Hettie Botha (25) - FOTO Veronique Mills

Mooimaak

Mooimaaksessie – Hettie Botha (25): “Ek’t weer spesiaal gevoel”

Hettie Botha (25) is ‘n konsultant van Joostenbergvlakte in Kraaifontein, Kaapstad.

Hettie Before After

Wat sê die mooimaakspan?

Leverne Botha – grimeerkunstenaar
Hettie het die mooiste oë! Ek het haar lippe met ‘n sagte perske lipstiffie beklemtoon met ‘n bypassende blos op haar wange. Hettie het ‘n sagte vroulike skoonheid om van te droom! Beeldskoon

Seugnet Robson – stilis
Ek het vir Hettie kleure gekies wat haar neutrale, effense warm ondertoon komplimenteer – soos sagte mentgroen- en ivoor-kleure. Die style wat ek vir haar gekies het is vroulik, maar subtiel en dit komplimenteer haar figuur.

Veronique Mills – fotograaf
Ek was verbaas hoe gemaklik Hettie voor die kamera was. Sy is só fotogenies en het die mooiste groot oë wat werk met elke foto.

Wat sê Hettie?

Waarom het jy besluit op ‘n ‘makeover’ vir jouself?
My man het besluit om my te treat met ‘n makeover, omdat ek baie gewig verloor het die laaste tyd.

Wat aan jou lyf beskou jy as jou beste eienskap?
My oë en my glimlag.

Beskryf jou klerestyl, en wat jy intussen wysgeraak het?
My styl is gemaklik en ek hou van donker- en helder kleure, maar met die mooimaaksessie het ek agtergekom dat ek ook stunning kan lyk in sagter kleure wat ek nooit voorheen sou dra nie. Ek het ook geleer daar is nóg vleiende klerestyle vir my lyf.

Hoe het jy verwag gaan jy lyk?
Ek het geweet ek gaan baie anders lyk, maar dit het my heeltemal verbaas. Dit was só mooi!

Was jy verras om jouself in die spieël te sien?
Heeltemal. Ek was geskok. Ek’t regtig mooi gelyk én gevoel.

Wat was vir jou die mooiste deel van jou mooimaaksessie?
Alles! My hare en grimering was bitter mooi. Die klere was stunning en ek’t weer spesiaalgevoel.

Hoe het jy die moomaaksessie ondervind?
Ek was baie senuweeagtig, maar hulle het my gou laat gemaklik voel.  Ek sal dit beslis aan beveel vir elke vrou. Die mooimaak span bring net die mooiste en beste in jou na vore

Wat was jou vriende en familie se reaksie?
Ek het my man se asem weggeslaan. Hy was mal oor my look gewees.

Hoe maklik is dit om dié nuwe styl vol te hou?
Nogal maklik. Die styl wat hulle vir my gekies het is sag en vroulik. Ek het beslis shopping om te gaan doen.

Sal jy dit vir jou vriendinne aanbeveel?
Ja, beslis.

Wat het dié mooimaaksessie aan jou selfvertroue gedoen?
Beslis ‘n boost gegee! Ek voel weer mooi en vroulik danksy die span.

Bespreek vir jou ’n mooimaaksessie

Om jou mooimaaksessie by Veronique en haar span te bespreek, besoek haar webtuiste by www.veronique-photography.com of kontak haar direk by 079 737 7397 / info@veronique-photography.com