FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

Mooimaak

Mooimaaksessie – Jannette Horn (39): “As jy moeite doen, kan jy goed lyk”

Jannette Horn (39) van Woodmead in Johannesburg is ’n maatskappy-direkteur vir volhoubaarheid. Sy het kom aanklop vir mooimaak-raad.

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

Wat sê Jannette?

Waarom het jy besluit op ’n mooimaaksessie?

Ek wou baie graag ’n paar mooi en professionele foto’s hê. Ek wou ook raad kry oor wat ek moet doen (en nie moet doen nie!) met my voorkoms.

Wat dink jy is jou beste eienskap?

My bene en my lippe.

Beskryf jou klerestyl…

Ek hou van gemaklike, stylvolle klere. Nou het ek ook geleer neutrale kleure beteken nie dat ek gaan vaal lyk nie.

Hoe het jy verwag gaan jy lyk?

Moeilik om te sê, want ek het nog nooit so iets gedoen nie. Maar die foto’s wat ek gesien het van die vorige mooimaaksessies was baie mooi. My eie sessie was net so mooi.

Wat was vir jou die mooiste deel van jou mooimaaksessie?

My haarstyl.

Hoe maklik is dit om dié nuwe styl vol te hou?

Nie te maklik nie, want dit neem tyd. Máár mense hou baie daarvan, so dis die moeite werd.

Wat het dié mooimaaksessie aan jou selfvertroue gedoen?

Dit het net weer bevestig: as jy moeite doen, kan jy goed lyk.

 

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

Wat sê die mooimaakspan?

Leverne Botha – grimeerkunstenaar

Janette het die mooiste hare en ek het dit gekrul om haar gesig te raam. Haar grimering is sag en natuurlik om by haar ligte vel te pas.

Stilis

Ek het vir Janette sagte kleure gekies wat by haar veltoon pas. Die belt beklemtoon haar middel en die rok se detail is baie vroulik.

Veronique Mills – fotograaf

Janette was baie gemaklik voor die kamera en ek het gehou van die neutrale kleure wat ons gebruik het.

(Klik op die foto om te vergroot)

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

Klere van Slate

BESPREEK VIR JOU ’N MOOIMAAKSESSIE

Om jou mooimaaksessie by Veronique en haar span te bespreek, besoek haar webtuiste by www.veronique-photography.com of kontak haar direk by 079 737 7397 / info@veronique-photography.com