FOTO: Veronique Mills UITRUSTING: Slate

FOTO: Veronique Mills UITRUSTING: Slate

Mooimaak

Mooimaaksessie – Karina Berner (29): “Ek voel soos ’n prinses en ’n model!”

Karina Berner (29) van Kuilsrivier is ’n fisioterapeut en gee ook klas by die fisioterapie-departement aan die Universiteit van Stellenbosch.

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

Wat sê die mooimaakspan?

Leverne Botha – grimeerkunstenaar

Karina het die mooiste kleur hare en pragtige oë. Ek het warm bruin en brons oogskadu gebruik met perske ondertone vir haar wange en lippe om haar ligte vel te verwarm.

Chanel Sylvester – stilis

Karina hou daarvan om te eksperimenteer met glansryke klere, daarom het ek klere gekies wat dramaties, maar tog vroulik is. Die sjiek style in warm neutrale kleure, koper, goud en swart het haar fyn liggaamsbou, veltoon en haarkleur pragtig gekomplementeer.

Veronique Mills – fotograaf

Ek was mal oor Karina se makeover, dit was baie dramaties en het lekker gespeel met die swart en goue kleure.  Ek het ook besluit om ’n klein video te neem van die sessie. Kyk daarna onderaan dié artikel.

Wat sê Karina?

Waarom het jy besluit op ’n ‘makeover’ vir jouself?

Dit was ’n moeilike en deurmekaar jaar en ek het myself by tye erg afgeskeep. Maar die nuwe jaar bring nuwe dinge en daarom wou ek voor die Nuwejaar ’n ordentlike mooimaaksessie kry.

Wat dink jy is jou beste eienskap?

My oë, glimlag en my hare.

Beskryf jou klerestyl…

Romanties, vroulik en dalk ook boheems sjiek. En ek hou van alles wat skitter en blink! Ek hou baie van die nousluitende aandrokkies wat ander mense dra, maar tydens hierdie sessie het ek geleer ek hoef nie bang te wees om self dit te dra nie. Dit is eintlik baie vleiend!

Hoe het jy verwag gaan jy lyk?

Ek het die vorige sessies in diepte bestudeer en ek het geweet dit gaan onmoontlik wees om nié mooi te lyk nie!

Was jy verras om jouself in die spieël te sien?

O  JA! Ek het nie gedink ek gaan so erg verras wees nie, want ek is al voorheen professioneel mooigemaak (vir my troue), en dit was ook pragtig… maar hierdie was net…wow…anders!

Wat was vir jou die mooiste deel van jou mooimaaksessie?

Definitief die mooimaakspan en hoe hulle die hele ervaring soos ’n droom laat voel – ek het soos hulle vriendin, ’n prinses én ’n model gevoel! En dan het ek totaal verlief op een van die aandrokkies geraak.

Wat was jou familie en vriende se reaksie?

My man se eerste woorde: “I married a hottie!” Dit was my skoonpa se verjaarsdag-partytjie die aand en al die gaste het baie van my nuwe voorkoms gehou.

Hoe maklik is dit om dié nuwe styl vol te hou?

Ek sal dit beslis kan doen. Dit was lekker om paar nuwe idees te kry.  Winkels, hier kom ek! En van nou af krul ek my hare!

Wat het dié mooimaaksessie aan jou selfvertroue gedoen?

Dit het beslis weer ’n huppel in my stap gesit en my sprankel is weer terug! Elke vrou verdien so ’n ervaring.

(Klik op die foto om te vergroot)
 

FOTO: Veronique Mills UITRUSTING: Slate

FOTO: Veronique Mills UITRUSTING: Slate

VIDEO: Karin se mooimaaksessie

UITRUSTINGS: Slate

BESPREEK VIR JOU ’N MOOIMAAKSESSIE

Om jou mooimaaksessie by Veronique en haar span te bespreek, besoek haar webtuiste by www.veronique-photography.com of kontak haar direk by 079 737 7397 / info@veronique-photography.com