FOTO: Veronique Mills UITRUSTING: Slate

FOTO: Veronique Mills UITRUSTING: Slate

Mooimaak

Mooimaaksessie – Inge Paauw-Barker (44): “My man was sprakeloos”

Inge Paauw-Barker (44) van Melkbosstrand in die Kaap is die eienaar van ’n reisagentskap wat toere na Suider-Afrika reël. 

FOTO: Veronique Mills
FOTO: Veronique Mills

Wat sê die mooimaakspan?

Leverne Botha – grimeerkunstenaar

Inge het die mooiste, diepblou oë wat ek beklemtoon het met ’n brons oogskadu. Haar lipstiffie het ’n pers ondertoon wat by haar wangkleur pas.

Chanel Sylvester – stilis

Vir Inge het ek meestal mentgroen, sagte turkoois en winter-wit skakerings gekies. Sy het ’n pragtige figuur en die style wat ek gekies het is modern, vroulik en interessant met bietjie detail. Inge se pragtige donker hare, blou oë en warm veltoon het pragtig gelyk.

Veronique Mills – fotograaf

Die mooi klere het Inge se oë laat uitstaan. Ons het sommer ’n ou wit trui opgespoor en dit is my gunsteling-foto! Wys jou net wat die regte grimering kan doen al het jy iets eenvoudig soos ’n wit trui aan.

Wat sê Inge?

Waarom het jy besluit op ’n ‘makeover’ vir jouself?

Vir die pret daarvan! Ek glo elke vrou moet pragtig lyk, al is dit net vir een dag.

Wat dink jy is jou beste eienskap?

My oë.

Beskryf jou klerestyl…

Ek hou van goeie, gemaklike klere. En nou weet ek ook ek moet groen dra!

Hoe het jy verwag gaan jy lyk?

Ek het verwag om mooi te lyk, maar nie so pragtig soos ek lyk nie! Ek het ook nie verwag ek gaan 20 jaar jonger lyk nie!

Was jy verras om jouself in die spieël te sien?

Ja! Ek het gedink ek het nog nooit grimering gedra wat so perfek gedoen is nie.

Wat was vir jou die mooiste deel van jou mooimaaksessie?

Die span is soveel pret en dit was een groot bederf – die dag het net oor my gegaan! En natuurlik almal se reaksie ná die tyd!

Wat was jou familie en vriende se reaksie?

My susters het die foto’s op Facebook gedeel en gesê hoe trots hulle op my is. Baie mense kan nie glo dit is ek nie, hulle moet twee keer kyk. My man was sprakeloos!

Hoe maklik is dit om dié nuwe styl vol te hou?

Ek kan nie elke dag al dié grimering dra nie, maar ek gaan beslis probeer om my hare só te doen. Ek weet ook nou ek moet meer groen klere dra. Ek gaan probeer om dit vol te hou. Ek gaan altyd bietjie trotser op myself wees.

Wat het dié mooimaaksessie aan jou selfvertroue gedoen?

Dit het my soveel meer selfvertroue gegee, want jy voel mooier binne én buite!

(Klik op die foto om te vergroot)
 

UITRUSTINGSNili en Slate

BESPREEK VIR JOU ‘N MOOIMAAKSESSIE

Om jou mooimaaksessie by Veronique en haar span te bespreek, besoek haar webtuiste by www.veronique-photography.com of kontak haar direk by 079 737 7397 / info@veronique-photography.com