sr0812heinz_6_rz
SARIE-blogs

“Ek het ‘n miskraam gehad” – Aletté-Johanni Winckler (Heinz se vrou) vertel

“Dit was ‘n week van vreugde nadat ek gehoor het ek is eindelik swanger. Ek en Heinz was in Kimberley vir werk. (Aletté is ‘n voorkomskonsultant en Heinz sing soms by haar geleenthede.) Heinz het daarna saam met my ma Johannesburg toe gery. Ek en my pa het in Kimberley agtergebly, want ek moes kliënte sien. Ek het die Maandagoggend ‘n bietjie geoefen, niks te veeleisends nie. Toe begin ek bietjie bloei. Ons het dadelik dokter toe gejaag. Die dokter kon nog die vrugsakkie met die baba sien en was onseker of die baba in gevaar is.

“Ek het die Woensdag teruggevlieg Johannesburg toe om my ginekoloog te gaan sien. Ek was ‘n wrak teen die tyd dat ek by sy spreekkamer ingestap het. Die sonar het nie goed gelyk nie, maar ek moes steeds bloed laat trek. Ek het aanvaar die tekens is nie goed nie en het die nag omgehuil. Ek en Heinz het hierdie ervaring in die Here se hande gesit. Ek het besluit om niemand te blameer nie. Nie myself nie, nie God nie . . .

“Donderdag het die bloedtoetse gewys die baba leef nog. Toe begin ek weer hoop. Maar teen Vrydag het ek die miskraam gehad. Ek het dit so aanvaar en daarby berus. Ek het die swangerskap destyds dadelik op Facebook bekend gemaak, en ek sal dit weer doen. Ek glo dit wys ek is nie bang iets gaan met die baba gebeur nie. Ek wil nie in vrees leef nie. Ons gaan so gou moontlik weer probeer.”

  • Marike

    Ek het `n miskraam gehad op 12 weke en dit is loshande die slegste ding wat nog ooit met my gebeur het. Dis nou 4 maande later en my hart is met tye nog baie seer…ek is nog nie weer swanger nie en op my ‘slegte dae’ wonder ek of dit ooit gaan gebeur! Ons het ook dadelik vir mense vertel van die swangerskap, maar volgende week sal ek dalk langer wag…

  • a

    ek het in 2008 2 miskrame na mekaar gehad, in april vir ‘n skraap gegaan en aanhou probeer….dis nou al ‘n jaar en ses maande later en nog steeds niks. ek was onlangs vir nog ‘n operasie.
    die hartseer gaan nooit weg nie. veral as almal om jou swanger raak. en niemand verstaan nie. dieselfde ou rympie word oor en oor herhaal….dit sal gebeur wanneer die tyd reg is.

    wanneer is die regte tyd dan??

  • Ashley

    Ek het in die begin van die jaar ook op ses weke ‘n miskraam gehad. ‘n Baie goeie vriendin wat al ‘n paar miskrame gehad het, het my nadat dit als verby was kom haal en daar was nie mooi bedoelde woorde soos "dit sal weer regkom, of dit was nog nie regtig ‘n babatjie, of die tyd was nie reg nie" maar sy het my net vasgehou en gese dis NIE OK NIE en ek mag kwaad wees ek mag hartseer wees en ek mag huil en ek hoef nie braaf te wees nie en ek het my hart daardie dag uitgehuil. Daarna kon ek daarmee begin vrede maak en ek op my kniee kon gaan en vir die Here dankie kon se dat ek wel ‘n pragtige welgeskape blondekop seuntjie van 2 jaar het wat wag vir my by die huis. Ons probeer nog steeds om weer swanger te raak en party dae is dit baie moeilik om met familie en vriende uit jou hart uit bly te wees as hulle swanger is of as ek daaraan dink dat as ek nie die miskraam gehad het nie my babatjie nou 2 maande oud sou wees…

  • Ansa Snyman

    Ansa
    Ek het die vrydag ‘n bloedtoets laat doen en was positief, het die hele wereld laat weet ek is swanger. Het die sondag ‘n afskeiding gehad en die maandag bloeding. Het dokter toe gegaag en gese dit kan inplantings bloeding wees omdat ek nie seer gehad het nie, Het my ginekoloog die volgende dag gesien en hy het gese ek is 5 weke swanger, maar dis te vroeg om op die sonar te sien of baba nog daar is. Moes bloed trek en 2 dae later weer en wag vir die uitslae tot die vrydag.
    Ek het nog nooit so ongekooflike week vol emosies gehad nie. Ginekoloog het my toe gebel en gese al 2 toetse was negatief. Ek is stukkend maar glo God se wil moet geskied. Glo en hoop ons heg gou weer nuus. Sal die keer wil langer wag voor ek vir almal vertek ek is swanger

  • jani

    ek het simtome van swangerskap gehad die morning sickness ens.en n maand daarna gaan ek vir n toets ek was so opgewonde en toe ek daar kom toe is alles negatief ekt 2dae aan een gehuil ek dink ek sal nooit kan swanger raak nie ek vir 2 jaar probeer maar niks het gewerk nie.enige raad om swager te raak.

  • Corlia O’Neill

    Goeie more aan al die mamma’s wat miskrame ondergaan het. Ek wil julle my storie kortliks vertel: Ons het 1jaar3mnd probeer om spontaan swanger teraak, niks, het toe besluit om 19 Januarie 2010 die ginekoloog te raadpleeg klomp toetse ondergaan, my linker eierstok werk nie so lekker nie en my man het 10% sperm, kry behandeling in Februarie 2010, 15 Maart 2010 vind ons uit ek is swanger ek het so gehuil van blydskap, 16 Maart 2010 doen ek bloedtoetse en dit is positief. 1 April was ek 8weke swanger, gaan vir 1ste sonaar, Dr se die baba is in die baarmoeder maar die baba is 6weke2dae oud te klein om hartklop tesien, baie opgewonde maak afspraak om Dr oor 2weke weer tesien, intussen kry ek morning sickness en alles gaan goed, 19 April 2010 gaan ons vir die 2de sonaar baie opgewonde want ons gaan vandag die hartklop hoor en sien…dr begin sonaar ek moet 9weke6dae swanger wees dan trek jy 2weke af (baie deurmekaar) om die baba se grootte tekry…dr kyk en kyk en haar oe raak al hoe groter…sy se met eens "dit lyk vir my ons baba het op 6weke opgehou groei daar is ook nie hardklop nie" dit is asof iemand my met ‘n 10pont hammer slaan…my man en ek is stomgeslaan…moes dadelik gaan vir bloedtoetse die maandag en woensdag as telling klim leef baba nog as telling afneem is baba dood. 21 April 2010 kry ons die nuus baba het gesterf hartkloppie het gaan staan, ek het ‘n miskraam gehad,geen bloeding niks nie…ek moet 23 April 2010 opgeneem word vir ‘n skraap om die fetus teverwyder…ek is nie kwaad vir die Here nie, my hart is ongelooflik seer ons het so hard gebid vir ‘n babatjie en nou is daar niks…ons het die Here gevra om ons ‘n gesonde baba tegee, die dr se daar was fout met die baba se onwikkeling en die hartjie het gaan staan, ons is positief ons het gebid en die Here het ons gebede verhoor, en Hy gaan weer vir ons ‘n geskenkie gee ons moet net bly vertrou en hoop, ek weet hoe elkeen van die vroue voel en dit is ‘n gevoel wat niemand kan beskryf nie al was ons baba klein was dit klaar deel van ons gewees…vir elke vrou wil ek net se hou moed en wees sterk, die seer is daar en sal vir lank bly met tyd genees die wonde…hoop volgende keer as ek weer skryf is ek swanger en deel die goeie nuus met elkeen…

  • Lizelle

    Ons het ‘n volmaakte seuntjie van 5.Ek het al 3 miskrame gehad. My eerste miskraam was op 12 weke geen hartklop nie, my tweede miskraam was op 18 weke met ‘n seuntjie wat se skedel nie ontwikkel het nie.Sulke kleintjies is nie lewensvatbaar nie en ons moes die vreeslikste besluit neem. Ongeveer 3 weke terug het ek weer een op 8 weke gehad daar het niks ontwikkel nie. Ek wag langer om mense te vertel van my swangerskap, want as jy nie self een gehad het nie het jy geen benul waardeur ‘n paartjie gaan nie, dis is dood in die gesin! Ek het met my tweede miskraam ‘n sielkundige gaan spreek en ek het baie gouer daaroor gekom as met die eerste een. My probleem is insulienweerstandigheid. Ons dink nou aan aanneming…Wie kan raad gee?

  • a

    lizelle, ek verstaan presies waardeur jy moet gaan….die hoekoms en waaroms raak nie minder nie. ek het sopas my 3de miskraam gehad en die dr’s kon nog nie ‘n oorsaak kry nie.

    hoekom probeer jy nie ‘n dieet om jou insulienweerstandigheid reg te stel nie? ek het al soveel sukses stories gehoor daaroor. ‘n dieetkundige sal jou kan raad gee.

    ten minste het jul al ‘n volmaakte seuntjie, koester hom….my wonderwerk moet nog gebeur :-).

    jani….ek huil saam met jou. ek dink nie mense verstaan aldag waardeur ‘n vrou gaan nie. veral as jy al twee jaar probeer. dis ‘n eensaam paadtjie en ek hoop jou man is jou steunpilaar. ek hoop en vertrou dat jy spoedig sal swanger word. sterkte

  • Marelise

    Ek kan myself so inleef as ek almal se stories lees. Dis ongelooflik sleg om deur so iets te gaan. Ek het 2 miskrame gehad, een op 13 weke en 1 op 7weke. Dit voel of jou wereld tot stilstand kom. Maar ons probeer weer en glo en vertrou dat ons Hemelse Vader ‘n doel het met als.

  • S

    Ek voel julle hartseer. Ek het in 2006 ‘n buis swangerskap gehad. Ginekoloog kon darm my buis red.2007 weer swanger geraak en in 2008 gekraam met my pragtige seuntjie. Ons het sommer dadelik weer probeer swanger raak. My ginekoloog verwys my toe na ‘n wonderlike fertiliteits spesialis in PE. Raak toe weer swanger en vind na 6 weke uit dat vrugsakkie nie ontwikkel het saam met baba nie.Hartkloppie het nie meer gewys op 8 weke. Gemiskraam, ons harte stukkend. Nou is dit heeltemal in ons Here se hande. Hou moed!

  • http://spfhatwattcj.com/ kypmbppl

    UpFaYh ipxhlajurjiz, [url=http://natlhalvibww.com/]natlhalvibww[/url], [link=http://tpclviptmoow.com/]tpclviptmoow[/link], http://cfoaejlmehqf.com/

  • M

    Ek het op 1 Aug 2010 ‘n miskraam gehad. Ons baba was 12 weke oud en so deel van my en my man se lewens. Ek weet nie hoe ek hierdeur gaan werk nie. My ouers en skoonouers is wonderlik, my man is finominaal – maar dit is in my lyf wat daar lewe was wat nou dood is. Ek huil gedurig en kan nie my lewe indink sonder die lewe in my nie! Dit ontstel my so as mense se dat als "ok" gaan wees en dat ons altyd WEER kan probeer. Die ding is net dat ek nie ‘n baba wil he om hierdie een te vera=vang nie. Ek het nodig om te rou en afskeid te neem.

  • Laurika Steenkamp

    Ek het my 2ling op 23 weke verloor. M ja ,als is nie OK nie. ‘n mens se wêreld is aan stukke. My hart ook. Ek het begin met Borrowed Angels (kyk op facebook) om ondersteuning te bied vir almal wat hierdeur gaan. Ek hoop ek sal jou daar sien. Ek dink aan julle almal! En aan ons engeltjies daar BO!

  • E

    Lizelle, ek is ook insulienweerstandig en het gedink ek gaan nie weer swanger word nie. Ek het ‘n seuntjie van 4 jaar. Ek is op ‘n Low GI dieet wat deur ‘n dieetkundige voorgeskryf is en die ginekoloog het my op glucophage 850mg 1 2x per dag gesit. Ek drink ook Manna pille, dis beskikbaar by dischem, clicks, ens dit help om jou bloedsuiker te stabiliseer. Ek het begin oefening doen en 2 wke terug het ek gehoor ek is swanger. Dit was ‘n groot verrassing. Hulle se die beste ding vir insullienweerstandigheid is om oefening te doen en natuurlik die Lae Gi dieetplan dit werk.

    Sterkte

  • belinda

    ek het ook n miskraam gehad op 7weke aug 2008 en sukkel al die tyd nog om swanger teraak verlede week moes ek hoor dat ek 2 uteruse het en dalk nooit weer sal swanger raak nie my hart nog b seer dan vra ek hoekom ek ek wat liefde het vir kinders wat vir hulle kan sorg hoekom ek

  • LIezel

    Ek en my man het 5 jaar terug begin probeer om swanger te raak, na n jaar het niks nog gebeur nie en ek het toe n dokter gaan sien, my grootse vrees het uit sy mond gekom, jy het PCOS en endimitriose, jy gaan sukkel om swanger te word. My hart was baie seer, maar het bly glo vir my wonderwerk. Na 6 kunsmatige bevrugtings en 3 Invitro’s, het ek uiteindelik 1 keer swanger geword, dit was wonderlike nuus,totdat ek op 7 weke n miskraam gehad het, ek het nog geglo ek gaan my wonderwerk ontvang. ‘n Vriendin het ingestem om vir my en my man n baba met ons bevrugte eirtjies in haar liggaam te dra en dit was ons plan. Net voor ons wou die prosses begin, ontvang ek ‘n oproep van ‘n familie lid, hy vra my of ek en my man n baba seuntjie wil aanneem, ek het dadelik ja gese (in my hart dadelik gevoel dis MY wonderwerk), 2 maande na dit het ons n pragtige pasgebore seuntjie ruiker geword. Ek se elke dag vir God dankie vir my besonderse wonderwerk. Moet nooit opgee op jou wonderwerk uit God se hand nie!!!

  • Cindy-Ann

    Ek het reeds een seuntjie van 3, ek het ‘n week voor sy 3de verjaarsdag uitgevind dat ek weer swanger is na 2 jaar se probeer. Ons was in die wolke! Op 8 weke het ek begin krampe kry en is na my huis dr toe, hy kon geen baba kry nie en het my verwys na my ginekoloog toe, sy was ongelukkig uitstedig en ek is na haar plaasvervanger toe. Die ginekoloog het wel’n hartklop gekry en my verseker dat alles reg is. Drie weke daarna is ek na my eie ginekoloog toe vir my ‘n ondersoek, Sy het vir my gesê daar is fout en my vir ‘n reeks bloedtoetse gestuur. Die Vrydag het ek ‘n miskraam gehad op 11 weke. Dit is nou al amper 3 maande later en my hart is nogsteeds stukkend. Ek het nog nie die moed gehad om weer te probeer nie. Die tyd sal leer.