FOTO: Veronique Mills 
KLERE: Slate

FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

Mooimaak

Mooimaaksessie – Betsie (63): “Jy kan op enige ouderdom steeds mooi lyk én mooi voel”

 

 

Betsie Jordaan (63) van Kenhardt in die Noord-Kaap is ’n afgetrede verpleegkundige en het dié mooimaaksessie as ’n Kersgeskenk van haar man en kinders gekry. 

 

 

 

Betsie se voor- en ná-foto

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

Wat sê Betsie?

Beskryf jou klerestyl, en vertel ons wat jy tydens die mooimaaksessie geleer het?

Dit moet vroulik wees, maar ook gemaklik. Ek het geleer dat jy op enige ouderdom steeds kan mooi lyk én mooi voel.

Was jy verras om jouself in die spieël te sien?

Verskriklik! Ek het myself nie herken nie.

Wat was jou familie en vriende se reaksie?

Hulle was mal daaroor – veral om my so gelukkig te sien.

Wat het dié mooimaaksessie aan jou selfvertroue gedoen?

Verskriklik baie. Dit het my ook geestelik baie beter laat voel.

FOTO: Veronique Mills  KLERE: Slate

FOTO: Veronique Mills
KLERE: Slate

Wat sê die mooimaakspan?

Leverne Botha – grimeerkunstenaar

Ek het ’n onderlaag gebruik wat Betsie se vel ’n mooi egalige voorkoms gegee het. Haar wange het ek met ’n bronser beklemtoon om ’n gesonde glans aan haar voorkoms te gee.

Betsie se mooi oë het ek met ’n donkerbruin oogpotlood beklemtoon en haar sterk wenkbroue raam nou haar oë baie mooi.

Elaine, stilis

Vir Betsie se totale transformasie het ek net die beste klere gekies! Eerstens het sy baie gemaklik gevoel in die swart-en-rooi rok met goue bykomstighede. Die uitrusting het haar ligaamsbou baie goed gekomplementeer en haar besonders mooi laat lyk.

Die swart elegante rok wat ek vir haar gekies het, het ’n ander kant van Betsie na vore gebring – sy het gestraal van selfvertroue.

Betsie het tydens die modesessie ’n totale nuwe styl kleredrag, hare en grimering ontdek.

Veronique Mills – fotograaf

My gunsteling-deel van Betsie se mooimaaksessie was toe ek haar by die salon kry en haar nie herken het totdat sy vir my gewaai het nie. Haar hare het ongelooflik gelyk! Betsie is ’n plat-op-die-aarde-vrou en dit was só lekker om haar mooi te maak!

(Klik op die foto om te vergroot)

FOTO: Veronique Mills  KLERE: Slate

FOTO: Veronique Mills
KLERE: Slate

FOTO: Veronique Mills  KLERE: Slate

FOTO: Veronique Mills
KLERE: Slate

Klere van Slate, Willowbridge

Hare: Pro Hair Studio, Kenridge (021 914 2525)

BESPREEK VIR JOU ’N MOOIMAAKSESSIE

Om jou mooimaaksessie by Veronique en haar span te bespreek, besoek haar webtuiste by www.veronique-photography.com of kontak haar direk by 079 737 7397 / info@veronique-photography.com

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

Mooimaaksessie-pakkette

Kyk na al die vorige mooimaaksessies HIER