sr1012bloggers_2_
SARIE-blogs

Isabella Niehaus blog: “My oomblik van waarheid”

Ek ly beslis aan ’n rare toestand: Ek het ’n onblusbare joy for life! Hoekom? Uit nood gebore, dink ek. My hele lewe lank kou en kerm daar stemmetjies aan my siel: Probeer harder…wees nicer…wat as dit nie goed genoeg is nie?!

Om te cope met my vrese van nie goed genoeg wees nie het ek oorlewingstaktieke bemeester, ek pak die malste goed aan en doen eers voor ek aan die gevolge dink, en deal dan daarmee.

Ek is as baba aangeneem en het op 24 my biologiese ma gevind. En hoewel ons mekaar die laaste 31 jaar met verjaardae bel, was daar nog altyd reëls – never discussed, maar uit respek het ek die tekens van “bly weg” goed gelees. En soos die jare aangestap het, het die drome oor bloedfamilie vervaag.

Tot einde Julie vanjaar toe ek ’n missed call op my selfoon beantwoord. Paul, my neef, wil my leer ken! Wow! En toe breek die sluise. Ek huil omdat ek uiteindelik besef “ek hoort nêrens nie”. Dít is die reuse gogga wat aan my eet. Nie omdat ek nie goed genoeg is nie, net omdat ek iewers deel wil wees.

Ek ontmoet my neef op 3 Augustus. Snaaks, die trane droog op. Daar is ’n kalmte. En mettertyd besef ek: “I do belong.”

Ek doen nou hewig voorraadopname – en ek is trots op my lewe. Ek is vir eers klaar met buig voor siele wat dit nie werd is nie. Ek dink nogal ek hou van Bella. Ek lees my seun, Taro, se verjaardagkaartjie oor en oor: “You bring so much joy to the people around you…so do me a big favour: Stay the amazing person that you are! ”Ek moet dit begin glo. My kind sê dan so!

Daar is ’n lys van mense wie se aanvaarding ek nog altyd gesoek het. Bo-aan is my ma: Sy gaan dit nie gee nie. Die ander mense het skielik ook hul belangrikheid verloor.

Tog, ek hét familie! ’n Boet saam met wie ek grootgeword het, ’n nuwe neef en sy vrou, en ek het Taro…die grootste anker waarvoor enige mens kan vra. En op my eie vreemde manier het ek my geloof en die woorde van my ouers wat my met soveel liefde grootgemaak het: Vir ons is jy ons gekose kind!

Lees nog van Isabella se blogs

  • http://uzdksqvvhtud.com/ ltftmhqryhc

    Xtq8Du thlkmqkibqdd, [url=http://ostaazsdptfj.com/]ostaazsdptfj[/url], [link=http://ofrsppqmgruj.com/]ofrsppqmgruj[/link], http://reothctstbdu.com/

  • Matilda

    One or two to reemmber, that is.