FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

Mooimaak

Mooimaaksessie – Laetitia (60): ‘Mense sê ek lyk 20 jaar jonger’

Laetitia Fourie (60) van Eversdal in die Wes-Kaap het haar eie onderneming en skryf wiskunde-boeke. Sy het die mooimaaksessie as geskenk vir haar 60ste verjaarsdag van haar man en kinders ontvang.

 

 

 

Laetitia se voor- en ná-foto

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

Wat sê Laetitia?

Beskryf jou klerestyl, en vertel ons wat jy tydens die mooimaaksessie geleer het?

Gemaklike sportiewe klere. Ek dra nie gewoonlik stywe klere nie. Maar die noupassende aandrok wat ek vir die mooimaaksessie gedra het, het baie mooi gelyk!

Hoe het jy verwag gaan jy lyk?

Ek het gehoop om versorg en mooi te lyk.

En was jy verras toe jy jouself gesien het?

Ja, ek het jare jonger gelyk!

Wat het jou familie en vriende gesê?

Ek het ongelooflik baie komplimente gekry. Hulle sê ek lyk 20 jaar jonger.

Wat sê die mooimaakspan?

Leverne Botha – grimeerkunstenaar

Ek het ’n swart oogpotlood gebruik om Laetitia se pragtige groot oë met ’n sterk lyn op die boonste lid te beklemtoon. Sy het ook mooi hoë wangbene wat ek beklemtoon het.

Haar voorkoms het ek afgerond met ’n lipstiffie in haar natuurlike lipkleur.

Elaine, stilis

Ek het vir Laetitia ’n stylvolle chiffon-rok gekies, wat haar perfek gepas het. Die kleurryke rok is vroulik en vrolik en het haar mooi geaardheid beklemtoon.

Die swart aandrok was my gunsteling en het haar petite figuur beklemtoon, maar haar steeds gemaklik laat voel omdat die ryg-detail nie te styf sit nie.

Veronique Mills – fotograaf

Ek en Laetitia se dogter is al jare lank vriendinne en dit was vir my so lekker om haar ma ’n bietjie te kon bederf. Wat ’n lekker geskenk aan jou ma!

Laetitia is ’n baie mooi vrou en haar glimlag is aansteeklik. Sy het soveel liefde vir haar kinders en kleinkinders en dit straal deur die foto’s.

(Klik op die foto om te vergroot)

FOTO: Veronique Mills  KLERE: Slate

FOTO: Veronique Mills
KLERE: Slate

FOTO: Veronique Mills  KLERE: Slate

FOTO: Veronique Mills
KLERE: Slate

Klere van Slate, Willowbridge

Hare: Pro Hair Studio, Kenridge (021 914 2525)

BESPREEK JOU MOOIMAAKSESSIE

Om jou mooimaaksessie by Veronique en haar span te bespreek, besoek haar webtuiste by www.veronique-photography.com of kontak haar direk by 079 737 7397 / info@veronique-photography.com

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

Mooimaaksessie-pakkette

Kyk na al die vorige mooimaaksessies HIER