SARIE-blogs

Ek’s Isabella…’n Nuwe blog op sarie.com

“Ek’s Isabella. En het soos ‘n hele spul ander mense die ligte, verkeersligte en stopligte van verkeersknope van die stad verruil om in ‘n sementhuis op ‘n duin in ‘n klein weskusdorpie verligting te kom vind en my siel te voer….

Vir jare was wêreldstede en tydskrifte my speelveld…was ek minder slim om uit te klim want “out of sight, out of circulation”? Of het ek net verskuif van huis en kantoor “with a view”?

Die pluspunte van my nuwe kantoor: die strand vir jouself heel oggend tot so 11.30. Sonsondergang. Afterglow. Wat jy ookal  gehoor het, dit is daar. Die eiland-sindroom bestaan!!!!

Daar’s minder pluspunte: jy in jou flennie-pajamabroek op die strand laat mense praat; jou gespikkelde Dalmation kry die skuld vir als…al verlaat sy nooit die erf nie. Jou kind met sy rasta dreadlocks en kite-surfing-bestaan kan net onheil beteken!!

Tussen ‘n duin en die turkoois oseaan is daar twee keuses: sink of swem. Hoe lank kan ‘n city girl water trap?!

Skielik ontdek ek, ek kan goed doen wat ek nooit van geweet het nie…..Ek kan kook…en goed; ek kan organiseer en weereens goed. En ek is gek daaroor om gewone dinge en plekke mooi te maak. En mense te laat smul en smile en hulself geniet!!!

Die resultaat:
‘n Kosmark op Vredenburg elke eerste Saterdag van die maand maak van small town ‘n smul town; klein troues word vir die beste en mooistes in die land omskep in groot memories; boekbekendstellings en vroue-dae of enige verskoning om 40 pêlle om een tafel te laat kuier.

Die uitsig is asemrowend en terwyl die gaste kuier, klets en wyn drink, geniet ek myself gate uit met bak en brou. Weskus-tapas het my eie stempel geword…. Jy vat bietjie van die Spanjaarde en dan van die Portugese en dan bring jou eie aanslag….bo-baas-spysenier Pauline Schreuder van Moorreesburg gee haar sampioen-patee en rolkaas met rosyne geweek in brandewyn en uit my ma se kookboek kom pampoenkoekies….en Jennifer van Louwville se pikante engelviskoekies….als klein en delikaat.

Ek pak die onmoontlike aan. Ek leer die heel heel beste in die land ken – al woon hulle in Sandton of Koringberg. Ek leer chandeliers maak van strikke en gebreek skulp…die mees unieke in die land en jy word die queen van strikke binde….soos niemand anders. Die duine en die omgewing is soos Pandora’s box.

As ek terugkyk na die stad hou ek van my nuwe “corporate” lewe….my tweede kans waar ek leer die onmoontlike is moontlik!!

Een van persoonlike beste talente?

Ek verdwaal altyd…..en in my verdwaaldheid kom ek op die mees ongelooflike goed af wat ek graag met ander sal wil deel. Hoekom moet ek die enigste lucky queen of the dune wees!!
As dit vir julle OK is, gaan ek al die inligting en al die stories met julle deel.”

Isabella Niehaus

  • Marthie du Plessis

    Ek sien daarna uit om saam met jou te reis, Isabella, Jy het meer guts as ek. Jy het gedoen wat ek nog altyd graag wou. You go girl….

  • So koud soos die weskus water, so warm klop haar hart en net so lekker om haar weer eg en eerlik oor haarself te hoor – dis asof sy hier langs my staan, ek hoor die laggie en sien die lewensvreugde wanneer die oe styf toeknyp as haar hele gesig lewe van pret. MIS JOU BELLIE!!!.

  • Hallo Bella! Jys darem maar n pragtige mens! Baie dankie vir die inspirasie om konstant te groei en re-invent. Ek sien uit na jou stories!

  • Fantasties, jy is baie mooier as die aubergine, jy moet kom kuier as jy in die omgewing is, dit klink of dit goed gaan daar, sal uitkyk vir jou volgende blog,

    Johan

    xxx

  • Hello Dierbare "Magnanimous" muse ! Ek het jou link opgesit op http://www.nosyrosy.co.za en op http://www.infohermanus.co.za. – van pure plesier!
    Liefde
    Liza

  • Jan-WIllem

    Bella! Heel erg leuk! (Begrijp niet alles – maar daar gaat het niet om!) Vanaf nu een wekelijkse blog hoop ik?

    Tot snel
    Baie druk!
    Jan-Willem

  • Bella, jy maak ons almal jaloers met jou vertellings van die lewe in n ‘smul town’ en jou kantoor met n uitsig oor die see. Lyk my jy gaan n regte Country Life meisie word en dat ek by jou sal moet kom aanklop vir stories. Kom vir jou kuier en Weskus tapas eet op jou stoep.

  • Natalie Roos

    Bella. Ek kan nie wag vir al die stories nie. As jy eenkeer mens se pad gekruis het ,is mens se lewe nooit weer die selfde nie. jy is ‘n insperasie vir almal. Jy is ‘n Engeltjie van Bo.

  • Wat ‘n lekkerte om so met jou verbind te wees. Jy is ‘n puik Weskus-ambassadeur. Jou besondere styl kan nie gebottel word nie, maar op hierdie manier dring dit deur tot muwwer plekke en laat die lug souterig en vars voel. Jy is sappig kwadraat,liewe Bella. Hartvol liefde. Elsabe Echiveria

  • Bella Bella, so jy verdwaal ook? Jou blog is stunning, nes jy, and I salute you for taking the decision to leave behind the bright city lights. Wat kan dan nou die stadsliggies "compare" met een van die sonsondergange van jou voorstoep af? Sterkte met al hierdie heerlike nuwe uitdagings! Liefde, Annette

  • en daar gaan sy weer…….soos altyd styg jy bo alles uit – trots dat ek jou as ‘n vriendin mag he, en sien uit na al die interssanthede! Ek hou die borrels op ys….Louise (halfpad tussen die stadsligte en die duine).

  • Hi Bella, hoe lekker om nou gereeld te kan uitvind wat jy aanvang! Ek is klaar nuuskierig oor die kandelare van strikke en skulpe – jy weet mos… Een van die dae draai ek my kar se neus in jou duin se rigting. Liefde, Mariki ?

  • inghrid jones

    Hello Bella

    lekker om aanlyn oor jou te lees. gee tog ook raad oor hoe om ‘n suksesvolle funksie aan te bied!!!!!

  • Monique Bolton

    Hallo Bella,ai ons mis jou…Jy is regtig ‘n inspirasie vir almal.Kyk bietjie onder die boeke afdeling ekt daar resensies geskryf,laat weet bietjie wat jy daarvan dink.Liefde Groete jou "Peetkind" xoxoxo

  • Rene

    op die strand is ek die ander een met die flennie-pajamabroek aan! at last …ons het nou ons eie Weskus-sosiale flinder …..

    Bly jy is hier.

  • RENE

    of liewers sosiale-kreefstert….sosiale-noek of bokom ….of wat van sosiale-meermin????

  • Engelvrou! Jy maak my lus om my hele lewe sommer te verander, ook see toe te trek en die ‘eiland-sindroom" soos jy dit met reg noem voluit te beleef. Geniet dit, en sjoe! Lekker om jou hier op Sarie se blad raak te lees!

  • Annette Gilham

    Die nostalgie na my Weskus/Sandveld wortels is nou, na die lees van jou blog, baie erg. Gaan aan – ons wil nog lees.

    O ja, onthou: ons vrouens verdwaal nooit, ons gebruik net alternatiewe roetes, en dis dan wat ons op allerhande interessante nuwe dinge afkom.

  • Bella wat n vreugde om saam met jou in jou sementhuis te kan kuier. Die Weskus is bly jou kantoor het verskuif!

  • Wonderlik om sooo te kan lewe en dan ook daar oor te skrywe. Jy is n inspirasie. Go girl!!!

  • Tannie Bellie,
    hoe verfrissend om wegtebreek uit my bestaande "corporate – gejaag" en n verbeeldingstog saam met jou te geniet!
    Dis fantasies,baie geluk!!!! My hunkering na die Weskus is sommer weer hernu.

    lus en klim sommer nou in my kar……

  • Debbie en Nico van Wyk

    As daar ooit ‘n Engel op my pad gekom het dan is dit jy Bella. Jy is ‘n inspirasie, jy het ‘n passie vir die lewe en gee mens weer moed en lus om die lewe met alles wat jy het aan te pak. Dankie dankie vir jou. Debbie en die res van die van Wyks (jy weet wie hulle almal is)

  • Bella! I have to comment in English because my Afrikaans is so bad! (I translated this on Google translate!) And now I know you are doing what you do best. Cooking, and making people feel amazing. And making creative chandeliers. I will have to put some in my shop! I am so glad you are following your heart and making the impossible possible. Can’t wait to read more about your lovely place. And hope to visit one day soon.

  • Ken en Hettie

    Isabel jou blog is fantasties. Gelukkig kan ek en Hettie getuig van jou besonderse huis met die mooi see uitsig gordyne. Te mooi! Ook het ons al jou kookvernuf op die proef gestel, en kan ons dit aanbeveel.

    Jy moet die blink kant bo hou, en ons is baie lief vir jou.

  • Ronelle Viljoen

    Vrou Par Excellence!

  • Reinet

    Dit was so lekker om saam met jou te reis, dankie nosy rosie. Jou blog is stunning

  • erna

    Nes ek jou ken – niks kan jou stuit nie – ek wag in spanning vir die volgende uitgawe van "ons" reis… mwah** 😀

  • Annetjie

    Wat ‘n ster! Ek was so bevoorreg om te sien hoe hierdie girl haar idees bymekaar sit en een fantastiese geleentheid skep vir iemand. Bella – jy skitter al klaar in wat jy doen, en mag dit groei. Jy is voorwaar ‘n inspirasie. Ek sien uit na die gereelde briefies en stories.

  • Caro Wiese

    Bella — jy is inderdaad ‘n vrou van staal . My mond hang behoorlik oop vir al die nuwe en waagmoedige dinge wat jy voortdurend aanpak .
    Ek bewonder jou saam met al die ander ‘fans’en stuur liefde .

  • Ian van der Westhuizen

    Stunning blog Bella!! Hou die eiervrug bo!!! 😉

    Hoop om jou gou weer te sien.

    Liefde Ian & Barend xxx

  • Karin Theart

    Bella, ons eie Weskus ster. Jy is ‘n inspirasie en ‘n pragtige mens. Sien uit na die volgende!

  • nedine blom

    jy’t vergeet om te se jy kook die lekkerste mossels in die hele wereld..

  • Henriëtte Louw

    Bella wat ‘n fees! Noem my onnosel maar dit is die eerste Blog wat ek besoek en wat ‘n voorreg!(altyd te besig met iets kreatiefs)

    Voorspoed en geniet elke oomblik, die mooiste uitsig en al die suksesvolle okasies!
    Lief jou jy is enig soos jou Woning!

  • Mynie Grove

    ‘Die ding met jou, Belli-kapoep, is dat NIKS jou bangmaak nie. NOG minder is ‘onmoontlik’ ‘n woord wat in jou woordeboek is. NOG minder is inhaligheid ‘n konsep wat jy verstaan. OK, laat ek liewer verduidelik: jy’s die mees innoverende, gulhartige mal mens wat ek ken en jy’s scary ougat. Die aakligste ding met jou is dat die Weskus nie 5 sekondes om die draai is nie en ek nie meer vinnig kan inpop vir ‘n tee-ki en bolliepraat nie. Goddank vir die selfoon wat my af en toe laat uitsien na ‘n onbeplande ‘inval’ van die Jeep-i en sy crazy sexy blonde bestuurder….nee wat, jy’s nog altyd ‘n show-off en ek gee op – jy WEN:) LIEF JOU STIKKINT!’

  • Annette Theron

    Hoe gaan dit skone Bella?
    Waaroor gesels ons deesdae, bo en behalwe nou vrouedag binnekort?
    liefde
    Annette

  • Scary Ougat….Mynie, net soos ons liefste Bella is jy ook ‘n ‘naam-doring’….ek stem saam, Scary Ougat is net die ding!!! Who can beat that??…well done Bella-lief….beter kon ek jou self nie beskryf nie!!!! Ek kom so min uit op die FB, maar het uiteindelik ook jou fabulous blog gelees en is nou is ek nog maller oor jou as ooit tevore…wat ‘n voorreg op jou vriendin te wees en aan jou wonderlike tafel te eet….net jammer jou tussenposes hier in die Kaap is so vlug dat ons net ‘n klein koffietjie kan deel so eenmaal ‘n jaar……not good enough….dit moet verander….en gou ook. Soene en baie soene van beide my en Robberto!!!! x x x

  • nxKcpx ficalygffxhk, [url=http://djlrvosruiej.com/]djlrvosruiej[/url], [link=http://gmsjolrixcak.com/]gmsjolrixcak[/link], http://jtkanuzibkbh.com/

  • Suzie Haasbroek

    Hierdie ma, is so dankbaar vir so ‘n "crazy" vrou soos jy wat vir alles kans sien. Jou kookvernuf, persoonlikheid en sommer baie baie meer het my dogter Ilze Mostert se troue in ‘n perfekte dag omskep. Jy is ‘n stunning en amazing persoon! Jy kan maar oor die geleentheid ook spog, uit die boeke danksy jou!

  • Ina Grobler

    Hallo Isabel, wil graag by jou hoor wat is die kleure- en klere-tendens vir die komende winter? Die sogenaamde "watervalle" van verlede seisoen was baie gewild, gaan dit weer ‘n treffer wees? Groete
    Ina Grobler Bloemfontein

  • HEFGhs vuvvsokwesjp, [url=http://kcupdailegyu.com/]kcupdailegyu[/url], [link=http://sglkdpwqxate.com/]sglkdpwqxate[/link], http://nkwvbclmvdkp.com/

  • 1va1 xxx z04o

    Www sarie.. Keen 🙂

  • pcqkfyd

    pXatwb masiszzeubda, [url=http://fcyytincbvyz.com/]fcyytincbvyz[/url], [link=http://boeyhuklgjpx.com/]boeyhuklgjpx[/link], http://zfmdccxbgujy.com/

  • Kathreen

    I appreciate you taking to time to conrtibtue That’s very helpful.

  • chaussure nike

    Put on‘p waste material it slow at a man or woman/lovely women,the people that isn‘p ready waste material their valuable hours on you.
    chaussure nike http://chaussurenikepascherfr.blogspot.com/

  • casquette marque

    Put on‘testosterone waste or refuse some time around a individual/female patient,what individuals isn‘testosterone happy to waste or refuse most of the time giving you.
    casquette marque http://www.casquettehiphop.com/

  • casquette hip hop pas cher

    Happen to be survive the minute each individual one acquaintance thinks he’s a slight favourable position on top of the all the other.
    casquette hip hop pas cher http://www.taillecasquette.com/