Bonnita Kriel Wildenburg se mooimaaksessie (FOTO: Veronique Mills)

Bonnita Kriel Wildenburg se mooimaaksessie (FOTO: Veronique Mills)

Mooimaak

Mooimaaksessie – Bonnita Kriel Wildenburg (44): “Ek weet ek kan goed lyk”

Bonnita Kriel Wildenburg (44) is ‘n besturende direkteur van Blouberstrand.

Bonnita Before After

Wat sê die mooimaakspan?

Leverne Botha – grimeerkunstenaar
Bonnita het die mooiste blou oë en hoë wangbene. Ek het haar oë met ‘n goudgeskakeerde-oogskadu beklemtoon.

Seugnet Robson – stilis
Die koraalkleurige items komplimenteer haar veltoon en -kleur. Sy lyk ook meer gesofistikeerd as haar hare opgevat word, en die swart ‘wrap-around-dress’ was het haar lyftipe baie mooi gekomplimenteer. Die rokstyl is so veelsydig, sy kan dit in die aand en in die dag dra.

Veronique Mills – fotograaf
Bonnita was baie gemaklik voor die kamera. Sy het die mooiste glimlag en ek het meer gefokus op natuurlike foto’s waar sy lag.

Wat sê Bonnita?

Waarom het jy besluit op ‘n ‘makeover’ vir jouself?
Ek moes weet hoe ek op my beste lyk.

Wat aan jou lyf beskou jy as jou beste eienskap?
My gesig, hare en oë

Beskryf jou klerestyl, en wat jy intussen wysgeraak het?
My klere is modern en deftig, en ek het agtergekom ek dra meer grimering as wat ek gedink het.

Hoe het jy verwag gaan jy lyk?
Ek weet ek kan goed lyk, maar met dié mooimaaksessie lyk ek glansryk.

Was jy verras om jouself in die spieël te sien?
Ja, natuurlik!

Wat was vir jou die mooiste deel van jou mooimaaksessie?
Net mooi als – die professionele grimering, stilering en fotografie. My oë het oopgegaan vir ‘n ander wêreld, en ek’t soveel pret gehad

Wat was jou vriende/familie se reaksie?
Hulle was stomgeslaan. Veral my man!

Hoe maklik is dit om dié nuwe styl vol te hou en sal jy dit vir jou vriendinne aanbeveel?
Dit is glad nie moelik nie, en ek sal beslis my vriendinne kry om dit te doen.

Wat het dié mooimaaksessie aan jou selfvertroue gedoen?
Dit het my selfvertroue ‘n hupstoot gegee, en nou kan ek fantasties lyk wanneer ek moet.

BESPREEK VIR JOU ‘N MOOIMAAKSESSIE

Bespreek vir jou ’n mooimaaksessie

Om jou mooimaaksessie by Veronique en haar span te bespreek, besoek haar webtuiste by www.veronique-photography.com of kontak haar direk by 079 737 7397 / info@veronique-photography.com

  • Linda Lochner

    Dis mos nou mooimaaksessies in n ander klas!! Elke keer as iemand my wou mooimaak, het ek net gevra om stunning te lyk, maar helaas. . . .

  • BONNITA WILDENBURG

    HI SARIE MOOI MAAKSPAN VERONIQUE BAIE DANKIE VIR DIE MOOI MAAKSESSIE ALMAL KOMPLIMENTEER DAT EK 10 JAAR JONGER LYK EN EK DINK ENIGE VROU EN MEISIE MOET DIT VIR HAARSELF DOEN OM TE SIEN DAT NORMALE VROUE OOK SOOS MODELLE KAN LYK BONNITA