SARIE-blogs

Isabella blog: “My Tour de France”

But I’ve met my match: ‘n Week van die mooiste mooi, die lekkerste lekker. Waar jou wakkerword soos ‘n kind s’n is, grootoog vir die verrassings van die dag. En totdat jy uiteindelik laatnag tussen jou antieke geborduurde linnelakens inkruip is jy betower deur al die mooi wat jy sien en ervaar, en lam van al die ‘ligte’ vyfgang-maaltye wat voorgesit word. Om nie te praat van die eindelose glasies pienk wyn, al die stories en die lag nie. Die mense van La Creuzette in Boussac weet régtig hoe om magic te maak!

Vroegoggend, op Charles de Gaulle-lughawe, kom haal die beautiful Hardy ons agt vroue uit die Kaap.  


Gou ‘n voorstelling: Mich, my vriendin van 30 jaar en baas van SARIE (sy is sommer almal se vriendin), en dan  Lizzy van Bloubergstrand, Shari van Clifton, Anida (‘n foodie) van Bergvliet, Pauline en Lan3 (groot spyseniers uit die Hanekom-stal) van Moorresburg, Roule van Hermanus en moi!

Die kattebak en agterste deel van die bussie kreun onder al die tasse! Ses van ons was darem al in Parys vir vier dae, en Roule het al ‘n draai in London en Venesië gemaak. Daar’s handsakke en skoene en catering-goed en boeke en CD’s en wát nog gekoop! Maar nie sommer net nóg ‘n handsak nie, nee, handsakke met name en sonbrille met name!

Ek giggel lekker toe ek hoor Hardy praat met Louis in kodetaal. Hy’t seker verwys na al die luggage, óf dit was al die energie wat in daardie nine-seatertjie ingeprop was!

Ons stop langs die pad vir ons eerste Limousin-ervaring: ’n Ete by ‘n regte egte trucker-stop. Wel, wat sal ek sê behalwe dat in my lewe ek nog nooit so ‘n amazing hamburger patty geëet het nie. ‘n Regte, egte, 100% beesvleis-patty, perfek gaargemaak met ‘n pepersousie en groente. Híér het ek ook die beste Crème brûlée ooit geëet! En daai fantastiese pienk wyn!

Só begin ‘n week van ongelooflike etes en ervaringe. Dis mos die inding om van ‘n merkie op jou bucket list te maak. Nou ja, na La Creuzette en Hardy en Louis as gashere weet ek nie wat ek nóg wil doen nie.

En dit was nie al bederf nie. Die wow-gevoel as jy deur die gietysterhekke ry en voor jou staan die ongelooflike gesig van die chateau soos ‘n kosbare juweel tussen die antieke bome, is onbeskryflik. Dan die ongelooflike 15de eeuse tapytwerk in Aubusson, die Boussac-kasteel en huis van die Blondeaus waar die tapisserie van The Lady and the Unicorn gevind is, die kloostertuine van Notre Dame d’Orsan wat die titel van Remarkable Gadens dra en die Michelin-sjef, Thierry Finet, wat spesiaal vir ons kom kook het…

‘n Tipiese katedraal

***Daar was ook iets anders wat my besoek aan Hardy en Louis een van my kosbaarste memories nog sal maak. En ek weet wat dit is. Dis nié my geel appel, ‘n ware Jansen van Vuuren en née Jansen van Vuuren poging (my nooiensvan was Jansen van Vuuren) nie. Hardy het juis oor dié appel so ewe kordaat laat hoor: “Wow, die mooiste appelkoos wat ek nog gesien het!” Nee, die kosbaarste van alles is daardie konneksie wat hulle gemaak het met elkeen van ons. Saggies en subtiel het hulle jou lekker uit die boom geloer en geweet: met dié een maak ons so!

‘n Ode aan julle:

Hardy, ek het nog selde iemand ontmoet met meer energie as ek. But you gave me a run for my money! Jy weet als, jy is so bleddie interessant. Of dit nou oor musiek, tapytwerk, binnenshuise versiering, geskiedenis, politiek of kos gaan, jy weet waarvan jy praat! Ek slaap skaars saans oor daai hele salm wat jy in ‘n oondjie van deeg gebak het en die foie gras-cappuccino waaroor selfs die Michelin-sjef sy linkerwenkbrou gelig het, oor hy gevoel het hy moet met iets beter opkom.

En liewe, liewe Louis. Oukei, gou eers bietjie van ‘n storie. Jare en jare gelede (Taro was ‘n jaar oud), het ek en vriendin Charmaine Ferreira ‘n kunsgalery in Groenpunt oopgemaak. (EXHIBITION House is die gebou se naam, daar op die groot robotkruising naby Groenpunt-stadion). En vir die eerste uitstaling in 1987 het ek Louis, Hardy Botha en Frans Claerhout se werke uitgestal. Als het verkoop en Louis is weg Frankryk toe. Ná baie jare kry mens mekaar hier en daar en mens connect en dis ‘n kosbare connection!

Laasjaar toe ek so fluks leer macaroons en croissants bak het in Parys is ek en Pauline en Lan3 na Louis en Hardy toe vir ‘n guitige lunchie van preie-tert, charlotte-nagereg en pienk wyn. Ons het lekker ge-shop in die tweedehandswinkel vir allerhande caccerai!

En nét daar het die idee ontstaan: bring ‘n paar maatjies en ons maak magic! And they did!

Isabella Niehaus

Terug by die huis lê die Weskus koud en grou, maar tog is als skoon en groen en in stadiums van groei! Dis eintlik beeldskoon, dié heldergroen teen die grysgrou. And life goes on op die Duin. Daar’s markte om te reël en vierbeen-kinners wat nou eers erg gevry moet word om op te maak vir die weggaan. Picasso, klein lappieskat, glo natuurlik in die ignoreer-taktiek. Betaal bietjie, Madame, want twee weke was lank.

Saterdag was markdag in die metropolis. Dit was koud en nat, maar lekker! Wow, die mark groei, en ‘n stunning jong man wat lank Gerda Genis se fotografiese-assistent was, Stefan Dixon, maak die mooiste musiek. Dié mark-madame groet en soen en gesels en lag, en was doodmoeg toe ek by die huis kom. Maar, my en Gertie se butternut-koekies, snoekpatee, quiches en mosselsop was wenners!

En die Saterdag is ons weer daar en dan maak Sergio en Stefan van Socail Plus One op die boonste vloer THE LOCK STOCK oop. ‘n Spasie waar jong kreatiewes ‘n kleine winkeltjie kan hê. (Gaan kyk na The Lock Stock se Facebook-blad vir meer inligting.)

In die week het ek ‘n verrassing gekry: Die beeldskone Val de Vie-landgoed (Ryk Neethling se speelgrond) het geblog oor die Huis op die Duin!

Sjoe, dit voel amper of dit iemand anders is oor wie hulle praat, so nou moet daar projekte aangepak en uitgedink word!

Op 9 Augustus, Vrouedag, hou ek ‘n laaaaangtafel-brunch vir 100 vroue by die Palms. Geen toesprake, net musiek deur jong belowende kunstenaars, ’n manjifieke viergang-spyskaart uit die kombuis van Pauline en Lolandri Schreuder, vonkelwyn on tap, sakkies goedjies en báie lucky draws waarvan die heel, heel beste ’n oorspronklike Louis Jansen van Vuuren-pastel is wat hy spesiaal gedoen het terwyl ons in Boussac was. Daar is ook ‘n digbundel met ‘n skets voorin! En ‘n geskenkpak van SARIE! Daar’s juwele en wyne en klere en spa vouchers en potte en olyfolies en wat nog! As jy wil kom saamkuier, stuur vir my ‘n e-pos by bellnie@iafrica.com. Klik hier om kaartjies te WEN!

Wat sal een van my blogs wees sonder nuus oor Taro! My kind het toe sy ma se skoene volgestaan by die mark en hoe groot was die lekkerte Saterdag as van die traders kom hello-sê met: your son is you!

Vir ‘n baie brose hart is dit die mooiste woorde ooit!

En onthou wat ek laas gesê het: Dans! God het daai dansbaan vir ons almal geskep om te fladder, tuimel, te sweef en te val, maar ook om te dans! Ek was natuurlik weer uitbundig vir ‘n ruk en het ge-tango dat die biesies bewe, voetfoutjies gemaak en nou is ek weer terug op die slow dance! Maar dans, dié sal ek!

Tot ‘n volgende keer. Dankie vir die lees!

Bella Isabella.

  • Louis

    Kom terug!!

  • Janine Liebenberg

    Nee wat Bella! Los maar die slow dance, dis nie jou styl of ritme nie en jy’t hopeloos te veel spunk! Kap’t uit! Jy is ‘n inspirasie vir almal van ons! Janinie xx

  • Karen Hart

    Jy verdien dit dat iemand jou’n slag bederf!

  • Stephanie

    Sjoe, Bella.

    Ek is so bly ek het jou ontmoet. Baie, baie dankie vir alles wat jy vir ons doen!

    Steph

  • Karen Lelieblom

    Bella die huisie is MYNE! En dn die katedraal…wel nou ja daar tussen dir ou, ou mure sal ek soek na die ou siele van times gone by…die atmosfeer in jou fotos spreek al klaar van misterie en spiritualiteit wat mens wil koester om te talm.

    Dis baie mooi Bella en EK IS GRASGROEN!!!!!!! xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx

  • Louise

    sjoe Bellie maar dit was nou ‘n lekkerrrrr lees…..thanks for sharing 🙂 Lx

  • Johan Wilke

    Dit lyk fantasties, ek sal volgende keer vir jou die foto,s kom neem!

    Johan

  • Amanda Brinkmann

    Bella ek het gevoel asof ek saam met in Frankryk was- hierdie stuk het my hart so geruk, ek het gehuil en gelag. Jy is darem net so ‘n besonderse mens en die magic en fairydust volg jou waar ookaal jy gaan. Ek sien jou by die volgende mark.

  • Greta

    Dit klink of jy (julle) n onvergeetlike reis gehad het…en al die bederf klink wonderlik.
    Onwillekeurig kom die volgende gedagte by my op..

    “Dance is the hidden language of the soul” ? Martha Graham

  • Francisca

    Dit lyk my om by Louis en Hardy op hul werf te kuier is een van die tien goed wat mens moet doen voor jy omkap. (So lang ruk voor dit sou ek se). Lyk baie lekker wie weet dalk eendag gou.

  • Ilze Lombard

    Jy kan darem skryf Bella. Pragtig. Veels geluk!

  • Riana

    Verlang ek nou na la Creuzette …

  • Dieter Voigt

    Wonderlik hoe jy mens saamneem op jou reis. Alles klink so fantasties! Lekker om weer te lees van jou doen en late, spyt ek het jou gemis op die Weskus, dit was weer n rondhol vir mooi stories. Mooi wense en dans….

  • Mynie

    Belli……….ek toer deur Mzanzi en jy dans in Boussac……!!! En soos altyd proe mens die lekker in jou skrywe, jou borrelmensgeit wat niks kan versuip nie. Ek sou hierdie lees vir niks verruil nie, want ek was binne in jou roksak as ek net kon saamgaan en ervaar. One day is one day, sis-wena….

    Ja, ‘magic is the miracle that lives around us’, maar wat ons so sonder dink miskyk en misleef en misgun en misbruik. Wens mens kon dit in ‘n bottel sit vir wanneer mens se ‘magic’-knoppie soek is….

    Het gewonder: is Boussac dalk die plek waar die SA’se van ‘Boesak’ vandaan kom…….??? Ek kry lekker vir die moontlikheid dat dit wel so is – woorde-magic!

    Liefde en knuffels, vir al die Fuzzies(dit sluit Taro in) ook:)

  • Christel Brand

    Jy is sowaar die interessantste mens ooit! ‘n Besoek aan Louis en Hardy is vir jare lank al op my "bucket list". Ek sien toe op ‘n stadium op facebook jy het nog plek vir iemand maar die geldjies is min en ek te besig met my eie onderneming. Sowaar julle is net weg toe kry ek ‘n meevallertjie en dink toe dadelik aan Boussac! Te laat! Betaal toe maar al my skuld en koop ‘n ipad om my te troos. My dag sal kom maar dit moet met ‘n lekker groep mense wees soos julle klomp!

  • Lizzy

    Dankie baie dankie Bella vir alles en vir die mooi geskryf.

  • Elmarie Kemp

    Tussen Lizzy se oorborrel & jou lieflike skrywe WEET ek sommer ons is in vir "the treat of our Lifes" in September. Ek tel al die slapies! As ek weer in SA kom is ‘n kuier by die mark by jou & Karen Lelieblom op my SA bucket list!

  • Lesley

    Dankie dat ons kan share!! xx

  • Sanri Theron

    Mens moet lekkertes in elke dag inbou. Jou blog was vandag my lekkerte!!

  • Nina Brown

    ‘n Vrou vol talente! So great dat jy so maklik uitgee vir ander!
    – jy skryf so lekker….

  • Marguerite

    Ciao Bella, bietjie laat my lees ingekry..maar sien jy, ek hou dit tot die tyd ryp is vir lees en geniet. Ai, jy kan maar begin boek skryf want jou eerste leser wag. Ek voel die opgewondenheid, hoor die musiek, proe doe kos…als!!!

    Gratzie…

  • Gabriel

    Dankie Bella vir die pragtige vars mededeling, voorwaar ‘n nuwe toevoeging tot my "bucket-list". :))