SAARTJIE-modeblog

In die kraal

Dis dalk nou die gryse winter daar buite, maar met Trollbeads se nuwe reeks kan jy ’n tikkie somer in jou klerekas sit, vertel Saartjie.

SAARTJIE inboxDie nuwe Boheemse reeks van Trollbeads bestaan uit 6 staatmaker-stukke van sterlingsilwer. Dié items is perfek om saam met ander krale en glaskrale in die reeks te dra en só jou eie unieke halssnoer te skep. Daarom kan jou halssnoer ook ’n storie vertel soos wat elke kraal van Trollbeads sy eie storie het.
Trollbeads - bohemian

Trollbeads het in 1976 in Kopenhagen, Denemarke, begin en ná 38 jaar is die krale se bekoring al in 50 lande gewild. Elke item in die reeks word van gehalte-materiaal gemaak, soos 18 karaat goud, sterlingsilwer, Italiaanse glas, varswater-pêrels, barnsteen (amber) en edelstene.

Besoek gerus www.trollbeads.com en begin bou aan jóú storie.

Klik hier om die volle reeks te sien

Die Boheemse reeks:

As eenvoud vir jou koning kraai

Een van die vele glaskrale om uit te kies

Glaskraal met skoenlapper

Laat jou storie begin met dié halssnoer ...