FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

Mooimaak

Mooimaaksessie – Elizna Fourie (43): ‘Ek het besluit om elke stadium van my lewe te vier!’

Elizna Fourie (43) van Lephalale in Limpopo het die dag ná haar mooimaaksessie 43 jaar oud geword. 

Elizna wou ’n mooimaaksessie hê om mooi foto’s van haarself te kry en om haarself en haar skoonheid te vier. “Ek het agtergekom wanneer ek na ou fotos van myself kyk, dink ek by myself ek was eintlik mooi op daardie stadium van my lewe. Maar ek het toe glad nie só gedink nie! Ek het daarom besluit om elke stadium van my lewe te vier en te geniet sodat ek nie later met heimwee daaraan sal dink en spyt is dat dit verby is nie.”

Elizna se voor- en ná-foto

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

Wat sê Elizna?

Beskryf jou klerestyl en wat jy intussen wysgeraak het?

Ek het nog altyd van mooi klere gehou, maar omdat ek op ’n klein plattelandse dorpie bly en van die huis af werk [Elizna en haar man het hul eie eiendomsontwikkeling-besigheid], het ek nie baie geleenthede om voor aan te trek nie …

Ek het geleer dit help nie om teen jou lyfvorm te baklei nie – trek aan wat vir jou spesifieke lyf werk en beklemtoon jou beste bates. Ek het ook agtergekom dat bykomstighede soos juwele en skoene ’n uitrusting afrond en soms kan ’n eenvoudige uitrusting heeltemal  verander as jy net die bykomstighede verander.

Hoe maklik is dit om dié nuwe styl vol te hou?

Ek is begeesterd om meer moeite met my grimering te doen. Dit ís nie so moeilik nie. As ek te haastig is om dit ordentlik te doen, herinner ek myself daaraan hoe groot impak dit op my voorkoms het.

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

 

Wat sê die mooimaakspan?

Leverne Botha – grimeerkunstenaar

Elizna het pragtige blou oë wat ek met ’n diep, donker bruin oogomlyner beklemtoon het. Ek het haar wange met ’n warm bronser beklemtoon en haar voorkoms met ’n ligte lipkleur afgerond.

Elaine, stilis

Vir Elizna se mooimaaksessie het ek sagte skakerings gekies, asook ’n elegante swart rok. Sy het sag en vroulik gelyk in die roomkleurige somersrokkie. Die wit bloes met donkerder baadjie het haar eie styl goed gepas. Ek het ook ’n roomkleurige serp daarby gekombineer. Die swart rok was ’n teffer! Sy het smeulend gelyk in dié nommer met kant-detail.

Veronique Mills – fotograaf

Elizna is ’n baie stylvolle vrou, maar soos baie ander vroue is sy maar kamera-sku. Sy het so mooi gelyk in die klere wat ons vir haar gekies het en sy het op haar beste gelyk wanneer sy met haar hand op haar heup poseer het.

 

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

Klere van Slate, Willowbridge

BESPREEK VIR JOU ’N MOOIMAAKSESSIE

Om jou mooimaaksessie by Veronique en haar span te bespreek, besoek haar webtuiste by www.veronique-photography.com of kontak haar direk by 079 737 7397 / info@veronique-photography.com

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills