FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

Mooimaak

Mooimaaksessie – Chantel van der Westhuizen (32): “Ek het min tyd vir mooimaak”

 

Chantel van der Westhuizen (32) van die Paarl het haar eie besigheid. Sy wou haarself bederf, want as besigheidsvrou en ma van twee is daar maar min tyd vir mooimaak.

Chantel se voor- en ná-foto

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

Wat sê Chantel?

Waarom het jy besluit op ’n mooimaaksessie?

Dit was die ideale geskenk van my aan my. Ek is ’n mamma van twee en daar is min tyd vir mooimaak.

Wat dink jy is jou beste eienskap?

My oë.

Beskryf jou klerestyl…

Gemaklik en klassiek. Dit was lekker om bietjie met kleur te speel.

Hoe het jy verwag gaan jy lyk?

Ek het die mooimaakspan se vorige werk gesien, daarom ek het baie verwag. Maar hulle het selfs my hoë verwagtinge oortref.

Wat was jou familie en vriende se reaksie?

Hulle het net gesê “wow”.

Hoe maklik is dit om dié nuwe styl vol te hou?

Ek kan nie elke dag al dié grimering dra nie, maar die raad en wenke gaan beslis baie help.

Wat het dié mooimaaksessie aan jou selfvertroue gedoen?

Definitief ’n hupstoot gegee.

FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

Wat sê die mooimaakspan?

Leverne Botha – grimeerkunstenaar

Ek het Chantel se groot blou oë ’n dramatiese voorkoms gegee met donker oogskadu en swart oogomlyner. Ek het haar voorkoms steeds vars laat lyk met ’n koraalkleur lip en blos. Haar hare het ’n diep kantpaadjie om die elegante voorkoms mooi af te rond.

Ek het verbronser gebruik om haar sonbrandlyne te verbloem. Die snit van die rok het ook gehelp om dié lyne weg te steek.

Elaine, Stilis

Vir Chantel se uitrustings het ek beige en koraalkleure gekies. Die sagte neutrale kleure het haar haarkleur, veltoon en oë vreeslik mooi beklemtoon.

Veronique Mills – fotograaf

Die klere wat gekies is het perfek by Chantel gepas, veral die koraalkleur rok. Chantel het die mooiste blou oë wat só mooi op kamera wys. Dit was ’n baie gemaklike sessie en ons kon lekker gesels en lag!

(Klik op die foto om te vergroot)

FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

Klere van Slate

BESPREEK VIR JOU ’N MOOIMAAKSESSIE

Om jou mooimaaksessie by Veronique en haar span te bespreek, besoek haar webtuiste by www.veronique-photography.com of kontak haar direk by 079 737 7397 / info@veronique-photography.com

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

  • Leandra Wessels Krause

    oh wow!! jy lyk stunning vroutjie!!