SARIE-blogs

Isabella se blog: “Ek’s ‘n jaar ouer, maar net klein bietjie wyser”

Als was so terribly relaxed laatmiddag toe begin ek rondbons (want halfsewe kom hier nog 22 mense), en uhm, hier gaan niks aan nie!

Pauline bring spinekopitas en wonderlike lemoenkolwyntjies vir poeding wat ouma Lotlita vir my gemaak het. En ek begin blinis (ag, dis eintlik sommer net klein flapjacks) bak met sampioen-en-brandewyn-patee. Lekker rolkaas met dronk rosyne in wat in neute gerol is – dis al die voorgeregte!

Ek bak vetkoeke en pampoen-fritters en kry als reg vir ‘n reuse slaai en maak daar ‘n wonderlike mosselgereg wat ek seker nooit weer sal regkry nie. By the way al drie die Hanekom-sussies van Mooreesburg was daar: Pauline, Malita en Marinda. Al drie van hulle is ongelooflike caterers. En Malita eet nie mossels nie. En self sy het die konkoksie geëet!

Die twee braaiers, elk met ‘n bier in die hand pak gesels gesels die vuur. Taro (my seun) hark die tuin en soek vir James Blunt op my rekenaar vir agtergrond musiek. En met ‘n kus op my kop en ‘n reuse hug is dit: “Relax moeder, als is under control.” Ek kyk met sullke lang oë na die 6 vars engelvissies wat nog in die wasbak lê en wonder, nou hoe gaan julle gaar word?

Die huis is sommer gou vol. James kan eintlik ophou sing want die stemme lag en gesels en die huis kry ‘n ander helse positiewe energie.

Elke keer as ek so mik wasbak toe: “Relax mother, dis mamma se birthday!!”

Hulle meng en kap en gooi by. Smeer die foil met gesmelte botter en met groot gebaar word die ses visse in hulle foil- huisies braai toe gedra. Daar’s ‘n nuwe bier in die hand en almal se glasies is vol . Pauline en ek, onder lief-vriendin Caro se oog, maak die slaai. Uit vrees vir daai vissies gooi ek sommer nog knoffel en chillie en crème fraiche by die mossels. Now we wait… vir daai ses vissies.

Kos is op die tafel en Lee (dreadlock-tjommie) vra die seën. Dit was so beautiful en special. En meer spesiaal was die ongelooflike smaak en tekstuur van die engelvissies. Wow!! Die twee kinners/jongmans so op hulle eie free spirit tyd het vir ons 20 slightly ouer mense ‘n fees voorgesit. Sonder stres en met ‘n beautiful gebed. YOU are real men kids.

Dis een van my heel lekkerste aande in my lewe. Die jong grootmense chat en joke met ons klomp, hulle was op, maak skoon en laat jou weer ‘n keer in die lewe stock vat. Jy beoordeel niemand op hulle looks nie. Daai hare en armbandjies en verslonste jeans is net ‘n tydelike uniform, hulle harte is so goed and they care. Hulle het inisiatief. Het al die wêreld deur reis en het hulle eie besighede. (Klein, maar eg!)

So is die fees verby en begin ek heel benoud raak vir die week wat voorlê. Want so klaag ek (only every now and then) oor die afgesonderheid van hier bly en hoe ek ekspedisies en reise stad toe MOET MAAK. Dan smile ek so lekker by myself, want ek is gek oor rondskuur! G’n wonner madam het nie spaargeld nie, sy ry dit uit.

Kyk, ek kan nou nie meer na myself verwys as ‘n eks-city girl nie, ek’s nou ‘n eks-city woman. Julle weet nou al ek moet uit my boksie/kassie glip die hele tyd. Kannie daarin bly nie, dit maak my gek. En ek raak so verveeld.

Ai, ek lief my huis. Ek lief die simplicity van als wat dit behels. Daar is so ‘n special charm omtrent die feit dat daar nie altyd wonderlike parmaham beskikbaar is nie, of g’n crème fraiche, of iets soos ‘n Segafredo koffiebone.

So wanneer daai  label van “Jy’s grênd’ so liberaal aan my vasgeknoop word, giggle ek lekker. Ek’s niks grênd nie, ek ry net hel baie stad toe en ek stock up met klein delicacies. Want ek hou van lekker eet en mooi goed, en as dit sonde is dan is ek nou erg skuldig! In fact ek ry sommer stad toe om lekker koffie en anchovies by Adriatic in Montagu Gardens te koop. En dieper in stad toe om sakkies vol speserye by Atlas Trading te kry. Ek lief daai pienk winkeltjie met sy simplicity en sy aromas. So eie aan die stad.

Taro lig al ‘n wenkbrou as ek Hermanus noem. “Moeder, is daar iets wat ek moet weet oor Hermanus?” vra daai blou oe met die klomp plooitjies.

Want ek pak alweer vir trollie en ons is weer op pad. Hermanus toe. Met net soveel plootjies kan ek terug lag, nee liefkind. Net ‘n lang, baie lang tafel wat ek moet dek. ‘n Spesiale lang tafel. Die 25ste verjaarsdag van DE KAT-tydskrif by Hermanuspietersfontein onder in die kelder. Die trollie kry swaar, haar stertjie hang sommer. Dis Wonki Ware-borde vir vier gang ete vir 40 mense. En glase, en klein bakkies en opskepbakke en silwer en linte en glue gun en kerstaanders en ‘n persiese tapyt en swart potte en servette en blombakke en baie, baie ou silwer. ‘n Hele pakkasie vir die baie besondere 1 September-geleentheid. Dis ‘n ‘working cellar’ dit herinner die twee G’s my, en als kan nie rondgeskuif word nie. Daars 60 000 liter wyn in die vat, mens neuk nie met hom nie, laat weet Bartho die wynmaker.

Die groot aand breek aan. Die eregaste is Trix Pienaar, Marga van Rooy, Wilna Snyman en Ollie Viljoen om maar ‘n paar te noem. Hulle word met word met larney karre aangekry. Elzilda en Wikus (DE KAT is haar tydskrif) maak deure oop en verwelkom die gaste. Daar’s marimba-dansers, konkas-vure, my ou stukkende persiese tapyt en warm gebraaide neute toegevou in DEKAT voorblaaie met ‘n ou lekker soetetjie.

Die tafel lyk stunning. Polkadot op polkadot. Eiervrug, rooikool en fynbos in silwer ysbakke is die blomme. Die kos word in antieke silwerbakke en skinkborde opgedien. En die einde van die aand kry almal broffie (koffie met ‘n brandewyntjie in ouwêreldse koppies met kondensmelk uit die blik).

Ek bly in Whale View, my lief vriende Nico en Mariki se gastehuis. Als is wit, vars en so stunning. Met ontbyt lê Wallie die walvis sommer net hier annerkant die stoep.

Trollie word weer gepak, terug Kaap toe met so groot, enorme lekkerte in jou siel. Ek ry sommer die kuspad Bettiesbaai om om myself weereens te verlustig in die kontraste van die landskap. Wow, die kleure, die teksture.

My bekertjie is vol, ek het baie gelag en met wonderlike mense gewerk. Dankie Gerrie, Gerard en Anuta, dit was ‘n so lekker!!!

Oppad terug ry ek sommer Vanguard Drive langs deur Epping. En daar op ‘n stuk gras met moddergate en tussen die snelweg en die plakkerhuisies staan byf mans, gholfstok in die hand en oefen hulle swings. Daar word op die stok gerus, bene gekruis ala Tiger Woods-styl. Dit is ‘n moment, ‘n prentjie wat vir ewig in my gedagtes gaan bly.

Terug in die Kaap ruil ek en Taro karre (of lorries) en ek is oppad Johannesburg toe om ‘n stalletjie by die Bridal Expo mooi te maak.

Ek ry weer verby die gholfspelers. Ek toet en waai, en kry vyf beautiful wittand glimlagte trug! Ons land is so kleurryk so amazing.

Ek weet ek leef in my bubble en embrace die beautiful al is dit tussen rommel. It feeds my soul.

Tot ‘n volgende gesels.
Isabella.

  • Hi Bella

    Baie geluk met jou verjaardag. Ek is bly om te hoor dit was so spesiaal want jy verdien dit. Jy is retig een van die spesiale mense wat ek al in my lewe ontmoet het en jy bly nogsteeds dieselfde. Mag dit vir jou ‘n pragtige jaar vol opwinding en liefde wees. Dit is mense soos jy wat die lewe die moeite werd maak vir ander.

    Alle liefde
    Anthea

  • Donald Paul

    Hey Bella, this very lekker. Thanks.

  • Hannes Koegelenberg

    Hi Bella! Veels geluk my liewe maatjie! Ek hoop jou jaar is gevul met koffers vol suikerdons en emmers vol liefde!! Jy is AMAZING!! Groot druk vir die honde!

  • Jy moet ons laat weet wanneer jy mondig raak volgende jaar, dan kan jy laat uitgaan en party, veels geluk, dankie vir lekker blog,

    Johan Wilke

  • Bellatjie,
    Dankie dat jy my weer bewus maak van die klein, maar sooo belangrike dingetjies wat mens soms net verbygaan. Jy’s so special,
    lekker daggie!!!
    Ek stuur vir my maatjies.
    Rozitha

  • Louisa

    Hi Isabel

    Dankie, so lekker gelees, veels geluk! Hoop ons kan ‘n foto of wat sien van die De Kat funksie?

    Mooi daggie en liefde

  • Suria

    Hi, Bella

    Lekker gelees en so bly ek kon jou seun "ontmoet" op die foto. . . Net so mooi soos sy ma ! Volgende week kom Ollie by my eet, maar ek kan jou verseker, hy gaan nie só bederf word soos by jou nie. Hy gaan net Waterblommetjiebredie kry.

  • Lee

    Hi Isabella, baie geluk met jou verjaarsdag en alle voorspoed en seën vir jou

  • Ria

    Hi bella, ek lees so lekker aan jou smaakvolle stories, dit maak my skoon lus om iets aan die kook te sit vanaand. Hou jou vingers so vlytig op die knoppies, moenie ophou nie….jy maak my dag! Voorspoed met al die funksies vorentoe….jy mag maar kook suster! liefde groente ria

  • Lesley

    Ai, treurige vriendin wayt ek is het ek al weer jou birthday vergeet!!! Bly dit was n goeie een. Lief jou Bella. XX

  • Karin Theart

    Hi Bella, baie geluk met jou verjaarsdag, dankie vir die lekker blog en dankie vir jou wat altyd daar is om mee te chat. Jy is amazing.

  • Pikkie Daniel

    Bella ek kry lekker tot in my tone vir jou onthalwe, daai smile wat jou ogies so klein maak en positiewe attitude is aansteeklik, en jy is vir mense ‘n ongelooflike inspirasie omdat ten spyte met wat met jou in jou lewe gebeur het,jy nog soveel plesier kan kry uit die lewe.
    Mooiste wense vir die jaar wat voorle en mag die donker oomblikke wegbly en almal vir wie jy lief is jou op die hande dra soos jy verdien!
    Pikkie Daniel.

  • Tanya O’Connor

    YOU feed my soul !

  • Natalie Roos

    Bella baie geluk met jou verjaardag. Mag God jou net nog meer seën die jaar. Al ons liefde die Rosies

  • Dit klink baie spesiaal!!

  • jwAfDn tfjvbgvuwxtf, [url=http://daynzoynowls.com/]daynzoynowls[/url], [link=http://hvhifssdyvnr.com/]hvhifssdyvnr[/link], http://iclomncgadjx.com/

  • Elena

    Sch ner Post!Ja, immer wieder das glchiee Thema Merchants haben Angst vor den b sen Buben in der Branche und schr nken dadurch die M glichkeiten immer weiter ein und vergr tzen sich die guten.Schade eigentlich, wo doch soviel Potential in diesen Gesch ftsmodellen steckt.