FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

Mooimaak

Mooimaaksessie – Belinda le Roux (50): “Elke vrou is dit aan haarself verskuldig”

Belinda le Roux (50) van Nuweland in Kaapstad is ’n navorsingsanalis by ’n beleggingsmaatskappy. Toe sy onlangs 50 geword het, het sy besef dat jy nie die dinge wat jy graag wil doen, soos ’n mooimaaksessie, moet uitstel nie.

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

Wat sê Belinda?

Hoe het jy die mooimaaksessie ondervind?

Fantasties! Ek dink dit is iets wat elke vrou aan haarself verskuldig is.

Wat dink jy is jou beste eienskap?

Die kleur van my oë

Beskryf jou klerestyl …

Ek werk in ’n professionele omgewing en was nog altyd omring deur stylvolle en elegante modes. Die klere wat vir my uitgekies is, was perfek en het my styl 100% gepas.

Hoe het jy verwag gaan jy lyk?

Ek het na fotos van ander mooimaaksessies gekyk en het verwag dat ek mooi gaan lyk, maar die eindresultaat was verbysterend.

Was jy verras om jouself in die spieël te sien?

Ek dink my reaksie was iets soos: “Wow, dit kan nie ek wees nie!”

Wat was jou vriende en familie se reaksie?

Manlief kon nie glo dis ek nie en hy was baie beïndruk met hoe professioneel die fotos is.

Hoe maklik is dit om dié nuwe stylvol te hou?

Ek het heelwat idees by Leverne, die grimeerkunstenaar en haarstilis, gekry wat ek definitief gaan probeer.

Wat het dié mooimaaksessie aan jou selfvertroue gedoen?

Die effek is onbeskryflik. Om soos ’n model te voel én lyk vir ’n dag, laat ’n indruk op jou wat nooit weggeneem kan word nie.

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

Wat sê die mooimaakspan?

Leverne Botha – grimeerkunstenaar

Belinda het pragtige blou oë wat ek met grys oogskadu beklemtoon het. Haar natuurlike lipkleur is so mooi en hoef net sagkens beklemtoon te word met ’n ligte lippotlood en lipglans.

Elaine, Stilis

Vir Belinda het ek stylvolle en elegante klere geskies. Elke uitrusting het haar lyf perfek gepas. Sy het awemrowend gelyk in die elegante vlootblou aandrok. Dít is haar kleur en het haar oë pragtig gekomplementeer.

Veronique Mills – fotograaf

Belinda het die mooiste blou oë, blonde hare en is petite. Die donkerblou rok het haar soos ’n handskoen gepas en om dié kleur te komplementeer het ek ’n grys agtergrond gebruik.

(Klik op die foto om te vergroot)

FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

Klere van Slate

BESPREEK VIR JOU ’N MOOIMAAKSESSIE

Om jou mooimaaksessie by Veronique en haar span te bespreek, besoek haar webtuiste by www.veronique-photography.com of kontak haar direk by 079 737 7397 / info@veronique-photography.com

  • Maritza

    Julle gaan my moet kom mooi maak, wat ek van make-up weet kan gevaarlik wees :( – sy lyk stunning