FOTO: Veronique Mills

Mooimaak

Mooimaaksessie – Hester-Karin (40) en haar hartsvriendin Anne-Marié (38)

Die twee vriendinne Hester-Karin Coetsee (40) van die Strand en Anne-Marié Marais (38) van Somerset-Wes het saam vir dié mooimaaksessie gegaan. 

FOTO: Veronique Mills

Anne-Marié (links) en Hester-Karin (regs) FOTO: Veronique Mills

Wat het julle op die mooimaaksessie laat besluit?

Hester-Karin: Ek wou 40 jaar van “amazing grace” vier én pragtige herinneringe met ’n hartsvriendin skep. Boonop is dit iets heeltemal buite my gemaksone!

Anne-Marié: Dit was ’n groot geskenk van ’n spesiale vriendin – en ek wou my innerlike skoonheid na buite laat kom!

Beskryf jou klerestyl …

Hester-Karin: Konserwatief. Maar ek het nou geleer om ‘n bietjie meer te waag en buite die boks te dink wanneer dit by mode en grimering kom.

Anne-Marié: Klassiek met ’n moderne twist. Iets wat ek nie altyd dra nie, is die sagte pastelle waarin die mooimaakspan my aangetrek het, maar ek hou baie van dié sagte kleure.

Was jy verras om jouself in die spieël te sien?

Hester-Karin: JA! Ek het gedink: “Huh, wie’s daai?”

Anne-Marié: Definitief! Aangenaam verras.

Wat was die mooiste deel van die mooimaaksessie?

Hester-Karin: Die span het ons op ons gemak laat voel. Dit was moeiteloos om asemrowend te lyk – hulle het al die harde werk gedoen! Ek het ’n pragtige vriendin – van binne én buite! En ons het lekker gegiggel…

Anne-Marié: Die hele ervaring. Mag daar nog vele vroue onder dié mooimaakspan se hande deurloop!

Hoe maklik is dit om jou nuwe styl vol te hou?

Hester-Karin: Dit gaan ‘n bietjie ekstra werk wees en ek moet meer buite-die-boks-keuses maak, maar met dié span se hulp gaan dit minder oorweldigend wees.

Anne-Marié: Binne bereik. Ek hou van die natuurlike grimering.

Wat het die mooimaaksessie vir jou selfvertroue gedoen?

Hester-Karin: Sjoe! Ons vroue is geneig om hard op onsself te wees, maar ons is almal pragtig van binne geskape. Die mooimaakspan vat die mooi wat reeds in jou is en bring jou ware kleure na vore!

Anne-Marié: Dit dra definitief by tot die ekstra huppel in my stap!

Hester-Karin Coetsee

40 jaar oud van die Strand en werk in die mediese uitgewersbedryf

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

 

Anne-Marié Marais

38 jaar oud van Somerset-Wes en besit haar eie bloemiste

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

Wat sê die mooimaakspan?

Leverne Botha – grimeerkunstenaar

Hester-Karin het die mooiste blou oë! Ek het haar natuurlike rooiblonde hare met grimering beklemtoon, wat sagte, warm ondertone het.

Anne-Marié het weer die mooiste glimlag en tande! Ek het haar natuurlike blos saggies beklemtoon met ‘n ligte appelkoos blos om by haar ligte velkleur te pas.

Stilis

Die helderblou klere wat vir Hester-Karin gekies is, pas mooi by haar velkleur. Die stylvolle baadjie pas ook by haar natuurlike styl.

Anne-Marié lyk mooi in sagte kleure en die chiffon is baie vleiend vir haar figuur.

Veronique Mills – fotograaf

Dit was wonderlik om hierdie twee vrolike vroue voor die kamera te hê! Die klere het mooi by hul persoonlikhede gepas.

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

Klere van Slate

BESPREEK VIR JOU ’N MOOIMAAKSESSIE

Om jou mooimaaksessie by Veronique en haar span te bespreek, besoek haar webtuiste by www.veronique-photography.com of kontak haar direk by 079 737 7397 / info@veronique-photography.com