding en tot 2012

  • Ohna Van Wyk

    DIE blog is altyd ‘n riem onder die hart en ek kan nie wag om dit te lees nie, want daar is altyd iets om oor saam te lag. Baie dankie!

  • lettie

    Geseende Kersgety en n Wonderlike 2012 vir die Winckler-familie, en ook die jaar wat die nuwe baba sy opwagting sal maak in julle familie, alles van die beste vir die jaar wat voorle, mag julle net die beste kry. Heinz vir jou wens ek ook net n wonderlike jaar toe met die konserte en ook miskien die opneem van n nuwe cd. Geniet die vakansie saam met julle families, dit is fantasties, dit is iets wat mens net moet waardeer, aangesien daar soveel mense en kindertjies wat nie die voorreg het nie. Baie liefde en seenwense.
    Baie dankie vir die blog wat jy altyd vir ons op datum met die nuwe gebeure van jou swangerskap, waar die regtig.

  • Ulandi

    n Geseende Kersfees vir julle ook,geniet die swangerskap en al die lekker eet, veilig ry en alle seenwense vir jul as gesin.