SARIE-blogs

Isabella blog: Die dag toe die Weskus stad toe gaan

Jare terug het ek ‘n besluit geneem om nooit befoeterd op te staan nie. En ek is een van die heel vriendelikste mense vroegoggend. Kyk, dit kan natuurlik binne ‘n uur of so totaal verander, want duwweltjies kom lê tog wel elke dag op jou pad, maar ek groet elke dag met ‘n happy, smiling gesig.

Terwyl ek nog sukkel om my lekkertes te beplan het die eerste twee maande verbygesnel. Ek probeer nog beplan aan die jaar, toe ruk sy sommer uit haar nate en gooi my en ‘n hele klomp wonderlike compatriots hier van die platteland binne-in die middel van Woodstock op ‘n Saterdagoggend.

Mmmm, mos lekker grootbek toe daar gepraat word oor The Palms in Sir Lowryweg. Hoe kry ons nog voete daar? Ons bring die Weskusmark soontoe! En toe doen ons dit. Die grootsheid van die organisasie en die skielike besef, dis die stad, Poplap, het my eers teen die Donderdag voor die mark behoorlik getref.

En daar op 11 Februarie 2012 maak ons klomp plattelanders ons eerste buiging in die Moederstad … and what a start!

Daar’s vars oesters, wat sommer voor jou deur die oesterboer self oopgemaak word, en Mamma Gladys se gepiekelde mossels, gekook op die outydse manier met knoffel, uie, pietersielie en witwyn, en vars mossels.

Weskusmark by The Palms, Woodstock, Kaapstad

Daar’s vetkoeke met mince uit die hande van Doreen Williams, Sanet Eigelaar se befaamde kaaskoeke, Fiamma se terriens, Anna-Rita en die vroue van Nantekara met hul ongelooflike adamsvye, pruime, druiwe en piekelgoed, ma Henriette en dogter Marike van Liev met hul bondels groengoed en blomme, Karen Lelieblom met haar boerbokvleis en plaasbrode, Sonja van Rustic Living met die mooiste tafeldoeke en servette, Eleanor met haar bou-‘n-designer-sandwich, Lize van Carmién Tea met ‘n tea tasting al die pad van Citrusdal, beautiful Suzette van Lemberg se wyne, en SARIE se Lou-Ann met haar saxofoon en Ramon op die klawers sorg vir die vibe!

Weskusmark by The Palms, Woodstock, KaapstadWeskusmark by The Palms, Woodstock, Kaapstad

My tafeltjie is ook daar, kreunend onder beskuit van Yzerfontein, wors en droëwors uit die slaghuis van Nicky Lategan van Moorreesburg, olywe van Het Vlock Casteel in die Riebeek-vallei, my eie befaamde tamatie-konfyt, en geroosterde tamaties!

Weskusmark by The Palms, Woodstock, Kaapstad

En terwyl ek nou so sit en skribbel, werk die senuwees, want oormôre is dit weer markdag by The Palms – met nog ‘n hele klomp interessante eetgoed en drinkgoed wat ons uit alle oorde aanry!

Soms, net soms, hardloop daar so ‘n gedagte deur my brein: Is jy gek, madame? Dan onthou ek al my preke van magic en joy, en voeg ek sommer nog een by: Leef elke dag met ‘n tikkie malligheid. Gebruik daai dansbaan wat die lewe vir jou gee, en dance, darling, dance!

Ek vrek oor ‘n mark. Daar is ‘n verskuilde glimlag in jou oog as jy sien hoe jou tafel stelselmatig leeggekoop word. Hoe wonderlike ou bekendes kom dagsê en met arms vol goodies wegstap. Dit laat jou vergeet dat jou voete moeg is of dat jy nou al ‘n honderd mense gesoen-groet en gedruk het – en dit laat jou smile nog steeds tot by jou oë strek!

Weskusmark by The Palms, Woodstock, Kaapstad

Volgende naweek pak ons weer die Weskusmark op Vredenburg aan. Sy kry ‘n facelift, ‘n nuwe inspuiting. Dalk was die mark in die stad nodig om my weer woema vir my eersteling te gee?

Mmm, en so mark ek en beplan etes en troues en vergeet alte lekker van die chaos in die garage en in die tuin. My tuin agter tussen die olyfbome en turksvye (terloops, dis die voordeur na my huis) is nou net ‘n honde-renbaan. Daar’s geen teken meer van fyn gebreekte skulp nie. Ek het gewoond geraak aan die hond met die kolle wat baie oefening nodig het, maar met Persent hier is dit die twee meisies se grootste vreugde in die oggend om sirkels in die tuin te hardloop tot die stof behoorlik op hul pelsies lê! Jip, my tuin is nou ‘n dieretuin!

Persent is nou ‘n tiener. Niks giere en geite nie, net lang, lang bene en ‘n smal, skerp gesiggie en hopeloos te veel liefde vir almal wat sy teëkom. Sy moet volgende week begin skoolgaan sodat daar darem een goedgeleerde hond hier op die Duin bly!

‘n Langnaweek op Franskraal kry my met my ronde lyfie in die water om my vrees vir snorkel uit te sorteer. Maar madame dobber bo-op die water, seker maar te danke aan die ingeboude pollyotter!

Ons haal alikreukels uit en maak ‘n arm man se vissop met ongesuurde brode en beplan en bedink 2012. En hier vroeg in die jaar, besluit jy: elke gier en elke geit en elke lekkerte van die jaar gaan ek embrace!

My wens vir julle tot ons weer gesels: klomp smiles en joy en vrede.

Bella Isabella

PS: Mark Saterdag 10 Maart by The Palms, Sir Lowryweg, Kaapstad van 10-uur tot 3-uur. Kom loer in!

  • Ingrid

    Lekker Bella. Ek,het amper my heel salaris uitgegee

  • Mynie Grove

    Bella Isabella, Brawe Een van die Weskus, Oorwinnaar van Vrese……….

    Jou mark is 100. Almal praat dat dit ‘n lekker teenvoeter is vir die ‘ander’ mark verder af in die buurt. Dit het ‘n vriendelike en gemoedelike atmosfeer, laat mens welkom voel en daar’s oorgenoeg parkering. Dis net anders as die mark verder af in die buurt…..ander kos en goodies, en ‘n gasvrou om jou in te nooi.

    Hels-bels, selfs EK het my grot verlaat en kom kyk. 2 keer al.

    Wens vir jou mark vele verjaardae en ‘n sagte plek om in te groei. Ek en my trawante sal bly kom.

    Liefde van Jacomina Gottlieb (Mynie)
    xxx

  • Elrie de Wet

    Ek love jou stories!

  • Beatrix

    Bella julle mark is tops! Het Saterdag gaan inloer en droom nounog van uitgedyde vye, plaasbrode en servette met Afrikaanse woorde op. Welgedaan – hoop julle gaan van krag tot krag.

  • Groot G

    Bellakie – net die beste wense vir die jaar en al die markte wat wag! Groot G

  • Johan Wilke

    Jou mark is lekker, veral die wegkus oesters, ek beveel dit aan,
    ek weet dit gaan `n groot sukses wees,

    Johan

  • lindie cillie

    Hallo liewe Isabella, ai man jy kan dam skryf!!!!! Ek kom verseker inloer al is dit net om een van my pollyotter drukkies te kom uitdeel.

    Baie liefde en soveel good lucks waarmee jy besig is.!!!

    Liefde
    Lindie

  • Marguerite van Wyk

    Dit klink heerlik Magical Bella en die foto’s lyk na soveel fun. Dankie vir die deel. Ek wil kom inloer. WOW. Dis goed dat die Weskus hiernatoe ook kom. Miljoen lekkertes en HOPE SUKSES vir julle almal.Dit klink of julle `n BALL het.!!!XXXTIEN maal trippel TIEN HOERA’S vir Bella die Mark-Queen!

  • Santjie

    Klink ongelooflik, kan nie wag om die mark te beleef nie.

  • Marguerite

    ciao,
    sjoe, die krane was nou behoorlik oop….mis so al die mooi mense en lekker goeters…dankie dat jy dit deel. Ekke sien jou op Sat 24 Maart en gaan als wat ek kan behartig, proe, bekyk, koop…so lank laas mekaar gesien dit gaan heerlik deurmekaar wees…..
    moeinie ophou skryf, bak, rondry, rondreis,speel, ens ens ens nie…
    groot druk uit die grysheid hier!!!.

  • FREDA YOUNG

    DIT KLINK SOOS ALTYD NET NA LEKKERTE !!! MENS PROE EN RUIK AL DIE LEKKERTES WAARVAN JY PRAAT ! ONS MOET ALMAL POOG OM DIE DAG MET N LAG AAN TE PAK! LIEFDE

  • Louise en George

    wil net darem agterna weer dankie se….dat ons jou kon sien, en dat ons belangrike mense in jou lewe kon ontmoet 🙂 …..o, en die beskuit en die kaaskoek was definitief die moeite werd!! groooot druk xx

  • Nosyrosy

    Jy laat altyd my ogies vonkel!
    Ek sit die heerlike link op Nosyrosy.co.za
    Liefde
    Liza

  • Pinkalicious

    Hi, ek kani wag vir die volgende mark nie…is uiteindelik tuis en kan net dink hoe lekker dit gaan wees..
    Jy is die beste organiseerder wat ek nog ooit ontmoet het!!
    Hierdie mark gaan so n groot treffer word…vir ons van heinde en ver..
    Sterkte, liewe Bella en al jou uitstallers!
    ?

  • backlink service

    Check out this crazy service that sends thousands of visitors to your web page automatically!

    Hey http://www.sarie.com admin

    I wanted to tell you about this website I used with great results, that drives thousands of targeted visitors to your site who are dying to spend money!

    You’ve probably already know that creating great content is only half the battle when it comes to running a successful website. The second half of the equation is DRIVING TRAFFIC!

    With this service, you can forget about the tedious process of posting backlinks because they do everything for you so you can focus on more important things, like dealing with the flood of traffic to your site!

    And that’s not all! this service is SUPER AFFORDABLE and will direct thousands of new visitors to your site in just hours, GUARANTEED!

    This is the only service that can skyrocket your page to the top of the search engines!

    You can check it out here:

    backlink service

    Best,

    Jason