SARIE-blogs

Isabella Niehaus blog: ‘Dis rêrig lekker om vrou te wees’

Die ‘Taro” so tussen die familiename was darem vir oupa Dana net te vreemd… maar die gentle  sagmoedige Pa wat hy was he left it alone! Hy’t hom maar seuntjie genoem om die vrede te bewaar tot Taro nie meer so swaar op die tong geval het nie!

Kleintyd op die plaas het ek en my eie Pa Daantjie oor die radio geluister hoe Dana Niehaus krieket in Afrikaans uitgesaai het, soggens het ons wakker geword met hom op Springbok Radio, min het ek geweet hy sou so ‘n groot gees in my lewe wees.

Nou is al Pa Dana se kinderstories weer op CD beskikbaar en hoe lekker is dit nie weer om daai rasper stem te hoor nie!

En gepraat van sy naamgenoot, die is na twee maande op die oop see terug. Hoe groot was die vreugde nie om daai amazing blou oë weer te sien lag en daai lang lyf vas te hou nie. My beautiful kind.

My geskenk ‘n gevlegte armbandjie wat hy met sy kite se toue vir sy ma in die oop Atlantic gemaak het! Die mees kosbare geskenk.

We need space
… ons twee Niehause – and a lot of it. Seker die dat ek hier kom nes skrop. Ek hoor myself oor en oor vertel hoe goed die stilte, die afgesonderdheid vir my siel is, en its true. Maar ek hoor ook soms my siel murmureer: jy vat dit al weer te ver! En dan foeter reality met haar skerp stemmetjie in met: keuses madam, you are the master of your choices.

Ja-ja. En my keuse nou is om in die ongelooflike skoonheid van ‘n Weskus-winter te rinkink. Elke dag vroeg-oggend te sien hoe die son die verskillende groene en gele vasvang. Om te sien die onkruid se pikante blommetjies is mooi die tyd van die jaar, die bosse laventel en roosmaryn steek al kop uit bokant die massas kooigoed in my toegegroeide tuin. As jy fyn loer is daar oral verskuilde plantjies waar die kleinste pikantste suikerbekkies sing en speel. My groentetuin, beddinkie groente eintlik, is ‘n speelplek vir ‘n die local mak patryse, kamma is die vet lywe agter die slakke aan, maar hulle smul heerlik aan al die groen delicacies!

Gepraat van ‘n vet lyfie, ek kuier verlede week by ‘n vriendin Amanda. Twintig jaar terug by ‘n tydskrif stap die confident lekker eksentrieke rooi kop met die fluweel gladde vel in en word ‘n ikoon in haar eie reg. Twintig jaar later kuier ons  weer saam. Sy’s dieselfde. Beautiful, slim en different. Sy bly op die Klapmuts-pad in ‘n wonderlike, eksentrieke plaashuis.

Ons eet filet en noedels en avo en drink Diemersfontein Shiraz en brainstrom. Hoe lekker. Donderdagoggend vroeg hoor ek die reën en later maak ek die deur oop om die skoongewaste grasse en die bottende bome te sien, en hier vlak verby stap vier eende., indraai voete en ronde swaaiende holletjies, en dit kwaak en gesels soos vier dierbare pêlle wat ‘n oggend stroll neem! Jy wil daai prentjie in jou kop bêre!

Saterdagoggend vroeg gons dit weer hier op die Duin. Mrs Jones en lede van die Parties with a Purpose groep kom hou Xmas in July hier!.Vroeg-vroeg is Hannes reeds hier, hy gaan die 30 stuks vrouens wys hoe om origami blomme te maak en chat oor uitsonderlike kersbome. Ons kersboom vir dag is ‘n klere dummy wat Dowie vroegoggend turkoois geverf het.

Ian van der Wesyhuizen gesels oor jou klere kas en hoe gemaak met al die verkeerde kopies wat jy deur die jare versamel het, en op 50 gooi jou matriekdans-rok uit ook daai pakkie wat jy vir jou kind se doop gekoop het en nog nooit gedra het nie. The women loved these guys.

So tussendeur gesels Sanet oor die ontstaan van Rain. Hoe leke produk wat gekoop word werk skep. Jy maak jou eie signature perfume….daar’s so 20 essensiële geure en jy ruik en meng en pas tot diot jou eie-eie botteltjie fragrance is. My  stuiwer of drie in die beurs is my favourite lyn : maak vrede met jou lyf… pay attention to your best attributes! Trek die aandag weg van wat verkeerd is na dit wat jou sterk punte is.

Mmmmm se slimmie met ‘n gewrig vol silwer bangles wat ek rond skud as ek praat. Ek weet! Ek weet! Dis om die aandag na my bangels te trek en weg van my derrier en voluptuous heupe!

Ek is gek oor sulke dae want ek is gek oor kos maak. Daar’s klein vetkoekies, ‘n stunning seekos stew en ‘n mince-gereg wat ek seker nooit weer sal regkry nie! En dan ‘n geheime chocolate tarte wat net in klein hoeveelhede verslind kan word!

Mrs Jones. ‘n One of a kind vrou. Redakteur van ‘n tydskrif, lekker sosiaal maar keelvol vir parties waar almal altyd dieselfde stories vertel en net kuier besluit toe so twee jaar terug sy to give meaning to the parties. So begin Parties with a Purpose. Eenkeer ‘n maand kom die groep vrouens bymekaar by iemand se huis, almal bring ‘n kossie en iets om te drink en gee R100 wat dan gaan vir die charity van die hostess se keuse. Daar is altyd interessante sprekers, daar word uit volle bors gekuier, but there is a purpose! Hats off to PWP!

My charity: LEAPS en ons het R3 000 ingesamel vir die versorging van totally abused and neglected diere hier in Hopland en Louwille op die weskus.

Dit was a fees van ‘n dag. Daai nip in the air vroegoggend het nie die vroue se gees gedemp nie. Toe die son behoorlik begin bak was die plat turkoois-water, die skoongewaste groene en liewe Picasso wat soos ‘n waferse designer kat strategiese plekke kies om haar lang limbs te sit en skoonlek ‘n wonderlike backdrop vir ‘n allemintige kuier!

Mmmmm so graag soos ek my spasie koester, net so lekker is dit om ‘n buzz in die huis te hê!

Daar’s ‘n nuwe wending in my kos maak vernuf. Na my lesse in Parys het ‘n nuwe gogga gebyt… BAK.  Ek meet op my nuwe beautiful klein digitale skaaltjie, sit by, skep uit tot dit presiese gramme is. Ek het pannetjies in elke vorm aangeskaf en nou try ek my luck. Sukkel nog so bietjie met die oond, but I’m getting there. Bak is ‘n sciene, en vir iemand wat resepteboeke soos storieboeke lees en dan net ‘n overall feel kry en dan sommer my eie dis optower is die dissipline nogal iets. Maar ek lief dit! En Vrydag bak ek vir Barbara en Sarie kos! Wat ‘n voorreg vir ‘n groentjie bakster!

Later Vrydag dek ek en Pauline en Karen Lelieblom tafels hier by die mall vir ‘n bruidsuitstalling. Pauline is sjiek en modern, Lelie met haar persiese tapyt oor die tafel is romanties en aards en ek met ‘n stuk lap wat ek gister by Richard van HipHop gebedel het doen die eksentrieke, sea inspired tafel!

Dis goeters soos die tafel-dekkery en ons kosmark Saterdag waar ek my baksels gaan verkwansel wat woema aan ‘n week gee. Nie te praat van ons vrouedag Dinsdag by Groenrivier in Riebeeck Wes met 300 vrouens en Dieter Voigt, en lekker wyn en bubbles en viergang ete uit Pauline en Malita se kombuise… en dinge en goeters om te koop!

Dis rêrig lekker om vrou te wees. Dis lekker om elke dag so voluit te leef soos jy kan. Daar kom die downs en dan weer die ups…but as long as your days are filled with love and loads of laughter! Is jou kop deur!

Ek het ‘n verslonste boek wat ek oral saamdra, my kop-smokkelboek: My boodskap vir julle uit The Language of Letting Go:

Have some fun, loosen up a bit. Enjoy life! This is life not a funeral service. Have some fun with it. Enter into it. Participate. Experiment. TAKE A RISK. En dan: Do not be afraid of making a mistake… do not be so fearful and proper!

Ek hou van experiment en take a risk Enjoy enjoy tot a volgende gesels.

Drukke en vrede

Bella Isabella.

  • gerard

    Lus en word ook n vrou! Groot G

  • Liza

    Dankie Bella – Jy doen dit Weer!
    My belofte aan myself was om voor die einde van die jaar op jou duin te kom le en giggel …en soos ek ons ken, bietjie huil oor hoe lief ons vir ons seuns is. Minstens het ons bygedra tot twee besondere ‘specimens’ : ) I salute you !
    Liefde
    Liza
    Jou nuwe skakel is op http://www.nosyrosy.co.za

  • ingrid jones

    ai, bella, jy skryf darem maar so lekker. en dankie dat jy pwp ook by die naam geroep het. waardering. liefdegroete…. mrs j

  • Greta

    Jy bring defnitief al die lekker van vrouwees uit n n vrou!! Ek gee ewe skielik ook nie meer om oor wat ek more na Vroudedag gaan aantrek nie.., want ek gaan armbande galore aansit en so ook die aandag van my rolle om my maag aflei..
    Baie dankie vir die vrou en vriendin wie jy is.

  • Karen Lelieblom

    Pragtig Miss Bella. Jy is ook ‘n ikoon, never forget! Lelieblom het mos nie baie woorde nie, maar net dis lekker om jou deel van my lewe te he en vir die mooi wat jy saai waar jy gaan. Seen en vrede en voorspoed daar op jou duin Miss Bella. x

  • Anida van der Spuy

    Dankie, jy skryf so lekker! Geniet dit om jou blog te lees! Sien jou Dinsdag by vrouedag! xx

  • FREDA YOUNG

    SOOS ALTYD WEER HEERLIK OM JOU KENNIS TE KAN LEES EN GENIET,ALTYD PITKOS VIR MENS!!!!

  • Dr. Trunette Joseph

    Pragtig geskryf Isabella, ek het elke woord geniet!! Jy is ‘n uitsonderlike mens om te leer ken, ek voel bevoorreg, en het vreeslik lekker gekuier saam met PARTIES WITH A PURPOSE in jou pragtige huis, met die pragtige honde, en die heerlike kos!!!!! My dieet net so oppie sand uitgegooi en laat waai met jou heerlike eetgoed! Dankie mrs J en allie anner, PWP en Isabella rock!!!!

  • Alida Vos

    Dis so lekker uit die hart geskryf.

  • sailor gay army

    This is the best article I have read, thank you, I have learned a lot of knowledge in this area.

  • YeseniaChavez33

    I received my first credit loans when I was not very old and it supported my family very much. However, I require the short term loan as well.

  • Chandra33Craig

    Some time ago, I needed to buy a house for my firm but I didn’t earn enough money and couldn’t purchase anything. Thank God my father proposed to get the loans at creditors. Thence, I did so and used to be happy with my commercial loan.

  • Amell

    Schf6ner Artikel, der unsere Parole weder links noch rehtcs endlich mal konstruktiv aufgreift. Musste man bislang doch den Eindruck haben diese Nichteinordnung solle lediglich innere Zerrissenheit fcberdecken.Oft genug wurde diese Parole, auch schon bevor die Piraten sie aufgegriffen haben, dazu missbraucht reaktione4res bis faschistisches Gedankengut verschleiern zu wollen.Dem wird hier eine klare Absage erteilt und das ist gut und richtig!Die genannten beiden Grundprinzipien wfcrde ich gern um die Begriffe demokratisch und sozial erweitern.Unsere Satzung beschreibt unser Selbstverste4ndnis folgendermadfen: Sie (die Piratenpartei) vereinigt Piraten ohne Unterschied der Staatsangehf6rigkeit, des Standes, der Herkunft, der ethnischen Zugehf6rigkeit, des Geschlechts, der sexuellen Orientierung und des Bekenntnisses, die beim Aufbau und Ausbau eines demokratischen Rechtsstaates und einer modernen freiheitlichenGesellschaftsordnung gepre4gt vom Geiste sozialer Gerechtigkeit mitwirken wollen.Totalite4re, diktatorische und faschistische Bestrebungen jeder Art lehnt die Piratenpartei Deutschland entschieden ab. Man kf6nnte also zusammen fassen: Die Piratenpartei steht ffcr Grf6dftmf6gliche Entfaltung des Individuums bei maximaler Chancengleichheit und mf6glichst direkter Demokratie ffcr eine freiheitliche und sozial gerechte Gesellschaftsordnung.@Bernd EckenfelsWenn man daffcr ein Label braucht wfcrde ich statt Links-Liberal ,unter Bezug auf den Politischen Kompass, links-liberte4r oder um den Begriff Links zu pre4zisieren sozial-liberte4r bevorzugen.Alle Begriffe, links, liberal, sozial und liberte4r sind historisch belastet und mfcssten aus unserer Sicht neu ausgestaltet werden.