mg_1685
SARIE-blogs

Aletté-Johanni Winckler swangerskap-blog: “My lyf begin nou verander…”

Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek het nie (weer) heeltemal van die treinspoor afgeval nie, inteendeel, ek dink die skaal is steeds (dalk) my vriend, maar hier is definitief dinge met hierdie lyf aan’t gebeure waaroor ek nou maar net GEEN beheer het nie.

Onthou julle toe ek laas geskryf het dat as ʼn driehoek-liggaamsbou (soos ek) a.k.a die PEER, (noem dit wat jy wil, jou heupe is “huge” en jou maag -area is kleiner bedeeld,) swanger word, hulle eintlik maar kan oorgee. Want, skielik is jou beter bate, jou baba-bate of baba broeiplek en word jy maar iets soos ʼn “all rounder” of jy nou wou of nie. Dis werklik asof alles in jou liggaam skielik elke slukkie water stoor, of jou bloedmassa verdriedubbel (dit gebeur blykbaar so te sê werklik) en of jou bobene verdubbel in grootte, al het jy NIKS gedoen om dit moontlik te maak nie?

CAN I GET AN AMEN ON THAT?

ALLES DRIL! Dié dat arme Lisa van Pilates nie eens kon dink oor die volgende oefening nie, dan moes ons al begin. Daar is nie tyd om water te drink nie ONS MOET FERM RAAK!

En te midde van my stryd besluit my hormone om my te boikot en los hulle my in ʼn terneergedrukte, moeë, ongelukkige emosionele staat en huil ek my oë uit want: “HOE DOEN ENIGE IEMAND DIT?” Hoe, vra ek jou met trane in my groen-blou oë? Hoe groei jy aan ʼn lewe in jou moederskoot, wat elke liewe druppel energie van jou tap, werk jy voldag met ʼn peuter wat om jou bene speel, gee jy liefde aandag en KOS aan jou lewensmaat, drink tee saam met jou vriendinne, EN help kinders in nood? Hoe? Hoe gee jy dieselfde aandag aan hierdie pragtige nuwe fetussie as wat jy aan jou eerste gegee het? Waar is die dae toe dit moontlik was om ʼn middagslapie sonder enige sorg te kon neem en werklik hierdie nuwe fase van vrou-wees te omhels?

Is ek die enigste mamma wat hierdeur gaan?

Dalk dwaal ek vandag bietjie van die gewigtige saak af, maar hierdie is ook iets om na die lig te bring. Want raak mens so buite jouself is die eerste ding wat (ek) of dalk jy doen om jou te vergryp aan iets in die yskas, wat duidelik sy vervaldatum bereik het, maar WIE GEE OM dit laat jou beter voel?

Nee dames, moet julleself asseblief nie oor my bekommer nie, na ʼn goeie huil sessie op my man se skouer en ʼn noodgedwonge gebed of ses voel ek ligter. (Nie op die skaal nie) Net in my gemoed. Soos my skoonma altyd sal sê: “This too shall pass.”

Maar, voor ek uit “pass” los ek julle tot ʼn volgende keer waar ek hopelik weer al my hormoontjies goed in gelit sal hê.

  • ELIZNA ERWEE

    Amen !! Jy is beslis nie alleen nie. Ek is 13 weke en verwag ‘n tweeling. Behalwe dat dit vir my ‘n skok was, is dit beslis nie vir my liggaam ‘n aangename storie nie. Ek is 35 jaar oud en my normale gewig is so 45 kg en wens ek regtig nou dat ek ‘n bietjie groter was en ‘n groter beenstruktuur gehad het om hierdie skoppende tweeling te hanteer. My rug pyn permanent, ek huil permanent en ek het juis gedink ek ly aan prenatal depressie. Sterkte met jou swangerskap en ek dink aan jou!

  • helena

    Ai vrou eks nie eers swanger nie maar my hormone ry net so lekr op die free ride!! Eks gedaan, depro en my amper 3 jarige maak my kla ek het 6 jaar laas vakansie gehad!! Dis hectic! Sterkte

  • Liezl

    Shame, ek het empatie met jou.. Dis nie maklik nie, maar glo my dis moontlik. Dit gebeur maar net. Die belangrikste is egter om een, te fokus op Hom en twee, te prioritiseer. Jy is een mens wat net soveel kan doen. En as jy nie ok is ni, is jou gesin ook nie.

  • Chantel vd Westhuizen

    Jy het al my simpatie, ma wees van n peuter allen is n voldagse werk! Ek werk voldtyds, swot volgende jaar voltyds saam die werkery, is n mamma van n 2jarige (wat nogsteeds nie deurslaap) en moet iewers langs die pad n liefdevolle eggenoot ook wees. Nou verstaan ek hoekom my ma altyd gse het MA-Wees isi vir sissies nie….. Ek lag te lekker as jy prt van jou streid met die skaal, ek glo dis n oorlog wat ons nooit sal wen nie!

  • annemarie

    Ja, nee! Jy kry beslis n amen! Nie net weet ek hoe die peer -swangerskap-dilemma voel ni, maar ook hoe dit voel om jou in honderd te deel! Ek het n besigheid, hou voltyds my 3 kinders- 5, 3 en amper 1jr by my en reel konferensies tussenin ens ens. Sterkte, you can do it!

  • Marilize Bezuidenhout

    Baie geluk met jou 2de swangerskap. Jy is baie bevoorreg. Nie alle dames het die geleentheid om saam met jou dit te kan deel waarin jy vreugde vind nie. Toemaar girl, die liggaam sal weer na normaal weer terug keer. GEE DIT NET KANS! STERKTE VORENTOE met die hele swangerskap en die aaklige hormone…. Baie dankie dat jy ons op hoogte hou van die skoppende mensie daar binne in jou. Ons geniet dit so om jou updates te lees rakende jou swangerskap, want al ons vroue het sekerlik dieselfde gevoelens as jy. GELUK weereens aan jou en Heinz.en GENIET elke oomblik daarvan. Voor jy jou oe uitvee is dit ook verby.

  • Marli

    Amen x 2 ! Jy is glad nie alleen nie. Op 13 weke met ‘n 18mde oue mannetjie wat Alles en Oral verken, kos dit baie moed en baie geduld om staande te bly. Ek tel die dae af! Sterkte vir jou! :)

  • Adel Kruger

    Hallo

    Ek weet hoe jy voel, is 12 weke en 3 dae swanger, my oudste word nou oor ‘n maand 2, ek werk ook voldag en in tussen is ons huis verkoop, moes ons vinnig spring om ‘n nuwe plek te koop, en nou le die groot trek voor!!! Bo en behalwe dit het ek nog ‘n snotneus (verkoue) wat erg pla.

    Intussen word my magie (en ek) groter, so dat my man my "oros" genoem het nou die dag.

    Opgewonde is ek, maar sjoe daar is eers baie dinge wat in tussen moet gebeur!!!

    2de swangerskap is baie anders as die 1ste 1, aangesien jy weet wat om waar te verwag.

    Sterkte vir jou en weet maar jy is nie alleen nie….

  • Lelani

    AMEN!!! Ek is 30weke swanger en my dogtertjie is 3. Ek weet presies waarvan jy praat. Ek weier tans om op die skaal te klim, want ek kan sien en ervaar hoe ek net groter word!! Sterkte. Jou skoonma is wys: "This too shall pass"

  • Ronel van Heerden

    Dit is vir my so lekker om dit te lees en te weet daar is iemand anders wat weet PRESIES hoe ek voel?! My peutertjie is 17 maande ou (en slaap nogsteeds nie deur nie) en ek is 13 weke swanger met ons nuwe kleine lyfie. Ek weet ook glad nie hoe vrouens alles bymekaar hou EN dan nog mooi lyk ook nie, maar ek wil darem vir jou se, jy lyk nog pragtig! Hier waar ek sit met n ou sweetpak (wat ek iewers in my kas gaan uitkrap het) en manlief se ou T-hemp (want vandag moet die hoehakskoene, die lipstiffie en ander mooimaak goetertjies maar eers rus) wil ek vir jou se sterkte en weet dat ons deel is van n baie spesiale spesie, genaamd VROUWEES. XXX

  • Lisa

    Hallo Dames,julle maak my sommer jaloers met al julle klagtes en pyne. My grootste is droom is om ook eendag ‘n mamma te kan word. Maar ongelukkig sal ek nie ons eie baba kan hê weens mediese probleme nie maar andersins is ons 100 % gesond. Ons wil ‘n baba aanneem en vir ‘n kindjie ‘n wonderlike lewe gee. Ons het soveel liefde om te gee en ek weet ons Liewe Vader sal ‘n baba op ons pad stuur.