troue_een
SARIE-blogs

Isabella se blog: ‘n Bruilof op die duin

Dis 10.10.2010…..die wind is storm sterkte en die wit gekalkte pale vir die strand troue waai sommer om in my delikate fynbos tuin. Die meubels lyk grys op die dek……die rocking chair met mock koeivel rock sommer so op sy eie….maar binne-in die huis is dit anners. It’s a wedding madame! Daar’s emmers en bakke en bottels vol wit iceberg rose, laventel en waksblommetjies.

Die lang tafel vir 40 mense is elegant gedek met damask-tafeldoeke en wit linne servette en ou silwer. Elke gas se naam in geroeste draad….dis hulle gifts. Enamel-koffieketels vol pietersielie, seldery, roosmaryn en laventel gee daai tongue-in-cheek humor.

Dis Ian en Barend se troue. Die eerste gay troue by my huis. Al die gaste dra wit. Dis ‘n Sondagmiddagete…lang tafel, baie gesels en bakke en bakke vol wonnerlike ouwêreld-kos: Boudvleis, ma se hoenderresep, gerookte varknek, stowe patat-mash, gebakte aartappels, pampoenkoekies, rys en geroosterde groente……so ‘n nuwerwetse slaai en al wat sous is, het ‘n helse twist! Poeding: Lime-infused crème brulee en chocolate truffles volgens Arnold se resep.

In die kombuis help Fiamma my. Sy’s ‘n legend in die restaurant industry en dié elegante, ongelooflike beautiful vrou bly in Koringberg in ‘n chatreuse-groen huis! Als omtrent Fiamma is so blêrrie elegant – van die perfek-gegrimeerde gesig, tot die voorskoot en bril wat so net-net op die neus bly! My span, Rona, Jen (die’t verjaar – sy sê: Sweet sixteen and never missed a kiss!!!) en Dowie is op hulle poste – en beautiful. Nede is ons waitress. Ons pak ‘n reuse skinkbord vol tapas, maak cocktails van roosstroop, vodka en tonic, en ‘n paar granaatpitte en mintblaartjies in botteltjies met strooitjies. Die 40 gaste eet, raas en lag.

Die sermonie is sooo beautiful en daar’s min droë oë. Ons klomp werkers snuif-snuif so ônnerlangs en dan sing Minette, mezzo-sporaan O Mio Babbino Caro. Dit is nou die ultimate….die trane loop sommer in die appel-en-crème-fraiche-mousse wat ek met soveel sorg maak! Wow, hoe beautiful is dit nie….EN DIT ALS in my duinhuis!

So dikwels wonder ek hoekom hou ek al die goed in my huis wat tog vir my so precious is: Louise, Barend se juffrou-vriendin verwoord dit: Dis awesome dat jy die wonderlike spasie van jou met ander deel! Ek sou dit nie gedoen het nie!

Sônner om te dink, antwoord ek: Ek wil die joy van die plek met anner deel. Mens mag mos nie so selfsugtig wees nie!

Maandag ry ek Kaap toe met ‘trollie’ vol stoele en glase, en oppad slaan daai ougat wipstert die 300 000 km merk en ek dink weer hoe special die dag was. Hoe groot ‘nvoorreg om die heel specialste dagin Ian en Barend se lewens vir hulle amazing te kon maak! Dankie julle!!

Ek mis my kind. Ek mis sy stem. Ons Skype elke aand en aand vir aand neem ek foto’tjies van Mobe en stuur. Skype is great, maar ek mis daai ‘Haaaaii Mother’ oproepe!! En toe die wônnerlike nuus: Hy het die All African Record verbeter met sy 50.62 knope!!!!! Go kiddo!!!

Woensdagaand was ons dierbare en amazing ouma Lotlita Hanekom se 80ste. Daar in Moorresburg het die kinders en kleinkinders vir haar en al haar vriende, jonk en oud, ‘n fees voorberei. Hulle is almal van ons heel voorste kosmense, maar dis Ouma wat die kos vir haar 80ste self ge-orchestrate het!

Sy trap diep, diep spore in my en Taro se lewens. Dis kosbaar om te sien hoe die rasta-kop daai 6 voet 5 duim lyf dubbelvou om eers vir Ouma ‘n drukkie te gee. Sy hart behoort nog altyd net aan sy ouma Issie, nou’s daar ook ‘n baie spesiale plek vir Ouma Lolita! She’s bigger than life….dis so ongelooflik om te sien hoe saggies sy mense se siele voed!

Ek dink ek is deel van daai Hanekom-Schreuder-Joubert-Lategan-familie…..dis ‘n voorreg!

Kyk, of mens nou queen of the dune is, of ‘n once upon a time fashion stylist wat nou bietjie beach-bum geword het – daar kom ‘n tyd wanneer jou natural blonde/grys gestreepte lang hare ‘n bietjie van ‘n lift nodig het.

Op aanbeveling van Pauline en Lolandri maak ek Dinsdag ‘n afspraak by Salon Ben, neffens die Pet Shop, in Langebaan.

Lana groet “middag mevrou” en rol oombliklik die oë sodat die wit skel sit teen daai beautiful donkerbruin vel toe ek met intrap laat hoor, “moenie my hare borsel nie”, “koeke klaar uitgeborsel” en “moenie my kop masseer nie, ek’s kleinserig”!

Na ‘n klomp lae tinfoil moet sy eers ‘n oom se hare gaan knip en Vanessa vat oor: Sy’s ‘n klein kortetjie, hele kop vol vlegseltjies en klein kort armpies. En sy staan nie op ‘n boksie nie – so jou kop word agtertoe gerem!!

OK, kop is vol foil – nou luister ek maar, want daar is g’n teken van glas water, koffie of tee nie.

Die dekor is sparce….die SARIE’s twee jaar oud, maar die gesels en karakters is eg Koöperasiestories!!

Ek beloer als in die spieël en luister. Die oom wil weet of Lana ook op lyke werk, “want as ek doodgaan moet jy sorg dat my hare in die kis goed lyk”! “Maar Meneer, Mevrou het geskel oor ek Meneer se hare laas so kort gesny het, nou wat nog van in die kis!”

Hulle stap vinnig in, tjoef-tjaf is hulle uit. Daar’s nie spieëls wat gehou word om eers te kyk nie: Nee. Jy sit, jy word gesny en geblaas, en ciao!

Toe al die foil hel hard uit my kop geruk word, skrik ek so effe vir die wit kop met ‘n “nee o jitte Mevrou, dalk is dit biekie baie wit. Spoel met Gengian Violet, en ek is oppad. Ek hou van my baie wit kop en sônner al die tierlantyntjies, was dié soos ‘n outydse fliek!

Lekker week vir julle!

Drukke van die Weskus

Bella.

  • http://www.nosyrosy.co.za Annette Theron

    My wegraping vir die dag, dankie Bella!

  • Christiana

    Bella, Wys jou net: Die some-time fashion editor/beauty editor, etc…, etc…, etc…: Kyk net wat skuil daar nog alles in jou om ontdek te word! Ons durf nie onsself beperk nie!

  • Stephan Louw

    Soos altyd briljant, my vriendin! Jou woorde skilder elke kleur, geur en tekstuur tot op die mikroskopiese vlak!

  • http://www.ahguesthouse.com Annalise Bosch

    Ai Bella dis tog lekker om gou op te vang met jou troues en gedoentes!!!! Sal jy nou glo dat mens so besig kan raak hier aan onse liewe Weskus dat ons via die internet moet opvang!!!! Kom drink n wyntjie dat ons verder kan gesels en lekker kry oor al die mooi dinge wat ons lewens die moeite werd maak!!!! Liefde van jou Maaikie

  • Tanya O’Connor

    Ek het hierdie baie geniet! Baie dankie!

  • Martie Swanepoel

    Dankie dat ek in my kop daar kon wees!

  • Leroux van Vuuren

    Hallo Bella,ek lees jou blogs en geniet dit baie!!! Jammer ek het jou gemis vandag by"…Lekka by die see…". Leroux

  • Ian van der Westhuizen

    Bella ek het nou net jou blog gelees en hoe mooi die woord keuse! Herleef sommer weer die hele dag… weer eens baie dankie dat jy jou huis en hart so vrywillig oop gemaak het! xxx

  • FREDA

    MOOI MAN,JYT DIT WEER GEDOEN! DIT LYK BAIE SPECIAL!

  • http://www.asmatamber.co.za marlene

    great

  • ingrid jones

    ai, bella, jy’s ongelooflik en jy skryf so lekker!!!!!!!!!

  • http://www.nosyrosy.co.za Liza Botha

    B-ella ! Jy is B-ok! Jy is B-eautiful ! Jy is B-rainy …en nous jy B-lond? wil jy niema elke dag so skryf nie blonde bellatjie blerriebeautiful bokkie! xxx

  • http://www.paternosterabsolut.com Lossie

    Klink soo mooi Bella – jy skryf so asof jy dit op ‘n "canvass paint" – ek sien die hele prentjie voor my! Ek geniet jou blogs!

  • Marlotte Crous

    Liewe Bella

    Dis altyd so verfrissend om van al jou kreatiewe dinge te hoor! Hou aan on om in te lig oor alles in die Weskus! Baie geluk aan Taro met sy prestasie!

  • Alida

    Voel asof ek daar was.

  • Marguerite Bruwer

    Ciao, sjoe maar nou het die trane hier in die land van groenveld en grys lug gevloei. Sommer oor als, die mooi duinhuis,mooi storie,klein Taro wat noual wereld bekend is en ‘n vriendin wat ons so mis….love you lots girl en moeinie ophou skryf nie, is jy……..Ciao

  • Isabella Niehaus

    Dankie vir julle almal wat lees….dis lekker om van julle te hoor en julle inspireer my sommer om rerig oopoog deur die lewe te gaan….goeters raak te sien en dit met julle te deel! Drukke en liefde uit my kantoortjiex Bella.

  • GrootG

    Bellakie! Lekker geskrywe. Kon toe nie kom nie… kyk net wat ons alles gemis het!

  • GrootG

    En vegeet ek amper: daar is Taro toe oppie Burger se voorblad! Geluk!

  • jacqueline

    En toe bel ek jou nog ook in daai hairdresser terwyl hulle jou kop dye en jy moet soek na jou bril… Ruik die weskus-lug in jou stories. Lekker!!
    Liefde, Jacqueline (en Jaco, altyd nuuskierig oor die skouer) Moet e.k. Dinsdag Jacobsbaai toe vir onderhoud met Dana Snyman. Jy daar?

  • Isabella Niehaus

    Hi Jacueline….jip ekke hier!!! Laat weet dan kry ek jou sommer by Weskusplek x

  • Louise Joubert

    Hi Bella, Ek verlang sommer weer na die heerlike dag van die troue! Weereens geleer dat as dinge nie uitwerk soos ‘n mens beplan nie, die improvisasie soveel lekker kan wees!As gevolg van die wind moes jy tussen 40 mense kosmaak wat om jou draai en met soveel grasie! Die kos was ONGELOOFLIK lekker, die seremonie SO spesiaal en die kuier: heerlik! Ek hou by my uitspraak: Jou planne word geseen omdat jy daardie asemrowende ruimte met ons deel! Ek wys my foto’s vir almal wat wil sien!

  • http://gflagbzgmtyj.com/ dszhsziq

    oiv4fJ rbxrtwkremfg, [url=http://xztpedgiwuml.com/]xztpedgiwuml[/url], [link=http://bewwawxmgnyg.com/]bewwawxmgnyg[/link], http://gycbvvsryutn.com/

  • Marietjie van de Wall

    Hou van jou styl. Hierdie troue se stillering is pragtig!

  • Greta

    Dis n trou storie omte onthou!!!!
    En die haarsalon ervaring sal my nog lank bybly….

  • Corine Bouwer

    Isabella, weet van en ken van jou (jy weet nie van my)!! Ken vir Ian van der Westhuizen van sy
    dae by GordenFlackDavidson. Great om te weet hy is so happy getroud. Niel het tot onlangs
    Jewellery saam met my gedoen en my vertel van jou awesome troue. Weet ook van ons ander maatjie, Eric Way trou ook een van die dae – eers in Brittange en dan hier in SA.

    Terug na jou geskrifte, Isabella. Lees alles wat ek kry wat jy skryf. Luv dit!!! Kom nou net
    Terug van di Weskus – Paternoster. Het vir Annelise gemis by Ahoi.

    Joburg groete, Corine B

  • smksffukrp

    xF0iB6 qpcuhragsuxk, [url=http://bbjlnnpeolza.com/]bbjlnnpeolza[/url], [link=http://zequxlycituy.com/]zequxlycituy[/link], http://wgmbyqyphafh.com/

  • Betsey

    Help, I’ve been informed and I can’t become ignaornt.