FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

Mooimaak

Mooimaaksessie – Crystal Theron (50): My familie wou net foto’s neem van die ‘nuwe ek’

 

Crystal Theron (50) van Pretoria is ’n sakevrou en maatskaplike werker. Sy het altyd gewonder hoe sy sal lyk ná ’n makeover en het toe besluit om dit te probeer.

 

Crystal se voor- en ná-foto

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

Wat sê Crystal?

Waarom het jy besluit op ’n mooimaaksessie?

Ek dink baie volwasse vroue droom en wonder hoe hulle sal lyk ná ’n makeover.  Ek wou nie meer wonder nie – en het net besluit om te doen.

Wat dink jy is jou beste eienskap?

Ek is heeltemal gemaklik in my vel, maar beskou my oë en my beauty spot as twee van my beste eienskappe.

Beskryf jou klerestyl…

Stylvol-elegant, want my werk behels dat ek altyd professioneel moet lyk. Ek is byvoorbeeld glad nie een wat nuwe modes slaafs navolg nie, omdat ek weet waarvan ek hou en waarin ek gemaklik sal voel.

Was jy verras om jouself in die spieël te sien?

Heeltemal verras en in my skik. Ek wou byna nie later die aand my gesig was nie!

Wat was jou familie en vriende se reaksie?

Hulle was aangenaam verras en het aanhoudend gesê hoe asemrowend ek lyk. Hulle wou ook net foto’s neem!

Is dit maklik om dié nuwe styl vol te hou?

Die klerestyl is maklik om vol te hou, want dit is hoe ek gewoonlik aantrek. Maar ek wens ek kon ’n Leverne (die grimeerkunstenaar) naby hê om vir my so af en toe die tricks of the trade te wys. Ek pas dít toe wat sy my geleer het – om my oogskadu te skakeer en my wangbene op die regte manier te beklemtoon.

 

FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

Wat sê die mooimaakspan?

Leverne Botha – grimeerkunstenaar

Crystal het ’n mooi vol mond wat ek met ’n sagter lipkleur beklemtoon het. Haar rooi hare maak beslis ’n “statement” en pas by haar persoonlikheid.

Elaine, stilis

Crystal se klere is elegant en sjiek. Haar velkleur en vurige hare het mooi gepas by die uitrustings en ons het die klere sag en stylvol gehou.

Veronique Mills – fotograaf

Crystal het ’n borrellende persoonlikheid en was baie vrolik voor die kamera.

(Klik op die foto om te vergroot)

FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

 

BESPREEK VIR JOU ’N MOOIMAAKSESSIE

Om jou mooimaaksessie by Veronique en haar span te bespreek, besoek haar webtuiste by www.veronique-photography.com of kontak haar direk by 079 737 7397 / info@veronique-photography.com

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

Kyk na al die vorige mooimaaksessies HIER