FOTO: Veronique Mills UITRUSTING: Nili

Mooimaak

Mooimaaksessie – Karin Gerber (28)

Karin Gerber (28) van Durbanville was ’n onderwyseres vir kinders met outisme, maar studeer nou verder vir ’n opvoedkundige sielkundige.

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

Wat sê die mooimaakspan?

Leverne Botha – grimeerkunstenaar

Karin het die mooiste groot oë wat ek beklemtoon het met oogskadu in sagte pers-skakerings. Ek het haar hare in ’n groot bolla op haar kop gesit wat haar baie stylvol laat lyk.

Ons wys jou hoe om die perfekte bolla te maak

Chanel Sylvester – stilis

Ek het klere gekies vir Karin wat vrolik en vroulik is. Die stylvolle bolla en kleurvolle pers rok het baie goed gewerk en mooi by haar sprankelende persoonlikheid gepas. Ek het op swart en silwer besluit vir ’n glansryke voorkoms.

Veronique Mills – fotograaf

Ek was bitter opgewonde oor Karin af te neem. Sy het ongelooflik stylvol gelyk en was so gemaklik voor die kamera.

Wat sê Karin?

Waarom het jy besluit op ‘n ‘makeover’ vir jouself?

Ek het pas my meestersgraad in opvoedkundige sielkunde voltooi. In dié twee jaar het ek net aandag daaraan gegee met die gevolg dat ek myself afgeskeep het. Daarom is die makeover simbolies om ’n era in my lewe af te sluit en ’n nuwe era te begin. Ek wou myself en my accomplishments vier. En dit was boonop my verjaarsdag!

Wat dink jy is jou beste eienskap?

My dimpels!

Beskryf jou klerestyl…

Ek hou daarvan om stylvol aan trek, en is gaande oor die huidige mode in die winkels: helder kleure en patrone. Ek sal nie sê ek het ’n spesifieke styl nie, maar wil wel gemaklik voel en mooi lyk in die klere wat ek dra.

Hoe het jy verwag gaan jy lyk?

Ek het al die vorige mooimaaksessies gesien, so ek het geweet die resultaat gaan asemrowend wees, maak nie saak wat hulle met my aanvang nie 😉

Was jy verras om jouself in die spieël te sien?

JA!!!

Wat was vir jou die mooiste deel van jou mooimaaksessie?

Die feit dat Leverne my kort hare in ’n bolla op my kop kon kry. Ek het gedink dit lyk SO stylvol. En dit was so lekker om te sien hoe opgewonde Veronique raak oor die foto’s.

Hoe het jy die mooimaaksessie ervaar?

As een van die mees vleiende ervarings ooit! Ek dink nie eers ek het op my troue so mooi gevoel soos met dié mooimaaksessie nie!

Wat was jou familie en vriende se reaksie?

Hulle was eers sprakeloos en toe vloei die komplimente in. My man het my uitgevat vir aandete ná die mooimaaksessie en hy kon nie ophou om vir my te kyk nie (maar dit mag dalk ook die false lashes gewees het wat sy aandag getrek het, haha).

Hoe maklik is dit om dié nuwe styl vol te hou?

Ek voel gemaklik om my eie grimering te doen en my styl te beplan, maar die mooimaaksessie het net weereens bevestig hoe lekker dit is om mooi te voel en te lyk. So ek sal dit maklik vind om dié styl vol te hou.

Sal jy dit vir jou vriendinne aanbeveel?

Definitief!

Wat het dié mooimaaksessie aan jou selfvertroue gedoen?

It definitely bumped it up more than a few notches!

FOTO: Veronique Mills UITRUSTING: Nili

FOTO: Veronique Mills UITRUSTING: Nili

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills