FOTO: Veronique Mills

Mooimaak

Mooimaaksessie – Elané van Wyk (31)

Elané van Wyk (31) van Langebaan aan die Weskus is ’n forensiese handskrif-ontleder en ’n reservis vir die polisie wat graag foto’s van haarself wou hê, omdat sy gewoonlik die een agter die kamera is en maar min foto’s van haarself het.

 

 

 

Elané se voor- en ná-foto

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

Wat sê Elané?

Wat het die mooimaaksessie vir jou geleer?

Ek hou van eenvoudige, klassieke klere.  Maar nou het ek ook gesien dat ek ook stylvol kan lyk in helder kleure.

Was jy verras om jouself in die spieël te sien?

Ja! Ek was mal oor hoe Leverene my grimering gedoen het.

Hoe maklik is dit om dié nuwe styl vol te hou?

Elaine het by redelik eenvoudige style gehou. Dis min of meer dieselfde klere wat ek sou kies, maar die kleure is meer gewaagd.

Wat het dié mooimaaksessie aan jou selfvertroue gedoen?

Vir my gaan die lewe oor meer as net die uiterlike.  Die sessie was baie pret en ek sal weer so iets doen, maar ek glo ’n mens bou jou selfvertroue van binne en dit gaan oor wie jy is eerder as hoe jy lyk.

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

Wat sê die mooimaakspan?

Leverne Botha – grimeerkunstenaar

Elané het die mooiste lang, dik bruin hare wat so mooi pas by haar donker vel en blou oë. Ek het haar oë met die rokerige grimeervoorkoms beklemtoon om haar eksotiese voorkoms te komplementeer. Sy het beeldskoon gelyk!

Elaine, stilis

Elané het ongelooflik gelyk in al die uitrustings wat ek vir haar gekies het! Die ligte kleure het haar vel en donker hare goed gekomplementeer. Die lang roomkleur-rok het haar liggaamsbou mooi gepas en haar baie vroulik laat lyk. En die helder koraal-kleurige rokkie het weer gesorg vir ’n jong en vrolike voorkoms!

Veronique Mills – fotograaf

Elané is beeldskoon. Ek dink wat haar net nóg mooier maak, is die feit dat sy nie weet hoe mooi sy regtig is nie. Sy was baie gemaklik voor die kamera en ons kon dus lekker rondspeel.

(Klik op die foto om te vergroot)

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

BESPREEK VIR JOU ’N MOOIMAAKSESSIE

Om jou mooimaaksessie by Veronique en haar span te bespreek, besoek haar webtuiste by www.veronique-photography.com of kontak haar direk by 079 737 7397 / info@veronique-photography.com

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

Mooimaaksessie-pakkette

Kyk na al die vorige mooimaaksessies HIER