SARIE-blogs

Isabella Niehaus blog: ‘Parys is my favourite stad’

Dis ons eie beautiful handsome Louis Jansen van Vuuren se paaiende woorde toe ek so sag as moontlik probeer verduidelik Parys koffie is nie altyd lekker nie. Mmmmm die duiwels dans behoorlik in sy oë rond. Die antwoord op my koffie probleem: Café Noisette. Kleeeein koppie of glasie met sterk espresso en bietjie skuim. En voila, Prays se koffie is great!

Ons laaste groot lekkerte voor ons terugkom ’n kuier by Hardy en Louis by hulle chateau op die kruis van Frankryk. Anet kom haal ons by die stasie, Barbara se beautiful Nina is daar in haar wit en blou strepies top en met ’n groot hug.

Twaalf  dae van bonjour, pardon, merci….excuse me do you…en natuurlik Café Crème… propvol gepak van een amazing experience na die ander, en dis sommer net so verby.

Ons klim die laaste keer by Gaite op Montparnasse af… stap die tien blokke na die apartement, gaan deur die motions van pak en skielik haal die 12 dae se elke dag kilometers stap my in! Nou wil ek huis toe! Daar’s ‘n laaste ete saam met Martine Steyn, Suid-Afrikanertjie wat voor my groot geword het nou ’n egte Paryse jong dame is , in ’n ongelooflike plekkie frequented by Mitterand and other politicians… sea bass op ’n ertjie risotto! Crème Caramel met ’n sout sousie… en ’n lekker bottel Petit Chablis.

Dis Landrie se eerste keer oorsee. ’n Beter stad kon sy nie kies nie. Pauline en ek kry erg lekker om te sien hoe die jong vrou als indrink, als geniet… ons stap dat daar blase en geskaafde velle op ons voete is, ons plas in die reën rond in ons plakkies, ons verdwaal weer en weer, drink ‘n bier en giggel daaroor.

‘n Uur vroeg vir ons eerste kookles soek ons hitte teen die koue in St Gervais. Die suiwer stemme van ‘n koor dwing ons stil in ons spore. Dis ‘n moment of magic ! En blink oë.

La Cuisine, 80 Quay Hotel de Ville op die Sein is die kookskooltjie se adres. Dis ‘n  fees! Nieu Zeelanders, Amerikaners, Carina van Latvia, ‘n Australiër wat vir  ‘n Suid-Afrikaanse regter in Australië werk en ons drie. And believe it or not nog ‘n Afrikaner wat in London ‘n restaurant het en haar Engelse wederhelf! Plastic voorskote aan, resep en daar gaan ons MACARONS!

Dis ‘n kuns op sy eie en die grootste in ding in Parys teen enigiets van R15 tot R22 per koekie! Net so is die cup cake met vars vrugte en die mooiste kleur versierings nog steeds erg gewild. Op die Champs- Elysees is Laduree Restaurant, gesog en eg Frans en bekend vir hulle uitstekende patisserie, daar word daagliks 18 000 macarons gemaak wat oor die wêreld uitgevoer word in die mees beautiful klein boksies!

Hierdie madam weet van bak niks of dalk amper niks. Ek weet van vinnige skons en quiche met filo pastry. Die odd ding hier en daar. Maar van rêrige bak, net mooi niks. Resepte boeke lees en my eie ding doen is heel goed mee maar daai dissipline en presiesheid van bak kon ek nog nooit regkry nie.
Dis termometer en breek van sekondes en digitale skaal en Kitchen Aids en silikoon baking sheets… g’n wonder ek het met potte en panne en skrapes en ‘n SKAAL teruggekom nie!

Nou’t die bak gogga gebyt!En al die nuwe speelgoed moet ingewy word!

Elke dag het sy eie wonderlike magic gehad: Hot chocolate by Angelina’s word bedien met water om te help afsluk en vars room, die rit op die luukse boot op die Seine met foie gras en ware French champagne  onbeskryflik, die operahuis slaan keer op keer mens se asem weg, so ook die plate blomme voor die Madelyn kerk…. as for churches, het ons drie kerse gebrand, musiek geluister en sommer net stil geword!

Parys bly my mees favourtie stad… dis besig en die Franse nie altyd sooo vriendelik nie. Die oë word maklik gerol en die skouers lig vinnig op om jou te laat verstaan: NO English! Gelukkig betower die stad jou so dat jy met ‘n lekker groot smile sommer iets in Afrikaans kwytraak! Mmm en ons wonder wat dit is?!

Te vinnig is als verby en sieklik vlieg ons terug met ‘n magdom onbeskryflike herinneringe en so bietjie oorgewig bagasie wat natuurlik potte en koppies en hope boeke insluit!

Dis ‘n lang vlug Huis toe. Duin toe. Na daai vier been lywe toe.  Maar hoe enorm is die wedersydse blydskap nie! So vinnig soos al die sterte en holletjies gewaai en geswaai word, so vinnig het my hart geklop!

Once upon a time… met ander woorde begin Junie voor ek weg is, was my lap grond tussen die olyfbome en turksvye mooi bestrooi met ‘n laag fyn skulp. Nou sukkel jy om ‘n patchie skulp te sien tussen al Mobe se draai wat hy gooi van opgewondenheid en natuurlik die excavation abilities van my beautiful pedigree gespotte madame is oral. Dié se neus is skoon vel af en het so permanente grond laag  van snuffel en grawe.

O so lekker soos dit by die Eiffel-toring was, so lekker is dit in die sement blok en om weer queen van my duin te wees! My groente tuin, ok, my groente bedding buite bereik van die verwoesters groei uit sy nate. Als is diep groen en gesond, en hoe lekker is dit om jou eie slaai te pluk!

Wat ek met al die tiemie en salie en rocket wil doen sal geen mens weet nie! Te veel vir my, net nie genoeg om uit te voer nie! Keep on dreaming.

Reis is ‘n voorreg. Dis soos eerstehandse inspirasie. Die beursie is wel dol dol leeg maar die siel en die mind is propvol mooi! Daar’s nuwe energie, dalk ‘n bietjie te veel, maar dis lekker om sommer met nuwe oë, met mooi in jou oë, na jou goeters te kyk en ook hulle skoonheid raak te sien.

So seil jong meneer Niehaus tussen Brasilië en Trinidad op hulle lange tog na Miami. As hy net weet hoe sy ma daai plooitjies oë en rastakop mis! Soms as sy boytjie Mobe so op en af, op en af met die strand hardloop voel dit of die hond weet sy pel is daar iewers op die water!

Nou om die rasende kop stil te kry en al die inspirasie stadig maar seker iewers te gebruik – that takes doing!

Ek het so lap armbandjie in die reën gekoop, sommer ‘n cheap dingetjie met ‘n klein disk wat lees: I have a dream. Ek dra dit hier aan my regter arm synde die linker een oorvol van my versameling silwer bangles is, want ek wil nooit ophou om my drome na te jaag nie, en ek hoop en bid my free spirited kind sal ook vir altyd sy drome uitleef.

Bly warm. En skryf jou droom neer, en weer en weer tot dit vir jou ‘n werklikheid word.

Bella Isabella.

Pauline en Lan3 op die Champs-Elysees Ons eerste ete in Parys..en ons deel dit!
Die Marais area se smart honde Ons plaat macarons
Verskillende biere in verskillende glase Ek wil so stoel he..winkel Merci
My quiche deeg. Die patesserie toonbank by Angelina’s
Uitsig van die Madelein Kerk Kuns Voor die Eiffel toring op die banke van die Sein.
Beautiful Nina Joubert Ek Louis en Pauline by die chateau
aspersie en parmesan slaai met sterk mosterd vinaigre
  • gerda g

    Dierbare Bellatjie….dis so lekker om jou stukke te lees!!! Bly jy het dit sooo geniet, ek voel sommer of ek in jou sak geklim het en saam met jou daar was. Eks nog hier in Griekeland en ons maak huis reg dat die spoeg spat…die kinders kom oormore…Famke kon op laaste nippertjie nie die vliegtuig op nie vanweë ‘n kredietkaart issue…haar pa het mos betaal en sy kon nie sy kaart wys nie…toe is die gort gaar en via skype met oma in Holland, moes ons die sakie besleg want toe raak ons ‘bel-tegoed’ op!!! Maar die kind is uiteindelik op die aeroplane en ons kan weer relax!!
    Kom oor so 2 weke terug…en sal jou bel…wil vertel van onse villa Kalos!!
    groete
    G

  • Karen Lelieblom

    Ai Miss Bella, I have a dream too, ek gaaan oook nog eendag vlerke kry, al is hulle al bietjie minder soepel…sal ons se! MAAR hulle gaaan nog vlieg, ek droom ook van ver plekke Miss Bella, maar eendag is eendag…Dis een van die redes hoekom Paolo Coehlo se Alchemist een maal per jaar afgestof word, want hy help to keep the dream alive, ek gaan nog ver winde ruik…regte winde Miss Bella nie die bas viool soort nie!

    Jou beskrywings is so mooi en daai mooi plek van Hardy en Louis… net daar op die lawn gaan ek ook nog sit! Ek was mos n tuinier eens op ‘n lang tyd terug!! Die manicured and boutique gardens van die stad se mense uitgele, maar nou hier op die vlak met die hoenertjies en Charlotte hulle en Eli hulle geniet die diertjies voorkeur bo ‘n manicured garden. Ek gan nou maar met wild en free!

    EN Miss Bella jy is my dream friend! Vrede Miss Bella, dalk toer ons nog saam…wie weet hoe en waar die wind waai…

  • Amanda Cliengen

    Hi Bella….Geniet jou reis soos jy gaan, en die ene in Parys kan net een van vele drome wees wat waar geword het en jy kleur dit in en wys ons jou prentjies met ink wat kom uit jou hart…mag jou ink nooit opraak nie….ek lees jou blog en wens ek was een van die bye wat dalk erns nektar maak om als te bekyk terwyl jy reis…Ja ek hoor terwyl jy se ons moet ons drome najaag…ons reis is eenkeer en dit moet ons voluit doen. Hoe ons dit kan doen is wanneer ons tog weet waarheen ons oppad is. Soms vat die reis ons mos vele paaie heen, stofpaaie en oor rotse, en ander kere oor sagte gras en mooi teerpaaie. Mag jy jou drome voortleef en dankie vir jou inspirasie vir elke vrou. Lank lewe reise en lank lewe drome….GENIET JOU REIS, …xx

  • Willene Venter

    Oh Bela!! Die reuke en smake volg elke woord. Ek wil verdwaal tussen die winkels en kafees en kerke en lang lang aande kuier. Baie dankie vir jou stuk. Keep on dreaming always

  • Liza

    AAAAAAHH ! BELLA – askies as my hoofletters SkreeU! maar NOSTALGIE ! Weereens soos elke keer ‘n WEGraping ….dankie! I love Paris in the springtime, I love Paris in the fall, I love Paris in the Winter, when it drizzles, I love Paris in the summer, when it sizzles – of so-iets – met apologie aan Ella Fitzgerald – maar jy laat my hart sing! …en toe moet juf. attention deficit /obssesive compulsive gaan soek om vir jou te stuur: http://www.youtube.com/watch?v=3ahbE6bcVf8 ….sing en dans saam. Ek Hoor jou Joie de Vivre ! Bless you Bella !!! Liefde.

  • Lewies

    Jou besoek aan la Creuzette was soos ‘n vars Weskusbries! XL

  • Beatrix

    Ai hoe lekker het ek nou saam gerinkink! So bly dit was so uitasemlekker vir julle. Het so aan jou gedink. Die foto van die stoel het natuurlik my oog dadelik getref. Dis nou ‘n stoel om te besit. Geniet jou duin, jou honnekinners en nuwe potte en panne.

  • Marita van der Merwe

    Klink soos ‘n fees. Sal moet kom proe hoe daai paryse heerlikhede smaak. Welkom tuis.

  • Anna

    O kolwyntjies, o bitterkoekies! Lanterfanter, koorsig mooie Parys. Hoe trek my hart ‘n punt na plekke waar vrysinniges die habitue’s is/was. Alles te verruil vir ‘n lappie grond waar daar ‘n kol skulpgruis le>.

    Wie se gunsteling is jy, cherie?

    Anna XXX

  • Charlene

    Bella Isabella!Dis sielsmooi!Sommer alles…die gebak, die geskryf, die kiekies…maar ons is netso bly soos jou vierbeenkinners dat jy terug is op die duin, dat jy een of ander tyd vir ons gaan leer om daai presiese gebak te bak en te vier…eendag, as ek groot is, gaan ek ok Parys toe.?

  • Velicia le roux

    Ai, dit lyk sooo lekker. Gaan maar my droom solank neerskryf, sal Parys een van die goeie dae sien!

  • Natalie Roos

    Sjoe Bella
    Dit klink wonderlik kan sien jy het dit geniet.
    Dit is so waar never stop dreaming.
    Geniet daai 4 been kinders.
    En natuurlik jou mooi duin.

  • Linda Knop

    Lekker gelees. Dis pragtig, al die foto’s en alles wat saam met dit gaan, en die Chateau is sekerlik een van die moooiste plekke op aarde.

    Die kos lyk heerlik spesiaal voorberei en die diertjies is pragtig, enjoy!!!!!!!

  • Alida Vos

    Ons wag vir die Macarons …in ‘n boksie

  • Greta

    Ek wou nog my hele lewe lank Parys toe gegaan het… en het nou n heerlike voorsmakie gehad deur jou oe!!!! Dankie!!
    En nou gaan ek my droom ook najaag….

  • Anida van der Spuy

    Wow, loved your story!! Dankie dat ons saam met jou op jou droom reise kan gaan! Kan sien dat jy wonderlike tyd gehad het. Eeeeeendag as ek groot is …..gaan ek ook op die reis gaan. Gaan nie ophou droom nie!! Geniet jou duin en honde kinders anida xx

  • Cta

    Lekker het ek nou gelees….ek wil ook Parys toe gaan en terugkom met ‘n leë beursie en ‘n propvol siel en "mind" 🙂

  • Tanya O’Connor

    ‘n Heerlike reis saam met jou! Sooo bly jy is terug! Groete van jou peetkind! X

  • Algria

    Bella, joue is my eerste amptelike blog wat ek lees – en…………………. hoe beindruk is ek met
    jou wat jou woorde so wonderlik agtermekaar inryg dat ek ‘n groot knop in my keel kry en
    daarna weer wil uitbars van die lag oor jou viervoetige kinders se gedrag…………
    LOVE IT!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
    Algria xxxxxxxxxxxxxxxx

  • Louise Zondagh

    dankie Bellie vir die sharing van jou baie interessante trip – bly ook ‘n droom van my om so iets te doen…lekker om die "arm chair" reis mee te maak – hoop om jou binnekort te sien! groot druk xx

  • stephanie hamman

    wellcome home Bella !!! Oos , wes , tuis bes alhoewel mens MOET reis – dis soos jy se geweldig verrykend vir die siel en gees – kan net dink die ongelooflike tyd wat jy / julle beleef het – sal moet kom proe aan alles by jou duinehuis – geniet alle bak en brou en jou hondekinders – dankbaar jy is veilig tuis en een van die dae is jou geliefde seun ook weer tuis – dan bederf jy hom met al jou liefde en lekker kossies !!! Ons lewe sal leeg wees sonder drome , ervaringe , vriende , familie en kinders . Beste wense Stephanie

  • Lesley Z

    So lekker saam gereis – dankie vir jou "gift" wat jy so mildelik "share" met ons. XX

  • Lolandri

    Bella,

    Wat ‘n eer en voorreg was dit vir ons om saam met jou Paris te kon ontdek!! ‘n Beter toergits en vriendin kon ons nie voor gevra het nie. Ons gaan defnitief weer, maar saam met jou!!! Ai, maar hoekom moes ek eers met die laaste verdwaalsessie die Eiffeltoring net ‘n paar blokke van ons af ontdek????
    Sterkte met die Macarons!! Bere so ‘n bietjie vir Taro in die koekblik!
    Liefde
    Pauline en Lolandri

  • marguerite

    Ciao,
    Al jou kommentaar mooi mense het als gese…..wonderlike ervaringe….

  • Marianne

    baie lekker saam met jou deur die strate van Parys geloop. Ek voel altyd asof ek eenkeer baie lewens gelede daar gebly het. Jy ook seker

  • FREDA

    DIT WAS NOU N HEERLIKE BELEWENIS!!!!!

  • Isabella Niehaus

    Dankie dankie vir almal wat lees en sulke beautiful kommentare los. Dit is heeeeerlik om te weet julle geniet dit!! Lekker naweek en vrede en liefde vir almal.

  • Suzette Laten

    Ai toggie, En ek het juis vannag heelnag RER gery om by my verblyf uit te kom in my droom……So is Parys!!!!! Was 2 jaar gelede daar en net iets klein wat jy sien, of ruik laat jou sommer weer terug verlang!!!! Tata Zet

  • sciemipreatte
  • Steve

    Pax Gabriel.Es schon etwas vermessen, wenn Du eine lange und hhceroflektierte Theologie des Abendmahls mit einigen Strichen puristisch ad acta legst und die Gesamtdiskussion ffcr unwesentlich erkle4rst. Aber, um es mit Stephane Hessel zu sagen: Empf6rt Euch!, wenn Ihr mit etwas grundse4tzlich nicht einverstanden seid.Also, wer ein neues Madf anlegt, darf/muss auch neue Messpunkte einffchren. Das Wesentliche des Mahls ist Essen und kein hf6mophatischer Essenrest. Es ist Trinken und nicht der Geruch von Wasser. Er ist neue Sozialgemeinschaft von Menschen, die auf Grund ihres Standes und Herkunft nichts miteinander zu tun he4tten und keine mysterif6se Gemeinschaft von Fremden, die sich auch weiterhin fremdbleiben.Beim Essen mit Jesus und den Jfcngern (damals und heute) offenbart sich die eschatologische Ge4steliste, die in Jes. 25 angekfcndigt und in den Gleichnisreden von Hochzeiten und Gastme4hlern verbildlicht wurden: Menschen aus allen Klassen, Rassen und Nationen werden in und durch die Gegenwart Christi, die sich we4hrend des gemeinsamen Essens, (nicht durch mysterif6se Handlungen) nach seiner Verheidfung, einstellt zu Gottes Kontrastgesellschaft (Lohfink). Lebt was ihr glaubt und euer Glaube lebt. Klaus Schf6nberg