SARIE-blogs

Isabella Niehaus blog: “‘Loads of laughter’ vir 2012”

En die wind is in haar worst possible behaviour vir die arme besoekers. Vir Taro en sy eerste been van die SAKT (South African Kiteboarding Tour) is dit Manna!

Dis as die wind so op die see speel. Wanneer die golwe kwaai, en tog soms lui aangerammel kom dat ek ook kwaai, hartseer , happy en soms sommer net verdwaas is oor ʼn jaar wat verby gesnel het…’n jaar wat my emosies op ʼn helse roller coaster ride gevat het!

Sit vanoggend en wag vir x-straal plate – mmm ages does takes its toll – en tel ʼn ou tydskrif op met ʼn artikel oor Amerikaanse ontwerper Carolina Herrera en haar dogter, Carolina Jnr…hulle leuse: moet nooit uitstel tot more wat jy vandag kan doen nie! En hier op 20 Desember 2011 besef ek weer ʼn keer…that, madam is where you always miss the beat!

Skielik contemplate ek goeters. Vroeër jare was als net op impulse. Doen en dink later het ek tog so grootmoedig vir my kind geleer. Nou nie gekke doen en dink later  nie… maar moenie tob nie. Don’t waste time. As ʼn gier aan jou krap… DOEN! As daar malle geleenthede is. GO!

So is my Boet skielik dood sonder dat ons vir oulaas saamgekuier het. Sonder dat ons ooit kon koebaai sê…want volgende jaar is daar nog tyd! Dis die tyd verlede jaar wat hy my so baie gebel het. Nooit rerig om iets te sê nie. Sommer net gebel met ʼn wanneer kom julle kuier…ja ja volgende jaar. Nou’s dit bietjie laat.

Dolf se dood laat my weer dink en glo in my teorie van…doen, worry later!

Dolf laat ons jaar hartseer afskop en toe so asof hy daar bo iewers ʼn gemakstoel gekry het en op sy sussie afkyk en besluit, ok we’ll smile upon her at times het die jaar soveel magic van sy eie. Na elke afdraand wat jou net net-net wil onderkry kom ʼn boks vol skitterende verrassings! Maak magic haar buiging. Is daar hope joy en happiness en nuwe geleenthede.

Thanks ouboet…dis natuurlik jy en pa en ma wat besluit het daar moet emmers vol liefde oor my uitgestort word; dat ek moet lag en smile en sommer stupid wees oor al die seëninge wat my omvou; dat elke aand se sunset my weer laat besef hoe groot die skoonheid van die natuur is en aan julle laat dink. Dankie, thank you my Boet.

Die laaste mallighede op die Duin is lekker lang tafel seekos etes. Daar is omtrent gebak en gebrou en gekook en tafels gedek. Die proeflopie etes het alte lekker afgeskop…honest kos. Vars vars vars uit die see…en lekker mense! ʼn Konsep wat beslis in die nuwejaar verder gevat gaan word!

En nou na ʼn warrelwind fabulous jaar pak ek vir die eerste keer in 14 jaar ʼn kleine tassie en vir Persentjie met al haar toys en gaan ons Kersfees vier saam met ʼn groot wonderlike familie. En met dit kry Taro ʼn wonderlike kersgeskenk… hy kry die huis op die Duin vir homself en die ongelooflike voorreg om vir tien dae na Savvi, Mobe, Emma en kleine Picasso om te sien…die tuin nat te lei en odds en sodds hier om die huis reg te maak! En in die aande kan hulle maar party en braai net om more-oggend weer skoon te maak! Pay back time!

My wens vir julle: ʼn joyous laaste paar dae van 2011 en laat 2012 jou jaar wees waar elke dag sy eie magic inhou. Soms baie…soms minder. Solank dit daar is.

In 2005 het Christine Botha vir my ʼn gedig geskryf wat hier in my kantoortjie altyd by my staan en wat ek gereeld oor en oor lees en met liefde in my hart gee ek vir julle ʼn stukkie daarvan as Kersgeskenk

[box:full:grey:both]

Los nou die ‘reverse’
Sit voet in die hoek
Voel die wind op jou wange
Maar moenie vergeet…

Van die afdraai paadjies
Ry stadig genoeg-
Sien die lelie groei
En die vlug van ʼn valk

ʼn Nuwe horison wink vir jou
Daar’s ʼn son wat hang
Soos ʼn rooiwarm bal
En die maan in silwer getooi

Voel ʼn lied in jou hart
ʼn borrel in jou gees
Vertroetel jou siel
En vind vrede.

[/box]

Vir almal van julle…liefde, vrede and loads of laughter vir 2012 van my en al die viervoetiges hier op die Weskus Duin!

Tot volgende jaar

Bella Isabella.

  • Natalie Roos

    Bella
    Dankie dankie vir al die jaar se stories wat my dag beter gemaak het. Dankie dat ons deur jou kon reis na ver plekke. Mag 2012 vir Jou en Taro en al die 4 voetige kinders ‘n jaar vol joy en liefde wees.
    Groot druk en liefde
    Al die Roosies

  • Karen Lelieblom

    Mag die nuwe jaar jou ook met magic, liefde, vrede en hope vreugde ontvang!!! Ons is lief vir jou Bella en dankie vir die liefde en magic wat jy vir ons ook bring. Jy is onbaatsugtig liefdevol inspirerend en ‘n voorreg om te ken! Bie liefde Karen Lelieblom en al die Lelieblommers xxx

  • Marguerite

    Jy bederf ons met jou “magical” blogs Bella.Geniet jou Persentjie, jou Kersfees, jou see, jou duine, jou Taro-kind. Dankie vir al jou wysheid, inspirasie, al die mooiste dinge wat jy skryf . . .Sien uit na nog `n jaar se lieflike ervarings uit jou kop en hart en pen . . .

  • Liza

    Dankie liewe Bella vir nog ‘n slag se inspirasie! Mag jy ‘n Wonderlike jaareinde en jaarbegin beleef – veral in jou kop en hart!
    Liefde
    Liza
    Jou link is op http://www.nosyrosy.co.za

  • Daleen Le Jacques Beach House Langebaan

    Bella, toe ons verlede jaar die nuus hoor van Dolf het ons jou pyn erg ter harte geneem – min wetende dat ons ons Mama nog voor Kersdag ook sou moes groet… 2011 was ‘n moeilke jaar maar hier staan ons voor die deur van 2012 met opgewondenheid – dit kan tog net beter dan nie? Dankie vir jou bloggery die afgelope jaar, soms laat jy ons lag en dan weer huil, terug dink, vorentoe dink, boontoe dink! Ons lief jou!!!

  • Arita

    Kuier lekker ! xxx

  • Greta

    JY het soveel JOY in my eenvoudige lewe gebring…..
    JY sal dit nooit besef nie…
    Dit was MY presentjie…

  • Sanet

    Bella mag jou 2012 net so vol kleur en passie wees soos jou huis, lewe en stories wat ek so geniet!

  • Isabella Niehaus

    Vir almal van julle wat wonderlike boodskappe los…groot DANKIE! Dit maak die skrywery lekker om te weet julle geniet dit…..sien uit om al my dinge en geite met julle in 2012 te deel. Bella.

  • Christiana

    Bella, jou inspirasie en entoesiasme is aansteeklik! Dankie dat jy bereid is om dit te deel. xxx Christiana