Vos familie before after
Moedersdag

Mooimaaksessie – Ma-en-dogters: “Almal was so verras!”

Ma Ronel Vos (56) en haar dogters Marissa Lotter (29) en Frances Bosch (26) het almal saam in die Kaap ‘n mooimaaksessie laat doen – en kyk net die resultate!

Wat sê die mooimaakspan?

Leverne Botha – grimeerkunstenaar
Die Vos-meisies, Frances en Marissa is absoluut beeldskoon! Hulle het die mooiste groot oë en pragtige lang blonde hare. Ronel het die dieselfde mooi groot oë en dit was maklik om hul natuurlike skoonheid met min moeite te beklemtoon. Dié appels val beslis nie ver van die mooi boom af nie.

Chanel Sylvester – stilis
Ons het gehou by 2 uitrustings elk in sagte room- en swart kleure. Ek het ek vir elkeen ‘n roomkleurige rokkie gekies wat by hul styl pas, en teksture en beldjies ingebring om dit interessant te hou.

Veronique Mills – fotograaf
Wat ‘n ongelooflike familie! Almal is vol grappies en was ‘n fees om hulle voor die kamera te hê.

Wat sê die ma en dogters?

Waarom het julle besluit op ‘n ‘makeover’ vir?
Ons het gedink dit sal ‘n lekker ondervinding wees, en ook om meer te leer van grimering en klere-style.

Wat is julle beste eienskappe? Marissa – hare, Frances – oë, Ronel – oë

Beskryf jul klerestyl, en wat julle intussen wysgeraak het?
Marissa – gemaklik en modern
Frances – gemaklik
Ronel – klassiek en modern
Ons het geleer wat om by wat aan te trek en ons het definiteif ‘n beter idee van hoe om grimering te doen.

Hoe het julle verwag gaan julle lyk? Ons het nie gedink ons gaan soos supermodelle lyk nie! Ons het net gedink ons gaan normaal lyk, toe is ons vreeslik verras met die resultate!

Was julle verras om julself in die spieël te sien? Ja, ons het só groot geskrik, en beslis nie onsself herken nie!

Wat was vir jou die mooiste deel van jou mooimaaksessie? Die grimering wat só mooi gedoen was en dan die kleure van die klere wat daarby pas!

Hoe het jy die mooimaak sessie ondervind? Baie gelag en baie fun gehad, en lekker make up tips geleer. Almal is so proffesioneel by Veronique, en hulle doen so baie moeite om jou baie op jou gemak te laat voel. Dit was regtig een van ons top 5 dae!

Wat was jou vriende/familie se reaksie? Almal was so verras! En van ons vriende het dadelik gevra wie en waar kan hulle dit ook doen!

Hoe maklik is dit om dié nuwe styl vol te hou? Ons het nie besef dit gaan só maklike wees nie…

Bespreek vir jou ’n mooimaaksessie

Om jou mooimaaksessie by Veronique en haar span te bespreek, besoek haar webtuiste by www.veronique-photography.com of kontak haar direk by 079 737 7397 / info@veronique-photography.com