FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

Moedersdag

Mooimaaksessie – Ilse (48) en Inge (21): Ma-en-dogter-mooimaaksessie

 

Ilse Schenck (48) en haar dogter Inge (21) van Mosselbaai het gedink dit sal ’n spesiale ervaring wees om saam vir ’n mooimaaksessie te gaan én pragtige ma-en-dogter-foto’s te hê.

 

Ilse en Inge se voor- en ná-foto

FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

Wat sê ma en dogter?

Wat beskou jy as jou beste eienskap?

Ilse: My blou oë

Inge: Ook my oë

Beskryf jou klerestyl?

Ilse: My klerestyl is baie gemaklik. Dié sessie het my gewys jy hoef nie elke dag ’n jean aan te trek nie, ’n mooi rokkie kan ook mooi lyk!

Inge: Informeel en klassiek.

Is dit maklik om die nuwe styl vol te hou?

Ilse: Leverne (die grimeerkunstenaar) het baie wenke gegee en ek gaan dit definitief probeer volhou! Ek het ook reeds vir my nuwe grimering gekoop!

Inge: Baie maklik. Ek sal definitief moeite doen om dit vol te hou.

Hoe het jy verwag gaan jy lyk?

Ilse: Nie soos ek gelyk het nie! Ek het nie gedink ek gaan só mooi lyk nie!

Inge: Beter as wat ek gelyk het toe ek daar aangekom het! Ek het geweet die span sal my mooi laat lyk.

Wat het dié sessie vir jou selfvertroue gedoen?

Ilse: Verskriklik baie! Jy dink altyd jy is plein, maar met ’n bietjie moeite kan ek mooi lyk.

Inge: Ek het nooit gedink dat ek só mooi kan lyk nie.

FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

Wat sê die mooimaakspan?

Leverne Botha – grimeerkunstenaar

Ek het Ilse se mooi blou oë met ’n donkerder grys oogpotlood beklemtoon en haar wange met ’n bronser verwarm. Die sagte pienk lip het haar voorkoms pragtig voltooi.

Inge het beslis haar ma se pragtige blou oë geëerf! Ek het haar oë met ’n swart jel-omlyner beklemtoon asook grys en bruin oogskadu’s. Haar voorkoms is voltooi met ’n bypassende lip- en wangkleur.

Elaine, stilis

Ek het Ilse en Inge aangetrek in ’n pragtige kombinasie van pepermentgroen en swart. Swart is altyd ’n klassieke keuse wat professioneel lyk.

Ilse se oorvourok het haar liggaamsbou gekomplementeer. Inge se styl is jonk en modern. Sy het gestraal in die pepermentgroen-rok en dit het baie goed by haar gelaat gepas. Die swart leerbaadjie het by haar spontane persoonlikheid gepas.

 

Veronique Mills – fotograaf

Wat ’n voorreg om vir hierdie twee pragtige mense ’n makeover te gee. Ek is so bly ons kon vir Ilse en Inge bietjie bederf!

(Klik op die foto om te vergroot)

FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

 

 

Klere van Slate, Willowbridge

BESPREEK VIR JOU ’N MOOIMAAKSESSIE

Om jou mooimaaksessie by Veronique en haar span te bespreek, besoek haar webtuiste by www.veronique-photography.com of kontak haar direk by 079 737 7397 / info@veronique-photography.com

FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

Mooimaaksessie-pakkette

Kyk na al die vorige mooimaaksessies HIER