Mooimaak

Mooimaaksessie – Estelle Norval (63): “Ek het soos ‘n model gevoel”

Estelle Norval (63) is ‘n huisvrou en sy bly op die klein dorpie Old Buckenham in Norfolk, Engeland.

Estelle

Estelle Norval (64) FOTO: Veronique Mills

Wat sê die mooimaak-span?

Grimeerkunstenaar Leverne Botha:
Haar blou oë is beslis haar sterkpunt, saam met haar pragtige wange waneer sy glimlag.

Stilis Seugnet Robson: Sy is só ‘n stylvolle vrou en elke item het haar soos ‘n handskoen gepas.

Fotograaf Veronique Mills:
Haar borrelende persoonlikheid het gepraat met die lens – en ‘n mens sien dit op al haar foto’s.

Wat sê Estelle?

Waarom het jy besluit op ‘n mooimaaksessie?
Op 63 dink jy nie meer dat ‘n mooimaaksessie vir jou bedoel is nie, maar toe ek Veronique Photography se foto’s sien het ek weer besef dat elke vrou tog mooi wil lyk en voel, afgesien van jou ouderdom.

Wat aan jou lyf beskou jy as jou beste eienskap?
My goeie vel en blou oë.

Beskryf jou klerestyl, en wat jy intussen wysgeraak het?
My klerestyl is klassiek en elegant, maar tog modern. Ek het besef dat met die regte klere, grimering en fotograaf elke vrou mooi kan lyk.

Hoe het jy verwag gaan jy lyk?
Ek het nie verwag dat die eindresultaat so mooi sou wees nie.

Was jy verras om jouself in die spieël te sien?

Die grimering was ‘n verrassing, maar die foto’s selfs meer!

Wat was vir jou die mooiste deel van jou mooimaaksessie?
Om soos ‘n model voor die kamera te voel.

Wat was jou vriende/familie se reaksie?
My man, familie en vriende het almal met bewondering na die foto’s gekyk.

Hoe maklik is dit om dié nuwe styl vol te hou?
Dit sal nie moeilik wees nie, aangesien die klere wat vir my gekies is by my persoonlikheid en styl pas. En ek het ook ‘n paar grimeerkunsies bygeleer…

Sal jy dit vir jou vriendinne aanbeveel?
Beslis! Ek het reeds en kan nie wag om hul resultate ook te sien nie.

Wat het dié mooimaaksessie aan jou selfvertroue gedoen?
Dit het beslis ‘n baie positiewe uitwerking op my selfbeeld gehad.

KLIK op die foto’s hieronder om dit groter te maak.

Klere verskaf deur Nili Collections

Bespreek vir jou mooimaaksessie híér