bella_portrait
SARIE-blogs

Isabella se blog: “Ek cherish elke dag”

 

Wil hom volmaak, elke sekonde en minuut. Ek wil sò besig wees dat ek vergeet om asem te haal! En ek wil klomp goeters doen, of ek nou bevoeg is of te nie….give it a shot girl! MAAR daar moet ook stilte wees, lang oomblikke om te droom en te reflect

Was die week by die mees amazing presentation wat ek nog ooit beleef het. Triumph onderklere se somerreeks. Hoe slim is hulle, in ‘n beautiful huis met honde wat rondloop en lê en rol en ‘n gekke comedian, Mary, wat met jou gesels en vir jou illustreer wie die 7 goddesses is wat binne elke vrou skuil.

Dit was fenomenaal! En toe die grootbaas van Triumph later iets moes sê: kom ‘n bedeesde: Daar is 40 van julle en in elkeen skuil daar 7 persoonlikhede…how the hell are we supposed to know how you are?

Spot on… dit is wat ons is, dalk moet ek vir myself praat: dit is wat ek wil wees. ‘n Whole woman met wonderlike interessante fasette. Ekke wil al daai goddeses embrace, net nie so seker van die vamp (Aphrodite) nie! Ek is heeltemal te skaam vir daai een. Of dalk moet ek juis leer flirt!

Daar staan die mooiste ou spieëltafel, kas en hall-stand in Taro se garage. Meubels waarmee ek groot geword het maar wat nou nie rerig in die sement blok pas nie. Needless om by te voeg Taro is nou al so ietwat, ever so slightly, keelvol vir oorvol garage met mother dearest so ou meubels.

Stadig maar seker het hy sy garage leeggemaak en my reeds styfgepakte treasure trove nog meer karakter gegee .

Hangkas word met baie moeite en spiere opgedra na my slaapkamer. Van klein dogtertjie af was dit altyd my slaapkamer se kas! Ai ai, dis soos ‘n groot bruin outydse massa teen die grys mure!  Pas nie!

Net daar kom ‘n enorme kan weird dowwe, khaki groen verf/vernis in die prentjie en  word kas en nog so een of wat donker hout meubels ‘n nuwe rok aangetrek.

Ek staan so voor Ma Issie se kiekie en vra omverskoning vir wat ek aan haar meubels doen.

As jong mense het sy en my pa Daantjie ‘n tering-hospitaal tussen Thaba Nchu en Verkeerdevlei op die been gebring. Soos ‘n klein oase tussen niks…boorde perske- en appelkoosbome, akkertjies vol tamaties, uie, aartappels en groenbone, massiewe okkerneutbome wat jaar na jaar sakke vol van die mooi neute gegee het.

As terapie vir die pasiënte wat destyds tot 2 jaar daar was het my pa hulle die tuine laat bewerk en Sondae as hulle families kom kuier was daar ‘n groente of sakkie vrugte om huis toe te neem.

So ook met Ma Issie se ou meubels wat sy opgekoop het. Sy’t hulle geïnspireer en betaal om dit met ‘minora’ lemmetjies cm vir cm af te skuur na die oorspronklike glorie en daarvoor is daar  sakkies mieliemeel of blikkies kos gepak om vir die familie gegee.

Daar was ‘n mooie kerk waar Frans Claerhout die eerste diens gelewer, waaruit my Pa begrawe is en waar my Boetie die eerste keer getrou het. Die kinder sale se mure is deur Claerhout en die Ampernbergers beskilder, daar was makoue en ganse en hoenders, bosse turksvye en twee mense wat hulle alles gegee het om terminale pasiënte se lewens tot die einde gemaklik te maak.

Ons het 50 meter van die mans-sale af gewoon, maar het geweet die sale is ‘n NO-NO vir ons…tog is een van my mooiste herinneringe hoe ek my pa volg en loer hoe hy met ‘n ou maer man in sy arms sit en hom vashou in sy laaste minute. Hoe pa Daantjie aan die einde van ou Sameul se lewe elke aand by hom gaan kuier het met ‘n glasie whiskey en melk wat hy hom slukkie vir slukkie gevoer het. En die seer in die twee mense se harte elke keer as hulle ‘n goeie vriend so verloor het!

Maar nou is die kas groen en lyk stunning in die grys huis.

Ek het nog so paar goed met die groen verf beetgekry want madam koop toe mos VYF liter en gebruik net ‘n koppie vol! Enig iemand vir groen verf?

Vir iemand op ‘n duin wat kwansuis min uitgaan was die week ‘n challenge! Woensdag 11 uur ‘n  ongelooflike oggend met vrouens van Stellenbosch by Rozitha se awesome huis, ek gesels oor mode, maar eintlik saggies ‘n feelgood boodskap. Mode kan jy in ‘n tydskrif volg…sommer net sielsgoeters is soms lekker om uit iemand se mond te hoor!

Ons het weer vir Terry en die Emilia-reeks klere…oooo so lekker. Die ontwerper is self 40-something. Sy WEET van kleine bultjies en walletjies en hoe steek jy daai fraaie goetertjies weg.

Terug in die stad gaan kyk ek en my erg kleurvolle karakter vriend Gerrie na Tretchiekoff se uitstalling. Daar’s massas mense en die uitstalling is enorm en dit waarvoor ons vir jare weggeskarm het en oor gebloos het is nou onbekostigbaar. Prente van reg oor die wêreld elkeen in sy eie raam… Dit is interessant!

En Sondag luilekker kuier by Good Food and Wine saam met Marius en Linda. Ons dwaal en drink Steenberg vonkel en eet deep fried prawns en die mees ongelooflik pizza met suurroom, spek en sprietuie. En natuurlik skaf ons heelwat nuwe caccerai aan wat min gebruik sal word. Dis oorvol, maar heerlik!!

Moet bieg hoekom ek in die ysige koue kaalbeen rondploeter: Saterdagaand maak ek tamaties in die oond, die Bessie lui en met ‘n reeds oop oond besluit ek in my haas to step OVER the open oven.

Resultaat van die wyse stap: twee diep gebrande strepe agter onder aan my regter been. Daai wonde wat jy kry as ‘n spirale van die oond jou arm skroei…wel ek sit met hel seer oond brandwonde on my lower leg! Daar was nie wyn betrokke nie, net ‘n luiheid om die oond toe maak en nuuskierigheid oor ‘n foon wat 11 uur in die aand lui. Dalk is dit my kind?

Toe nou nie, en dit is die  heel heel heel ergste van die storie: dit was een van daai oproepe wat met jello begin…nog ‘n jello….dan ‘n vreemde sin …nog ‘n jello en dan silence! Bogger en ek dra die pikante geroosterde letsels!

Vanaand begin ek so stadig my goedjies bymekaar sit vir Saterdag se reis na Parys. Ek ,my maaikies Pauline en Lan3 gaan leer macarons maak , croissante en quiches  bak…ons gaan by Louis en Hardy ‘n guitige lunchie geniet en ek gaan weer wonderlike vriende van jare terug sien, gunsteling-plekke besoek soos WH Smith die boekwinkel, Angelina’s vir dekadente hot chocolate en my en Taro se kerk waar hy as klein seuntjie tog so hard en laaaaank gebid het toe sy pa en ma besluit het hulle paadjie het bietjie erg baie duwweltjies in.

As hy in Parys is brand hy vir sy ma ‘n kers en so doen ek ook al vir jare vir hom.

Sy boodskappie van St. Helena Eiland laas week lees: Soen vir Mobe en onthou om vir my ‘n kers te brand. Love you mostest! Brand sommer vir hom ‘n boks kerse!

More aand is dit ‘n klere-aand by Tina in Durbanville en dan Picasso en die honde in liefdevolle sorg van Hannetjie en Rona los voor ek my slot aan my tassie sit.

Ek skryf ‘n briefie van Parys af…en onthou wat Mark Twain gese het: Sail away from the safe harbor. Catch the trade winds in your sail. Explore . Dream. Discover.

Tot ons weer gesels. Vrede en onthou om baie te lag!

Bella Isabella.

  • Pinkalicous

    Whole woman…you are ALL woman…. and I feel so lucky to know you…
    We had the most amazing afternoon with you…
    Hoekom praat ek Ingels…want na 3 bottels rooi wyn…kan ek…
    Gaan in vrede my dierbare vriendin en geniet elke oomblik!!
    Jy is kosbaar.

  • Karen Lelieblom

    En ek cherish jou Miss Bella, mens kan sien waar jou styl vandaan kom as mens oor jou ouers lees! Soos die Engelse se, "breeding can’t be bought" dit kom van binne! Dankie vir jou mooi blogs, jy los mense altyd beter af as wat hulle voorheen was. Ek is seker Ma Issie sal jou vergewe oor haar kas… sy weeet mos jy jou daarvan om magic the maak!
    Kuier lekker Miss Bellie en dink darem so af en toe aan ons arme siele by die huis…we’ll keep the HOME FIRES burning totdat jy terug kom!
    Ek weet nie watter kant toe die vliegtuig koers kies nie, maar as jy dalk oor die Blom vlieg onthou om te waai!!!!!xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx

  • Louise Oosthuizen

    Bella, bella………

    Lans is al so opgewonde vir julle trippie, ek dink sy sit al daar voor die huis en wag vir haar lift Lughawe toe, ha ha ha. Julle moet elke oomblik geniet, lekker baie foto’s neem en genoeg chocolate croissante vir my part ook eet. Sal al die stories na die tyd hoor. Liefde uit Bamako, Wes Afrika………..**loo**

  • Willene Venter

    Discover! En rek en strek en maak oor en maak nuut! Leef! Ek glo jou Ma sou die groen kas baie geniet. Dankie vir die wonderlike reis.

  • Shoneen

    Ai Bella, jy moet jou tydjie weg sommer baie geniet, en as jy terug kom kom demonstreer jy jou nuwe kennis vir ons. Geniet dit!!!!!!!!!!!!

  • Rozitha Oosthuizen

    Hi Bellie – dankie vir die klein blik in jou kinderjare – dis baie spesiaal – wys ons meer van dit.
    Dit was heerlik om jou by my op Stellenbosch te hê, al was dit net so vinnig – my maatjies het dit baie geniet en kannie wag vir hulle klere nie – en natuurlik jou beste beste Kaaskoek – het dit nou al tweekeer gebak – dit is net onlooflik lekker –
    jy beter vir almal op jou "blog" dit ook deurgee – dis actually so maklik dat ek dit ook kan doen – Looove dit.
    Dankie vir jou en geniet Parys – my hart gaan saam met jou.
    XXX
    Rozitha

  • carin

    Hi Bella.

    Ek sit amper met n traan in my oog na ek jou boodskappie vanoggend gelees. Geniet die trippie – jy’s regtig n inspiration.

  • gerard

    Ai Bellakie, jy mag maar, jy kan, en wee diegene wat jou wil edit en in ‘n boks wil sit. Liefde. Groot G

  • Alida

    Baie lekker blog hierdie

  • Kobus

    Iemand wat die lewe so leef, verdien my respek. Dalk is Bella baie reg – die lewe begin na 50!

  • Kobus

    Iemand wat die lewe so leef, verdien my respek. Dalk is Bella baie reg – die lewe begin na 50!

  • Kobus

    ‘Skuus vir die woorde stottering . . .

  • Isabella Niehaus

    Vir almal wat altyd sulke wonderlike kommentare los…DANKIE. Ek moet nog pak om vroeg more op ‘n vliegtuig te klim . En ek bring wonderlike memories saam om oor te skribbel en brabbel. Groot druk aan julle….en onthou om HARD te lag! Bella.

  • Christine du Preez

    Hi Skimpie dink sommer aan jare terug as jou "sot" Saam gaan kuier vir ‘n naweek in Thaba Nchu. So lekker om die stuk te lees. Groete Dinky

  • beatrix

    bella jy seker nou-al oppad na die stad van liefde…. love jou skrywes – dis sommer so geselstrant en net soos mens sou inloer in jou kop vir ‘n rukkie. seker daardie kas en die ander groen goed lyk mooi. geniet die kossessies, die kerke en veral die kerse aansteek – dit anker mens elke keer.

  • freda

    geniet die trip en kom met nog meer lekkertes terug! liefde

  • Johnny Hamman

    Heerlik om te lees !!!

  • Liza – jou eie Nosy Rosy

    Dankie! Weer weggeraap en lees al stadiger na die einde …soos ‘n goeie boek se laaste blaaie.
    …en net so by the way Aphrodite – jy doen dit meesterlik in jou onwetendheid ! Selfs die plante draai koppies soos jy verbygaan. ..jy move net meestal te vinnig om dit te kan sien! Lief vir jou!

  • marguerite

    Ciao,
    Dink jy kan die ander ietsie leer van die kospotte…maar nouja, jy is mos die inspirasie vir die lekker nuwe dinge van die noord van 50terges……as jy lus is vir die land van die klein groen hoed mannetjies sal jy soos ‘n prinses behandel word…mis jou girl!!!!thanks vir die lekker kry van die stories oor dit wat saak maak in die lewe!!!!
    arriverderci