bella_portrait
SARIE-blogs

Isabella se blog: ‘Lied in my hart’

In die somer skop jy jou plakkies al by die voordeur uit, gooi al wat ‘n deur is oop en sit tot laat buite en lees. Nou is dit ‘n anner storie: jy sit al die ligte aan, tap dadelik ‘n reuse warm bad in, trek jou flennie jamies vroeg aand aan met sokkies en pantoffeltjies en sit met ‘n heater – aan elke kant – voor die rekenaar…en kwart voor agt is dit soooo donker dat jy seker is dit is lankal slaaptyd.

Mens moet nou ook onthou daar is wel ‘n kleine pikante plat televisie skerm in die huis – sonner ‘n aerial. Resultaat is sneeu op die skerm. En dis al. Ek het darem al in die drie jaar vandat Taro vir my, met mý kaart, ‘n televisie aangeskaf het, so 6 DVD’s gekyk, maar nou’s die kind op die see . En laas het ek als ontkoppel toe daar ‘n televisie in ‘n foto nodig was… en nou synde madam van die agtergeblewenes is waar dit enigiets tegnies is, het ek nie ‘n cooking clue hoe om alles weer werkend te kry nie. Enigste opsie: voor die rekenaar sal jy sit!

Laas Saterdagoggend erg vroeg , in fact dit was nog pikdonker buite ,toe dra Dowie al die tafels en stoele dek toe . Rensie en ek en Rona plak bakke uit met phylo pastry, dan laag kaas dan gestoomde butternut, rou gesnyde spinasie… sprinkel met al wat ‘n krui is en handjie vol rocket. Baie gekrummelde feta en dan die eier en room en stock mengsel. Ons eie idee van quiches.

Ons rooster plate vol klein tamaties in die oond met vars basilie en olyfolie, ’n rolkoek met lemon curd en tannie Lucy van Moorreesburg se hoenderpasteie, ’n savoury tuisgemaakte broodjie en my eie tamatie konfyt!

Daar’s so 25 vrouens wat elfuur vrolik en beautiful aankom vir ‘n oggend van klere en juwele, grimering en hare gesels. Al die luister en kyk word afgesluk met ‘n yskoue witwyn en al ons disse om aan te peusel. En die weskus weer speel saam…’n windlose beautiful sonskyn Saterdag vir die vroue hier op die duin!

Absoluut fabulous hoe vrouens hoe oud ook al altyd vrou bly. Lief vir die mooi. Vir die vroulike. My dag is gemaak deur Johanna en Engela albei in hulle 70’s – twee moderne dames. Hulle pas aan en vra en drink hulle wyntjie en het ‘n jolly tyd tussen die jonges!

Wanneer hulle ry gaan inspekteer ons eers die turksvye en die kruietuin waarop Dowie so trots is, mens sal sweer dis hy wat liefderik elke oggend halfses uitsluip en die plantjie natlei. Hy staan luilekker in die son hande op die heupe, broad smile en wink almal nader.

Dan met albei duime wys hy sy trots in die trosse minatuur bell pepers en klein kool koppies wat so in die seesand groei. Pluk ewe galant blaartjies van die kerrie-plant of ‘n vars vet basilblaar sodat hulle kant ruik!

Fernanda Luz. Potugees, blond en sexy is ‘n internasionale grimeerkunstenaar en haarstilleerder van formaat. Maak daai grimeersakkie kleiner, jy kort net maskara,lipstiffie,’n poeier foundation ,concealer en potlood. Voila jy kan magic maak daarmee! Sy speel met haarstukke en gee vir Sanet van Rain lang hare, sy gee die beautiful jong Nicolette ‘n propperse bos wilde hare. Hier vryf sy bietjie gel in daar knip sy so ietwat. As haar vingers klaar deur ‘n kop was het dit sommer ‘n anners look en die vrouens lief dit!

So teen drie-uur ry die laaste gaste . Die wind kom op met ‘n  ysige byt en ek besef somer  hier op die duin is nou proppers oor.

Sondagoggend word ek wakker en iets is missing. Koffie, toe nog koffie en toe drop daai vyfrand en ek weet : dis daai bekende Hallo Mother dearest…happi happi to the best mom in the world! Luv You!

Die woorde wat ek al so goed ken. Die eerste keer ooit wat ek nie rastakop se stem hoor op Moedersdag nie. Hy seil iewers tussen hier en die Amerika’s op pad om ’n boot in Miami te gaan aflewer. Ek grawe in ‘n boks en lees al die Moedersdag kaartjies en briefies met dieselfde rympie, die spelling het net darem verbeter deur die jare! Ek mis jou kiddo!

Dis nou weer tyd vir ‘n knus kantoor. Daai klein hokkie daar onder langs die kombuis. Not much of a view maar in die winter is dit cosy.

Waar ander in die lente voel dis tyd om van al die cobwebs ontslae te raak, lief ek om dit in die winter te doen. Jy re-invent ‘n vertrek of twee. Sit die skilderye op ander plekke, verf ‘n ou kas, ruil die banke en kussings om. Al die koel somers goed rus eers bietjie, dis nou tyd vir warm kleure en skaapvelle op die vloer. Al die wonnerlike oordadig geborduurde throws wat ek so liberal deur die jare in ander lande aangeskaf het, kry kans om weer bietjie te pronk. En in potte oral in die huis, rose geranium, olyftakke met klein olyfies aan, roosmaryn en basil en laventel, ek lief dit dat goed so uit die tuin reguit huis toe kan gaan.

Die Saterdag is Rensie se baba se eerste verjaarsdag. Nou oor Rensie. Sy’s ‘n meester-sjef sonder enige papiere. Sy het die Rubenesque look, rond en beautiful met ‘n vol clevage. Ek is gek daaroor om saam met haar te kook. Jy wys haar eenkeer, en daar gaan sy. Bring jy grasuie of enige kruie in die huis word dit dadelik, tjop tjop tjop hiper fyn gekap! Als word in klein bakkies gesit en sy ken van ‘n plek orden!

As self aangestelde peetma van die klein dingetjie met die drie tandjies en fluweel vel is ek agtuur op pad Vredendurg toe. Pick ‘n Pay toe. Sausage rolls, samoosas, klein ronde knoffel broodjies, worsies en cheese bites, bacon kips,smeer kase, juice….dis my bydrae vir die verjaarsdag.

Ek ry Rensie se straat mis in Louwille. Hier kom ‘n bondeltjie in skelpienk pajamas aangehardloop – dis half tien in die oggend, rubens clevage wip en die manne staar!

By Rensie se huis pak ons als uit. Daar’s ‘n groepie dogtertjies wat die antie in die swart met die wit poniestert aanstaar. ‘Sê more vir Miss Bella,’ kom Rensie se stem. En in ‘n koor: ‘more Miss Bella.’ Rensie druk om dankie te sê en met die is daar ‘n klein handjie in myne, ek kyk af en hier staan ‘n kleine mensie, fluweel sagte bruin velletjie en enorme krullers in  die hare, pienk flennie pajamas! Ek kniel om haar hoogte te wees. ‘Ek het ‘n photo van Miss Bella en Miss Bella se kolle hond. My Nana het dit vir my uit die magazine gesny en in ‘n frame gesit. Miss Bella is vir my baie mooi!’

Ai vader kindjie, dink ek terwyl ek die klein lyf styf vashou sal ek nou elke Saterdagoggend hier op Louwville se strate op my knieë staan vir so wonderlike kompliment. Sy skarrel weg met ‘n ‘Miss Bella ruik soos ‘n blom!’  What absolute joy!

Ek ry weg met ‘n lied in my hart, op die hoek van Boomstraat lê ‘n man…uitgepass met ‘n kleine brandsieke hondjie, rooi bandjie om die nek, by sy kop. So speel die kindertjies in hulle pajamas en krullers al om die mens. Niemand steur hom nie en sy hond bly sy beste pel, daar loop die trane al weer. Wil sommer die hond en sy baas red.

Op pad terug met al die prentjies en emosies in my kop lag ek vir die bosluisvoël wat op die kaal geskeerde skaap se rug sit, skaap wei rustig en voel sit net…obviously ‘n sagte kussing met min bosluise!

En later ry ek Paarl toe vir ‘n wonderlike lunch by Hanlie en Gavin .’n Sagte pers huis in die Paarl. Hoe beautiful en kunstig is die huis nie! Ons eet slow food – salm met ‘n dill sous, hoofgereg boud met ‘n creamy sous, hoender met ‘n granaat sous…root vegetables en aspersie-en-quail-eiertjie slaai.

Ek ontmoet vir Bianca, skrywer van die wonder blog Kitchen Vixex. Gaan loer gerus. En David is daar, interior decorating master en Colin wat vir altyd onthou sal word as die meester-sjef van Pot Luck in Johannesburg en hier in die Kaap Floris Smit Huis.

Een van die groot lekkertes vir my is so groot tafel gekuiery.!

My wonderlike tyd by SARIE is amper verby, nou werk koppie weer oortyd om aan iets nuuts te dink. Want besig bly die moet ek! En as ek moet re-invent dan doen ek dit!

Iemand slim sê: When emotions are managed by the heart they heighten our awareness of the world around us and add sparkle to life. The result: a new view of life!

Vrede vir julle…of soos my kind sal sê: peace !

Tot ons weer gesels.

Bella Isabella Niehaus.

  • Karen Lelieblom

    Lief vir jou Miss Bella, jy skryf net so wonderlik soos jy self is! Jou woord prentjies is net so eg soos jy en tower pragtige prentjies en reuke op! Jy is special Miss Bella, very special! Sarie verloor ‘n great mens en "unmatched" talent! Ons sal jou mis in die boek, jou uitgawes het uitgestaan! Vrede Miss Bella van die dunes.

  • Shoneen

    Bella, nogmaals dankie vir ‘n heerlike Saterdag oggend.

  • Groot G

    Jou eerlikheid oor alles Bellakie, jou eerlikheid…

  • gerda genis

    Dierbare Bellatjie….dankie vir die inspiring thoughts….altyd lekker om jou stories te lees….x x Gerda

  • Mynie Grove

    Net solat Mies Bella wiet: Mies se liefde vir anne’ mense is ‘n gawe wat Mies se Mama seker baie vreugde gegee het…….ek weet, want ekke kry baie daarvan. En Mies het altyd ‘n smaail op die gesiggie. En as daai smaail nie daar is nie, het iemand definitief lomp en lelik op Mies se stertvere getrap. Nooit sommernet nie, altyd net saam met ‘n blou kol. Maar gelukkig is Mies se vreugdeknoppie ver oorontwikkel en kom daai smaail met rasse skrede terug waar hy hoort. Dis Mies se nalatenskap vir ammil wat vir Mies liefhet en ken.
    En net solat Mies NOG wiet: die modeblaaie in SARIE is skielik weer kenmerkend van Mies: wereldklas en uniek. DIS nou inspirasie – ons eie Grace Boddington. So as Mies se naam (Italiaans vir mooi) nie genoeg is nie, pas GRACE netso goed. So van nou af is Mies se naam Bella Grace Dynhaus. Hoe’s daai? :Liefde en admirasie vi’ ewwe ouky?

  • Karin Burke

    Bella, dankie vir die inspirasie op ‘n Dinsdagoggend, ek wou dit gisteraand lees, maar is bly ek het dit eers vanoggend gedoen. Ek voel nou goed en positief. Dit is altyd lekker om jou stories te lees. Baie Liefde!!!!!!

  • Greta Pinkalicious

    Ek kan maar net beaam wat almal voor my alreeds gese het!!!!
    Jy is a beautiful, spesiale vrou!!
    Ek het al so baie by jou geleer daar by jou paleis op die duin….nee dis n hawe!!!
    Elke persoon wat ooit die voorreg het om jou tuiste te betree, word baie spesiaal laat voel en ook so behandel.
    n Skamele dankie is nie genoeg….maar baie dankie!!!??

  • Anneliese Le-Breton

    Bella – dankie vir jou wonderlike stories – altyd ‘n plesier om te lees – ons wil nog baie van jou hoor asseblief :-) Groot hugz xoxo

  • Willene Venter

    Dankie vir die stap deur jou tuin en die saam kuier met al die mense wat jy so wonderlik beskryf. Dis n fees om jou blog te lees. Mwah

  • Marne de Kock

    Liewe Bella, se vir ‘Sarie’ jy moet nerens heen gaan nie! Ons wil net weer en nog en meer van jou wonderlike stories lees asb!

  • Isabella Niehaus

    Dankie vir julle almal wat lees. Dis sooo lekker om te weet daar is mense wat mens se geskribbel geniet! Groot drukke vir julle en lekker week verder. Bella

  • Ina Skinner

    Mag ek jou ook "Bella" noem, selfs al ken ek jou net van al die lekker lees in die boeke en het ek al deur die jare myself verlustig in jou blyplek en jou gawe om net so wonderlik oor te kom deur foto’s as wat jy regtig is. Dankie daarvoor, ek voel reeds soos ‘n vriendin. Jy is ‘n wonderlik inspirasie, en ek kon vanoggend, soos wat ek jou blog gelees het, saam jou kuier … met prentjies in my kop. Ai, al is ek ‘n Potchefstromer sal ek darem graag eeeendag ook so ou lekker plekkie wou hê op ‘n duin wat uitkyk oor die see met ‘n groentetuintjie met allerande lekker vars kruie! Intussen sal ek my kruie buite my kombuisventer ook geniet, selfs al kan ek nou nie waffers kook nie, dit klink net reg. Jy is ‘n inspirasie!

  • freda

    mooi en nice soos altyd Bellie !!!

  • Marlene du Plooy

    Isabella…… (jou naam lui vir my so mooi soos klokkies; ek gaan dit nie verkort nie). Al wat ek gedoen het is.., ek het jou blog gelees en ek is weggevoer hier vanuit die rotresies in Gauteng na my hartland in die Kaap. Daar waar slow living werklik betekenis kry. Dankie vir die heerlike kykie in jou lewe. Ek verlang nou so om op jou sandduin te loop, ‘n strandstoel staan te maak en salig te lees aan ‘n lekker boek, met een oog op Tafelberg. Mag jy NOOIT uittree nie, maar altyd bly om mense te inspireer en weg te voer (hetsy deur die modeblaaie of jou vertellings).

    Warm groete uit Pretoria

  • scammold

    When the election in the U.S.?

  • Demarlo

    So true. Honesty and eevyrthnig recognized.