SAARTJIE-modeblog

Die gróót mode-trends vir winter 2014

Saartjie is op reis na Johannesburg vir mode-inspirasie. Dié keer kyk ons wat Edgars die komende winter op die rakke gaan hê.

SAARTJIE hastag

Tydens die vlug kry ek reeds inspirasie by die pragtige wolke. Ek maak altyd seker ek sit langs die venster – vir die mooi patrone in die wolke óf om Suid-Afrika se pragtige landskap en berge te sien.

Wolke uit vliegtuig

En net so ongelooflik soos dié wolke is Edgars se nuwe klere-reekse.

Trends wat op ons wag vir wintermodes is …

  • Winterwit
  • Geruite stof (“tartan”)
  • “Boy meets girl”
  • Denim
  • Sweetpak-tops (sweater tops)
  • Diermotiewe
  • Die oorgroot jas
  • Pienk

Trend: Geruite patroon

Hierdie klassieke patroon is gróót vir winter 2014

Trend: Manstyl

Items geïnspireer deur 'n man se klerekas

Trend: Denim

Denim is die universele item wat almal in hul kas moet hê. Edgars het 'n heerlike verskeidenheid denim-reekse om uit te kies - Sissy Boy, Guess, Levi's, Soviet, asook Kelso & Free 2BU

Moet-hê: Sweetpak-top

Of jy nou hou van iets speels soos 'n hart- of diermotief óf iets klassiek soos 'n streep, dié top moet in jou kas wees vir winter 2014

Trend: Diermotiewe

Van kunspels tot luiperdpatroon - kry inspirasie uit die diereryk!

Trend - Winterwit

Dra wit laag op laag of in verskillende skakerings - van naaswit tot 'n ligte grys en beige

Moet-hê: Die oorgroot jas

Hou jouself dié winter warm in 'n oorgroot jas. Ek hou baie van dié swart-en-wit geruite jas (links)