FOTO: Veronique Mills
KLERE: Slate

FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

Mooimaak

Mooimaaksessie – Franci (67): “Ek wás in ’n groot groef”

Franci Kingston (67) van Langebaan aan die Wes-kus is ’n huisvrou en doen liefdadigheidswerk. Sy sê dié mooimaaksessie het haar die hupstoot gegee wat ’n energie-drankie nie eers kan gee nie!

 

 

 

Franci se voor- en ná-foto

Franci Before After

Wat sê Franci?

Waarom het jy besluit op ‘n ‘makeover’ vir jouself?

Ek was in ’n groot groef en het elke dag net dieselfde gelyk. Ek was lus vir iets nuut!

Beskryf jou klerestyl, en wat jy intussen wysgeraak het?

Ek hou daarvan om mooi aan te trek en ’n statement te maak. Ek het nou geleer dat ek klere kan dra waarna ek nooit twee keer sou kyk nie soos rooi en swart.

Was jy verras om jouself in die spieël te sien?

Ongelooflik! Ek moes twee keer kyk.

Wat was jou vriende/familie se reaksie?

Ek het onmiddelik na my buurvrou gehardloop en haar eerste woorde was dat sy ook ’n mooimaaksessie wil hê.

Hoe maklik is dit om dié nuwe styl vol te hou?

Dit gaan maklik wees, ek sal net bietjie moet eksperimenteer.

FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

FOTO: Veronique Mills
KLERE: Slate

Wat sê die mooimaakspan?

Leverne Botha – grimeerkunstenaar

Franci het die mooiste vol lippe. Ek het dit met ’n rooibruin-lipstiffie beklemtoon wat pragtig by haar nuwe haarkleur pas. Ek het ook haar wenkbroue versag met ’n bruin oogskadu en dit raam nou haar gesig perfek.

Elaine, stilis

Die swart-en-rooi-kleurskema het haar nuwe voorkoms baie mooi gekomplementeer. Die swart elegante rok het haar petite figuur mooi beklemtoon en het haar ’n stylvolle voorkoms gegee. Franci het geskitter in die oorvourok met patrone.

Veronique Mills – fotograaf

Franci was ’n fees om voor die kamera te hê! Haar nuwe voorkoms asook die herfs-kleure wat ons uitgekies het, het so mooi gelyk op die kamera. Franci se uitkyk op die lewe is fantasties! Sy het kanker gehad asook rug-operasies en dit was wonderlik om haar positiewe uitkyk te beleef en haar te kon bederf.

(Klik op die foto om te vergroot)

FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

FOTO: Veronique Mills
KLERE: Slate

FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

FOTO: Veronique Mills
KLERE: Slate

Klere van Slate, Willowbridge

Hare: Pro Hair Studio, Kenridge (021 914 2525)

BESPREEK VIR JOU ’N MOOIMAAKSESSIE

Om jou mooimaaksessie by Veronique en haar span te bespreek, besoek haar webtuiste by www.veronique-photography.com of kontak haar direk by 079 737 7397 / info@veronique-photography.com

Franci Before After

Mooimaaksessie-pakkette

Kyk na al die vorige mooimaaksessies HIER