SARIE-blogs

Isabella se blog: Hier gesels ek alweer!

Ohhhhh mens kuier lekker daar in hulle gastehuis ah!….en daar is altyd lekker mense van oral oor die wêreld. En saans dek hulle tafel vir tot 14 siele. Daar word asembenemende geregte gemaak en na elke dis maak jy jou oë toe en probeer daai smaak wegbêre in ‘n geheue-gaatjie!

Annalize praat van my silwer sedan as my shopping trollie… ek giggle lekker, want eendag kan ek seker meer vir die twee splinternuwe agtersitplekke kry as vir die ‘trollie’ self! ‘n Kar moet werk….en die ‘trollie’ doen net dit!

‘n Kantoor met ‘n view. Honde wat luilekker in die winter son lê. Jy’t nie musiek nodig nie, die golwe speel elke dag hulle eie blyspel. Dis ‘n blessing.

Maar….en daar is ‘n maar.

Mens mag nie vir jouself of vir anner lieg nie….jy’t nodig om weg te ry daarvan, om in verkeersknope te sit en met seer voete in hoë hakke in nog ‘n mall steeds deftige treë te gee (hoë hakke laat my dunner lyk….so ek persevere!!!). Jy’t nodig om in ‘n lapwinkel te verdwaal, te voel aan goed, te ruik aan goed en anner stemme te hoor…anner wyn te drink. So hou ons daai kop aan die wonner oor what next?!!!

Nou sien…my sedan is so lief vir rondrits soos ek. Sy is sooo betroubaar met haar stewige cute gatjie!

Druk ek haar neus Rooi-Els toe vir ‘n lunch, ry sy terwyl ons Francoise Hardy….”if we were only friends” luid luister…..

Net voor ek van die lunch vertel…. Kom ons maak gou ‘n draai in Hermanus vir ‘n oomblik (Ek is ‘n vrou. Ek mag oor ‘n klomp goed op een slag praat…”I may deviate my thoughts”!!)

Hermanuspietersfontein (was oorspronklik Hermanus se naam) het elke Saterdag ‘n kosmark om oor te kwyl. Nie alleen proe jy by die sjarmante skrywer Gerard aan Kleinboet of Bloos of Martha nie, stap jy aan na advertensie-guru Gerrie wie se tafel steun onder die mees enorme verskeidenheid eksotiese kase. Daar’s filterkoffie, vetkoeke met mince….die wonderlikste sjokolades. Daar’s kos om van te droom….en…en dit is ‘n groot EN…Jy vat jou bottel wyn in ‘n ice bucket, met porseleinbord, mes en vurk en al jou aankope, en sit lekker en kuier. As die tafels vol is, skuif jy in by ‘n tafel waar nog sitplek is…..en kuier voort.

Terug na Rooi-Els. Dis waar Gerard die skrywer en Anuta Scholtz bly.

Op 1 Augustus het Gerard sy roman Lig Wankelend in ‘n spookhuis met spinnerakke en ou ou meubels in die asemrowende Kogelberg Natuurreservaat bekendgestel. Sop en brood, wonnerlike wyne, bekende gesigte en stemme, en die onbeskryflike stilte en klippe. “Trust him to do something so earthy!!”

En wat doen ek en trollie verlede naweek? Ons jirts weer Hermanus toe vir Vrouedag. Saam met my lief-vriendin Mariki en Annette van Nosy Rosy-faam dek ons ‘n tafel met draad kokerboom en tooi hom met kristalle wat hom laat skitter, linne servette met ons name daarop geborduur – als in witte, gryse en kristalle. “And the winner is”…..ONS!!!

Fab om te wen. Tog is dit die vorige aand se dek en loer en lag van die gasvrouens van die 30 tafels watjou laat smile en goed voel. Hulle is daai “gekonsentreerde vitamiene B12-inspuiting-kursus” waarvoor ek Hermanus toe gejirts het!!!

Terug in die kantoor met die view is daar klomp nuwe gedagtes….nuwe goeters. Koppie raas….so baie inspirasie….waarheen daarmee madam!!

Sodat ek nou nie vir ewig op hakke moet wees nie….dartel ek deur die groen area (dogs on leash-gebied). Dis wonderskoon. Blommetjies in elke kleur en skakering, en veldkool. Tot die onkruid het mooi fyn ou kleeeein blommetjies….nou verstaan jy van dartel. Niks met my fynheid te doen nie – dis van ligvoet wees om niks plat te trap nie!

Sommer net voor ek groet en synde ek op die rantjie van 55 is: moenie so haastig wees dat jy die klein afdraaipaadjies nie sien nie. Dis dikwels waar jy magic vind. Staan stil en se môre vir die son. Dit maak mens se binnestes warm!!

Bye bye

Isabella.

  • Louise Oosthuizen

    Die mense van Ah Gastehuis is die mees warmste mense en laat jou altyd so welkom voel.
    Nie eers gepraat van Arnold se ongelooflike yummy kos nie.
    Ek en Stiaan (my man) het ‘n onvergeetlike verlowing daar gehad, sal nooit vergeet hoe ons op hulle stoep gesit het met bubbly, die reuk van die see en die geluid van die branders nie.
    Dit alles nadat ons ‘n wonderlike 3-gang maaltyd geniet het en ek met die grootste bos wit lelies bederf was, dit alles is deur Stiaan, Annalize en Arnold gereel.

    Die Weskus is gevul met warm mense en die mooiste plekke.
    Dankie vir jou lekker-lees blog Bella.
    Ons mis jou baie……..

    **Die Oosthuizen**

  • You go girl ! Weereens heerlik! Hoop ek sien jou dalk die 21ste ! xxx

  • Lossie

    Ai Bella jy skryf soo lekker – ek geniet jou borrelende stories en bewonder jou lewenslus – inspirasie vi my!! Dankie

  • Marietjie van de Wall

    Isabella,
    Ek hou van jou, jou styl en jou woorde.
    Ek’s 50-plus met ‘n man, ‘n seun in die Kaap en twee seuns in Kimberley.
    My seun en sy vrou het ons aan Paternoster voorgestel!
    Wat ‘n pragtige plek! Die see maak ‘n mens mos kalm en ons probeer om altyd daar uit te kom.
    Kimberley is ver verwyder van ‘n pragtige see-landskap. Hier is net ‘n gat en strate rondom die gat gebou, maar my man se wortels is hier.
    Groete.
    Marietjie van de Wall

  • Marietjie van de Wall

    Isabella,
    Ek hou van jou, jou styl en jou woorde.
    Ek’s 50-plus met ‘n man, ‘n seun in die Kaap en twee seuns in Kimberley.
    My seun en sy vrou het ons aan Paternoster voorgestel!
    Wat ‘n pragtige plek! Die see maak ‘n mens mos kalm en ons probeer om altyd daar uit te kom.
    Kimberley is ver verwyder van ‘n pragtige see-landskap. Hier is net ‘n gat en strate rondom die gat gebou, maar my man se wortels is hier.
    Groete.
    Marietjie van de Wall

  • Marietjie van de Wall

    Isabella,
    Ek hou van jou, jou styl en jou woorde.
    Ek’s 50-plus met ‘n man, ‘n seun in die Kaap en twee seuns in Kimberley.
    My seun en sy vrou het ons aan Paternoster voorgestel!
    Wat ‘n pragtige plek! Die see maak ‘n mens mos kalm en ons probeer om altyd daar uit te kom.
    Kimberley is ver verwyder van ‘n pragtige see-landskap. Hier is net ‘n gat en strate rondom die gat gebou, maar my man se wortels is hier.
    Groete.
    Marietjie van de Wall

  • Bella
    Dit was heerlik om jou in Hermanus te hê! Dankie vir jou GROOT aandeel in die wentafel!
    En met die sonnetjie wat nou elke dag warmer skyn, het ek ook gister my gesig na bo gedraai en dankie gesê vir al die blessings.
    Jy is ‘n wonderskone roos en ek is so bly ek het jou ontmoet!
    liefde
    Annette

  • Reini

    Hallo Isabella!
    Ek ken nie die mense van wie jy praat nie, maar ek het beslis besluit, ek gaan saam waar jy gaan rondloop in Hermanus en Rooiels. Ook daar waar jy by jou liefie-vriende kuier in jou dorp. Ek kan sommer proe hoe proe die kos en die saamwees. Great.
    Party mense is neutraal en ander dreineer jou droog. Dan is daar sommiges wat enegizers is al druk die skoene. Jy sense hulle van ver af. Jy is so.

  • dankie vir die "link"! Ek het jou stories nou so geniet dat die Maandag nou ‘n uur minder het as toe ek begin lees het. Einlik het ek party ente sommer ‘n knop in my keel gekry, want van die snare speel maar dieselfde noot.

    Meskien moet ek vir my rondloper brakkie ook ‘n leiband kry wat sy self kan rond dra.

  • Christiana

    Bella, ek dink ‘n mens moet ‘n oggend hê waar ‘n mens net idees in die lig kan gooi en uitrol. ‘n Kollega vertel sy broei ook op idees en ons onderneem om ten minste een keer per week – vir eers – bymekaar te kom en uitruilwerk te doen en daarvandaan aan die gang te kom. Sy praat
    van ‘n webwerf waar ‘n mens se uitgevoerde idees verkoop kan word. Ek stuur dit aan. Ek hou van "I can deviate…" – "Have a mind, can change it." Liefde. Christiana

  • Alida

    Baie waar Bella.

  • Liewe Bella, my Bloubergstrand buurvrou – hoe baie mis ek jou lekker lag en gesels nie! Dankie vir al die heerlike nuus op jou blog – ek kan sien jy is besig om dinge in die Wes-Kus te verander – go girl go!

  • Alet

    Eureka ! Ek het jou en blog gevind. Goeie wrede, wye,Weskus, Vladivostok! Don’t stop.

  • Dekker

    Kan die vrou nie in Afrikaans skryf nie? Sover ek weet is daar Afrikaanse woorde soos maalvleis, ysbak en inkopies. So verniel ons die taal, met swak joernalistiek.

  • Isabella Niehaus

    ‘n Blog is nie ‘n joernalistieke platform nie. Daar is geen joernalistieke of taalreëls daaraan verbonde nie. Dit is soos ‘n persoonlike dagboek wat jou die vryheid gee om lekker te gesels, en persoonlike ervarings met ander te deel. Groete

  • Annette Gilham

    Moet asb nie jou skryfstyl verander nie. Dis vir lekkerlees en beleef en "after all" soos ons praat. Doen so voort.

  • gerard

    Bellakie, dis was sooo lekker om jou by ons spookhuispaartie te kon he!Jy skryf ook sooo lekker, omdat jy ook sooo ‘n lekker mens is. Dankie vir jou vriendskap girl. Hou aan blok, of issit nou blog!

  • Marita

    Bella, Soos altyd verbaas jy my weer met al jou heerlike talent. Jou beskrywende stories laat my saamry waar jy ook gaan. Moenie ophou nie en geniet elke oomblik. Op die manier geniet ons dit ook.

  • LfgitE claxrkbmfxtt, [url=http://akaiosohzgpo.com/]akaiosohzgpo[/url], [link=http://ytmscrdbuzld.com/]ytmscrdbuzld[/link], http://ktjfdxiwluhh.com/

  • Maretha

    Sit oopmond en lees, oordink en "luister" na die wonderlike taal gebruik en stories. Sien alles so voor my gebeur!! So "cool" Dit baie geniet. Dankie Wanneer blok/g jy weer? Kan nie wag vir die volgende sessie nie!! (was die partie nie lekker nie – so tussen lekker mense?)

  • Maretha

    Sit oopmond en lees, oordink en "luister" na die wonderlike taal gebruik en stories. Sien alles so voor my gebeur!! So "cool" Dit baie geniet. Dankie Wanneer blok/g jy weer? Kan nie wag vir die volgende sessie nie!! (was die partie nie lekker nie – so tussen lekker mense?)

  • Jy maak my sommer lus vir die lewe!!

  • Zezo

    Die gesamte Titelgeschichte ist ein Trauerspiel. Das Weltgeschehen schle4gt Purzelbe4ume und dem Spiegel fe4llt nitchs Relevanteres als Aufmacher ein, als das allte4gliche Stradfengeschehen zu skandalisieren und mit dfcrftigen Zahlen und Fakten einen Anti-Fahrradfahrer-Artikel zu stricken. Besonders perfide wird der Print-Spiegel, wenn er ffcr Berlin die Kosten ffcr Radwegbau ausgerechnet mit den Kosten ffcr die Opernhe4user vergleicht (und nicht etwa mit den Kosten ffcr normalen Stradfenbau, Fudfge4ngerwege oder andere verwandte Posten). Schilderungen wie die von den lustvoll allesblockierenden Radfahrer-Studenten Unter den Linden wirken auf jemanden, der wie ich die Strecke jahrelang te4glich gefahren ist, wie zum Zweck der Aufhetzung erfunden.