verskaf
SARIE-blogs

Aletté-Johanni Winckler swangerskap-blog: “Week 10″

Daar lê ons babatjie- armpies en beentjies wat rondskop en beweeg, en ek kan eintlik nie glo hoe baie Klein Wincklertjie in net vier weke ontwikkel het nie. Hartklop 161 bpm en alles lyk goed.

Dit is ʼn wonderlike gevoel al hoes Mamma Winckler behoorlik haar longe uit as gevolg van ʼn post-nasale drup. Mens voel so half die slympies kan nou maar op ʼn ander plek gaan drup want die irritasie in die keel maak enige proses van vas-slaap heeltemal onmoontlik.

Al goeie ding wat daaruit kom, is dat ek elke 3-5 minute my maagspiere oefen, maar ek hoor al hierdie babatjie smeek: “Asseblief tog mamma, ek probeer slaap!”

Op Oom Dokter se skaal is ek 2kg swaerder as laas wat ek daar was, en ek vra die suster om my vorige statistieke vir my te wys. Met Lian het ek tussen week 7 en 10, 3.9kg opgetel en nou tussen week 6-10 net 2…so op papier lyk dinge volgens plan.

Na my afspraak by die ginekoloog is ek weer na die dieetkundige en na ons afspraak kan ek eintlik nie glo dat ek nie met my eerste baba al daaraan gedink het om so iets te doen nie. Dit maak SOVEEL sin, om presies te weet wat om te eet, wat is nodig vir my bloedsuiker vlakke om konstant te bly want as die bloedsuiker wipplank ry veroorsaak dit dat die vetselle wipplank ry, veroorsaak dit dat die skaal wipplank ry. BOSE KRINGLOOP.

Daarom, dames (en here?) as jy fokus op lae GI kosse en gereeld klein porsies eet is dit uiters gesond vir jou liggaam en jou brein kry die nodige petrol van die koolhidrate wat jy eet, wat dit nodig het om optimaal te funksioneer. Sjoe, ek het behoorlik BAIE geleer. Nou om dit toe te pas.

Hierdie afgelope naweek (25 September 2011) was en is ʼn geskiedkundige dag in die Winckler/De Klerk (my nooiensvan) families.  Gister was my pa se 65ste verjaarsdag, my ouers se 40ste huweliksherdenking (asook hulle verlowingsherdenking) EN my en Heinz se 5de huweliksherdenking! As my oupa nog gelewe het so dit sy verjaarsdag ook gewees het!

Dus, het ek nou nie aldag gewonder of die roosmaryn MALVA en vla (jip, wat ʼn smaaklike kombinasie) van die lae GI-familie is, en of my bloedsuiker deur die dak gaan skiet nie. Skiet het hy geskiet, op meer as een geleentheid want ons het die HELE naweek saam feesgevier! (Ek dink nogal dit is iets om te vier!)

MAAR, vandag is MAANDAG! En vandag het ek begin met my lae GI pappies, melk, jogurt en my vrug was drie aarbeie want ek weet werklik nie HOE ek al die kos op hierdie lys gaan inkry nie. Dit is die eerste keer in my lewe waar ek leer dat jy moet EET om gewig te verloor (of nie op te tel nie) eerder as om jou self uit te mergel.

Ek is dankbaar ek het nou al die “tools” en ek en Lisa het reeds ook 11 uur vanoggend ʼn Pilates afspraak gehad, sodat ons net weer hierdie spiere van my kan herinner van hulle bestaan!

Ek hou julle op hoogte van die vooruitgang…

Groete

Die Mamma.

  • Elizna Erwee

    Baie geluk pappa en mamma ! Ek stap saam met jul die pad. Ek is ook nou net so oor die 10 weke swanger met ‘n tweeling !

  • Madelein Buys

    baie geluk !!

  • Lelani

    Baie geluk met die wonderlike nuus van nog ‘n bondeltjie vreugde wat oppad is. Ek verstaan al te goed die stryd met dei gewiggies. Geniet elke oomblik van hierdie reis.

  • uggfrvy89

    uggs Il pourrait en résulter tirant sur les chaussures dipl?me délicats Conseils: Choisissez une paire magnifique que bottes UGG bon marché allonge vos jambes, bottes mollet prefferabley élevés. Et pi Cheap UGG Boots ck une couleur sensible pour porter au quotidien. éVITER uggs, ils ont coupé les jambes à demi-longueur, assurez vos pieds ressemblent à vous 50 big foot, et ils tout simplement ugg-ment! Tout comme le fameux sarouel, uggs est l’un des pires tendances de 2009 .. Rose de base à court Il peut aussi être un pilier dans Ugg collection de base. en add-on à une paire rose de veau hauteur base brèves femmes bon marché bottes UGG va rapidement se révéler être favorisée l’entre filles. Les performances de style polyvalents et confortables avantages ultimes sont très appréciés. Un autre grand chose sur les bottes UGG, comme le court Ugg Classic est qu’ils sont très populaire parmi les célébrités. En effet, le mannequin Kate Moss est connue pour porter toujours uggs partout où elle va et quel que soit le temps comme en témoignent ses photos dans les tablo?ds. Sarah Jessica Parker et Cameron Diaz sont également connus pour d’autres célébrités préfèrent uggs, tandis que Oprah a dit avoir compté parmi uggs que ses objets préférés ainsi. Vous pourrez les vapeur ou vous allez trouver des versions encore collations séchées ou grillées qui pourraient être excellent quand vous dans le Aller.3. BAIES POMMES sont vraiment un savoureux origine de la pectine, ce qui limite la quantité de graisse excessive forme vos cellules à absorber essentiellement en raison principalement de l’eau ses propriétés de liaison. Les pommes sont un de mes feu à grignoter avec une cuillère à café de beurre cru Ugg écrou biologiques et naturels Adirondack en général.