SARIE-blogs

Eksklusief: Janie du Plessis blog vir ons

Sondag 31 Oktober

Die afgelope twee dae was dit gholf! Die Andalucia Valderama Masters hier in Sotogrande. Ek en Rian en die twee seuns het vir James Kingston van Suid Afrika gaan ondersteun.
Seker een van die mooiste bane wat ek nog gesien het maar volgens James een van die moeilikste! Teen gistermiddag het dit boonop begin reën en vandag het die wind ons letterlik omgewaai. Daai arme spelers is deur hel! Maar as toeskouer is dit eintlik meer opwindend om die beste spelers in die wêreld te sien speel as hulle so in die knyp kom. Dis dan wanneer ‘n mens eintlik die ongelooflike houe sien en verstaan hoekom daai mans van die beste gholfers in die wêreld is. Vandag moes hulle balle uit diep gras, agter bome en onder denne naalde uitslaan. Die een ou het sommer sy gholfstof moes regbuig na ‘n skouspelagtige mokerhou op die 18de gat.

Dis heerlik om die toernooie by te woon. Dit voel asof ‘n mens in ‘n pragtige park loop.

Die kinders in Spanje kry uitstekende geleenthede om gholf te leer speel. Hier naby die huis is daar ‘n publieke baan en ek tel elke middag ten minste 33 – 50  kinders wat p/dag daar les kry met 7 afrigters. Dis net een baan! Die top-spelers in Spanje kom glo uit hierdie area en anders as Portugal, is die jong mense nogal gesondheidsbewus.

Die infrastruktuur ondersteun die jong gholfers. Dit is ‘n sport vir almal en nie net die elite nie. Dis hoe dit moet wees.

Rian wil skaapboud met wortels, boontjies en aartapples eet vanaand. Volgens hom is ‘n Sondag nie ‘n Sondag daarsonder nie. Die goeie nuus is dat hy gaan kook…

Janie en James Kingston Janie  en die Suid-Afrikaanse gholfspeler, James Kingston

Maandag 25 Oktober

Ek’t vanoggend wakker geword en was so deurmekaar oor waar ek is? Oktobermaand is my dol maand, my teruggee-maand. Dis dan wanneer ek die land rondrits en praatjies gee oor kanker, bewusheidsveldtogte ondersteun en die pad vat op my Harley Davidson saam met my mede survivors. Dit voel vir my elke jaar asof ek in Oktobermaand omtrent elke aand in ‘n ander dorp slaap en hier teen die einde is ‘n mens nogal gedisoriënteer. Ek moet erken, ek’s bly dis verby want ek’t gisteraand op die vliegtuig amper op die ou Italiaanse omie langs my se skouer gaan lê, want ek’t gedink ek’s by die huis.

Met die Journey of Hope uiteindelik verby het ek vanoggend vir die eerste keer in vrede lank gebad, maar so gelag toe ek al die blou-, pers- en groen kolle op my bene gesien het! Dit lyk asof ek in ‘n oorlog was. As ‘n mens so op daai motorfietse ry, tref die klippies jou van voor af as jy ry en met die opklim en afklim, kap jy jou bene boonop daagliks teen ‘n harde ding op die fiets.

Ek’s in Spanje op die oomblik. Sotogrande. Ek kuier hier saam met Rian (du Plessis, Janie se vriend) by sy huis vir 2 weke en die plan is om die gebrom van die motorfietse uit my kop uit te kry en dit op die gholfbaan te kry. Dis gholf-paradys. Ek’t vanmiddag La Cañada-gholfbaan gespeel saam met Leon, Oliver en Rian. Leon is Rian se 16-jarige seun en Oliver is sy maatjie.

Hy’s op skool in Engeland, by die Mary Hare-skool vir dowes en is ‘n lekker speelmaat in ons familie-uitdagings. Hulle het ‘n kort vakansie op die oomblik. As hulle oor my en Rian skinder, praat hulle met hulle hande maar, hulle het geleer praat en ons hou lawaaierige etes want hulle gehoor-apparate laat hulle toe om ons stemme te hoor en hulle kan albei ongelooflik goed liplees. Ons is so geseën met ons kinders en ons is so dankbaar vir die hulp wat ons het met die regte skole vir elke kind se uitdagings. Benito (my seun) se leerprobleme het my al nagte lank laat wakker lê.

Dis laat-somer hier in Spanje. Die weer is wonderlik en ons speel gholf tot 19.30 in die aande as die son eers sak. Hier eet ‘n mens jambon en baie olywe. Jambon is ‘n bosvark boud wat 5 jaar lank gedroog is. Ons het die hele boud in ‘n houtraam in die kombuis. Rian het ‘n langlem mes en sny stukkies vleis af en maak ‘n tapas-bord met olywe en kaas as ons drankies drink vroegaand. Dis sonder twyfel my hoogtepunt van die dag.

‘n Ding bly vassit in my kop… Op die vliegtuig was daar ‘n ou oom en sy vrou, baie elegant, en op die oog af, welgesteld. Die oom was effe kruppel en het gesukkel met die sakke wat hy moes dra. Hy was ‘n aantreklike oom met mooi oë en ‘n vriendelike geaardheid, ordentlik en saggesproke. Die tannie was egter ‘n heks en dit het vir baie van ons, wat die twee kon hoor en sien, verstom hoe sy deurentyd op die oom geskel het. Sy was die hele tyd vir hom kwaad en toe ons vroegoggend in Londen land, het sy met haar suur gesig net voortgegaan met haar geskel. Hoekom doen mense dit? Wat op aarde maak ‘n mens so suur dat jy lelik is met mense om jou en veral met die’s wat duidelik vir jou lief is?

Kyk die Journey of Hope-video

  • Die Jambon klink heerlik! Sulke suur mense probeer waarskynlik hulle eie seer verwerk deur ander so te hap. Maar wat sy nie weet nie, sy kan hom tog nie raakhap (tensy hy dit toelaat natuurlik!) nie, sy maak net haarself seerder. A sharp tongue can cut your own throat.

  • Madeleine Schutzler

    O dit klink te heerlik. Het op Google Earth gaan kyk hoe lyk dit daar. Lyk na vakansie in hoofletters!! Geniet die ‘break’.

  • Nicoline v.N.

    Na die artikel oor jou lewe in Portugal(nuwe-mooi-voorblad-Sarie),kan ek nie wag om jou boek te lees nie!Dankie dat jy bereid is om sulke hartseernuus met ander te deel.So kan mens die lewe meer waardeer en dankbaar wees vir wat jy het!Sterkte en mag jy vorentoe baie geluk en liefde ervaar!

  • Gintukas

    Liebe Sara,es sind wunderbare Erge4nzungen zu deenir te4glichen Pflege.Natfcrlich werden wir alt, aber jeder mf6chte gerne sein jugendliches Aussehen solang wie mf6glich bewahren. Daher sollte Mann/Frau genau auf die Inhaltsstoffeder gewe4hlten Pflege achten.Ich hoffe ich konnte dir helfen.VN:F [1.9.6_1107]please wait…VN:F [1.9.6_1107](from 0 votes)