Untitledslank
Mooimaak

Mooimaak-blog: Kies reg vir jóú lyftipe

Is jy ’n appel of ’n peer, slank of petite? En hoe gemaak om jou beste bates te beklemtoon? Die SARIE-Mooimaakspan ken vrouelywe en laat ons lesers gereeld soos modelle voor die kamera lyk. Hier’s hul wenke

Die geheim om stylvol aantrek, is om jou beste kenmerke te beklemtoon en die probleem-areas te verbloem.

5 TIPES VROUELYWE

Untitled

PEER-FIGUUR

- Jou onderlyf (heupe en boude) is groter as jou bolyf. 

Moets & moenies

  • Die truuk is om aandag op jou bolyf te vestig deur ekstra volume of interessante detail (soos valle) bo te dra.
  • As jy klein borste het, dra iets bo wat jou borste meer in proporsie laat vertoon. En onthou, ’n opstoot-bra (push-up) kan wondere verrig!
  • Peer-figure kan hul kurwes versag deur ondersteunende onderklere te dra.
  • Dra ook reguit broekspype, eerder as styfpassende (skinny) broeke, wat jou boude groter laat lyk. (Pype wat te veel uitklok kan jou bene lomp laat lyk)

Foto-wenke
Moet nooit jou lyf direk na die kamera draai nie. Jou heupe sal kleiner vertoon as jy effens skuins na die kamera draai en op een been agtertoe leun (sien foto).

Untitledpeer

APPEL-FIGUUR

- Jou bolyf is groter as jou onderlyf (jy sit gewig aan om die middellyf)

Moets & moenies

  • Verbloem jou middellyf met rokke en bloese wat sag en gemaklik onder die borste uitvloei.
  • Dra ook liewer broeke met effense uitklok- of reguit pype pleks van noupassende broeke wat nóg meer aandag op jou bolyf vestig.
  • ’n Appel-figuur met mooi gevormde bene kan ook haar bene beklemtoon.
  • Verbloem terselfdertyd die arms en skouers deur moue en ’n donkerder kleur, en vestig die aandag op ’n mooi hals.

Foto-wenke
Met foto’s is dit belangrik om nooit jou lyf direk na die kamera te draai nie, dit laat ‘n mens groter lyk. Die foto aan die regterkant wys dat as jy jou lyf skuins draai en die voorste arm verbloem, lyk mens slanker.

Untitled

UURGLAS-FIGUUR

- Jou bolyf en onderlyf is in proporsie, en jou middellyf is klein

  • Dit word beskou as die perfekte figuur
  • Lê klem op jou dun middeltjie met ’n belt of oorslaan-rok (wrap-around).
  • Dra lae halslyne, veral V-nek-, halternek- en uitgeholde hals(scoop)-style. Jou bors-area vertoon dan meer in proporsie tot jou dun middel
  • Dra donker kleure en vertikale strepe as jy minder klem op jou kurwes wil plaas.
  • Maak seker jou broekspype klok effens uit, en pasop vir noupassende broeke.

Foto-wenke
Maak ‘n verskil aan jou foto’s deur ‘n bietjie weg van die kamera te draai en jou skouers terug te trek. Jou middel sal kleiner vertoon.

 Untitleduurglas

PETITE FIGUUR

 – Jou bo- en onderlyf is klein gebou

  • Petite figure mag eksperimenteer met volume en vroulike aksente soos valle gebruik.
  • Vroue met klein borste moet ’n bra oorweeg wat die borste effens lig.
  • Eksperimenteer met kleur, maar kies dit volgens jou veltoon. Helder of grafiese patrone en gedetailleerde materiaal kan voorkoms opkikker.
  • Vermy liewer kledingstukke wat te oordadig of swaar is.

Foto-wenke
Enige posisie voor die kamera werk met die petite-figuur.

97 IMG_8798

SLANK FIGUUR

– Jou lyf is atleties en maer met ’n silindervorm.

  • Jy kan met byna enigiets wegkom.
  • Jou lyf kan helder kleure, patrone en grafiese materiale mooi laat vertoon.
  • Kurwes kan maar beklemtoon word sodat ’n atletiese figuur nie haar vroulikheid verloor nie.
  • Probeer so ver moontlik wegbly van lomp sweetpakke en onvroulike kledingstukke met te veel struktuur.

Foto-wenke
Jou lenige lyf vertoon goed in enige posisie voor die kamera, jy kan eksperimenteer.

Untitledslank

 

 ONTHOU DÍT ALTYD

  • Donkerder effekleure verbloem jou lyf, terwyl helder kleure of grafiese patrone dit beklemtoon.
  • Blink materiale soos satyn trek ook die aandag en moet versigtig gebruik word.
  • Onthou gerus dat materiale met ’n dowwe afwerking net so ’n luukse voorkoms kan verleen.
  • Lê die klem waar jy die aandag wil behou en omskep jou ‘liggaamsfoutjies’ in sagte komplemente tot jou beste bates!

Bespreek vir jou ’n mooimaaksessie

Om jou mooimaaksessie by Veronique en haar span te bespreek, besoek haar webtuiste by www.veronique-photography.com of kontak haar direk by 079 737 7397 / info@veronique-photography.com