alette_johanni
SARIE-blogs

Eksklusief! Aletté-Johanni Winckler se nuwe swangerskap-blog

Hier’s ek weer, hier’s ek weer, met my pens(ie) voor jou deur! (En hopelik hierdie keer is dit NET `n pensie…)

So 4 weke terug raak ek toe mos agterdogtig…Iets is nie lekker nie, ek voel ek kan enige ding wat eetbaar gespel word eet en die kalender se wysers kom ook nie ooreen nie. 1, 2, 3 toetse word gekoop en gelukkig vind ek ook die een op “stand by” by ons huis. So tussen die 4 sal ek VERSEKER weet of Lian binne 9 maande `n boetie of `n sussie gaan kry. Die eerste 2 toetse is flaters. NIks, zero, zilch, NATHEENG! Ek skryf dit toe aan die 30 koppies tee wat ek teen die tyd ge-in het en sommer ook omdat dit in die middel van die dag is en NIE daai vroegoggend monstertjie wat eerder die waarheid praat nie.

Heinz is nie by die huis nie en ek vertel hom NIKS van my agterdog nie. Gelukkig vir my het ek toe 2 van die “toetsers” gespaar vir Maandagoggend. Gelukkig gryp Heinz (na sy naweek weg) die gulde geleentheid gretig aan om na sy eersgeborene om te sien die Maandagoggend en mamma verdwyn in die klein huisie in. Albei stokkies word ingespan, en VOILA binne sekondes spring daar 2 strepies op elkeen en dit lyk onderskeidelik SO: I I en +  Geen twyfel, geen uitkomkans, en dit LETTERLIK 3 weke vandat ek weer (baie) gemaklik in my 34’s pas en die skaal selfs n paar keer daar by 64 gedraai het!

Wel DANK die Vader, ek het nie swanger geraak toe ek hier na Julie-maand se Italië trippie by 71 gedraai het nie!!

Nou moet ons nog vir pappa se, en anders as met my eerste (2) swangerskappe het ek besluit om te doen wat ek nog altyd wou en hom rustig met die nuus te verras. In die Wincklers se huis het ons besluit MAANDAG is ons af-dag. Omdat albei van ons (maar veral Heinz) so baie oor naweke werk en weg is, wou ons net een dag he waar ons net kan doen wat ons wil, gaan waar ons wil, eet wat ons wil en so aan…

Hierdie spesifieke Maandag het ek my man oortuig om bietjie vir die dag Hartebeespoortdam toe gaan. In my geestesoog sien ek hoe ons by n romantiese restaurant uitkyk oor die oewer terwyl Lian (rustig) op die gras speel en ek dan baie subtiel sy “geskenkie” uit my handsak haal en die nuus SO breek. Wat in die werklikheid gebeur het: Dis `n snerpende koue, nat dag. My man het op ons AF DAG eers gou nog n “link” vir `n opkomende TV-Program gaan skiet en ek sit op hete kole by die huis en blaas rook uit omdat my planne nie gaan uitdraai soos dit moet nie. My seun is HIPERSENSITIEF en weier volstrek om sy ma uit te los en ek weet sommer HY WEET al klaar hier is kompetisie aan die broei!

Uiteindelik kom ons weg en by Harties aangekom is ons ENIGSTE kindervriendelike uitweg, die kinderspeelarea van die DROS! En daar sit ons, pappa, mamma, baba en fetussie, op die kleuterstoeltjies en drink `n koppie tee. Die hele restaurant se bedienaars is saam met ons in die vertrek omdat dit ook hier is waar die Pizza-oond is en die vertrek dus die warmste in die omtrek is.

Uieindelik is ons alleen (behalwe vir Ratatouille wat in die agtergrond bler) en ek haal die toegedraaide penneblikkie uit my handsak. Ek laat dit klink of ek vir hom ` n baie “sexy” present gekoop het en my man se oe blink sommer hoopvol. Toe hy dit oopmaak en vir die 2 positiewe stokkies kyk was daar eers `n frons, en toe `n ontnugtering (nee, dis nie wat hy verwag het nie) en toe `n RERIG?-tipe uitdrukking op sy gesig. Hy bars bykans in trane uit van blydskap en ek besef my “penneblikkie” het BAIE meer vreugde gebring as wat ENIGE ander “sexy” present kon. Dadelik word die oumas en oupas gebel en daar in Harties se Dros besef ons al 3 ons is binnekort (as die Here ons spaar) 4…

2 weke later kon ons ons nuweling se hartkloppie beleef en vandag op 8 weke kan ek met eerlikheid se behalwe vir die DODELIKE moegheid wat my NAG en DAG oorval, en my pens wat bykans dadelik gePOP het toe knaap daai present oopgemaak het, voel ek glad nie swanger nie. Nou moet ek by se ek het my mos nou MOOI voorgeneem om nie hierdie keer dieselfde foute as laas te maak nie! Ek het sommer DADELIK vir Lisa van Pilates2go gekontak en sy is 2x per week in my huis om my die leviete voor te lees en seker te maak hierdie mamma gaan dinge nou anders benader en binnekort gaan allerhande ander hulpbonne ook ingeroep word.

Dit gaan vir my `n voorreg en `n verandwoordelikheid wees om hierdie (andersom) reis saam met Sarie en elke vriendin aan te pak. Anders as Projek 64 gaan ons nou stadig maar seker anderkant toe beweeg maar julle beter my help dat ek nie eens NABY 85 verby gaan nie (PRAAT nie eens van 94 nie!!!)

Maar meer daarvan volgende week! Nou moet ek eers weer gaan doedoe!

Groete,
A

  • Surinda

    Baie geluk Alette en Heinz! Ek sien uit daarna om elke week weer jou blog te lees – wonderlike nuus

  • Nadia V

    Baie geluk Heinz, Alette en Lian met julle verassing! Ek is so bly hier is weer ‘n blog van jou wat ek (weer) kan volg. Geniet elke oomblik en pas jouself mooi op, Alette! :-)

  • Chantel Sher

    Baie geluk julle!

  • Tania

    Ek is SO BAIE bly dat jy weer blog!!! Ek het jou Projek64 baie geniet en was hartseer toe dit eindig. Baie geluk met die nuwe lewe, mag dit ‘n baie geseënde reis wees! Lekker dag en naweek.

  • Heidie

    Hi Alettè,
    Baie baie gluk met jou swangerskap! Ek bid dat Liewe Jesus die hele pad saam jou, Heinz en Lian sal stap en dat julle nuwe bondeltjie liefde vir julle net nog meer liefde en vreugde sal bring!

  • Maretha

    Baie geluk aan julle…n Kind bring net vrede in die huis wees elke dag gelukig jou storie is iets besonders veal die manier hoe jy jou man vertel he van julle nuweling se koms…

  • Carike van Zyl

    GELUK!!!!! Ek is sooooooooooo bly vir julle. Mag God jou swangerskap seen en mag hy/sy soveel vreugde aan julle bring.

  • lenandi

    Baie Geluk Alette en Heinz,
    Dit gan so lekker weer om jou ondervinding te deel op die blog.
    xxx

  • Ronelle

    Baie geluk! Ai, dit was vir my die lekkerste tyd van my lewe – toe ek swanger was. Geniet dit en alles van die beste.

  • Annelie

    Baie geluk julle!!!!! Wow, is dit nie wonderlik nie. Sterkte vir die moegheid – maar ai – slaap is darem maar lekker ne!! Ek het 2 dogers en 1 seun (11jaar, amper 8jaar, 5jaar). Slaap is baie min in ons huis. Geniet jou swangerskap – DIT IS HEERLIK!!!!!!

  • Carine

    BAIE GELUK aan jul drie!!! Ek het omtrent nou jou artikel geniet! Ek was ongelukkig nie so voorbeeldig tydens my tweede swangerskap nie en het tot onlangs nog lekker vreedsaam verkeer op 92 kg. Maar helaas is ek nou ook besig met my eie projek 64.. Dankie vir jou inspireerende, eerlikke, komiese rubrieke. Wens jou net voorspoed toe met jou swangerskap.

  • Charmaine

    Baie geluk! Voorwaar ‘n wonderwerk!

  • Dalene Bergh – Harties

    Aaaaaa Alette, ek het dit nou so geniet om die stukkie te lees. Ek weet hoe koud dit daai dag was hier in Harties… Mag Lian en die "nuwe" lewetjie jou en Heinz verenig in die belangrikste en vreugdevolste ervaring van jul lewens. Glo my, jy en Heinz gaan meer afhanklik wees van hulle as wat hulle van julle is. Klou verewig vas van aan hierdie oomblike van baba-tyd en swanger-tyd, om ‘n MAMMA en PAPPA te wees, beteken om jul lewens in die hande van jul kinders te laat… Dalene van Harties

  • Corne

    Baie geluk julle is ‘n pragtig paartjie, ouers & voorbeeld vir baie… Sterkte – Mag God julle net seen…

  • Heleen

    Jy is ‘n stunning vrou & Mamma – maak nie saak of jy 100 weeg nie. Dis jou persoonlikheid en omgee wat uitstraal. Weet als sal goed gaan. Sterkte & liefde in oorvloed..

  • Cindy

    Ek is mal oor jou blogs. Ek kon nooit wag om dit te gelees het met Projek 64 nie en is nou so bly jy blog weer. Veels geluk met julle nuwe mensie oppad. Dit is so ‘n voorreg om ‘n Mamma te kan wees. Ek het 2 dogtertjies en geniet hulle baie en sal hulle niks in die wereld verruil nie. Hulle is 2 en ‘n half en 7 maande onderskeidelik.

  • lettie

    Baie geluk, dit is wonderlik, en onthou daar is nie twee swangerskappe wat dieselfde is nie, en jy weet mos nou wat om te doen en nie te doen nie. Sterkte ek is so bly vir julle as huisgesin.

  • Shantell Andersen

    Eerstens: Meisie geluk geluk geluk!!! Alette jy klink in elkgeval meer vol lewe as ooit!!! Ek kan nie glo jy is moeg en wil slaap nie. Jy lyk net soos 16jaar gelede wat ek jou ontmoet het,net met meer lewens ervaring. Mag die reis vir elke Sarie leser net so opwindend wees as vir julle 3. Dankie dat julle ons vriende(fans) in julle lewe toelaat en so spesiale, intieme gebeurtenis met ons deel. Sterkte vir die padtjie voorentoe,voor jy jou oe uitvee is 9maande verby.

    Dankie Sarie julle is ‘n Tydskrif duisend!!!

  • Yolanda

    Baie Geluk! Gaan beslis hierdie blog van jou volg. Hoop om binnekort in dieselfde situasie te wees!! Sterkte!

  • Marli

    Baie Geluk! Nes laas, deel ons weer presies dieselfde reis op presies dieselfde tyd! As ek reg onthou is jou Lian selfs op my verjaarsdag gebore! Sterkte en geniet dit (soveel mens kan, elkgeval!) M.

  • a

    baie baie geluk!!! ek is so bly dat jy terug is om te blog…en watter grooter lekkerte as om oor swangerskap te gesels! my klein wonderwerkie is no 4 maande oud en ek kan nie wag, om hopelik in die nabye toekoms, weer swanger te raak nie…dis die lekkerste lekker!

  • Franciska

    MMM… Harties, die beste plek om sulke goeie nuus oor te dra. Baie geluk met jul baba, sterkte met die paadjie wat voorle. Geniet elke oomblik. Vandag wens ek ek het minder "geworry" oor die gewig en die swangerskap meer geniet.

  • Rachelle

    Baie baie baie geluk!! So ongelooflik bly saam met julle :) Sien baie uit daarna om die res van hierdie "(andersom) reis" saam jou te deel en ervaar!

  • Rentia

    Baie geluk! Ons het ook ‘n klein Lian (afgelei van pa Julian se naam) wat min of meer dieselfde tyd as julle s’n gebore is. Ek bewonder jou moed want ek is nog glad nie gereed vir nommer 2 nie! Ek sien uit daarna om jou reis te volg, sterkte!

  • Henrike

    Baie geluk! Ek glo dit is een van die wonderlikste geskenke ooit om van die Here af te ontvang en ek kan nie wag om jou blogs te volg nie. Ek was nog self nie swanger nie en kan nie wag tot dit eendag my beurt is nie. Geniet elke oomblik!

  • Mariza van Zyl RD

    Onthou tog – dis nie net wat jy in jou mond sit – maar ook hoeveel hooi jy op jou vurk het wat jou gewig – en baba se lewensgesondheid sal beinvloed – MOENIE STRESS oor dit wat jy eet – eet genoeg – van die regte goed!

  • Elphia Pool

    Baie geluk julle! Dit is so ‘n wonderlike voorreg. Alette, geniet net elke liewe oomblik daarvan en moenie al die verskriklike goeters glo wat vrouens vir jou vertel nie. Wees rustig, gelukkig en geniet dit. Mag die Here julle ryklik seën in hierdie tyd!