SARIE-blogs

Isabella blog: “Ná al my stilstuipe…”

Oukei, sonder om summier ‘nee’ te gil, want sien ons mark in Woodstock is mos darem ‘n grênd affair, laat iets my twee keer dink. Ek nooi Nomsa om te kom mark, mits dit boerewors rolls is. Ek wil g’n vienna sien nie!

Sateroggend 7vm is Nomsa daar met haar oop, beautiful swart gesig en haar spierewit voorskoot… en haar 30 boeries wat sy almal verkoop. A happy, happy soul.

Drie markte later is daar so klein mannetjie wat haar tafel beman. Hy kom koop bubbly en met die terugbring van die glas is daar ‘n bos rose… to say thank you for what you’ve done for Nomsa, my wife.

Nie eers ‘n wafferse skrywer nie, maar daar tref  ‘n ‘kan nie skryf’ my vir maande. En toe kry ek Nomsa en haar man se rose. En skielik is daar ‘n avalanche van woorde en gedagtes en goeters wat ek wil sê! Dankie Nomsa, and I love having you as part of my Platteland market in the metropolis of Woodstock!

Vir iemand wat eintlik hel skaam is maar gedurig babbel (maak nie sin nie, ek weet) was al die maande van stilstuipe hel. Op 57 het hierdie Duin-madame gedink I’m beyond anything that can rattle me cage. Toe nou nie. Die keer is dit my rêrige precious terribly worn Persiese-tapyt wat vinni onder my voete uitgeruk word met ‘n duiwelsgrynslag.

All systems stop! Hoe dan nou anders? Dis of mens skielik blind word vir die mooi langs die pad, vir die klein stukkies magic wat om elke hoek en draai wegkruip. Jy wil nie sien nie, liefs nie. En dan oor ‘n sushi lunch waar als tot stilstand kom en met Taro wat opspring en oor die parkeerarea spoed om te help om ‘n dronk man in ‘n buurtwag se lorrietjie te kry. (Eintlik om die dronk man se swart hond saam met hom in die lorrietjie te kry.) Ek huil as ek sien hoe hy die erg gesuipte man regop hou sodat dié sy hond kan optel. Dan maak die lorrietjie se deur toe en uitasem kom sit Taro by die tafel. “Sy naam is Ninja ma, en hy lief sy dronk baas!”

Ek kyk na Taro, bier in die hand, en sy ysblou oë vol empatie en ‘n tikie hartseer. En daar verstaan ek skielik: Ons almal is soms dronk van die seer van die lewe, maar ons Ninjas lief ons!

Toe ek begin blog het ek vertel hoe ek my hoë hakkies, designer-sonbrille en klein swart nommertjie (alhoewel die nou beach wear geword) verruil het vir ‘n paar van Taro se oorgroot-jeans en my visplakkies. En hoe die malligheid en gejaag van die stad vir eers vaarwel toegwens is. Ja, ja. En nou is ek ‘n mark-madame elke Saterdag in die einste metropolis waaruit ek tog so gevlug het!

Daar is soveel kosbaar aan die plattelandse lewe. Die lys is erg lank. Maar, o wee, daar is ook iets wat jou vasdruk. Wat jou siel moeg en pap maak. As jy jou laat vasvang in die daily humdrum van local lewe, is dit vir ‘n kreatiewe siel doodsake… speaking only for myself!

Dis nogal alleen as jy die dag besluit… Basta! Basta, met julle en julle stories en julle klein eilandjie-dinge en -goeters. Maar daai alleenheid kan ek soos ‘n man vat! Ek het dit dan gekies. At the drop of ‘n hat klim ek in trollie met haar nuwe enjin en nuwe starter en jirts Kaap toe, of Stellenbosch toe of Franschhoek toe vir die dag. Dis lekker om nuwe strate te sien, nuwe reuke te ruik en sommer net te sit en na mense te kyk.

Gertrude Smith of ons liefderike naam vir haar, Gertie (wat sy natuurlik haat), en ek kom ‘n langpad saam. Sy’s ‘n wonderlike kok. Sy gooi graag die panne en potte maar kook die kan sy! So ry Gertie saam met my Piketberg toe om vir die VLV en aartappelraad ‘n kosdemo te doen. My eerste in my lewe. Ek kan praat oor modes en sielsgoeters, maar kosdemo? But I loved it!

Terrence en Nicolene Brown van Piketberg laai sakke aartappels by my af. Klein pienkes wat soos vingers lyk, ronde pienkes, sagte wittes en ferm wittes. Ook al wat ek van aartappels weet is dié wat jy by Pick n Pay of Spar koop (al winkels wat ons in Langebaan het). Hulle verkleur ‘n dag later sommer groen, en twee dae later kry hulle vratte.

Ek soek resepte, pak my mooi borde in, Gertie dye lap vir die tafel (O, dit my nuwe passie… tie-dye), en só is ons Piketberg toe met aarteppels so ferm en vars jy eet met skil en al.

VLV staan eintlik vir vinderyke vroue… daar is aartappel-gesondheidsbrode, aartappel-fudge, aartappel-roomys. You name it, dit kan gemaak word met aartappels!

Ek praat en bak en praat en sjoe, uiteindelik is dit amen! Moeg, maar tevrede en rustig, ry ek en Gertrude huistoe met sakke en sakke vars aartappels, ’n gerf oorryp, vol tuin rose wat die hele bakkie vul met hulle soet ouwereldse geur! ‘n Juweel van ‘n dag.

By the way, ek het ‘n nuwe woord leer liefkry: Juweel. Nie dat daar enigsins minder ge-magic gaan word nie…!

Ek vlieg mos halfpad om die wereld om te gaan leer bak, kom by die huis en dan besef ek, maar ek het nie die geld om die KitchenAid te koop nie en my ou MagiMix gaan nie al daardie wonderlik dinge saam met my kan doen nie. Not sophisticated enough my dear. Magi is darem al 31 jaar oud! Deur ‘n huwelik en ‘n egskeiding.

Vir jare het ek die wonderlikse kopdokter gesien, energie en kristalkursusse gedoen, boeke gelees, vir ure gemediteer net om te leer om daai klein woordjie te sê: “Nee.”

O, ek kan dit sê. Maar ek kan nie net dit sê nie. Dis altyd ‘n nee, maar… hoekom nie net mooi sag “nee” nie? Nou maar aanvaar dis ek. Dis hoe ek gebore is en dis ek. Ek kan nie nee sê nie.  Ek kan wel se ek weet nie hoe nie, of ek kan dit nie doen nie, maar ek kan nie “nee” sê nie.

Om terug te kom by die gebakkery. Dis toe nie Parys wat my leer bak nie, maar nood! My mooie vriendin, een van die Hanekom-sussies van Moorreesburg, Malita, is al vir 10 jaar die restauranteur by die Stellenberg-Kersmark. Jaar na jaar is dít die grooste sukses van die mark, dít waaroor almal later praat!

So terloops bry-vra sy maande gelede: “Bella sal jy quiches bak vir die mark?”
Natuurlik sê ek, ja. En so begin die mark en ek lewer my eerste 100 quiches af, en toe nog ‘n 100 en nog en nog! 400 quiches later, en nou is ek totally hooked. Ek doen alles met die hand, maak die deeg met botter, pak die tafel vol vulsels van oondgebraaide hoender met handevol knoffelhuisies, geroosterde tamaties met roosmaryn, tuisgemaakte feta, spinasie uit die duintuin en voila! Glasie wyn in die hand create ek die wonderlikste kombinasies!

Andrew, die mosselboer, gooi eendag sy sakke vars mossels by die hek af en vertel dat hulle pasteie met mossels maak. En net daar kom my eie masterpiece, mossel-en-chive quiche!

Vrydagaand stoom ek die mossels in ‘n lekker rosé en saterdagoggend 4-uur bak ek hulle sodat hulle nog lou warm by die mark aankom. En as niemand koop nie eet ek sommer self aan die ongelooflike lekkertes. Mmm, eet my profit op!

Nou is daar die idee: I’m in the swing of it…en die quiches kan wonderlik vries… Hoekom begin ek nie The Quiche Kitchen, of dalk The Oven nie.. .en bak net quiches vir die Kersvakansie?

Dis my laaste paar dae van net doodle. Ons hou nou elke Saterdag mark en elke Sondag tot einde van die jaar is hier op die Duin ‘n lang en soms ‘n baie, baie lang tafel ete. Dis verjaarsdae, en wynbekendstellings, en sommer net lekker kuiers .

Die meters melkdoek lê en wag om mos groen ge-tie-dye te word. En die sakke in die garage word omgekeer opsoek na lekker lappe vir servette en tussendeur (asof dit nou die regte tyd is) word klere en juwele en caccerai in die huis verminder. Ons gooi uit, ons maak skoon.

So in die skoonmaak kry ek die kosbare foto van my ma Issie en pa Dan. Ek staar daarna. Sy is beeldskoon met ‘n stoute glinster in die oog. Pa is so handsome in sy uniform, sag en tevrede en skielik is ek spyt ek ken nie die hele verhaal nie. Hulle hele verhaal nie. Hulle het my aangeneem toe hulle in hul veertigs was en ek het altyd gedink/geglo daar is genoeg tyd om als nog uit te vind. Toe op ‘n dag is als te laat. Hulle is weg en ek het nooit gevra nie. Nou kan ek net wonder. Maar dis ‘n mooi wonder en ‘n lekker wonder.

My ma en pa

My 1963 Vespa in haar blou gewaad and restored to her previous glory staan in die garage met Bella op haar stert. ‘n Masterpiece soos Taro se.

Bella, my VespaBella, my Vespa

Dis ‘n nuwe journey wat ek gaan aanpak op Vespa. En my wens vir julle vir die res van die jaar: Moenie wag tot volgende jaar nie, pak sommer nou iets gek en lekker aan. Why wait till next year? Daar’s nog ‘n hele vyf weke waarin jy juwele kan vind, magic kan maak!

Vrede en liefde en loads of laughter vir julle. Dankie tog my stilstuipe het medisyne gekry!

Bella Isabella.