Lee-Anne Farrel (FOTO: Veronique Mills)

Mooimaak

Mooimaaksessie – Lee-Anne Farrell: “My kurwes is my beste bate”

Lee-Anne Farrell (25) is ‘n trou-koördineerder van Greyton.

Lee-Anne before after

Wat sê die mooimaakspan?

Grimeerkunstenaar Leverne Botha:
Lee-Anne het pragtigste, mees sprankelende persoonlikheid. Sy het die mooiste warm veltoon en hare en haar oë het ge-pop! Sy het baie styl en dit wys beslis voor die lens.

Stilis Seugnet Robson:
Dit wat ons vir haar gekies het, het sy met styl gedra. Gemak is ‘n pluspunt voor die lens.

Fotograaf Veronique Mills:
Lee-Anne se persoonlikheid straal deur die lens.

Wat sê Lee-Anne?

Waarom het jy besluit op ‘n ‘makeover’ vir jouself?
Veronique het die glamour-shoot op haar Facebook-blad geadverteer in n kompetisie, die reels was om die post te “like and share” Natuurlik nie gedink ek gaan wen nie, maar die hele konsep het tog my aandag getrek en ek het dadelik op haar webtuiste gaan loer om te sien waaroor dit gaan.Ttoe sy my bel en sê ek’t gewen, was ek baie opgewonde!

Wat aan jou lyf beskou jy as jou beste eienskap
Aan my lyf is dit definitief die kurwes van my onderlyf, en aan my gesig is my oë die beste eienskap.

Beskryf jou klerestyl, en wat jy intussen wysgeraak het?
Ek is eintlik ‘n glamour girl met ‘n edge, maar ek werk op ‘n pragtige plaas as ‘n trou-koördineerder en moes my styl by die omgewing aanpas. Ek sou dit as plaas-sjiek of boheems beskryf: ‘n Skinny donkerblou jean, gumboots en ‘n string pragtige pêrels. Die shoot het my wel net weer herinner dat dit tog lekker is om ‘n dramatiese rok aan te trek – dit gee jouself sommer baie selfvertroue!

Hoe het jy verwag gaan jy lyk?
Om eerlik te wees, ek geen verwagtinge gehad nie, ek was net opgewonde om vir ‘n slag bederf te word.

Was jy verras om jouself in die spieël te sien?
Natuurlik, my eerste look was sag en romanties. Ek grimeer myself altyd donker omdat my oë een van my beste eienskappe is, maar toe ek myself in die spieël sien met die wit rokkie, hare in sagte krulle met ‘n pragtige blomme-kopband, was ek stomgeslaan. Die tweede styl was glamorous met donker grimering en groot hare – ek kon nie glo dit is ek nie! Ek lyk soos die meisies in die tydskrifte – my selfvertroue het van ‘n 4 na ‘n 10 geskuif!

Wat was vir jou die mooiste deel van jou mooimaaksessie?
Die mooiste deel vir my was Veronique se reaksie toe die eerste paar foto’s geneem word. Ek het regtig so ongelooflik mooi gevoel.

Wat was jou vriende/familie se reaksie?
Ek moet sê die mense se reaksie was baie stadig plek-plek… Daar gaan eers ‘n paar sekondes verby en dan ‘Sjoe!’ en ‘Wow, jy lyk soos ‘n supermodel!’.

Hoe maklik is dit om dié nuwe styl vol te hou?
Die shoot het aan my bewys hoe pragtig ek kan lyk en ná die fotosessie het ek ge-budget en vir my nuwe professionele grimering gekoop.

Sal jy dit vir jou vriendinne aanbeveel?
Definitief, die hele konsep is ongelooflik! Veronique en haar span is passievol en kreatief – jy word bederf van kop tot toon en enige vrou moet so ‘n mooimaaksessie beleef.

Wat het dié mooimaaksessie aan jou selfvertroue gedoen?
My houding teenoor die lewe het verander. Ek is 25 en vir die eerste keer in my lewe het ek geleer om myself lief te hê. Toe ek die foto’s op Facebook sien was ek baie emosioneel en opgewonde. Vir die eerste keer het ek aan myself erken, sjoe, Lee-Anne, jy is pragtig binne en buite. Sekere ervaringe kruis jou pad, en daar was ‘n rede hoekom ek dié kompetisie gewen het! Naaste familie en vriende kan die verskil sien, en ek is baie gelukkiger en positief sedert die mooimaaksessie.

KLIK op die foto’s hieronder om dit groter te maak:

Klere: Model se eie
Blomme: Fleur le Cordeur at www.fleurlecordeur.co.za

Bespreek vir jou ’n mooimaaksessie

Om jou mooimaaksessie by Veronique en haar span te bespreek, besoek haar webtuiste by www.veronique-photography.com of kontak haar direk by 079 737 7397 / info@veronique-photography.com